Jaargang 21 - Nommer 22 - 29 September 2023
Beste leser,

In hierdie uitgawe:

  • Dankbare harte prys die Here vir goeie reën en voller damme
  • Nerinahof op Dordrecht vier 50 jaar
  • Afwesige vaders en wat daaraan gedoen kan word
  • Baie geleenthede vir pret en plesier, boonop op verskeie plekke

Dankbaarheid oor reën en voller damme in Nelson Mandelabaai en die Kouga

Die Kougadam, 'n belangrike bron van water vir landbou (en dus werkskepping) en menslike gebruik, aan die onderpunt van die Baviaanskloof, op 28 September 2023

Twee jaar gelede het die Kougadam, een van die lewensare vir mens, dier en plant in die Oos-Kaap, op 4% gestaan. Na goeie reëns vroeër vanjaar en veral die afgelope naweek sal die dam na verwagting op 29 September begin oorloop. Voltooi in 1971 het dié dam reeds 33 keer oorgeloop, die laaste keer in 2015. Hiermee is 'n droogte van sowat 8 jaar gebreek.

Die Kougadam lewer water vir uitgebreide besproeingsboerdery in die area, maar ook vir menslike gebruik in Nelson Mandelabaai, Jeffreysbaai en omgewing.

Die Churchilldam, in die naasliggende Krommerivierstelsel het reeds op 28 September begin oorloop. Dit is 'n kleinerige dam, maar die oorloop voed die Impofudam wat vroeër vanjaar so leeg was dat geen water meer daaruit onttrek kon word nie. Die Impofu staan tans op 20%, maar sal nou aangevul word deur die oorloop van Churchill. Beide hierdie damme lewer uitsluitlik water vir menslike gebruik.

Op 28 September het die gesamentlike inhoud van hierdie drie damme op 65% gestaan, terwyl dit 'n paar maande gelede onder 15% was. Hierdie syfer is 'n belangrike merker wat dui op die moontlike verslapping van waterbeperkings, hoewel die droeër somermaande wat nou voorlê dit mag verhinder.

Ons prys die Here vir sy goedheid.
Die kleinerige Churchilldam het op 28 September begin oorloop. Die dam voed Nelson Mandelabaai en omgewing, maar sy oorloop vloei na die veel groter Impofudam. Laasgenoemde staan op 20%.

Prof Stephan Joubert

Jesus nooi ons in sy verhaal in, nie andersom nie (wat 'n groot verskil maak)

Mense nooi graag vir Jesus in hulle lewe in, maar dit gebeur eintlik presies andersom. Jesus nooi ons in Sy eie verhaal in. Dit is nie ons, wat op ’n goeie dag besluit om die Here in ons lewe toe te laat nie. Dit is nie ons,wat so oulik of so goed is om te besluit ons is nou gereed om ons hart vir Hom te gee, of om ’n paar veranderinge in ons lewens aan te bring nie. As dit waar sou wees dat die Here op ons moet wag om die eerste skuif te maak, dan is die Here eintlik ons gevangene. Dan is Hy magteloos om enigiets vir ons te doen totdat ons vir Hom toestemming gee. Of totdat ons Hom innooi of uitnooi na ons lewe toe. Soos reeds gesê, dit gebeur presies andersom. Jesus nooi ons na Hom toe. Hy nooi ons in Sy verhaal in. Dit is Christus, wat ons deel maak van Sy groter en ruimer verhaal. Hoor net hoe beskryf Paulus God se ingrype in ons lewens in Efesiërs 2: 3 - 5 (Nuwe Nuwe Testament Vertaling):

3) “Eens op ’n tyd het ons almal op so ’n sondige manier geleef. Ons het al daardie verkeerde begeertes uitgeleef wat deel was van ons sondige bestaan. Ons het vieslike dinge aangevang en bose dinge uitgedink. Ons was uitverkoop aan sonde. God se oordeel het op ons gewag, net soos met al die ander mense, wat steeds so leef. 4) Maar God is skatryk in ontferming en in omgee. Hy het dit in oorvloed met ons gedeel. Hy het ons lief gehad met ’n liefde, wat absoluut geen grense ken nie. 5) Ons was dood in Sy oë as gevolg van al ons oortredings. Maar Hy het ons lewendig gemaak saam met Christus. Ons het saam met Hom uit die graf opgestaan. Hoor hier: Julle is uit genade gered, verniet en onverdiend!”

Jesus se woorde aan ons elkeen is: “Volg My.” As Hy ons roep, roep Hy ons om Hom te volg op Sy terme. Dan word Sy evangelie die nuwe hoofverhaal van ons lewe. Ons leef hieruit. Ons leef hierbinne. Ons eie lewenstekste word van dan af geskryf en herskryf in terme van Jesus se woorde en dade. Hy word ons rolmodel van liefde, opoffering en daar wees. Jesus is ons lewe.

Oos-Kaapse leraar nuwe moderator van die VGK Sinode Kaapland

Ds Hendry Tromp, leraar van die VGK Gelvandale in Gqeberha, is tydens die VGK Kaapland se sinodesitting wat tans te Goudini Spa by Rawsonville plaasvind, as moderator van die streeksinode verkies.

Tromp was in die vorige termyn die skriba van die sinode.

Hy is met Esmarelda getroud. Die egpaar het twee dogters.

Hartlike gelukwense aan die nuwe moderator! Mag dit 'n geseënde termyn in die bediening van die sinode wees!

Prof Johan Fourie

Fatherlessness - and what to do about it

Prof Johan Fourie, ekonoom van Stellenbosch Universiteit verduidelik in 'n onlangse hoe die verbrokkeling van huwelike in welvarende Westerse maar ook Afrika-kontekste, bydrae tot ekonomiese agteruitgang in die lewe van kinders:

While the personal costs are undeniably high, what are the societal costs of these fatherless households? One new book attempts to do so. In The Two-Parent Privilege: How Americans Stopped Getting Married and Started Falling Behind, US economist Melissa Kearney shows how the most significant impacts of marriage are, in fact, economic, offering a host of benefits not only for married adults but for their children. As the decline in marriage continues, the compounding effects on inequality and opportunity grow increasingly dire. Their effects include not just children’s behavioural and educational outcomes, but a surprisingly devastating effect on adult men, whose role in the workforce and society appears intractably damaged by the emerging economics of America’s new social norms.

In Afrika kan werkskepping 'n geweldige bydrae lewer om die kwaliteit van vaderskap te verhoog, argumenteer hy:

Creating jobs is not impossible. We know what to do and how to do it. But it requires policy commitments from a government that itself has abandoned its role as caregiver.

Read the article

Nerinahof op Dordrecht vier 50 jaar van sorg

Inwoners van Nerinahof op Dordrecht

Die inwoners van Nerinahof op Dordrecht vier graag fees en hou van lekker eet, vertel Charlotte van der Berg, ouderling en bedienaar in hierdie gemeenskap in die Noordoos-Kaap. Daarom sien hulle baie uit na die 50-jarige fees van dié tuiste wat op 7 Oktober 2023 met groot luister gevier gaan word.

Nerinahof is gebore uit die behoefte om behuising aan bejaardes te voorsien. Die gemeente in vennootskap met die ACVV het die ou skoolkoshuis met die oog op bejaardeversorging aangepas. Me Lydia Zondagh, voorsitter van die ACVV, het Nerinahof in Oktober 1973 amptelik geopen.

Daar is tans 42 inwoners, waarvan die meerderheid uit SASSA pensioenarisse bestaan. Die tuiste kry 'n klein bietjie staatsubsidie en is gevolglik afhanklik van plaaslike steun. Dit maak dit moontlik om drie smaaklike etes per dag voor te sit, met basiese verpleegversorging en skoonmaakdienste.

Charlotte, 'n opgeleide bedienaar van die NG Kerk, lei Sondae eredienste in die tuiste. Sy vertel hulle word ook deur ander vrywilligers geseën. Die Ulysses Bikers van Komani het onlangs hul verkopings kom ondersteun en ook 'n groot hoeveelheid skoonmaakmiddels geskenk. Ander kerke steun die bediening ook. en sakemanne lewer ook bydraes.

Die vieringe op 7 Oktober word lewend op Facebook gestroom, soek vir Nerinahof Residensiële Fasiliteit.

Op die foto hieronder kan mens duidelik sien hoe lekker daar van tyd tot tyd geëet word met steun uit die gemeenskap. Die vieringe op 7 Oktober sal nie teleurstel nie.
Dordrecht se mense gaan groot as hulle feesvier. Vra maar die inwoners van Nerinahof!

Agenda vir die komende Algemene Sinode (15-20 Okt 2023) aanlyn beskikbaar

Die agenda vir Algemene Sinode 2023, asook 'n lywige addendum tot die sakelys is pas digitaal gepubliseer. Die dokument is in die openbare domein en daar is geen embargo op die inhoud nie. Dit is op ons Sinode se webblad beskikbaar - klik hier.

Kerklike feesdae en vakansiedae vir 2024

Klik hier vir 'n lysie van 2024 se kerklike fees- en vakansiedae, met skoolkwartale daarby.

Queenstown-gemeente benodig aflospredikers

Queenstown-gemeente benodig aflospredikers wanneer die plaaslike leraar met verlof is. Die datums is:
Oggenddiens 8 Oktober 2023
Oggenddiens - 31 Desember 2023
Oggenddienste 7 & 14 Januarie 2024

Belangstellendes kan die kerkkantoor direk kontak by kantoorngk@gmail.com of 045 838 1891.

Uitnodiging: stap saam met mede-gelowiges om ons geloofserfenis te vier - 7 Oktober

Bespreek 'n stalletjie by Lorraine se kersmark

Lewensreg-eenhede vir afgetredenes beskikbaar by Sherwoodrus, in die Baai

Sherwood Rus is 'n lewensregbehuisingskema vir afgetrede bejaardes. Die skema behoort aan ie NG Gemeente PE-Sherwood. Belangstellendes kan die gemeente se skriba (kontakbesonderhede hieronder) skakel.

VBO: Global Leadership Summit op Jeffreysbaai

Jeffreysbaai-gemeente tree vanjaar as tuiste vir die global Leadership Summit op.

Vanjaar se beraad voorsien in die behoeftes van beide bedienings- en leiers binne skole en organisasies wat dit een van die mees gebalanseerde en kragtigste geleenthede maak. Die dinamiese sprekers sal elke leier toerus, inspireer en laat groei om 'n katalisator vir transformasie en verandering te word.

Kaartjies te koop om jou sitplek te verseker is op QUICKET beskikbaar: GLS 2023 - JBAY tickets
GLOBAL LEADERSHIP SUMMIT 2023
“LEAD WHERE YOU ARE”
10-11 November 2023
NG GEMEENTE JEFFREYSBAAI
KOMPLEKS-KAMPUS

Vakature: Deeltydse Predikantspos by Bybelgenootskap Oos-Kaap

Ds Ben Fourie van die Bybelgenootskap Oos-Kaap skryf:

Groete hier uit die Bybelhuis. Sommige van julle sal onthou dat ons so drie maande gelede ‘n predikante pos vir die Oos-Kaap geadverteer het. Na baie oorweging en nadat ek onlangs ‘n vergadering van Hoofkantoor bygewoon het waar die pos omvattend bespreek is, is besluit dat die pos afgeskaal word na ‘n deeltydse pos en dat daar dus van nuuts af aansoek gedoen moet word. Hier is die advertensie vir die pos.

As jy dalk belangstel en vrae het oor salaris, werkure ensovoorts, kan jy vir Quintus Heine by die e-pos adres soos op die advertensie verskyn kontak. Hy is die Streekhoof in Kaapstad en sal ‘n rol speel in die beplanning van die werksaamhede in ons streek. Ons het besluit dat hy die enigste kontak sal wees. Dan maak ‘n mens seker dat almal dieselfde inligting kry.

Ek sal nadat my kontrak aan die einde van Oktober verstryk het, nog op ‘n vrywillige basis met kantoor administrasie uithelp totdat ‘n nuwe persoon aangestel is.

Die sluitingsdatum is 31 Oktober 2023.

Vakature: Predikantspos by NGK Gamtoosvallei


Die NG Gemeente Gamtoosvallei (Kwagga) is geleë in die prentjiemooi plattelandse dorp genaamd Patensie in die natuurskoon van die Oos-Kaap. Dit is hoofsaaklik ’n sitrusproduserende gemeenskap. Die gemeente bedien die gemeenskap van Patensie. Die gemeente is 87 km vanaf Gqeberha en 43 km vanaf Humansdorp geleë. Die sluitingsdatum is 30 September 2023. Klik hier om die posbekendstelling te lees.

Vakature: Predikantspos by NGK Grasvoëlkop

Die kerkraad van Grasvoëlkop-gemeente in die Baai nooi biddend gelegitimeerde leraars van die NG Kerk (of studente wat in November 2023 gelegitimeer word) uit om aansoek te doen vir 'n opwindende pos.

Sluitingsdatum: 29 September 2023

Grasvoëlkop-gemeente bestaan uit 119 belydende en 21 dooplidmate. Ons is 'n omgee-gemeente, na binne en buite, wat 'n hoë premie op goeie verhoudinge, versorging en ondersteuning plaas.
Die gemeente is in Gqeberha (Port Elizabeth) geleë. Lees die volledige posbekendstelling. Die sluitingsdatum is 29 September 2023.

Leraars beweeg

Ds Aubrey Gouws van Uitenhage-gemeente emeriteer op 30 September 2023 (Ds Veneto Keyter, ringskriba)

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter