|
|
|
Jaargang 21 - Nommer 23 - 13 Oktober 2023
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Algemene Sinode vergader met tema: Gaan voor ons uit. Here!
- Heerlike kuiergeleenthede
- Verskeie vakatures vir predikante
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
|
Algemene Sinode 2023
Gaan voor ons uit, Here!
|
|
|
|
Klik op die grafika hierbo om na 'n kort video oor die geskiedenis van die Algemene Sinode en die rol van afgevaardigdes te kyk
|
Op Sondag 15 Oktober neem die sitting van die Algemene Sinode van die NG Kerk in Johannesburg 'n aanvang. Die tema van die Sinode is deur die Algemene Sinode Moderamen (ASM) vasgestel: Gaan voor ons uit, Here.
|
"Soos die volk van God van ouds het ons ’n behoefte aan ’n innige ontmoeting met God," skryf die moderator van die jongste vergadering van die AS in 'n rubriek vir Kerkbode. Hy vervolg: "Of hoe heerlik sal dit nie wees om net iets van die heerlikheid van God te kan sien nie. Dan sal ons immers in die nagloed van sy heerlikheid anders dink en leef en droom oor die volheid van God se majesteit. En ons sal anders dink oor mekaar en oor ons land. Ons het immers op pad hierheen geleer dat ons beperkte verwagtinge, denke en drome oor God dikwels ons grootste struikelblok is. Ons het soos Moses geleer dat wanneer God en ons saam op reis is, ons duidelik onderskeibaar is van die wêreld se instansies en strukture, lewenstyl en optredes. Ons het geleer hoe die glans van sy teenwoordigheid afgee en ons gelaat verander."
|
|
|
|
|
|
Bid hierdie Sondag vir die Algemene Sinode
Gemeentes word versoek om op Sondag 15 Oktober vir die Algemene Sinode se vergadering te bid. DinkJeug se eredienswenk vir die week help ons hiermee:
|
Die Algemene Sinode is soos ‘n groot familie byeenkoms van al die sinodes wat deel is van die NG Kerk. Die wat daarheen gaan, is afgevaardig (gestuur) deur die verskillende sinodes om saam te dink oor die roeping van die kerk in hierdie tyd. Daar word saam terug gekyk oor die werk van die kerk oor die afgelope 4 jaar en vorentoe gekyk om saam te bid en te luister na waarheen God ons roep vir die volgende 4 jaar. Die Algemene Sinode vergader van vandag (15 Okt) tot Vrydag (20 Okt) in Johannesburg. Die tema is “Gaan voor ons uit, Here” en die teksgedeelte is Eksodus 33 wat vertel van Israel se reis met God. Kom ons bid vir die Algemene Sinode m.b.v. die volgende simbole. (Jy sou ‘n lidmaat kon vra om die simboliese aksie telkens te doen. Gee vir elke area in die kerk een van die volgende 3 gebedswenke en laat hulle daarna in klein groepies saam bid.) • Steek ‘n kers aan: God het die volk Israel gelei in die woestyn met ‘n wolkkolom bedags en ‘n vuurkolom snags. Kom ons loof die Here dat Hy deur sy Gees ook die Sinode sal lei en elkeen sal ontmoet. • Breek ‘n stuk brood: Die volk is deur die Here gevoed met manna en kwartels. Kom ons bid en vra dat die sinodegangers ook gevoed en gerig sal word deur die Woord. • Gooi water uit ‘n fles in ‘n glas: God het gesorg dat daar water uit die rots vloei, sodat die Israeliete water in die woestyn kon drink. Kom ons sê dankie vir die oorvloed gawes waarmee die Here die kerk mee seën en vra die Here vir wysheid oor hoe ons kerk die land daarmee kan dien oor die volgende 4 jaar.
|
Gebed deur 'n tiener vir die Algemene Sinode
|
Heilige God Dankie dat U ons leiers bymekaar maak om na u wil te soek. Gee asseblief vir die leiers van die NG Kerk leiding by die Algemene Sinode. Gee vir hulle ore om die Vader se stem uit die Woord te hoor. Gee vir hulle oë om vir Jesus in mekaar te sien. Seën vir hulle met wysheid om die regte keuses te maak in daardie tyd. Wys hulle wat U graag soek in hierdie wêreld en hoe ons as die mense van die NG Kerk u wil kan laat geskied en dat u koninkryk kan kom. In u heilige naam Amen.
|
|
|
|
|
Kerklike feesdae en vakansiedae vir 2024
Klik hier vir 'n lysie van 2024 se kerklike fees- en vakansiedae, met skoolkwartale daarby.
|
|
|
|
|
Aflosprediker oor die Kerstyd beskikbaar
Ds Wynand Fourie is 'n gebore en getoë Oos-Kapenaar. Wynand is tans Predikant in Sinodale Diens vir Teologiese Opleiding, Vorming & Stimulasie in die Namibiese Sinode en is beskikbaar op 24 en 25 Des, sowel as 31 Des vir die lei van eredienste in die Oos-Kaapse sinodale gebied. Kontak hom gerus by +264816006333 of vinowf@gmail.com.
|
|
|
|
|
Piet Smit by NGK King William's Town
|
|
|
|
|
Bespreek 'n stalletjie by Lorraine se kersmark
|
|
|
|
|
Skuurdans ten bate van NGK King William's Town
|
|
|
|
|
VBO: Inleiding tot emosionele logika
Voel jy kwaad en magteloos oor beurtkrag? Ontdek die logika van jou emosies (3 VBO punte) Hierdie video opleiding van 90 min, is jou paspoort tot die Inleiding tot Emosionele Logika (kursus 2), wat jou toerus hoe om die sisteme van Emosionele Logika in berading te gebruik.
|
Annette de la Porte is 'n maatskaplike werker in privaatpraktyk en 'n afrigter in emosionele logika.
|
Gebruik hierdie skakel om teen die spesiale fooi van R250 te registreer.
|
Nadat jy die video gekyk het, stuur ‘n epos aan annette@growwithannette om ‘n evalueringsvorm aan te vra en jou VBO punte te ontvang.
|
|
|
|
|
VBO: Global Leadership Summit op Jeffreysbaai
|
|
Jeffreysbaai-gemeente tree vanjaar as tuiste vir die global Leadership Summit op.
|
Vanjaar se beraad voorsien in die behoeftes van beide bedienings- en leiers binne skole en organisasies wat dit een van die mees gebalanseerde en kragtigste geleenthede maak. Die dinamiese sprekers sal elke leier toerus, inspireer en laat groei om 'n katalisator vir transformasie en verandering te word.
|
Kaartjies te koop om jou sitplek te verseker is op QUICKET beskikbaar: GLS 2023 - JBAY tickets GLOBAL LEADERSHIP SUMMIT 2023 “LEAD WHERE YOU ARE” 10-11 November 2023 NG GEMEENTE JEFFREYSBAAI KOMPLEKS-KAMPUS
|
|
|
|
|
NGK Albanie: Vakature voltydse predikantspos
Albanie-gemeente op Grahamstad, deesdae Makhanda, adverteer 'n pos vir 'n voltydse leraar op dié universiteitsdorp. Die gemeente is in 1831 gestig en is een van die oudste NG Kerk gemeentes in die Oos-Kaap. Dit is ‘n semi-plattelandse gemeente met 444 belydende en 106 dooplidmate. Die gemeente bedien Makhanda, sowel as Riebeeck-Oos (sowat 50km buite Makhanda), en die plaaswyk van Fonteinskloof. Die gemeente het ‘n diverse Afrikaanse lidmaatskap en bedien verskillende kulturele- en ouderdomsgroepe. Die gemeente streef daarna om ‘n tuiste vir lidmate te wees waar hul God se liefde, deernis, en menswaardigheid kan ervaar. Klik hier om die posbekendstelling te lees. Die sluitingsdatum is 16 Oktober 2023.
|
|
|
|
|
Vakature: Deeltydse Predikantspos by Bybelgenootskap Oos-Kaap
Ds Ben Fourie van die Bybelgenootskap Oos-Kaap skryf:
|
|
|
Groete hier uit die Bybelhuis. Sommige van julle sal onthou dat ons so drie maande gelede ‘n predikante pos vir die Oos-Kaap geadverteer het. Na baie oorweging en nadat ek onlangs ‘n vergadering van Hoofkantoor bygewoon het waar die pos omvattend bespreek is, is besluit dat die pos afgeskaal word na ‘n deeltydse pos en dat daar dus van nuuts af aansoek gedoen moet word. Hier is die advertensie vir die pos.
As jy dalk belangstel en vrae het oor salaris, werkure ensovoorts, kan jy vir Quintus Heine by die e-pos adres soos op die advertensie verskyn kontak. Hy is die Streekhoof in Kaapstad en sal ‘n rol speel in die beplanning van die werksaamhede in ons streek. Ons het besluit dat hy die enigste kontak sal wees. Dan maak ‘n mens seker dat almal dieselfde inligting kry.
Ek sal nadat my kontrak aan die einde van Oktober verstryk het, nog op ‘n vrywillige basis met kantoor administrasie uithelp totdat ‘n nuwe persoon aangestel is.
|
|
Die sluitingsdatum is 31 Oktober 2023.
|
|
|
|
|
Predikantspos: NG Kerk Petrusburg
Die NG gemeente Petrusburg adverteer tans 'n voltydse predikantspos. Klik hier om die advertensie te lees. Die sluitingsdatum is 18 November 2023/
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Prop Bianca Marais van Gqeberha is beroep na die NG Gemeente Blouwaterbaai Familiekerk.
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|