|
|
|
Jaargang 21 - Nommer 19 - 18 Augustus 2023
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Wat is die impak van Covid-19 op gemeentes? Data uit Kerkspieël 2022
- Van veroordeelde misdadiger tot predikant in die NG Kerk - byeenkomste met ds Ivor Swartz
- Liturgie vir Barmhartigheidsondag : 27 Augustus 2023
- Woon 'n gesprek oor inter-generasionele bediening by
- Inligting vir die 90ste viering van die Bybel in Afrikaans
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Impak van die pandemie op gemeentes van die NG Kerk
Prof Kobus Schoeman het tydens die onlangse vergadering van die Algemene Sinodale Moderamen data van Kerkspieël gebruik om die impak van die pandemie op NG gemeentes toe te lig. Die jongste Kerkspieëlopname is in 2022 gemaak, wat 'n eerste belangrike blik op die effek van Covid-19 maak..
|
Een van die gevolge is besliste finansiële druk op gemeentes. Schoeman het die tendens sedert 2010 uitgewys:
|
|
|
|
|
Dit is duidelik dat meer en meer gemeentes deur finansiële uitdagings in die gesig gestaar word.
|
Schoeman wys uit dat daar steeds gemeentes is wat groei, selfs dinamies groei, maar dat blote instandhouding steeds 'n groot aantal se bestaan kenmerk. Hy toon ook dat bestendige gemeentes oorwegend 'n missionale ingesteldheid in hul bediening handhaaf.
|
Klik hier om Schoeman se volledige aanbieding af te laai.
|
|
|
Liturgie vir Sondag van Barmhartigheid - 27 Augustus 2023
Gemeentes fokus op beskerming van ons kinders
|
|
|
|
Die laaste Sondag van Augustus fokus NG gemeentes op barmhartigheid. Franciskus het onlangs opgemerk dat "Genade die naam van ons God is". Dié God wat van ons vra om nie te oordeel en te veroordeel nie, maar om te vergewe en lief te hê, en om dit oor en oor te doen.
|
Dit is die uitdaging waartoe ons elke dag geroep word. In ons gedagtes, deur wat ons sê en deur ons optrede. Ons is geroep om lief te hê en medelydend te wees. Ons word geroep om deernis te hê en bedagsaam te wees. Ons is geroep om barmhartig te wees, net soos ons Vader barmhartig is.
|
Vanjaar is die fokus op kinderbeskerming, 'n taak waarby ons kerk hier in die Oos-Kaap ten nouste deur die Christelike Maatskaplike Raad betrokke is. Gemeentes kan gerus 'n maatskaplike werker van die CMR of 'n ander maatskaplike organisasies nooi om in die erediens 'n kort inset oor kinderbeskerming te doen.
|
Ds Nioma Venter en ds Sean Esterhuizen het 'n liturgie saamgestel wat gemeentes tydens die erediens op 27 Augustus 2023 kan gebruik. Klik hier om dit te besigtig - Afrikaans - Engels.
|
|
|
|
|
Pastorale Perspektiewe
Trauma as Verwoester - riglyne vir die pastoraat
|
|
In hierdie kursus deur prof Wentzel Coetzer van die Noordwes-Universiteit (aanlyn aangebied op 15 Augustus 2023) fokus hy op die pastorale begeleidingsproses tot heling en herstel na traumatiese ervarings soos plaasmoorde, motorkapings, aanranding, verkragting, bankrowe, geweldsmisdaad, ens. Talle praktiese voorbeelde is bespreek. Kyk gerus daarna - klik hier.
|
Die aanlyn byeenkoms is deur meer as 140 persone bygewoon.
|
|
|
|
|
Leer meer oor inter-generasionele bediening - by 'n kenner
Hierdie aanbieding word deur die Ring van Albanie gereël.
|
Plek: NG Gemeente Alexandria
|
Datum: Saterdag 16 September 2023
|
RSVP: 8 September 2023 (Ruan: 082 562 6451)
|
Tema: Familie en Jeugbediening – skuif aan ons grense?
|
Aanbieder: Anriëtte de Ridder (PSD Weskaapland: Familie en Jeugbediening)
|
Agtergrond: Anriëtte is een van die voorste navorsers en fasiliteerders wanneer dit by familie en Jeugbediening kom. Nie net het sy ontsaglik baie bedieningservaring nie, maar is ook deel van ‘n netwerk wat op die voorpunt van navorsing, tendense en idees is.
|
Hoe dink ons nuut oor familie en jeug bediening in kontekste wat aanhoudend aan die verander is. Anriëtte gaan ons in ‘n praktiese werkswinkel begelei en fasiliteer om juis hierdie vraag sinvol te antwoord. Vir meer inligting, kontak Ruan Nieuwenhuizen by 082 562 6451 of ds.ruan@outlook.com
|
Gesprek oor Inter-generasionele bediening
Sondag 17 September 2023 Intergenerasionele bediening gesprek Plek: TBC (Port Elizabeth) Tyd: 15:00-17:00
|
Gesprekleier: Anriëtte de Ridder (PSD Weskaapland: Familie en Jeugbediening) 'n Oop gesprek oor Familie en Jeugbediening wat spasie skep om idees, uitdagings en tendense te deel. Hierdie spasie skenk ons die geleentheid na mekaar te luister en by mekaar te leer. Vir meer inligting, kontak Ruan Nieuwenhuizen by 082 562 6451 of ds.ruan@outlook.com RSVP: 14 September 2023 (Ruan: 082 562 6451)
|
|
|
|
|
|
NG Gemeentes hou verootmoedigings- en voorbiddingseredienste - 13 Augustus 2023
|
Die NG Kerk het op 13 Augustus 2023 regdeur Suid-Afrika, Namibië en ook in ander buurlande verootmoedigings - en voorbiddingseredienste gehou. Daar is vir ons lande gebid. Die dagbestuur van die algemene Sinode het ook 'n verootmoedigingsdiens landswyd op sosiale media gestroom. Kyk hieronder daarna: https://www.youtube.com/embed/8gVO_ayDrLI
|
|
|
|
|
Vir jonk en oud
Die besondere verhaal van Ivor Swartz
|
|
|
|
Ds Ivor Swartz, wie se pad via geweld en tronkstraf tot bediening as predikant in die NG Kerk loop, tree eersdaags op 27 Augustus by drie geleenthede in die Baai op. Hy is om 08:00 by Sherwood-gemeente, tree om 10:00 in die erediens by Kraggakamma op en spreek dan die aand om 18:00 'n byeenkoms by Lorraine-gemeente toe. Almal welkom. Jy sal bemoedig huis toe gaan.
|
|
|
|
|
90ste herdenking van die Afrikaanse Bybelvertaling
Al die hulpmiddels met betrekking tot die 90ste herdenking van die Afrikaanse Bybelvertaling, asook Bybelsondag 2023 is beskikbaar by die hierdie skakel. Hiermee ook 'n skakel na die lewendige stroming van die Dankfees op DV Sondag 27 Augustus - klik hier.
|
|
|
|
|
Kerkorreliste hou konferensie
Leraars, orreliste en belangstellendes word uitgenooi na SAKOV se konferensie op 19 Augustus 2023 in die Baai.
|
Me Hanlie Young, orrelis van Hoogland NG kerk doen 'n aanbieding oor hoe om aanlyn eredienste suksesvol aan te bied, soos hul reeds in hul gemeente doen. Sedert Covid het menigte dienste aanlyn dienste bly aanbied as deel van hul bedieninge. Daar is soveel mense wat as gevolg van gesondheidsprobleme nie meer eredienste kan bywoon nie en die aanlyn opsie bied hul groot waarde.
|
Prof Albert Troskie gaan die gebruik van menigte instrumente saam die orrel bespreek en demonstreer. Daar word ook samesang by hierdie byeenkoms gedoen en sluit Liedboek, Vonkk en Flam liedere in.
|
|
|
|
|
|
VBO: Jaarlikse Lentekonferensie by Tukkies
|
|
|
|
Die Lentekonferensie word van 19-21 September in persoon by Universiteitsoord en die Universiteit van Pretoria aangebied.
|
Die brosjure en die program vir die konferensie is beskikbaar op Excelsus se webblad. Gebruik die brosjure om jou keuses op die aanlyn inskrywingsvorm te maak.
|
Vir enige navrae kontak Rika by excelsus@up.ac.za
|
|
|
|
|
Vakature: Predikantspos by NGK Grasvoëlkop
Die kerkraad van Grasvoëlkop-gemeente in die Baai nooi biddend gelegitimeerde leraars van die NG Kerk (of studente wat in November 2023 gelegitimeer word) uit om aansoek te doen vir 'n opwindende pos.
|
Sluitingsdatum: 29 September 2023
|
Grasvoëlkop-gemeente bestaan uit 119 belydende en 21 dooplidmate. Ons is 'n omgee-gemeente, na binne en buite, wat 'n hoë premie op goeie verhoudinge, versorging en ondersteuning plaas. Die gemeente is in Gqeberha (Port Elizabeth) geleë. Lees die volledige posbekendstelling. Die sluitingsdatum is 29 September 2023.
|
|
|
|
|
Vakature: Predikantspos by gekombineerde gemeentes Algoapark en Sydenham
Die gemeentes van Algoapark en Sydenham in Gqeberha (Port Elizabeth) het 'n formele bedieningsooreenkoms gesluit om gesamentlik een predikant te beroep. Die gemeentes nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk (ook studente wat eers in November 2023 gelegitimeer word) uit om aansoek te doen vir 'n termynpos van drie jaar.
|
Die twee gemeentes lê weerskante van die N2, maar word deur 'n hoofroete aan mekaar verbind. Algoapark is 'n voorstedelike gemeente met goeie skole. Die woonbuurte van Sydenham word afgewissel met besighede, nywerhede, studentehuise en 'n laer- en hoërskool digby die kerkgebou. Daar is verskeie tuistes vir bejaardes. Lees die posbekendstelling. Die sluitingsdatum is 8 September 2023.
|
|
|
|
|
Vakature: Predikantspos by NGK PE-Heideveld
Heideveld gemeente is geleë aan die Westelike kant van Gqeberha aanliggend aan die N2 hoofweg na Kaapstad. Na 40 jaar is ons ʼn hegte familie met gevestigde waardes en ʼn eie styl van bediening. Ons visie stempel ons gemeente en word daagliks uitgeleef deur nederige dade van diens aan mekaar en in ons gemeenskap. Ons besef dat ons van hieruit op die drumpel van ʼn nuwe toekoms staan. Nuwe mense trek voortdurend in ons woonbuurtes in en groot sake-ontwikkelinge word in ons aanliggende omgewing voorsien. Daarom is ons oop vir innovasie, groei en vernuwing. Lees die posbekendstelling. Die sluitingsdatum is 1 September 2023 om 12:00.
|
|
|
|
|
|
Vakature: Algemene Sekretaris van die Algemene Sinode
Gelegitimeerde predikante van die NG Kerk word genooi om aansoek te doen vir die pos van Algemene Sekretaris. Hier is die posbekendstelling. Die sluitingsdatum is 1 September 2023.
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Jan Grobbelaar word op 3 September 2023 in Patmos as predikant bevestig.
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|