Jaargang 21 - Nommer 29 - 1 Desember 2023
Beste leser,

In hierdie uitgawe:

  • Word 'n gemeente wat kleintjies en hulle families prakties ondersteun
  • Paulus, die mens
  • Ds Jan Lubbe in 'n videoboodskap oor Algemene Sinode 2023
  • Verskeie vakatures vir predikante

Wees 'n gemeente wat die eerste 1,000 dae van lewe ondersteun

Geestelike leiers van verskeie kerke het vandeesweek Sikunye se praktiese werkswinkel bygewoon hoe om kinders en families gedurende die eerste 1,000 dae van lewe by te staan

Families met klein kindertjies, en die kinders self, het ondersteuning nodig. Die gesegde sê: "You need a village to raise a child". Die plaaslike gemeente kan die gemeenskap wees wat klein kindertjies en hulle ouers en versorgers bystaan om suksesvol te groei en te floreer. Dit is veral tydens die eerste 1,000 dae van lewe (konsepsie tot twee jaar) krities belangrik.

Richard Lundie van Sikunye het vandeesweek 'n besondere werkswinkel in die Baai aangebied wat die belang van die eerste 1,000 dae en praktiese weë om kinders en families in hierdie tyd by te staan toelig.

Die Powerpoints van dag 1 en dag 2 is beskikbaar. Daar is meer hulpbronne en inligting oor komende kursusse, wat ook interaktief met Whatsapp-boodskappe angebied word by www.sikunye.org.za beskikbaar.

Moderator gesels oor Algemene Sinode 2023

Videoboodskap deur ds Jan Lubbe oor Algemene Sinode 2023

Ds Jan Lubbe, moderator van die jongste Algemene Sinode, rig ‘n kort videoboodskap wat die inhoud en strekking van die herderlike brief toelig wat deur die Algemene Sinode se moderamen na alle lidmate en gemeentes van die NG Kerk in Suidelike Afrika uitgestuur is. Dit sou gebruik kon word by eredienste, ander gemeentebyeenkomste, of ook verder uitgestuur kon word na lidmate, soos wat julle as gemeente dit sou kon benut.

Hiermee die skakel na die video. Lees gerus ook die herderlike brief.

Nuwe publikasie oor Paulus, die mens

The Real Paul, The Real Christian

Scot McKnight:

Philip Plyming, Warden at Cranmer Hall, Durham, England, has a new, fresh, and pastorally-rich book about the apostle Paul. I was requested to endorse this book. Frankly, I couldn’t put it down. Very very few books about Paul touch the heart of Paul. Discussions about justification, the apocalyptic Paul, or Paul within Judaism tend to make Paul an intellectual figure. But he was real. He was a missionary planting churches in well-known locations. But he was also persecuted over and over and over. His life was loaded with troubles and pain and suffering.

His heart comes to the surface with utter clarity in both 1 Corinthians and 2 Corinthians, especially the latter. The place to enter into Paul’s roadmap to mission can be found in 2 Corinthians. It was shaped by his sufferings and his hopes and his frustrations and his joys. Philip Plyming’s new book, Being Real: The Apostle Paul’s Hardship Narratives and the Stories We Tell Today.

Those who have suffered, who have been abused, who know the pain of gospel work — and Plyming shares his stories of each of these — find Paul not so much as a theoretical intellectual but as a man filled with pain, a man for whom the gospel and life of Christ made sense of his own suffering and pain.

Paul was a traumatized apostle — again and again and again/.

Here’s an excerpt from the opening to Plyming’s wonderful book.

Geloofsreis vir predikante in 2024 aangebied

Ds Gys van Schoor en sy vrou, Thea, (voorheen van Somerstrand- en Durbanville-gemeentes) van die Sentrum van Geloofsvorming (Greyton) het al meer as 300 predikante landswyd op die geloofsreis begelei. Hulle is ook genooi om dit in 2024 vir predikante in Namibië aan te bid.
Van die onderwerpe waaraan daar aandag gegee word is:
-Die herontdekking van Jesus en sy Koninkryksevangelie.
-Is jou "doing" besig om jou "being" te verlam?
-Emosioneel gesonde spiritualiteit.
-Hoe ontwikkel jy 'n langasem vir die bediening?
-Dissipelskap as geloofsvormende reis.
-Om met groter vryheid te leef.
-Hoe vind karaktertransformasie plaas?
-en ander.

Vele predikante vra hiervoor. Die lang gekoesterde ideaal word in 2024 werklikheid wanneer ds Gys van Schoor van die Sentrum vir geloofsvorming die geestelike reis vir predikante in die Oos-Kaap kom aanbied. Predikante word aangemoedig om in te skakel.

Predikante wat hierby ingeskakel het getuig met lof van die impak daarvan op hulle lewe.

Die reis duur oor drie jaar, met twee retraites per jaar. Teken solank die datums aan: Retraite 1: 18-21 Maart 2024 en Retraite 2, 21-24 Oktober 2024.

Die koste beloop R1,850 per retraite, maar daar is 'n 50% subsidie beskikbaar vir predikante wat betyds inskakel.

Klik hier vir meer inligting, en voltooi die inskrywingsvorm as jy belangstel.

Toerusting in geestelike begeleiding

Ds Deon Loots skryf:

Ek begin met 'n nuwe siklus van opleiding in Geestelike Begeleiding in 2024. Die opleiding bestaan uit 10 blokke van 3 - 4 dae elk. Daar word ook aandag gegee aan jou eie geestelike versorging en groei. VBO punte word vir elke blok toegeken, so jy sal voldoende punte vir elk van die twee jaar kry net deur die kursus by te woon. Al die blokke word by Shama retraite sentrum aangebied (sien op google maps waar ons is).

Verskeie predikante het al die toerusting deurloop en almal getuig van groot persoonlike verryking en groei. Dit is ook waardevolle beginsels wat in alle gesprekke van jou bediening gebruik kan word.
Indien jy belang stel, kontak my gerus by: dissipel@gmail.com

Kerklike feesdae en vakansiedae vir 2024

Klik hier vir 'n lysie van 2024 se kerklike fees- en vakansiedae, met skoolkwartale daarby.

"Lang tafel" vir versoeningsdag in die Baai

16 Desember. Versoeningsdag. ’n #TydVirTafels in ons verdeelde land. ’n Tafel skep ’n ideale ruimte vir saamwees, stories vertel en gedeelde lewensstories.

Op Versoeningsdag laas jaar het ons in die food court van Baywest Mall bymekaar gekom en ’n klomp tafels teenmekaar geskuif om ’n langtafel te vorm. Oor pizzas en koeldrank het swart, wit en bruin stories met mekaar gedeel, ’n feestelike viering van ons diverse ervarings.

Kom deel weer op Versoeningsdag in hierdie geleentheid deur ’n vriend van ’n ander kultuur te nooi om saam ’n pizza te breek en te kuier. Sien jou op Saterdag, 16 Desember om 11:30.

Aanlyn VBO met prof Wentzel Coetzer

Impak van oorgeërfde familietrauma - pastorale perspektiewe

'n Aanlyn Pastorale Beradingskursus deur prof Wentzel Coetzer met die titel: Pastorale begeleiding rakende die impak van oorgeërfde familietrauma (Generasiebagasie)
Die problematiek rondom Generasie Bagasie (intergenerasie trauma) hou verband met die feit dat ouers dikwels deur intense trauma gaan sonder die nodige hulp en begeleiding. Dit kan 'n proses wees wat oor jare strek en die kinders en kleinkinders wat dan binne so 'n familie opgroei, word uiteindelik op talle wyses geraak deur die impak van hierdie onverwerkte trauma – onder andere ouerlike vaardighede wat in die slag bly. Indien sodanige trauma nie hanteer word nie dan toon die navorsing dat dit as't ware 'n 'pakkie pyn' word wat onbewustelik aan kinders en kleinkinders 'oorhandig' word – dit kan weer lei tot probleme op emosionele, geestelike of fisiese terreine. Vanuit die navorsing blyk dat 'n geneagram 'n handige hulpmiddel kan wees ten einde te probeer vasstel hoeveel onverwerkte pyn en trauma binne 'n sekere familie aanwesig mag wees – hoe gesond of hoe sieklik die algemene milieu dus was waarbinne ʼn spesifieke individu gebore was.
.

Dinsdag 20 Februarie 2024 – Zoom aanbieding. Klik hier vir meer inligting en die inskrywingsvorm.

Vakature Leraarspos: NGK Steynsburg

Aansoeke word ingewag vir die leraarspos by die NG gemeente van Steynsburg vir 'n termyn van drie jaar. Sou omstandighede dit toelaat, kan die termyn verleng word.

Steynsburg is in die Noordoos-Kaap geleë, tussen 70 en 120 km vanaf Cradock, Middelburg, Burgersdorp en Aliwal Noord. Die gemeente bestaan uit 97 belydende en 20 dooplidmate en vier in 2024 sy 150ste bestaansjaar. Ons het ook 'n tuiste vir bejaardes met sowat 60 inwoners van verskillende denominasies.
Ons is 'n stabiele landbougemeenskap, hoofsaaklik veeboerdery, maar danksy die Oranje-Visrivierskema ook besproeiingsboerdery. Die naaste goeie skole is te Cradock, Burgersdorp en Middelburg. Groot sentra soos Port Elizabeth, Oos-Londen en Bloemfontein is 300 tot 350 km ver.

Slutingsdatum: 31 Januarie 2024. Lees die volle posbeskrywing.

Vakature: Voltydse leraar Uitenhage

Moedergemeente Uitenhage beskik oor ‘n uitdagende pos vir ‘n predikant van die NG Kerk wat beide oor pastorale en bewese bestuursvaardighede beskik.

Die gemeente bestaan uit 120 belydende lidmate en ‘n klein groep doop-lidmate. Die gemeente besit ook twee geboue, bestaande uit woonstel-eenhede en sakegeboue: Huis Senburg en Pro Ecclesia.
Naas die pastorale versorging van lidmate, is die leraar ook verantwoordelik vir die oorhoofse bestuur van die eiendom in oorleg met die beheerrade. Pligte bestaan dus uit Artikel 9 tesame met ‘n bestuursrol.

Die sluitingsdatum is 26 Januarie 2024. Lees die volledige posbekendstelling.

Vakature vir 'n voltydse leraar: NGK Jansenville

Jansenville-gemeente is in die Noorsveld geleë, 180 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) en 85 km van Graaff-Reinet. Die gemeente bestaan uit ongeveer 250 belydende en 30 dooplidmate wat in drie plaaswyke en vyf dorpswyke woon. Boerdery vorm die kern van ekonomiese aktiwiteit en Jansenville is ‘n sleutelpunt van die werêldwye bokhaar-(“mohair”) bedryf. Verskeie groot en klein sakeondernemings is die werk-
verskaffers wat in die meeste verbruikerbehoeftes voorsien. Jansenville is ‘n skoon dorpie op die wal van die Sondagsrivier. Die netjiese klein hospitaal het ‘n dokter, ‘n apteker en radiografis. In die gemeente is ‘n tehuis vir bejaardes, laer-/hoërskool en kleuterskool.

Die gemeente stel 'n voltydse leraarspos vir 'n vaste termyn bekend. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Januarie 2024. Klik hier vir die posbekendstelling.

Leraars beweeg

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter