Jaargang 21 - Nommer 21 - 8 September 2023
Beste leser,

In hierdie uitgawe:

  • Help om ons bedreigde oseane skoon te hou - kies vir julle 'n kol
  • Agenda vir Algemene Sinode 2023 aanlyn beskikbaar
  • Kom "loop vir hoop" om Erfenisdag saam met mede-gelowiges te vier - 25 September 2023
  • Nartjiefees op Loerie gaan groot, so ook Newtonpark met hul lentekarnaval

Gemeentes uitgedaag om die oseane te help red

Dr Stacey Webb van die Sustainable Seas Trust het gemeentes en gemeenteleiers in 'n kort voordrag uitgedaag om verantwoordelikheid vir God se skepping te aanvaar, spesifiek die oseane wat toenemend verstik in plastiek en ander besoedeling wat alles sy oorsprong op land het.

Die Sustainable Seas Trust is 'n nie-regeringsorganisasie gebaseer in Nelson Mandelabaai wat deur voorligting en projekte individue, groepe en instansies in staat stel om 'n verskil te maak. 'n Goeie voorbeeld is Operation Clean Spot, wat só beskryf word:

Litter, pollution, and illegal dumping are all issues that plague South Africa, and Nelson Mandela Bay. Mismanaged waste has far-reaching, devastating impacts, with many unseen impacts on human and ecosystem health as well as on the economy.

Operation Clean Spot (OCS) aims to rid Nelson Mandela Bay of 90% of the mismanaged waste which currently litters the city. OCS hopes to do this by engaging all stakeholders (government, businesses, industry, schools, individuals and more) and encouraging them to take ownership of their “spot”.

By working together, OCS believes Nelson Mandela Bay can be transformed into a clean city and be the first African city to achieve Zero Plastics to the Seas of Africa.

Die projek kan natuurlik oral toegepas word. Daar is vyf stappe om jou kolletjie skoon te hou:
Besoek hierdie skakel vir meer inligting oor die skoonmaakprojek.

Klik hier om dr Stacey Webb se kort voordrag aan kerkleiers te sien.

Agenda vir die komende Algemene Sinode (15-20 Okt 2023) aanlyn beskikbaar

Die agenda vir Algemene Sinode 2023, asook 'n lywige addendum tot die sakelys is pas digitaal gepubliseer. Die dokument is in die openbare domein en daar is geen embargo op die inhoud nie. Dit is op ons Sinode se webblad beskikbaar - klik hier.

SA Raad van Kerke betuig simpatie

Moeder vermoor haar drie kinders te Port St. Johns

In 'n media-verklaring betuig die Oos-Kaapse tak van die SA Raad van Kerke (SARK-OK) simpatie met die gemeenskap van Port St. Johns vanweë 'n jong moeder wat haar drie kinders onlangs in die vroeë oggendure vergiftig het, klaarblyklik weens desperate armoede en die onvermoë om hulle te versorg. 'n Soortgelyke insident het onlangs in die Tholeni-gemeenskap in KwaZulu-Natal plaasgevind.

Volgens gemeenskapslede was die jong moeder 'n aktiewe kerklidmaat, stil en het goed by die gemeenskap ingeskakel.

in die verklaring verkwalik SARK die tesourie wat skynbaar beplan om aspekte van SASSA-toelaes te sny, die sg. Social Relief of Distress Grant (SRD), wat 'n lewenslyn vir die armes geword het. "It seems poverty resulting in families in despair is the source of these young mothers deciding to take their lives and that of their beloved ones. The SRD grant is an expectation by the poor as an income and has become their lifeline", se SARK-OK

Lees die volledige verklaring.

Kinders en jongmense kan ook in Woon in die Woord

Die praktyk van Woon in die Woord help mense van alle ouderdomme om saam na te dink oor die betekenis van die Woord vir ons lewens. Die praktyk help die gemeente om God se Woord prakties toe te pas as bron vir 'n lewe van deelname in God se missie.

In 'n artikel op die Calvin Institute for Christian Worship se webblad word prakties raad gegee hoe om hierdie geloofspraktyk te gebruik om kinders en jongmense by die lewe van die gemeente in te skakel.

Kerklike feesdae en vakansiedae vir 2024

Klik hier vir 'n lysie van 2024 se kerklike fees- en vakansiedae, met skoolkwartale daarby.

Gesoek: Kanselbybel, ou vertaling

Johan Kok van Jeffreysbaai wil baie graag ‘n ou vertaling Kanselbybel bekom. As daar enige gemeente is wat hulle Bybel nie meer benodig nie, kan hulle hom kontak by 083 233 9192.

Queenstown-gemeente benodig aflospredikers

Queenstown-gemeente benodig aflospredikers wanneer die plaaslike leraar met verlof is. Die datums is:
Oggenddiens 8 Oktober 2023
Oggenddiens - 31 Desember 2023
Oggenddienste 7 & 14 Januarie 2024

Belangstellendes kan die kerkkantoor direk kontak by kantoorngk@gmail.com of 045 838 1891.

Loerie hou Nartjiefees - 30 September

Septembermaand is Nartjiefeestyd en op Saterdag, 30 September, hou ons weer Nartjiefees op die kerkgronde van N G Kerk Loerie. Dit is die DERTIGSTE keer dat hierdie gewilde gesinsfees aangebied word. Hierdie groot mylpaal maak Nartjiefees beslis een van die
oudste feeste in die Oos-Kaap en ons verwag weer ‘n rekord aantal mense by die fees.

Die kunstenaars wat vanjaar optree is Brendan Peyper (met voile orkes), Lianie May, Elvis Blue, Dillon Lerm en Chris en Elmari Brits. Ons gio dat hierdie musiek in almal se smaak sal val.

Benewens kunsmarkstalletjies (skilderye, juweliewersware, houtwerk, speelgoed, leerwerk, klere, dekor artikels, plante en vele meer) word daar heerlike kos vanuit die kosstalletjies verkoop. Kerrie en rys, hamburgers, sosaties, boereworsrolle, nagereg, pannekoek, gebak, biltong, droewors en kerrie vetkoeke en “slap chips” gaan almal se monde laat water. Nartjies, vrugte, groente en Tannie Joan se tuisgemaakte konfyt is altyd ‘n groot aantrekkingskrag. Die koffiewinkel in die saal bied keurige koek en tert wat saam met jou koffie of tee beskikbaar is.

Bogenoemde is net die begin. Lees die volledige aankondiging van hierdie gewilde fees ten bate van die gemeente Loerie se fondse.

VBO: Jaarlikse Lentekonferensie by Tukkies

Die Lentekonferensie word van 19-21 September in persoon by Universiteitsoord en die Universiteit van Pretoria aangebied.
Die brosjure en die program vir die konferensie is beskikbaar op Excelsus se webblad. Gebruik die brosjure om jou keuses op die aanlyn inskrywingsvorm te maak.

Om in te skryf, volg asseblief hierdie skakel.

Vir enige navrae kontak Rika by excelsus@up.ac.za

Vakature: Deeltydse predikantspos by Bybelgenootskap Oos-Kaap

Ds Ben Fourie van die Bybelgenootskap Oos-Kaap skryf:

Groete hier uit die Bybelhuis. Sommige van julle sal onthou dat ons so drie maande gelede ‘n predikante pos vir die Oos-Kaap geadverteer het. Na baie oorweging en nadat ek onlangs ‘n vergadering van Hoofkantoor bygewoon het waar die pos omvattend bespreek is, is besluit dat die pos afgeskaal word na ‘n deeltydse pos en dat daar dus van nuuts af aansoek gedoen moet word. Hier is die advertensie vir die pos.

As jy dalk belangstel en vrae het oor salaris, werkure ensovoorts, kan jy vir Quintus Heine by die e-pos adres soos op die advertensie verskyn kontak. Hy is die Streekhoof in Kaapstad en sal ‘n rol speel in die beplanning van die werksaamhede in ons streek. Ons het besluit dat hy die enigste kontak sal wees. Dan maak ‘n mens seker dat almal dieselfde inligting kry.

Ek sal nadat my kontrak aan die einde van Oktober verstryk het, nog op ‘n vrywillige basis met kantoor administrasie uithelp totdat ‘n nuwe persoon aangestel is.

Vakature: Predikantspos by NGK Gamtoosvallei


Die NG Gemeente Gamtoosvallei (Kwagga) is geleë in die prentjiemooi plattelandse dorp genaamd Patensie in die natuurskoon van die Oos-Kaap. Dit is hoofsaaklik ’n sitrusproduserende gemeenskap. Die gemeente bedien die gemeenskap van Patensie. Die gemeente is 87 km vanaf Gqeberha en 43 km vanaf Humansdorp geleë. Die sluitingsdatum is 30 September 2023. Klik hier om die posbekendstelling te lees.

Vakature: Predikantspos by NGK Grasvoëlkop

Die kerkraad van Grasvoëlkop-gemeente in die Baai nooi biddend gelegitimeerde leraars van die NG Kerk (of studente wat in November 2023 gelegitimeer word) uit om aansoek te doen vir 'n opwindende pos.

Sluitingsdatum: 29 September 2023

Grasvoëlkop-gemeente bestaan uit 119 belydende en 21 dooplidmate. Ons is 'n omgee-gemeente, na binne en buite, wat 'n hoë premie op goeie verhoudinge, versorging en ondersteuning plaas.
Die gemeente is in Gqeberha (Port Elizabeth) geleë. Lees die volledige posbekendstelling. Die sluitingsdatum is 29 September 2023.

Vakature: Administratiewe Bestuur vir die Algemene Sinode (Pretoria)

Die kantoor van die Algemene Sinode van die NG Kerk stel hiermee die pos van Administratiewe Bestuurder bekend met die oog op aansoeke (Die kantoor is geleë op die hoek van Pretorius- en Jan Shobastraat, Hatfield, Pretoria). Lees die advertensie.

Elders gesien ...

Leraars beweeg

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter