Grens.Pos
Jaargang 18 - Nommer 30 - 20 November 2020 - Koninkrykstyd
Beste [subscriber:firstname | default:leser],

In hierdie uitgawe

  • 29 November sal altyd onthou word as die datum waarop die 2020-Afrikaanse vertaling van die Bybel in gebruik geneem is. Lees wat die Bybelgenootskap daaroor sê.
  • Maak erns met die stryd teen geweld teen vroue en kinders - hier is 'n preekskets.
  • Sit die skelm wat jou uit jou geld wil konkel op sy plek.
  • Leraars kom en gaan.

Volg bekendstelling of Facebook

Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling op 29 November in gebruik geneem

Na sowat 15 jaar se werk deur meer as 170 medewerkers is 'n nuwe Afrikaanse Bybelvertaling, Die Bybel: 2020-vertaling nou beskikbaar, sê die Bybelgenootskap in 'n mediabekendstelling.

Op Sondag, 29 November 2020 om 14:30 word 'n spesiale toewydingsgeleentheid in die Kopanong Kerk in Bloemfontein gehou. 'n Aantal vertalers, kerk- en Bybelgenootskapleiers sal onder streng COVID 19-regulasies byeenkom vir hierdie geleentheid. Prof Bernard Combrink, die projekleier, sal die diens waarneem. Die geleentheid sal direk op die Bybelgenootskap se YouTube-kanaal (Bible Society of South Africa) asook op die Facebook-blad, Die Bybel, uitgesaai word.

Hierdie vertaling is die vrug van 'n Bybelvertalingsprojek wat aangepak is op versoek van die kerke wat die Bybel in Afrikaans gebruik. Sowat 24 verskillende kerkgenootskappe was op een of ander manier by hierdie vertaling betrokke en dit is werklik histories 'n eerste. Dit is die eerste keer dat feitlik alle kerke wat die Bybel in Afrikaans gebruik, by 'n Bybelvertaling in Afrikaans betrokke is. Lees die volle bekendstelling hier.
Lees ook die Bybelgenootskap se jongste e-nuusbrief.

Bruikbare preekskets

Geweld teen vroue en kinders

Ons is tans besig met die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Ons rou oor hierdie geweld en ons bemagtig die samelewing om gepas op hierdie pes te reageer.

Ds Rethie van Niekerk het 'n preekskets en liturgie vir dié 16 dae geskryf aan die hand van Lukas 18:1-8, die gelykenis van die weduwee en die onregverdige regter. Maak gerus daarvan gebruik - klik hier.
aktivisme-geweld
Klik op die skakel hierbo om die video te sien wat die Taakspan van die Wes-Kaapse Sinode vrygestel het as deel van die 16 Dae Aktivisme-veldtog vir geen geweld teen vroue en kinders wat op 25 November 2020 begin het.

Bedrogbewustheid

Bly 'n stappie voor skelmstreke met bankdienste

bedrog
Daar is 'n opvallende toename in pogings om gebruikers te mislei om valslik geadverteerde dienste of goedere te koop, of om geld in vals bankrekenings te betaal. Baie van dié pogings kom so realisties voor, of speel in om die leser se poging om 'n meevallertjie te benut.

Veral met Swart Vrydag en die naderende Kerstyd lê die skurke op 'n skerm naby jou op loer.

Bedrieërs raak al hoe meer gesofistikeerd. Jy kan iets bona fide aankoop, maar word mislei om die geld in 'n verkeerde rekening te betaal. 'n Prokureursfirma is in die onlangse verlede so uitgevang en het die opbrengs op die verkoop van eiendom in 'n vervalste rekening betaal. Hulle het 'n e-pos, skynbaar van die egte kliënt, ontvang waarin die bankbesonderhede gewysig is.

Of jy kry 'n e-pos waarin jy meegedeel word jou bankrekening of jou e-posadres gaan verval tensy jy op hierdie aanhegsel klik om jou besonderhede op te dateer. 'n Vals webblad maak oop en jy tik jou e-posbesonderhede daarop in. Die skurk kan nou jou e-pos onderskep en namens jou e-pos aan iemand stuur.

ABSA het onlangs 'n handige gids gedeel waarin mens meer kan lees oor al die skelmstreke en hoe om 'n tree voor die bedrieër te bly. Klik hier.

PE-Heideveld hou Kersmark, 4 - 11 Desember

Dundeeweg, Rowallanpark

4 Desember 15h00
5 Desember, 7 – 10 Desember 09h00 tot 12h00
11 Desember 09h00 tot 18h00

Meer dae, langer ure en ons volg alle protokolle. Vele bekostigbare geskenke en kersversierings sal te koop wees.

Geen wegneem etes. Daar sal wel pasteie, beskuit, gebak, koeldrank en konfyt by die stalletjiehouers wees.
Bestellings vir pasteie kan ook vooraf by die kantoor geplaas word (tot Woensdag 2 Desember)
Sien jou daar. Kom met jou masker.

Vir meer inligting skakel die kantoor 041-3712435

Brenda van Rooyen

Jaarboek bestelvorm beskikbaar

jaarboek-bestelvorm
Klik hier vir die bestelvorm.

Vakature

Leraarspos by die NG Gemeente PE-Lorraine

Lorraine Gemeente streef daarna om liefde te leef tot eer van God. Die bedieningsfokus van die gemeente lê by dissipelskap en geestelike groei van alle lidmate, verhoudings bou tot 'n gesonde gemeenskap, sowel as 'n diep bewustheid dat ons geseën word om ander te seën.

Lorraine Gemeente is geleë in 'n vooruitstrewende en groeiende woonbuurt van Port Elizabeth. Die gemeente bestaan uit 1996 belydende lidmate en 673 dooplidmate. Die gemeente word deur drie voltydse leraars bedien, waarvan een aan die einde van Januarie 2021 die gemeente verlaat.

Klik hier om die posbekendstelling te lees.

Leraars beweeg

Ds Johan Orsmond van die NG Gemeente Somerset-Oos het 'n beroep aanvaar na Riviersonderend. Hy lewer sy intreepreek aan die einde van Januarie 2021.

Ds Rethie van Niekerk het die beroep na Blouwaterbaai Familiekerk in Port Elizabeth aanvaar. Sy word in Januarie 2021 bevestig.
facebook twitter