Jaargang 21 - Nommer 26 - 10 November 2023
Beste leser,

In hierdie uitgawe:

  • PE-Noord bou gebedstuin en vier 90 jaar van genade
  • Die pragtige, bruikbare lied (woorde en musiek) van Algemene Sinode 2023
  • Ugie en Maclear op soek na prediker vir Pinkster 2024
  • Leraars beweeg

PE-Noord vier 90 jaar van genade met gebedstuin

PE-Noord se "Tuin van Herlewing", gebou met herwinbare plastiekdoppies

Ds Micaela Wahl van PE-Noord-gemeente in die Baai vertel:

Soos Nehemia die droom gekry het om die Jerusalem se muur te herstel, so kry ons die droom om die tuin van NGK PE-Noord te herstel met ’n gebedstuin omdat ons fondasie op gebed gevestig is. Die doel van die gebedstuin is om af te sonder van die wêreld en natuurlik gaan mense deur verskillende seisoene van die lewe, daarom omskep ons vier spasies vir “Woestyntyd”, “Herlewing”, “Rou” en “Vrede”.

Ons eerste poging was om die woestyn tuin te bou met die doel om mense uit te nooi wat deur ’n moeilike tyd gaan. Op hierdie paadjie hoop ons dat mense die vrede van God sal ervaar tydens moeilike tye.

Ons tweede poging was die Tuin van Herlewing met die doel om weer vars en nuut te kyk soos God na die wêreld kyk. Hier kleur ons die paadjie in met herwinbare plastiek doppies om iets van God se uniekheid en andersheid te ontdek . In die bou proses het ons vir die eerste keer in Nehemia se skoene gestaan toe hy Jerusalem se stadsmure herstel. Dit was ’n opwindende projek met sy uitdagings, konflik en kritiese opinies, maar met geloof, hoop en ’n span wat volhard word die tuin van herlewing bewaarheid deur om vars en nuut na mense en hul omstandighede kyk.

Ons nooi almal uit vir ons 90ste verjaarsdag viering vanaf 17 November tot 19 November, om die tuin, in sy beginstadium te kom beleef.

Dankie, vir almal wat doppies vir die Tuin van Herlewing ingesamel het, asook die doppie span wat hul hande, knieë en rûe opgeoffer het. Ons waardeer julle opreg.
PE-Noord se "Woestyntuin" in aanbou

Sang en Skrifoordenkings by die Algemene Sinode gryp aan

Samesang tydens Algemene Sinode 2023

Tydens die onlangse Algemene Sinode was daar drie keer per dag by die Skrif stilgestaan, met samesang en aanbidding daarby. Veral Eksodus 33 ("Gaan met ons saam, Here") en Miga 6:8 (Doen wat reg is en bewys liefde) het die sinode gestempel. Klik hier om na grepe van die pragtige sang te luister.

Dr Zander van der Westhuizen het 'n pragtige sinodelied gekomponeer en getoonset. Die teks en musiek kan hier afgelaai word.

Die lirieke is as volg:

Sal U saam met ons gaan?
Sal U ons vrede gee?
Wees ons goedgesind,
Maak U wil bekend.

Sal U ons kom ontmoet?
Mag U met ons praat?
Soos 'n goeie vriend?
Laat ons nooit alleen,

Want ons wil doen wat reg is,
ons wil liefde bewys.
Ons wil lewe,
voor U bedagsaam loop.

Ja, ons wil doen wat reg is,
ons wil liefde bewys.
Ons wil lewe,
voor U bedagsaam loop.

https://missio.org.za/songs/sal-u-saam-met-ons-gaan/

Pastors, take note:

Lay members can contribute to compelling preaching by pastors

Have you ever gone home from worship disappointed that the preacher or Sunday homily didn’t seem very effective? Recent research reveals that listeners can help preachers help their peers grow closer to God.

Karla J. Bellinger shares how listeners can grow into homiletically trained conversation partners for preachers so that sermons and homilies connect the gospel with real life. Read more.

Gesoek: 'n Leraar om Pinkster in 2024 by Ugie en Maclear te kom hou

Die gemeentes van Ugie en Maclear word gesamentlik bedien. Die kerkrade is op soek na 'n leraar om Pinkster in 2024 by die gemeentes te kom hou. Verblyf en etes word voorsien. Pinkster sal ook, indien moontlik ietwat vroeër in die jaar gehou word.

Belangstellende leraars kan Chrisjan Kotze by 0845121808 of Patricia Schmidt by 0824108998, kontak.

Jaarboek 2024 van die NG Kerk beskikbaar

Die Jaarboek 2024 is vanaf Desember 2024 beskikbaar. Bestellings kan nou reeds geplaas word. Klik hier vir die bestelvorm.

Kerklike feesdae en vakansiedae vir 2024

Klik hier vir 'n lysie van 2024 se kerklike fees- en vakansiedae, met skoolkwartale daarby.

Kersfees met Germandt Geldenhuys en Je-Ani Swiegelaar by Lorraine - 1 Desember

VBO: Gesprekke oor die eerste 1,000 dae van 'n kind se lewe - en die kerk

90% van die brein se ontwikkeling vind plaas vóór die ouderdom van 5 jaar. Die vraag is egter, hoe dra die kerk by tot hierdie belangrike tydperk in kinders en ouers se lewe? Richard Lundie van Sikunye en commongood.org.za gaan saam met ons hieroor dink en droom. Temas is onder andere: "The Church & Early Life" and "How to be an First Thousand Days-friendly church".

Die baie praktiese gesprekke vind plaas oor 2 oggende:
• Dinsdag 28 November 09:30-12:30
• Woensdag 29 November 09:30-12:30

Dit vind by die Sinodale Kantoor (Bybelhuis, Cotsworldlaan 31) plaas, en bywoning is gratis. Laat weet gerus vir ds Toit Wessels teen 24 November, indien jy dit wil bywoon - toit@ngkraggakamma.co.za / 084 240 2916

Aanlyn VBO met prof Wentzel Coetzer

Impak van oorgeërfde familietrauma - pastorale perspektiewe

'n Aanlyn Pastorale Beradingskursus deur prof Wentzel Coetzer met die titel: Pastorale begeleiding rakende die impak van oorgeërfde familietrauma (Generasiebagasie)
Die problematiek rondom Generasie Bagasie (intergenerasie trauma) hou verband met die feit dat ouers dikwels deur intense trauma gaan sonder die nodige hulp en begeleiding. Dit kan 'n proses wees wat oor jare strek en die kinders en kleinkinders wat dan binne so 'n familie opgroei, word uiteindelik op talle wyses geraak deur die impak van hierdie onverwerkte trauma – onder andere ouerlike vaardighede wat in die slag bly. Indien sodanige trauma nie hanteer word nie dan toon die navorsing dat dit as't ware 'n 'pakkie pyn' word wat onbewustelik aan kinders en kleinkinders 'oorhandig' word – dit kan weer lei tot probleme op emosionele, geestelike of fisiese terreine. Vanuit die navorsing blyk dat 'n geneagram 'n handige hulpmiddel kan wees ten einde te probeer vasstel hoeveel onverwerkte pyn en trauma binne 'n sekere familie aanwesig mag wees – hoe gesond of hoe sieklik die algemene milieu dus was waarbinne ʼn spesifieke individu gebore was.
.

Dinsdag 20 Februarie 2024 – Zoom aanbieding. Klik hier vir meer inligting en die inskrywingsvorm.

Aanlyn VBO

Liturgiese werkswinkel oor Advent en Epifanie

Meer inligting en die inskrywingsvorm is hier beskikbaar.

Leraars beweeg

Ds Luané McLachlan van Murraysburg is na NGK Gamtoosvallei beroep.

Prop. Bianca Marais word op 3 Desember te Blouwaterbaai Familiekerk bevestig.

Ds Kirna Hellmuth van Somerset-Oos ontvang demissie met behoud van volle ampsbevoegdheid wanneer hy diensperiode op 31 Desember tot 'n einde kom (Jolene du Plessis, gemeentebestuurder).

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter