Grens.Pos
Jaargang 19 - Nommer 9 - 25 Maart 2021 - Lydenstyd
Beste Magdel,

In hierdie uitgawe

  • Kerklike byeenkomste skerper ingeperk voor Paasnaweek?
  • KIX deel hulpbronne vir kinderbediening met Pase
  • Die storie van 'n swartskaap heeltemal te veel mense se werklikheid
  • Vullis op Menseregtedag bymekaargemaak soos nog noot tevore nie - foto's
  • VBO's oor kollektiewe trauma en pastorale vaardighede
  • 'n Fan van Amore Bekker? NG gemeente Parkheuwel is die plek om te wees

Aksie teen moontlike derde vlaag

Kerke strenger ingeperk oor Paasnaweek?

By die skryf hiervan rapporteer nuusmedia die Koronabevelsraad beveel aan dat die land voor die Paasnaweek op Vlak 2 van inperking geplaas word. Volgens Khumbudzo Ntshaveni, waarnemende minister in die presidensie, sal 'n plan gereed wees, hoewel die besonderhede nog onbekend is. Die doel is om 'n derde vlaag van Covid-19 te verhoed of te vertraag. Die moontlikheid word genoem dat 'n kleiner getal persone eredienste mag bywoon, alkoholverkope beperk en die aandklokreël verleng word.

Hoofstroomkerke is oor die algemeen sterk ingestel op die voorkoming van infektering, en meen by monde van die SA Raad van Kerke dat groter vryheid vir byeenkomste op grond van 'n bewese rekord van voorkoming verleen kan word.

Intussen het FOR SA - 'n groep wat sig vir godsdiensregte beywer - die regering reeds in Januarie hof toe geneem omdat kerke einde Desember 2020 vir twee weke gesluit en daarna streng ingeperk is. Die saak is nog nie afgehandel nie (lees meer).

Daar is tans 21,042 aktiewe gevalle in die land, waarvan KwaZulu-Natal 5,614 en die Wes-Kaap 4,816 het. Die Oos-Kaapse aktiewe gevalle staan op 208, die laagste van alle provinsies in Suid-Afrika. Selfs al is hierdie syfer met 'n faktor van 5 te laag gerapporteer, is dit steeds min.

Wat moet gemeentes doen?


Gemeentes kan gerus voortgaan om byeenkomste oor Paasnaweek te beplan. Die vlakke van infektering in die Oos-Kaap is immers laag. Die nodige maatreëls moet egter baie getrou nagekom word, sodat infektering beperk kan word. Moedig ook persone wat enigsins simptome ervaar aan om liewer tuis te bly. Families wat besoekers uit ander provinsies ontvang moet onthou familiebyeenkomste was 'n groot drywer van die tweede vlaag en erns maak met sosiale afstand.

Vir versigtige kerke is die risiko onnodige self-inperking. Ons kan met vrymoedigheid bymekaarkom, onderhewig aan praktiese wysheid en goeie maatreëls.

Indien pres Ramaphosa wel strenger inperking voor Paasnaweek aankondig, moet dit natuurlik nagevolg word, in almal se belang.

Uitdaging aanvaar in Nelson Mandelabaai

Stadswye skoonmaak ondersteun en skep broodnodige bewustheid

Lance Grootboom, uitvoerende komiteelid vir openbare gesondheid, het Nelson Mandelabaai opgeroep om op 22 Maart, die publieke vakansiedag rondom mensregtedag publieke ruimtes in hul omgewing skoon te maak.

Die doel is natuurlik nie net skoonmaak nie, maar ook bewussyn van higiëne, die belang van netheid, die voorkoming van rommelstrooiery en - bo alles - gedragsverandering. Die stryd teen die morsjorse (wat ook besighede insluit) moet gewen word!

Hierdie is ook 'n voorbeeld vir ander gemeenskappe.

Verstommend hoeveel mense op die oproep ag geslaan het, onder andere die NG gemeente Kraggakamma. Hieronder 'n paar foto's van Kraggakamma se skoonmaakaksie.
k2
k3
k1
k4
Kraggakamma-gemeente maak hul omgewing op Menseregtedag as deel van die munisipale "Can a city be cleaned in one day?"-veldtog

Hieronder foto's wat elders in die metro geneem is:
k5
k6
Regoor Nelson Mandelabaai het lede van die gemeenskap skoongemaak dat dit klap. Hopelik is dit die begin van beter stadsbestuur en gedragsverandering

"Mnr Mkhize, die openbare gesondheidstelsel het in duie gestort, jy moet ingryp"

covid-begrafnis
Die Daily Maverick het met 'n reeks artikels oor die openbare gesondheidstelsel in die Oos-Kaap begin. Dit onderstreep die haglike stand van sake in die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid en sy bedryf van openbare hospitale in die provinsie.

Hierdie stand van sake verdien om deel van die nasionale gesprek te word. Daarom is hierdie beriggewing so belangrik.

In 'n meningsartikel van Daily Maverick op 23 Maart 2021 vertel Estelle Ellis onder die opskrif, "Minister Mkhize, the Eastern Cape's health system has collapsed – you must intervene", van verskeie insidente hoe die publiek in die steek gelaat is en van verslae gesondheidswerkers wat nie steun van die departement kry nie. Dit word in 'n eerste artikel opgevolg met verslag oor personeeltekorte en -moraal.

In die tweede artikel, 24 Maart doen Estelle Ellis, Hoseya Jubase and Lonwabo Damani verslag oor die omstandighede rondom Covid-19-sterftes in openbare mediese fasiliteite. Die sterftekoers in die Oos-Kaap is van die hoogste in die hele wêreld. Covid-begrafnisse (foto hierbo) het 'n algemene gesig geword.

Hierdie beriggewing wys die vinger na burokratiese argeloosheid van kriminele proporsies. Hopelik trek dit die regte aandag. Ingryping is dringend nodig. Hou Daily Maverick gerus dop vir verdere bydraes in hierdie reeks.

Bekendstelling van nuwe publikasie

The power of story in our lives

Verlede week het ons iets gesê oor Garth Japhet, uitvoerende hoof van Heartlines, se nuwe boek. Hierdie gesprek stel die nuwe publikasie bekend. Dit bevat bemagtigende beginsels van toepassing op gemeentelike bediening. Kyk gerus - klik hieronder.
waterfish
Beskrywing van die gesprek:

Maverick Citizen editor Mark Heywood in discussion with Dr Garth Japhet, co-founder of Soul City and founding CEO of Heartlines, on how stories can be used to tackle big issues in society.

Garth Japhet is an exceptional South African. He is a medical doctor who has turned his attention to exemplifying the importance of communication to public health. Over the years he has founded successful non profit organisations such as Soul City, Heartlines and For Good.

But in a new book Garth explains that underlying all of his activism is a belief in the power of stories - fictional, factual and our own. His philosophy "when you share your story with others and they share theirs with you, barriers break down, hardened attitudes shift and healing begins."

Jou race na geluk en meaning

Hef ons jeug op met Wees ’n Wenner!

CLF se Jeugprojek – ‘Hef ons jeug op met WEES 'n WENNER! Jou race na geluk en meaning’ is hierdie week geloods.
CLF se doelwit is om die boek “WEES ’n WENNER! Jou race na geluk en meaning” met dagstukke vir ’n jaar, teen Jeugdag (16 Junie) in 20 000 jongmense in minder-bevoorregte gemeenskappe se hande te plaas.
Ons gaan dit in samewerking met ons gemeenskapsvennote doen wat hierdie jongmense op hulle journey sal ondersteun.
Elkeen van die 52 weke van die jaar, handel oor ’n onderwerpe wat relevant tot ons jongmense is. Die skrywer, André de Villiers, breek elke week se onderwerp dan verder in daaglikse temas op soos hierdie:
· Hoe gaan jou movie eindig?
· Môre, is dalk te laat
· Vir ’n lewe van meaning
Indien een van dié drie opskrifte jou vandag aan iemand laat dink, lees hier verder - https://mailchi.mp/clf.co.za/hef-ons-jeug-op-met-uplift-our-youth-with-wees-n-wenner-jou-race-na-geluk-en-meaning
Daar is soveel jongmense in ons gemeenskappe wat nie die Here ken nie, wat nie ’n Bybel het nie of wat selfs nog nooit van Jesus gehoor het nie.
Asseblief, help ons om dit te verander.
’n Minimum donasie van R50 gaan dit moontlik maak om WEES ’n WENNER! gratis in die hande van ons jongmense te plaas!
Volg ons op sosiale media en teken in op ons nuusbrief om jongmense se getuienisse en ervarings van hierdie dagstukkie-boek te lees!
Facebook / Instagram / Twitter
Die Christelike Lektuurfonds is ’n nie-winsgewende organisasie (020-595_NPO).
Artikel 18A sertifikate kan vir belastingdoeleindes aangevra word.
Direkte inbetaling:
ABSA Bank
Rek no: 470188502
Verwysing: WENNER
(Berlisé Louwrens: Bemarkingsbestuurder CLF)

Kix deel hulpbronne vir Paastyd

opgestaan
"Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan", het die engel aan die vroue gesê
Met Paasfees om die draai deel Kix talle hulpbronne om aan die jongspan te verduidelik wat hierdie belangrike tyd op die kerkkalender beteken. Klik hier vir pragtige inkleurprente asook talle ander vindingryke Paasfeesidees.

Daar is ook kort videos soos Die Storie van Paasfees en God se plan wat ideaal is vir kinders.

ebuutroman: Swartskaap

"Hartseer omdat sulke stories waar is vir baie!"

swartskaap
Ds Deon Strydom beveel die lees van Odette Schoeman se skitterende debuutroman, Swartskaap, aan. Die boek het oorspronklike in 2009 verskyn.

Hy sê in sy resensie op GoodReads van dié boek: "Hartseer omdat sulke stories waar is vir baie! Ek het op ‘n stadium by ‘n kinderhuis gewerk en meisies soos die hoofkarakter geken, ongelukkig ook ander soos haar ma... Die ander hartseer is dat die verhale nie net waar is van arm mense of agv omstandighede nie. Lees dit!!

Uit die LitNet resensie: Odette Schoeman het voor Swartskaap nooit meer as 'n bladsy op 'n slag geskryf nie. Sy het geen letterkundige opleiding nie, maar het wel die droom gehad om haar eerste boek voor haar 30ste verjaarsdag die lig te laat sien. Sy het geen groot verwagtinge of illusies gehad nie en wou maar net 'n storie vertel.
Toe die bekroonde skrywer Jeanne Goosen egter haar debuutroman lees, erken sy ruiterlik dat "... Swartskaap die eerste Afrikaanse roman is wat my aan't huil had". Wanneer jy Swartskaap lees, besef jy baie gou hiér is 'n aangrypende verhaal van leef en oorleef deur iemand wat wéét hoe om nie net 'n storie te vertél nie, maar dit as't ware aan die leser te wýs.

Swartskaap vertel die lewensverhaal van Claudie Thompson. Dit is 'n verwikkelde verhaal van armoede, ouers met 'n misplaaste begrip van liefhê en sorg, van onvoorwaardelike kinderliefde, seksuele misbruik, huise sonder kos en meubels, lewe in die koshuis, die goed en sleg wat in elkeen van ons bestaan, en uiteindelik die vervolmaking van 'n lewe sonder berou.

Odette Schoeman verduidelik aan Jaco Botha, in 'n onderhoud vir Rapport se webwerf, dat die storie grotendeels fiktief is, maar dat 'n beduidende deel van die ervaringe van Claudie Thompson die verwerking is van insidente wat werklik met haar of goeie vriendinne wat haar pad gekruis het, gebeur het. Claudie se verhaal is die verhaal van talle jong meisies, en daarom is dit belangrik om dié verhaal te vertel. Lees verder aan die Litnet-resensie.

Leer kollektiewe trauma herken en hanteer

VBO: Kollektiewe en intergenerasie-trauma

Kollektiewe trauma is 'n globale werklikheid. Getraumatiseerde groepe leef in isolasie en verwydering. Leer meer hieroor in hierdie komende VBO-geleentheid. Help groepe groei na tuiskoms en konneksie.

Meer inligting is hier beskikbaar: https://ngkok.co.za/vbo/kt/brosjure-kt.pdf. Klik op die grafika hieronder vir die inskrywingsvorm.
KolTrauma1

VBO: Jaarkursus in pastoraat, berading en gemeenskapsdiens

Alfa Pastorale Opleiding, Berading en Gemeenskap Sentrum (Gestig 1987), bied vir die sewende jaar ‘n unieke jaar kursus in pastorale opleiding, berading en gemeenskapsdiens aan.
Die nommerpas kursus vir entrepeneurs en selfwerkskeppers.
Kom leef jou roeping, word prakties bemagtig as ‘n agent van verandering en doen jou eie of die netwerk ding!!!
Teikengroep: Predikante, maatskaplike werkers, studente, “gap”-jaars en enige belangstellende volwassenes
Vanaf 1 April 2021 – 31 Maart 2022
Status van die kursus: Sertifikaat, geakkrediteer deur Excelsus Sentrum vir Bedieningsontwikkeling van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria. (120 VBO punte) en geregistreer deur die Council for Pastoral and Spiritual Counsellors- CPSC (20 CPSC/CPD punte)
Kursusleiers:
Dr Jan Botha Tel 012 5463545, Sel no: 0764815683 en e-pos adres:
janbotha1102@gmail.com
Dr Retha Kruidenier Tel 012 3291352, Sel no: 0824138462 en e-pos adres: retha@geo-logic.co.za
Besoek: alfapastoralepraktyk.com en Zamazamahope4u.com

Fondsinsameling

Oggend met Amore Bekker by NG Parkheuwel

amore
Amore Bekker, gewilde aanbieder van die program “Alhoebekker” weeksoggende van 09:00–11:30, kom Baai toe!

Jy word hartlik uitgenooi na “’n Oggend met Amore Bekker” op Saterdag 26 Junie 2021 om 10:00 in die Andrew Rabie-skoolsaal (Brunswicklaan, Perridgevale, PE).

Amore is al deur diep waters in haar lewe, maar sy laat haar nie onderkry nie en gaan ’n inspirerende praatjie met ons deel. Haar filosofie is nie verniet “no guts, no glory” nie.
Ons benodig gasvroue/gashere vir tafels van 10 vir die bediening van verversings. Kontak gerus vir Elmarie Botha (083 785 2257). Kaartjies is ook beskikbaar @ R100 by die kerkkantoor (Sharlene: 083 384 9664).

Amore is nie op haar “bek” geval nie, so kom geniet hierdie wonderlike geleentheid saam met ons.

Twitter: @Amorersg
Facebook: facebook.com/amorersg
#parkheuwel #amorebekker# alhoebekker #inspirasie

Bybelgenootskap

appelmark

#VirJulleDagboeke

Padberade vanjaar aanlyn gehou

Ons jaarlikse padberade, gesprekgeleenthede o.l.v. die moderatuur, word vanjaar aanlyn gehou.

Die geleenthede word ontwerp vir leraars, kerkraadslede en gemeenteleiers. Meer inligting oor die inhoud word later bekendgemaak.

Teken solank die datum waarop jou ring aan die beurt kom aan, en kommunikeer die datum met die kerkraad en bedieningsleiers in jul gemeente:

Maandag, 19 April 2021 (09:00 - 12:00)
Ringe van Algoa, Uitenhage en Cradock

Dinsdag, 20 April 2021 (09:00 - 12:00)
Ringe van Burgersdorp, Port Elizabeth en Sondagsrivier

Woensdag, 21 April 2021 (09:00 - 12:00)
Ringe van Humansdorp, Graaff-Reinet en Oos-Londen

Vrydag, 23 April 2021 (09:00 - 12:00)
Ringe van Albanie, Port Elizabeth-Wes en Dordrecht

Leraars beweeg

welman
Anthonie Welman
Ds Anthonie Welman is op 21 Maart 2021 as leraar van Middelburg-Karoo bevestig. Baie welkom!

Ds Paul Odendaal, Ringskriba Albanie, laat weet Glen Lynden-gemeente (Bedford) het ouderling Ignus Potgieter bevestig as ouderling met spesiale opdrag Prediking en Gemeentebediening.

Kerkkantore word herinner om die sinodale kantoor in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter