Jaargang 22 - Nommer 6 - 23 Februarie 2024
Beste leser,

In hierdie uitgawe:

  • Oplossings vir Suid-Afrika - Landbouweekblad se konferensie wek hoop
  • Oorgeërfde familietrauma beïnvloed latere geslagte - hanteer dit in die pastoraat
  • Kerkbode se weeklikse podsending: Leraar vertel van steun na ses leerders in busongeluk sterf
  • Leraars beweeg

Stories wek aansteeklike hoop vir plattelandse dorpe (en SA)

By ’n saamtrek oor die platteland, oplossings en “aktiewe burgerskap” hoor ’n mens ook die vrees dat vervalle dorpe inderwaarheid ’n tóékomsbeeld vir die hele Suid-Afrika is, skryf Le Roux Schoeman van Kerkbode nadat hy vandeesweek Landbouweekblad se Oplossingsaamtrek te Bothaville bygewoon het.

Daar is 'n dik stroom probleme in die land. Daar is ook verstommende verhale van die verskil wat mense maak. Die lys sprekers (elkeen het net 'n paar minute gehad) het gefokus op daadwerklike verskilmakers. Dit sluit kerkleiers in.

“Elke spreker het ’n greintjie van ’n oplossing. En elke klein oplossinkie wat ons nader aan ’n groter oplossing. Want ons almal weet die land is in die moeilikheid,” het Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad aan Kerkbode verduidelik. Lees verder aan Le Roux Schoeman se verslag.

Volg hierdie webblad waar meer stories soos hierdie versamel word.

Oplossings vir die platteland

"In SA kán ons vooroordele afbreek", sê Betereinder

By Landbouweekblad se hoopvolle beraad oor oplossings – klein en groot – vir die Suid-Afrikaanse platteland, het die medestigter van Betereinders, Johan Erasmus, die gehoor uitgedaag om ook na te dink oor die ingesteldheid waarmee daar ge-fix word aan dit wat stukkend is.

“Ons kán die platteland fix. Ons kán die stede fix. Maar ons kan dit op ’n baie bitter manier doen", het Johan Erasmus gesê. Kyk na 'n uittreksel uit sy kort voordrag deur hierbo te klik, en lees verder hoe Kerkbode daaroor berig.

By dieselfde geleentheid met die moderator van die jongste Algemene Sinode, ds Jan Lubbe, gesê hy hoor by die ander sprekers dinge raak beter in gemeenskappe as mense oor grense hande uitsteek en mekaar begin help. “Solank as wat kerke in 'n kultuur vasgevang is, sal ons net minder word en kleiner,” het Lubbe gesê. “Ons kry die boodskap van swart kerke wat sê: kom help. Ons moet daardie hande uitsteek." Lees Kerkbode se berig oor sy voordrag en kyk hier na 'n uittreksel daaruit.

Logos Hope besoek die Baai

Die Logos Hope, grootste drywende boekwinkel en uitgebreide Christelike bedieningsprogram, besoek die Baai van 23 Februarie tot 17 Maart 2024. Dis die moeite werd om 'n draai op die skip te gaan maak en by die program in te skakel. Hier is die volledige besonderhede.

Generasiebagasie

Familietrauma word oorgeërf en kan impak op geslag na geslag hê

Die problematiek rondom Generasiebagasie (intergenerasie trauma) hou verband met die feit dat ouers dikwels deur intense trauma gaan sonder die nodige hulp en begeleiding. Dit kan 'n proses wees wat oor jare strek en die kinders en kleinkinders wat dan binne so 'n familie opgroei, word uiteindelik op talle wyses geraak deur die impak van hierdie onverwerkte trauma – onder andere ouerlike vaardighede wat in die slag bly. Indien sodanige trauma nie hanteer word nie dan toon die navorsing dat dit as't ware 'n 'pakkie
pyn' word wat onbewustelik aan kinders en kleinkinders 'oorhandig' word – dit kan weer lei tot probleme op emosionele, geestelike of fisiese terreine. Vanuit die navorsing blyk dat 'n geneagram 'n handige hulpmiddel kan wees ten einde te probeer vasstel hoeveel onverwerkte pyn en trauma binne 'n sekere familie aanwesig mag wees – hoe gesond of hoe sieklik die algemene milieu dus was waarbinne ʼn spesifieke individu gebore was.

Klik hier om na prof Wentzel Coetzer se insiggewende voordrag oor hierdie belangrike onderwerp te luister.

Weeklikse podsending

Leraar vertel van steun na busongeluk waarin ses leerders sterf

Luister gerus na Kerkbode se eerste episode van Kollig. Dit is 'n weeklikse podsending wat fokus op kerknuus in die breë kerkgemeenskap.

In hierdie episode vertel ds. Christo Nel van NG Gemeente Riebeeckstad in Welkom van die hartseer, maar ook verstommende ondersteuning, wat hulle as gemeenskap ervaar het na ’n onlangse busongeluk waarin ses tieners dood is.

Die moderator van die Sinode van Wes-Kaapland, ds. Marinus Theron, deel ’n paar gedagtes oor gemeentes se uitdaging met roeping.

Die Stellenbosse teoloog en skrywer, prof. Cas Wepener, vertel waaroor die boek Lamenting for change gaan. Die publikasie het hy saam met sy kollega uit die VGK, dr. Dawid Mouton, saamgestel het vir gemeentes se gebruik tydens Lydenstyd.

Nuwe publikasie by die CLF

Evangelism – Perspectives from an African context consists of a collection of essays reflecting on different facets of evangelism. Even though evangelism could, and should, be seen as the core element of the church’s calling to witness (martyria) or its missional identity, it has become a contentious subject. It is often neglected in theological institutions as well as in church practices. This publication ventures in highlighting the importance of evangelism and does not hesitate in engaging with relevant issues. To name but a few: shedding evangelism’s connotation with “imperialism / colonialism” deriving from a “Christendom” era; the relation between evangelism and dialogue between faiths; bridging the divide between evangelism and social engagement (diakonia) and evangelism in and through local congregations. It also touches on evangelism in a post-Christendom era and the re-evangelisation of Europe.

However, the book’s main contribution is its focus on distinct features of evangelism in specifically African contexts. Esteemed scholars from Africa, and two from Europe, contributed to this book. It is skilfully edited by Prof Johannes Knoetze. Covering a range of vital topics related to evangelism, this book is poised to capture the interest of a broad readership. The primary contribution of this collaborative effort lies in the diverse perspectives it provides on the main areas of evangelism that form the four parts of the book: “Theological perspectives on evangelism”, “Evangelism and other religions / faiths / worldviews”, “Evangelism as a holistic approach”, and “Evangelism in specific contexts”.

Die boek is beskikbaar by alle CLF Boekwinkels of koop dit hier aanlyn - of stuur ’n e-pos na order@clf.co.za

Materiaal vir Wêreldbiddag vir Vroue op 1 Maart 2024

Die materiaal vir vanjaar se Wêreldbiddag vir Vroue is op ons webblad beskikbaar: die 2024-program, die 2024-riglyne vir leiers en die geskiedenis van die dag van gebed.

Meer inligting met 'n pragtige kunswerk en video-agtergrondinligting is op die webblad van die World Day of Prayer beskikbaar.

(Met dank aan Familienuus van die Oostelike Sinode vir die Afrikaanse materiaal.)
Navrae: Kontak Hannalize Loubser by ngkerk.lorraine@gmail.com of 041-3672284

Aanlyn VBO

Kreatiewe werkswinkel oor die viering van Paastyd

By hierdie aanlyn werkswinkel o.l.v. dr André Bartlett word daar saam gedink en saam gewerk aan die viering van:Paasfees, die Sondae in Paastyd, Hemelvaart en Pinkster. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 8 Maart 2023. Hier is volledige besonderhede waaronder die skakel na die inskrywingsvorm.

Geloofsreis vir predikante in 2024 aangebied

Ds Gys van Schoor en sy vrou, Thea, (voorheen van Somerstrand- en Durbanville-gemeentes) van die Sentrum van Geloofsvorming (Greyton) het al meer as 300 predikante landswyd op die geloofsreis begelei. Hulle is ook genooi om dit in 2024 vir predikante in Namibië aan te bid.
Van die onderwerpe waaraan daar aandag gegee word is:
-Die herontdekking van Jesus en sy Koninkryksevangelie.
-Is jou "doing" besig om jou "being" te verlam?
-Emosioneel gesonde spiritualiteit.
-Hoe ontwikkel jy 'n langasem vir die bediening?
-Dissipelskap as geloofsvormende reis.
-Om met groter vryheid te leef.
-Hoe vind karaktertransformasie plaas?
-en ander.

Vele predikante vra hiervoor. Die lang gekoesterde ideaal word in 2024 werklikheid wanneer ds Gys van Schoor van die Sentrum vir geloofsvorming die geestelike reis vir predikante in die Oos-Kaap kom aanbied. Predikante word aangemoedig om in te skakel.

Predikante wat hierby ingeskakel het getuig met lof van die impak daarvan op hulle lewe.

Die reis duur oor drie jaar, met twee retraites per jaar. Teken solank die datums aan: Retraite 1: 18-21 Maart 2024 en Retraite 2, 21-24 Oktober 2024.

Die koste beloop R1,850 per retraite, maar daar is 'n 50% subsidie beskikbaar vir predikante wat betyds inskakel.

Die KEERDATUM vir aansoeke is 29 Februarie 2024/

Klik hier vir meer inligting, en voltooi die inskrywingsvorm as jy belangstel.

NG gemeente Jeffreysbaai

Twee vakatures: Herder (opdrag siekesorg, sterwensbegeleiding en pastoraat

Ds Joe Janse van Rensburg vertel op Jeffreysbaai is tans ‘n groot behoefte aan pastorale begeleiding en ondersteuning van lidmate in die gemeente. Jeffreysbaai beskik oor verskeie aftree-oorde in die omgewing en groot getalle senior lidmate wat in hulle eie wonings woon. Die behoefte aan algehele pastorale versorging bly ook ‘n hoë prioriteit. Hierdie pos is geskik vir ‘n diensleraar, pastorale versorger, afgetrede leraar of proponent wat hierdie rol kan vervul.

Klik hier om die posbekendstelling te lees.

Vakature Leraarspos: NGK Grasvoëlkop (permanent, deeltyds)

Grasvoëlkop-gemeente bestaan uit 119 belydende en 21 dooplidmate. Ons is 'n omgee-gemeente, na binne en buite, wat 'n hoë premie op goeie verhoudinge, versorging en ondersteuning plaas.
Die gemeente is in Gqeberha (Port Elizabeth) geleë.

Ons leraar help ons geestelik groei, bind ons saam en gaan ons voor in die dien van die Here, van mekaar en in uitreik na die groter gemeenskap. Hy of sy het 'n lewende verhouding met die Here, kan leiding neem, pas goeie selfbestuur toe, is 'n spanwerker en werk ook saam met kollegas in die ring.
Ons gemeente plaas die fokus op jong ouers en gesinne wat ons graag by ons bediening wil betrek.

Die sluitingsdatum is 23 Februarie 2024. Klik hier vir die posbekendstelling.

Vakature: Voltydse leraar Uitenhage

Moedergemeente Uitenhage beskik oor ‘n pos vir ‘n predikant van die NG Kerk. Naas die vaardighede om uitvoering aan Artikel 9 te gee, sal dit ‘n aanbeveling wees as die leraar ook oor bestuursvaardighede beskik.
Die gemeente bestaan uit 120 belydende lidmate en ‘n klein groep doop- lidmate. Die gemeente besit oor twee geboue, bestaande uit woonstel- eenhede en sakegeboue: Huis Senburg en Pro Ecclesia.
Bestuurservaring en -kundigheid sal as aanbeveling dien.

Die sluitingsdatum is 23 Februarie 2024. Lees die volledige posbekendstelling.

Leraars beweeg

Ds Wouter O'Kennedy van Despatch-Noord ontvang op 25 Februarie 2024 emeritaat.

Ds Riaan van der Mescht van Nahoongemeente tree eersdaags weens gesondheidsredes uit die aktiewe bediening.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter