Jaargang 21 - Nommer 1 - 17 Februarie 2023
Beste leser,

In hierdie uitgawe:

  • Alle Oos-Kaaplandse predikante na byeenkoms by Willows genooi (6-8 Junie 2023)
  • 'n Kapeldiens wat onophoudelik sedert 8 Februarie voortgaan - 'n herlewing onder studente?
  • Moderator emeriteer
  • NG Gemeente Anchor of Hope het jou bydrae nodig
  • Bybelvasvra vir hoërskoolleerders
  • Leraars beweeg

Dagboek 6-8 Junie 2023

Groot Predikante-byeenkoms vir Junie 2023 beplan

Die Willows-Konferensiesentrum digby Port Elizabeth

Vanjaar word alle predikante in Oos-Kaapland genooi om drie dae saam by die Willows-konferensiesentrum (teen die see net buite die Baai) te kom spandeer, van 6-8 Junie 2023.

Die doel van die byeenkoms, is:
  • Saam kuier, mekaar vier en mekaar leer ken
  • Bemoediging en geestelike inspirasie
  • Wat doen God rondom ons en met ons?
Teken asseblief hierdie datum nou reeds in jou dagboek aan. Reël met die kerkraad. Ringe word versoek om die reiskoste van leraars te dra.

Ons reël huisvesting by Willows vir leraars van buite die stad. Ons het 'n afspraak met mekaar.

Hou jou e-pos dop vir meer inligting en 'n skakel na die inskrywingsvorm

Herlewing in Asbury

Die kapeldiens en gebedsbyeenkoms wat onophoudelik sedert 8 Februarie voortduur

'n Christelike erediens op 8 Februarie in 'n kollegekapel in Kentucky in die VSA het oorgegaan in 'n onophoudelike gebed- en aanbiddingsessie wat steeds voortduur en toenemend 'n herlewing genoem word. Mense ry duisende kilometer om daarby aan te sluit nadat hulle op sosiale media virale video's daaroor gesien het.

Hierdie groeiende byeenkoms het as 'n roetine kapeldiens vir studente by Asbury Universiteit begin. Dit is 'n klein Christelike kollege in Wilmore, deelstaat Kentucky, in die VSA. Aan die einde van hierdie erediens het 'n klompie studente agtergebly en die gebedsessie voortgesit - en dit het nog nie opgehou nie.

Lees hoe skryf prof Tom MacCall hieroor vir Christianity Today:

Most Wednesday mornings at Asbury University are like any other. A few minutes before 10, students begin to gather in Hughes Auditorium for chapel. Students are required to attend a certain number of chapels each semester, so they tend to show up as a matter of routine.

But this past Wednesday was different. After the benediction, the gospel choir began to sing a final chorus—and then something began to happen that defies easy description. Students did not leave. They were struck by what seemed to be a quiet but powerful sense of transcendence, and they did not want to go. They stayed and continued to worship. They are still there.

I teach theology across the street at Asbury Theological Seminary, and when I heard of what was happening, I immediately decided to go to the chapel to see for myself. When I arrived, I saw hundreds of students singing quietly. They were praising and praying earnestly for themselves and their neighbors and our world—expressing repentance and contrition for sin and interceding for healing, wholeness, peace, and justice. Lees verder.

Hoe moet mens hierdie gebeure interpreteer? Lees wat skryf Thomas Lyons van Northern Seminary in die VSA

Moderator emeriteer op 19 Februarie as gemeenteleraar

Dr Chris van Wyk, moderator van die jongste Oos-Kaaplandse Sinode, emeriteer op Sondag 19 Februarie 2023 na 'n bediening van 37 jaar in Somerstrand-gemeente. Vriende en belangstellendes word na die erediens genooi wat om 09:00 begin.

Hoewel Chris steeds na sy emeritaat deeltyds in Somerstrand sal bedien, skuif sy fokus na 'n pos by die Veritas Kollege Internasionaal waar hy as Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming 'n lid van die fakulteitsraad word. Hy sal primêr meesters- en doktorale studente begelei, maar is ook voorgraads betrokke by die grondvlakfase-opleiding van Veritas fasiliteerders, tesame met die aanbieding van sertifikaat- en diplomakursusse.

Chris vertel Veritas Kollege Internasionaal se fokus is op 'n geïntegreerde onderrigsisteem waar kennis, vaardighede en persoonlike vorming saam ontwikkel word. Die teologiese opleiding skep breër kompetensie by die student dan blote kennisoordrag. Die model is ontwikkel om geestelike volwasse bedienaars te skep.

Terwyl Chris van Wyk kan terugkyk op 'n reusebydrae in die NG Kerk, is sy bedieningstoekoms steeds opwindend met 'n bediening wat internasionaal impak maak.

Chris bly steeds aan in sy rol as voorsitter van die Oos-Kaaplandse Sinodale Kommissie.

Wêreldbiddag vir vroue en mans op 2 Maart by Lorraine Gemeente

Fokus op volwasse basiese opleiding

Anchor of Hope Community Development benodig hulp

Die voormalige PE-Sentraal gemeente, deesdae Anchor of Hope, wat sy fokus na die hele gemeenskap van die sentrale stadsgebied verskuif het, benodig dringend rekenaartoerusting vir die opleidingsprogramme van volwassenes wat nie oor vaardighede beskik nie.

Da Gillie Noeth van Anchor of Hope skryf:

Ons het dringend ‘n goeie data-projektor nodig in ons rekenaarkamer vir ons rekenaar opleiding. ‘n Nuwe data projektor sal ongeveer R10 000 kos. Hierdie projektor kan bv help.

Verder is ons rekenaars vir die rekenaaropleiding ook baie oud en verskriklik stadig. As ons ten minste net SSD hardeskywe (256GB) kan insit, sal dit ons al klaar baie help. Ons het ongeveer 10 van hierdie hardeskywe nodig – elk kos R500.

Hoe lyk dit? wie kan help? Kontak Gillie by gilliam@webafrica.org.za.

Kraggakamma Gemeente vier 50 jaar Jubelfees, 3-5 Maart

Ds Toit Wessels van Kraggakamma laat weet:

Ons groot feesnaweek is van 3 tot 5 Maart 2023.

Almal word hartlik uitgenooi om hierdie feesnaweek saam met ons te spandeer.

Die volledige program is op ons web- en facebookblad beskikbaar.

Indien jy enige navrae het, kontak ons gerus by 041 360 1484, kerkkantoor@ngkraggakamma.co.za

Aanlyn VBO: Wat maak ons met die erediens?

Hier is meer inligting oor die kursus.

VBO oor die lees en interpreteer van die konteks

Indien daar genoeg belangstelling is, is daar 'n aanlyn opsie vir hierdie kursus beskikbaar. Meer inligting.

Rapportryers nooi hoërskoolleerders om vir Bybelvasvra in te skryf

Christiaan Kotze laat weet die Rapportryerbeweging loods vanjaar weer hul bekende Bybelkennisvasvra. Leerders en skole wat belangstel kan meer inligting by Christiaan bekom - kontak hom by chrisjankotze1@gmail.com.

Leraars beweeg

Ds Annatjie Marais van Algoapark Gemeente is na Fraserburg beroep.

Prop Trunette de Jongh het die beroep na uitenhage-De Mist aanvaar en word op 5 Maart 2023 georden

Ds Clifford James van Hopefield het die beroep na Aberdeen aanvaar. Hy is op 5 Februarie deur ds Evert de Kock in sy nuwe werkkring bevestig.

Ds Sunell Ribbens is op 5 Februarie te PE-Hoogland deur haar pa, dr Jannie Theron, as mede-leraar bevestig.

Ds Heinrich Carstens van Lorraine Gemeente het die beroep na NG Gemeente Kleinmond aanvaar en begin sy bediening daar op 1 April.

Dr Chris van Wyk van Somerstrand Gemeente emeriteer aan die einde van Februarie 2023. Hy ontvang sy Akte van Emeritaat op 19 Februarie tydens die erediens.

Dr Nico van der Westhuizen van Steytlerville Gemeente emeriteer op 31 Maart 2023.

Kerkkantore word herinner om die sinodale kantoor in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter