Grens.Pos
Jaargang 19 - Nommer 4 - 11 Februarie 2021 - Sondag van Verheerliking
Beste [subscriber:firstname | default:leser],

In hierdie uitgawe

  • Sondag 14 Februarie is biddag vir opvoeding en onderwys - kyk na hierdie aantreklike aanbieding van gebedstemas
  • NG Gemeente Jeffreysbaai adverteer 'n predikantspos met opdrag: gemeenteleier
  • 'n Werklik innoverende eko-muur word vir die droogtegeteisterde deel van Afrika beplan
  • Woon 'n aanlyn-VBO-seminaar oor die kreatiewe viering van die kerklike jaar by
  • Die nuutste datums van die skoolkwartale vir 2021
  • Befondsing vir gemeenskapsorganisasies - met geld uit die VSA

Droogtebestande Akasias geplant met Franse befondsing

Innoverende groen eko-muur vir Afrika

greenwall
Die Great Green Wall is 'n beweging onder leiding van Afrikane wat poog om 'n natuurwonder van epiese proporsies te skep – die plant van ‘n massiewe muur van droogtebestande akasia-bome wat 8 000km oor die hele breedte van die vasteland sal groei.

Na afloop van die One Planet Summit for Biodiversity wat op 11 Januarie virtueel in Parys gehou is, het die Franse president Emmanuel Macron aangekondig dat daar vir die volgende tien jaar $14 miljard vir The Great Green Wall of Africa beloof word.

Dié muur beloof om 'n innoverende oplossing te wees vir talle dringende bedreigings wat nie net die vasteland van Afrika in die gesig staar nie, maar ook die wêreldwye gemeenskap as geheel - veral klimaatsverandering, droogte, hongersnood, konflik en migrasie.

Die finansiering van Frankryk bied 30% van die ontwikkelingsgeld wat nodig is om die projek teen 2030 te voltooi. Sodra die projek voltooi is, sal die Great Green Wall die grootste lewende struktuur op die planeet wees, drie keer so groot soos die Groot Koraalrif (Great Barrier Reef).

Klik hier om meer oor hierdie projek te lees of kyk hierdie kort video onder vir meer inligting.
(Met dank aan VrydagNuus)

Skerp kritiek op Zuma se weiering

SA Raad van Kerke sterk ten gunste van immunisasie

Terwyl sommige Christene voorspooksels optower dat immunisering eintlik die merk van die dier (666) in jou loslaat, of jou DNA permanent wysig, het SA Raad van Kerke in 'n media-konferensie by monde van Biskop Malusi Mpumlwana sterk ten gunste van inenting teen Covid-19 na vore getree. 'n Argument teen Covid-immunisasie kan nie uit die Bybel geformuleer word nie, inteendeel. Klik hier om na die media-konferensie te kyk.

Zuma wek kommer


Die SA Raad van Kerke het vandeesweek ook sy diepe kommer oor oud-president Jacob Zuma se weiering om voor die Zondo-kommissie te getuig, uitgespreek. Die effek daarvan op die versoeningspoging in die land is ernstig. "When he refers to South African law as ‘their law’ — those with whom he is at odds — he in one phrase polarises the country," sê die SARK. Lees hier meer.

Befondsing vir gemeenskapsorganisasies beskikbaar

Die VSA-regering stel befondsing beskikbaar vir gemeenskapsorganisasies wat op bepaalde behoeftes in die gemeenskap fokus.

Hierdie is belangrike inligting om met kerkrade en gemeenskapsorganisasie in jou omgewing te deel, spesifiek in die volgende prioriteit distrikte van die Oos-Kaap: Alfred Nzo, Buffalo City, Chris Hani, OR Tambo, en Amatole.

Die befondsing kom uit die VSA en staan as die PEPFAR-rpogram bekend (President’s Emergency Plan for AIDS Relief).

Lees die dekbrief en klik hier vir die volledige aankondiging.

Sondag 14 Februarie 2021

Biddag vir Onderwys en Opvoeding

biddag-vir-onderwys-2021-2
Die NG Kerk se bediening fokus nog altyd sterk op skole en ander opleidingsentra, onderwys en opvoeding. Daarom het die kerk 'n jaarlikse biddag, net na die aanvang van die skooljaar, vir opvoeding en onderwys.

Vanjaar het DinkJeug 'n pragtige gids vir gebed op hierdie dag ontwerp. Laai dit hier af.

Deur die gids te gebruik, bid julle gemeente saam met baie ander vir onderwys in die ontwrigtende Covid-tyd.

Skoolkwartale vir 2021

skoolkwartale
Die skoolkwartale vir 2021 is pas aangepas (Februarie 2021) en gefinaliseer. Hier is die datums:

  • 15 Februarie tot 23 April
  • 3 Mei tot 9 Julie
  • 26 Julie tot 1 Oktober
  • 11 Oktober tot 15 Desember
Klik hier vir die gewysigde kalender.

Kreatiewe werkswinkel oor die viering van die kerklike jaar

liturgie

Praktiese opleiding vir gemeentes

Ontdek hoe mens ander leer groentetuin maak, sodat 'n honger nasie kan eet

Talle Suid-Afrikaners is daagliks slagoffers van honger, en beskik nie oor goeie voeding nie. Die uitdaging is groter as om kospakkies uit te deel. Almal kan verantwoordelikheid aanvaar om self 'n elementêre tuin te maak, met beskikbare implemente, en die regte werkswyse. Die grond moet reg voorberei en die regte saad op die regte tyd gesaai word.

Hier is 'n kursus wat vrywilligers in gemeentes kan leer hoe om ander te leer hoe om groentetuin te maak.

FARMING GOD’S WAY EASTERN CAPE
Vegetable Training: Port Elizabeth
Hosted by Grant Dryden and Farming God’s Way Eastern Cape
Date: 17 Feb at 09:00 – 19 Feb at 16:00
Venue: Grass Roof, cnr New Seaview and Heron Road, Port Elizabeth
https://web.facebook.com/events/705171690147363/

PREPAYMENT OF R100 AND REGISTRATION IS ESSENTIAL as space is limited to 20 due to Covid restrictions. No walk in arrivals will be permitted. Note: Saying you are going via Facebook does NOT count as a registration.

To Register please email info@farming-gods-way.org or whatsapp 072 852 8215

This 3 day vegetable training will be hosted by the Farming God's Way team in Port Elizabeth, at the Farming God's Way model garden. It's a great opportunity to learn and includes practical sessions in layouts, land preparations, planting and compost making.

Venue: Grass Roof - Cnr Seaview and Heron Rd, Sardinia Bay, Port Elizabeth, RSA
Please park in the grass parking area near the large tunnel. Pass the main Grass Roof entrance and turn in to the next entrance. It is safe and secure.

Times: 09h00-16h00

Cost: R100 registration includes the Vegetable Guide.

NO catering will be provided, so either support the excellent restaurant or farm stall for lunch and refreshments or bring along your own.

Additional resources will be on sale:
Training series on flash drive (R350: 12 hours of training)
Trainers Reference Guide R120;
Field Guide R20

Gesprek in die lig van soveel twyfel:

Waarom glo ons?

Die afgelope tyd is die openbare media oorspoel met kommentaar deur gelowiges en ongelowiges oor die aard en karakter van ons geloof. Die Sentrum vir Publieke Getuienis het ‘n klein werkgroep tot stand gebring wat die afgelope weke herhaaldelik vergader het. Graag bied ons die uitkoms van die gesprekke in ‘n oop gesprek aan, wat van waarde vir predikante en lidmate kan wees. Dit word in samewerking met VBO aangebied.

Die Sentrum bied op grond hiervan 'n apologetiese gesprek oor die fundering van ons geloof aan. Kom deel in ‘n paneelbespreking Woensdag 17 Februarie om 19.00 via Zoom. Registreer per e-pos by Bridget Leibbrandt of by spg@kaapkerk.co.za.

Fasiliteerder: Prof Cas Wepener

VBO: Hoe gemaak wanneer die helper uitgeput raak?

fatigue
Cas Wepener sal die tweede en derde webinars in die reeks oor “Compassion Fatigue” (medelyemoegheid) met die paneellede Etienne van der Walt, Marileen Steyn en Pieter van der Walt fasiliteer.
Klik hier om vir Compassion Fatigue te registreer.

NG Gemeente Jeffreysbaai

Vakature vir Leraar (Opdrag: Gemeenteleier)

Jeffreysbaai-gemeente het 'n vakature vir 'n leraarspos met die volgende fokus: strategiese leiding, geestelike leiding, gemeentebestuur, motivering, monitering en kommunikasie. Ondervinding in hierdie verband sal ’n aanbeveling wees.

Klik hier vir die posbekendstelling en besonderhede.

Leraars beweeg

Ds Anton van Jaarsveld is op 7 Februarie 2021 tydens 'n inry-erediens as leraar van die NG Gemeente Vanstadensrivier bevestig. Hy volg ds Marius Lourens op wat in Desember 2020 aan Covid-komplikasies oorlede is.

Die "kansel" was ingerig onder die afdakke van die gemeente se gereelde plaasmark. Op die foto hieronder verskyn ds Van Jaarsveld (links) met oudl Peet Vermaak, leier-ouderling van die gemeente.
anton
facebook twitter