Grens.Pos
Jaargang 18 - Nommer 24 - 13 Augustus 2020 - Koninkrykstyd
Beste leser,
josep-brothers
Sondag, 16 Augustus is die elfde Sondag in Koninkrykstyd.
Die Leesroosterteks uit Genesis 45 vertel die verhaal van Josef en sy broers wat in Egipte versoen raak nadat hulle jare lank van mekaar vervreem was. Uiteindelik word Josef ook met die bejaarde Jakob, sy vader, herenig.

In hierdie uitgawe

  • Bid op 16 Augustus saam vir Suid-Afrika se menigvuldige uitdagings
  • SA Raad van Kerke eis daadwerklike optrede teen Covid-korrupsie
  • Nuutste materiaal vir kategese
  • Vroue speel meer as 'n eeu voor die vrou in die amp reeds 'n wesenlike rol in kerklike lewe
  • Prof Lungile Pepeta, mediese dekaan, se dood aan Covid-19 geweldige verlies
  • Die Christelik-Maatskaplike Raad in Port Elizabeth nooi jou uit na hul jaarvergadering - op Zoom
  • Lus vir wildsbiltong of wildsvleis? Uitkoms is naby

Kerklike verset teen Covid-korrupsie

"We want to see the corrupt in jail!"

sacc-logo
Die regering se papier-verbintenisse tot die bekamping van korrupsie is onaanvaarbaar. Diegene wat in korrupsie geïmpliseer word, moet ondersoek en vervolg word. Só skryf die SA Raad van Kerke (SARK) vandeesweek in 'n sterk-bewoorde media-verklaring.

Die samelewing kan nie langer toelaat dat korrupte netwerke in die verskillende provinsies voortgaan met hul kriminele aktiwiteite nie, en so op die regte van eerlike, wetsgehoorsame burgers trap nie. Die pandemie-korrupsie stel letterlik lewens in gevaar.
SARK beplan praktiese aksie in vennootskap met met verskeie ander stigtings en organisasies, soos die Ahmed Kathrada Stigting, die Desmond & Leah Tutu Stigting, asook die Stigting vir Menseregte. Die aksie word gekoppel aan deursigtigheid en verantwoordbaarheid. Dit sluit in:
  • Aandrang dat alle Covid-19 kontrakte gedetailleerd gepubliseer word, insluitend die eenheidskoste van produkte
  • Deurlopende bekendmaking hoe die R500-biljoen stimuluspakket aangewend word, asook die gelde van die Solidariteitsfonds en die gebruik van die IMF-lening
  • Die regering herwin die geld wat deur onreëlmatige en korrupte Covid-19-kontrakte verloor is
  • 'n Verbod op die sluit van kontrakte met die staat deur openbare verteenwoordigers en staatsamptenare, asook hulle onmiddellike familielede.
Die staat kan ons nie vertel hy het nie geweet korruptes lê op die loer om te "eet" en dit reeds vroeg in die pandemie nie, sê die verklaring. SARK het reeds in April vir praktiese anti-korrupsie maatreëls gevra.

"Let us all close ranks and unmask those from within the public and private sector who appear to want to serve society, but have nothing but their own interests at heart; let there be consequences for the corrupt; and let us recover what rightfully belongs to the people."

As teenvoeter vir korrupsie heropen die SARK ook sy "unburdening panel", 'n veilige ruimte vir fluitjieblasers teen korrupsie. Hierdie kanaal het sedert 2015 'n enorme rol in die blootlegging van staatskaping gespeel.

Intussen het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, elke eerlike burger en noodlydende bespot en getart deur te sê die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC laat sak sy kop in skaamte oor die korrupte optrede van sekere kaders.

Lees SARK se volledige verklaring hier.

Merkwaardige vroue in ons kerk

Vrou dryfkrag agter ontstaan van die CSV

In hierdie eerste bydrae in 'n reeks van drie laat val dr Andrew Kok van die Kerkargief die kollig op die bydrae van vroue in ons kerk, lank voor die amp van predikant vir vroue oopgegaan het.
Dr Ferguson
Dr Abbie Ferguson, vanaf 1872 baanbreker opvoeder van dogters op Wellington, en krag agter die stigting van die CSV
Vreemd soos dit mag klink, is die ontstaan van een van die eerste en mees invloedryke Christelike studente-organisasies in die Suid-Afrika te danke aan 'n vrou: Abbie P Ferguson van die Hugenote Seminarium, Wellington.

Die 1872-opening van die Seminarium met twee ervare Mt Holyoke-opgeleide onderwysers uit Amerika (Me Bliss en Ferguson) aan die stuur, vloei voort uit die passie en visie van Andrew en Emma Murray. Die viertal het baie in gemeen gehad: die ‘hart-hand-en-hoof-benadering’ tot 'n uitstaande opvoeding vir dogters; asook hul brandende passie vir die sending. Abbie, soos Andrew en Emma, het van meet af wêreldoor gereis met die doel om steun vir en inligting oor opleiding, opvoeding en sending te werf.

In 1890 organiseer Abbie Ferguson die eerste 'Student Volunteer Movement Band' – die 'sending arm' van die Student Christian Association. Lede moes die 'leuse' onderskryf: "I am willing and anxious, God permitting, to be a missionary among the heathen".
In 1894 reis Abbie na Northfield, Amerika. Opnuut beïndruk met die Student Federation-organiseerder, Luthar H Wishard, se visie vir opvoeding, studente en sending, nooi Abbie hom om Suid-Afrika te besoek en mee te werk aan die tot stand bring van 'n Christen Studente Vereniging.
AS_0690
Hierdie foto van die bestuur van die Christen Studente-Vereniging toon die wyse waarop vroue reeds rondom die begin van die 20ste eeu leiding geneem het. Die foto is tydens 'n besoek van dr JR Mott (middel, voor), wêreldwye dryfkrag agter studentebediening, in 1906 aan SA geneem.
In 1896 is Wishard en Donald Fraser, 'n Skotse sendeling en jeugorganiseerder, tuis by Andrew en Emma te Clairvaux – ter voorbereiding van die eerste konferensie vir Christen studente. Sowat 400 studente vanoor die hele land is teenwoordig tydens die stigting van die Christen Studente Vereniging (CSV) op 28 Julie 1896. Beide Andrew Murray en Abbie Ferguson word as Adviserende Hoofbestuurslede aangewys. Die eerste voorsitter en rondreisende sekretaris is Charlie H Murray (Andrew en Emma se jongste seun). Daarna volg nog meesal pas-afgestudeerde teoloë. Twintig jaar later, 1917, vind ons 18 vroue op die 'ranglys'.

Vaste rondreisende sekretaris: EH van Deemter (1902); Annie Naudé (1904-1908); Marguerite M Kriel (1909-1917); Helen E Hofmeyr (1910); Margaret M Murray (1912-1913); Mattie H Muller (1913-1914); Gwen Mader (1916) en Mattie Kriel (1916). Op die Hoofbestuur - Ella Dudley (1896) en in 1906 Tiba le Roux, Annie Naudé, Daisy Laurie en Johanna de Vos. Op die 1917 Uitvoerende bestuur is daar drie vroue - Me EH van Deemter, Me L Feneysey en Me Hugo. En, gedurende die ABO twee vroue as redakteur van De Christen Student – 1901 Me ES le Roux (1901) en Me JF de Vos (1902).

Ons voorvroue het dekades lank hul plek volgestaan ‒ vóór die 'oopmaak van die amp'.

Duisende dade van barmhartigheid

Covid-19 ontbloot nie net baie slegte kante van ons samelewing nie, maar bring ook die beste in gemeentes en gelowiges na vore. Só vertel die Kinderoord MTR Smit in Port Elizabeth dat kinders weens Covid-19 nie op hul verjaarsdae bederf kan word nie. PE-Hoogland gemeente het egter verklaar dat al die meisies van Huis 5 op dieselfde dag verjaar en elkeen met 'n verjaardaggeskenk bederf. "Die meisies was so verras en kon nie wag om die geskenke oop te maak nie!" Hierdie is maar een voorbeeld van hoe gemeentes aan kinders aandag gee. Hierdie tyd word deur duisende dae van barmhartigheid gekenmerk.
mtrsmit
Die dogters van Huis 5 van die Kinderoord MTR Smit in Port Elizabeth het elke 'n verjaardaggeskenk by die plaaslike gemeente, PE-Hoogland, gekry.

Rou oor prof Lungile Pepeta

Mediese dekaan se dood aan Covid-19 geweldige verlies

Prof Lungile Pepeta (47), dekaan van die Nelson Mandela Universiteit se mediese skool, is verlede Vrydag, 7 Augustus, in 'n privaat hospitaal in PE aan komplikasies weens Covid-19 oorlede. Sy dood is 'n geweldige verlies vir die gemeenskap, en vir die nuwe mediese fakulteit wat in 2021 sy eerste studente begin oplei.

Pepeta, 'n pediatriese kardioloog, het aanvanklik aandag getrek met die wyse waarop hy pediatriese dienste in Nelson Mandelabaai se staatshospitale tot 'n besonder hoë standaard uitgebou het. Sedert sy aanstelling by die Provinsiale Hospitaal in 2009 was dit nie meer nodig dat kinders vir sekere prosedures na die Rooikruis Kinderhospitaal in Kaapstad gaan nie.

Gebore in Bizana in die voormalige Transkei, is Pepeta as medikus by die Universiteit van Transkei opgelei, waarna hy sy studies as mediese spesialis by Wits voltooi het.
profpepeta
Prof Lungile Pepeta
Ten tye van sy dood was hy besig met 'n PhD aan Stellenbosch Universiteit.

Pepeta is bekend as mediese aktivis wat by verskeie geleenthede publiek swaarde met die provinsiale gesondheidsdepartement oor gebrekkige befondsing, onderhoud en toerusting gekruis het. Hy het die sakesektor by die befondsing van mediese dienste betrek, dikwels tot argwaan van politieke en departementele hoofde.

Danksy sy leiding word die nuwe mediese skool op die Missionvale kampus van NMU gevestig, naby aan die gemeenskappe wat verbeterde mediese dienste die meeste nodig het.

Hy was ten tye van sy dood voorsitter van die Raad vir Mediese Skemas, 'n rol wat hy onlangs na die dood van dr Clarence Mini (ook aan Covid-19) oorgeneem het. Pepeta word oorleef deur sy eggenoot, Vuyo, ook 'n geneesheer, dogter Kunwago en seun Lungaka.

Insette wat die moeite werd is

Wat reg is aan jong leiers?
Daar is dikwels negatiewe persepsies rondom skoolgaande- en studente-leiers in die kerk, soos dat hulle nie hard kan werk nie, sukkel om tussen werk en spel te onderskei en baie aanmoediging nodig het, skryf Carey Nieuwhof. Tog is daar soveel wat diep reg is rondom hierdie bloedjong leiers - lees wat hy sê.

Ses gewoontes van diep ongelukkige mense
Watter ses gewoontes kenmerk mense wat diep ongelukkig is? As enige hiervan by jou voorkom, moet jy jou lewe herevalueer en jou gewoontes verander.

Wat moet ek van POPI weet?
Die Wet op beskerming van persoonlike inligting het op 1 Julie 2020 in werking getree. Dit staan gangbaar as die Popi Act (Protection of Personal Information Act) bekend. Instansies wat oor data van individue beskik het nou 12 maande om volledig in lyn met die wet te kom. Twee weke gelede het Grens.Pos hieroor berig. Hier is nog 'n webinaar oor die tema.

Nuwe Kategesemateriaal van Bybel-Media

bmkategese

Kompetisie : Afslag op bestellings

Plaas asseblief julle kategesebestelling voor 10 November 2020 en staan ’n kans om R500 afslag te kry op julle bestelling vir 2021.
Twee gelukkige gemeentes staan elk ’n kans om R500 afslag te kry op hulle bestellings. Die gelukkige trekking vind op 11 November plaas en die wenner sal dan aangekondig word.
Plaas julle betellings by bestel@bmedia.co.za of koop die boeke aan in ons e-winkel by www.bybelmedia.org.za

In die nuutste Kerkbode

kerkbode
Dag van Gebed

Uitnodiging: Algemene Jaarvergadering van die CMR Port Elizabeth

Datum – Donderdagoggend 27 Augustus om 10:00

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om terugvoering te gee tov ons dienste die afgelope jaar. Die ondersteuning wat ons van gemeentes ontvang, is van onskatbare waarde en om hierdie rede wil ons ook ons dank betuig aan elke gemeentelid en gemeente wat ons ondersteun!

Met ons veranderde COVID omstandigheid is daar 2 opsies tov die bywoning van die geleentheid:
  • Persoonlike bywoning te Patmos gemeente – Kaapweg 79. Aangesien ons alleen 50 persone kan ontvang, versoek ons dat u persoonlike bywoning bevestig word teen 20 Augustus 2020.
  • Zoom- bywoning - Bevestig asb by cmr-pe@webafrica.org.za tov u inskakeling via Zoom. Ons sal die Zoom-skakel vir u epos.
Dit is vir ons belangrik om ons verhouding en band met ons gemeentes te verstewig.
steytlerville
Steytlervile-nuut

Covid-19 opleiding vir predikante

Die SA Raad van Kerke bied op 4 September 2020 verdere opleiding vir predikante oor Covid-19 in Nelson Mandelabaai aan. Die opleiding word deur die Departement van Gesondheid aangebied en handel oor begrip vir Covid-19, eredienste en begrafnisse. Dit word in sessies tussen 09:00 en 16:00 aangebied. Persone wat dit bywoon ontvang 'n tydgleuf en moet daarby hou ten einde aan Covid-19-regulasies te voldoen.

Opleiding vind regoor die Oos-Kaap in elke distriksmunisipaliteit of metropool plaas. Die volgende datums is gereserveer:

20 Augustus - Alfred Nzo
21 Augustus - OR Tambo
27 Augustus - Joe Gqabi
28 Augustus - Chris Hani
3 September - Sara Baartman
4 September - Nelson Mandelabaai
10 September - Amathole
11 September - Buffalo City

Meer inligting is by Biskop MP Koliti beskikbaar - kontak hom by mpkoliti@gmail.com, ook om jou plek vir die Nelson Mandelabaai-opleiding te bespreek. Dit is belangrik om

VBO: Brosjure vir Lentekonferensie beskikbaar

Roetekaart: Van wond tot verwondering

Lentekonferensie2020
Die konferensie begin Maandag 14 September en eindig Vrydag 18 September. Klik hier om die brosjure te lees.
Om in te skryf, stuur e-pos aan excelsus@up.ac.za
Stuur hierdie epos met brosjure gerus aan belangstellende lidmate.
Vir enige navrae kontak Rika by excelsus@up.ac.za
facebook twitter