Jaargang 21 - Nommer 25 - 3 November 2023
Beste leser,

In hierdie uitgawe:

  • 'n Nuwe hart vir Leendert - 'n getuienis van God se trou
  • Vertel: Wat het Algemene Sinode 2023 jou geleer?
  • When religion traumatises
  • Leraars beweeg

God se krag in my krisis

'n Nuwe hart (letterlik) vir ds Leendert

’n Gesonde hart. Iets wat Leendert Wijnja sy lewe lank nie geken het nie. As predikant by Graaff-Reinet raak hy bewus van sy onvermoë om verder te werk. Op die ouderdom van 32 kry hy 'n nuwe hart, en binne 'n jaar durf hy 'n 10 km padwedloop aan - 'n rare prestasie só kort ná 'n hartoorplanting. Nou maak Leendert hart oop oor God se krag in sy krisis.

Klik op die grafika hieronder om na sy getuienis te kyk.

LiG het ‘n splinternuwe YouTube-kanaal @godsekraginmykrisis waar hulle getuienisse soos dié van Leendert deel, van mense wat swak was ná hartseer, swaarkry of pyn, maar opgetel en gedra is deur God.
Indien jy jou getuienis wil deel, stuur gerus 'n e-pos na getuig@lig.co.za en vertel hulle van God se krag in jou krisis.
Ds Leendert Wijna, wie se (ou) hart hom in die steek gelaat het, maar nie God nie

Christelike Maatskaplike Raad kyk terug op 'n vrugbare jaar van diens

Gesinne is meer onder druk as ooit en gesinstrukture krummel in baie gevalle. Die CMR in die Oos-Kaap het die afgelope jaar 8,848 gesinne met dienslewering bereik, vertel me Magda von Solms, direkteur van die CMR, in die organisasie se jongste jaarverslag.

Werkloosheid plaas toenemend druk op ouers. Voeg daarby substansmisbruik, geweld en verbrokkelende verhoudings. Dit skep 'n resep vir sosiale disintegrasie. Vandaar die groeiende behoefte aan sosiaal-maatskaplike dienste.

Nie dat dit opsigself maklik is nie. Maatskaplike werkers word dikwels blameer wanneer situasies nie oornag uitgesorteer word nie. Dit lei tot aggressiewe en selfs gewelddadige gedrag gerig op die maatskaplike werker. Die CMR se personeel bly egter toegewyd en het ook die afgelope jaar professionele dienste bly lewer in baie moeilike omstandighede.

Die CMR se 11 streekkantore strek oor die lengte en breedte van die Oos-Kaap. Die uitsette van hierdie kantore is prysenswaardig. 1,584 kinders met uitdagende gedrag is bereik, 783 gevalle van huishoudelike geweld, 1,484 verslawingsituasies en 428 risikobepalings rondom die veiligheid van kinders. 8,501 kinders is tydens kinderbeskermingsaktiwiteite bereik en 132 projekte gerig op die ontwikkeling van vroue is geloods.

Lees die volle besonderhede van die CMR se indrukwekkende bediening in die jaarverslag.

Lewer kommentaar vir Kerkbode

Wat het Algemene Sinode 2023 jou geleer?

Was jy ’n afgevaardgide by die Algemene Sinode 2023? Wat is dit wat jy met die diepste luister gehoor het? Of het jy sedert die vergadering op 20 Oktober verdaag het, gaan luister na iemand wat by jou gemeente terugvoer oor die geleentheid gegee het?

Kerkbode nooi jou uit om in die kommentaar-afdeling jou indrukke en / of terugvoer met lesers te deel - klik hier.

When religion traumatises

In 'n onlangse inskrywings op sy blog bespreek prof Scot McKnight 'n nuwe publikasie van Laura Anderson, When Religion Hurts You: Healing from Religious Trauma and the Impact of High-Control Religion.

Hy skryf:

The word trauma has risen in significance in institutions throughout the USA. An increasing number of institutions and churches want to become trauma-informed and trauma-sensitive so they can minister to and help in the healing of the traumatized. At times the traumatized can traumatize others in their zeal to assert their trauma.

One of the more recent developments, which is discussed in Laura Anderson's new book, When Religion Hurts You: Healing from Religious Trauma and the Impact of High-Control Religion, describes religious trauma. I believe it is a book that institutions and churches need on the shelf. It’s very readable. And comprehensive.

Her method is a new one for my vocabulary it's called autopsychography, which is a combination of psychology and personal biography. She uses her story to illustrate religious trauma, while exploring religious trauma theoretically. She grew up in a High-Control Religion (HCR), was mentored (if you want to use that term for her experience) by a high control pastoral leader, had a bad interpersonal relationship with her significant other, and her research was both self-exploration and academic study.

Read further

Gesoek: Kontrakteurs wat op ou sandsteengeboue werk

Indien iemand bewus is van kontrakteurs wat op ou sandsteengeboue werk, kan u asseblief die inligting onder die aandag van Paul Odendaal (Sel: 072 727 9581) of Fred Every (Sel: 073 371 6700) bring.

Die NG Kerk Adelaide se kerktoring het dringende restourasie nodig. U hulp sal waardeer word.

Kerklike feesdae en vakansiedae vir 2024

Klik hier vir 'n lysie van 2024 se kerklike fees- en vakansiedae, met skoolkwartale daarby.

Kersfees met Germandt Geldenhuys en Je-Ani Swiegelaar by Lorraine - 1 Desember

Lorraine se Kersmark beloof pret - 3 Nov

VBO: Gesprekke oor die eerste 1,000 dae van 'n kind se lewe - en die kerk

90% van die brein se ontwikkeling vind plaas vóór die ouderdom van 5 jaar. Die vraag is egter, hoe dra die kerk by tot hierdie belangrike tydperk in kinders en ouers se lewe? Richard Lundie van Sikunye en commongood.org.za gaan saam met ons hieroor dink en droom. Temas is onder andere: "The Church & Early Life" and "How to be an First Thousand Days-friendly church".

Die baie praktiese gesprekke vind plaas oor 2 oggende:
• Dinsdag 28 November 09:30-12:30
• Woensdag 29 November 09:30-12:30

Dit vind by die Sinodale Kantoor (Bybelhuis, Cotsworldlaan 31) plaas, en bywoning is gratis. Laat weet gerus vir ds Toit Wessels teen 24 November, indien jy dit wil bywoon - toit@ngkraggakamma.co.za / 084 240 2916

Aanlyn VBO met prof Wentzel Coetzer

Impak van oorgeërfde familietrauma - pastorale perspektiewe

'n Aanlyn Pastorale Beradingskursus deur prof Wentzel Coetzer met die titel: Pastorale begeleiding rakende die impak van oorgeërfde familietrauma (Generasiebagasie)
Die problematiek rondom Generasie Bagasie (intergenerasie trauma) hou verband met die feit dat ouers dikwels deur intense trauma gaan sonder die nodige hulp en begeleiding. Dit kan 'n proses wees wat oor jare strek en die kinders en kleinkinders wat dan binne so 'n familie opgroei, word uiteindelik op talle wyses geraak deur die impak van hierdie onverwerkte trauma – onder andere ouerlike vaardighede wat in die slag bly. Indien sodanige trauma nie hanteer word nie dan toon die navorsing dat dit as't ware 'n 'pakkie pyn' word wat onbewustelik aan kinders en kleinkinders 'oorhandig' word – dit kan weer lei tot probleme op emosionele, geestelike of fisiese terreine. Vanuit die navorsing blyk dat 'n geneagram 'n handige hulpmiddel kan wees ten einde te probeer vasstel hoeveel onverwerkte pyn en trauma binne 'n sekere familie aanwesig mag wees – hoe gesond of hoe sieklik die algemene milieu dus was waarbinne ʼn spesifieke individu gebore was.
.

Dinsdag 20 Februarie 2024 – Zoom aanbieding. Klik hier vir meer inligting en die inskrywingsvorm.

Aanlyn VBO

Liturgiese werkswinkel oor Advent en Epifanie

Meer inligting en die inskrywingsvorm is hier beskikbaar.

Leraars beweeg

Ds Roné Vosloo van Kathu is op 1 November 2023 na PE-Heideveld beroep.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter