|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 1 - 19 Januarie 2024
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Verander mense wat die Bybel lees?
- Ontmoet die heiliges
- Geloofsreis vir predikante
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
|
Verander Bybellees mense?
Reading Scripture isn’t just something to check off of your list—God’s Word will actually transform your life. Research shows that destructive habits decrease and positive habits increase when people are in God’s Word at least four days a week.
|
Someone who reads the Bible four or more times a week is:
|
• - 59% less likely to view pornography • - 74% less likely to gamble • - 407% more likely to memorize Scripture • - 228% more likely to share their faith with others • - 231% more likely to disciple others
|
These same people are 30% less likely to struggle with loneliness.
|
|
|
|
|
Invloedryke Christianity Today se boek-toekennings vir die jaar
|
|
Die invloedryke evangeliese tydskrif Christianity Today se jaarlikse toekennings vir uitstekende publikasies is altyd 'n bron van goeie leesstof. Dit bly waar van die toekennings vir 2024.
|
Die toekennings word in verskillende kategorieë gedoen. Die algehele wenner is 'n boek wat aandui hoe die Bybel moderne kultuur uitlê. Tim Keller skryf in dié publikasie, Biblical Critical Theory: How the Bible's Unfolding Story Makes Sense of Modern Life and Culture, se voorwoord "a good theory make[s] visible the deep structures of a culture in order to expose and change them.”
|
Christopher Watkins, die outeur, beklemtoon:
|
|
|
Scripture does this better than anything else. Other critical theories—derived from deep analyses of race, gender, psychology, language, and law—might apply useful lenses to reality. But all are clouded or cracked to some degree, requiring a higher wisdom and a truer story to polish off the smudges and patch together the broken shards. God’s Word, in this sense, does more than explain God to the world. In unsurpassed fashion, it explains the world to itself.
|
|
Die moeite werd om te lees.
|
Kyk gerus ook na die ander publikasies op die lys - klik hier.
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
Ontmoeting met die heiliges
|
|
Die afgelope tyd is daar wêreldwyd ’n toenemende belangstelling in die sogenaamde “heiliges” van die vroeë kerk en Middeleeue. Hulle was individue wat ’n diep-persoonlike en direkte ervaring van God gesoek het en dikwels meer waarde aan persoonlike ervaring as aan formele teologiese leerstellings geheg het.
|
Dr. Lisel Joubert, verbonde aan die Departement Sistematiese Teologie en Ekklesiologie van die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, het verlede jaar met ’n aanbieding oor Hildegard von Bingen (video) ons aandag op dié groep Christene gevestig. Op Vrydag 25 Januarie begin sy die 2024-reeks, Ontmoeting met die Heiliges (grafika onder), wat begin met ’n aanbieding oor Benediktus van Nursia.
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
Kreatiewe viering van die kerklike jaar
|
|
In hierdie aanlyn VBO word daar saam gedink en saam gewerk aan die viering van:
|
• Lydenstyd • Aswoensdag • Palmsondag • Groot Lydensweek • Goeie Vrydag
|
Die aanbieder is dr André Bartlett, die koste beloop R110.00. Klik hier vir meer inligting en die aanlyn-inskrywingsvorm.
|
|
|
|
|
PE-Noord soek hulp met herstel van 'n kerktoring se horlosie en kerkklok
Ds Micaela Wahl sê die horlosie in die kerktoring werk nie meer nie, en die kerkklok lui ook nie reg nie.
|
Wie beskik oor die nodige kennis en vaardigheid en kan help met die hestelwerk? Of weet jy van iemand wat kan help?
|
Kontak die kerkkantoor by 041 451 8221, of die voorsitter Rockey Lamastra by 061 583 6838, of ds Micaela Wahl by 060 9755 105, of die koster, Etienne Kommer by 078 741 5474.
|
|
|
|
|
Geloofsreis vir predikante in 2024 aangebied
|
|
|
|
Ds Gys van Schoor en sy vrou, Thea, (voorheen van Somerstrand- en Durbanville-gemeentes) van die Sentrum van Geloofsvorming (Greyton) het al meer as 300 predikante landswyd op die geloofsreis begelei. Hulle is ook genooi om dit in 2024 vir predikante in Namibië aan te bid. Van die onderwerpe waaraan daar aandag gegee word is: -Die herontdekking van Jesus en sy Koninkryksevangelie. -Is jou "doing" besig om jou "being" te verlam? -Emosioneel gesonde spiritualiteit. -Hoe ontwikkel jy 'n langasem vir die bediening? -Dissipelskap as geloofsvormende reis. -Om met groter vryheid te leef. -Hoe vind karaktertransformasie plaas?
|
Vele predikante vra hiervoor. Die lang gekoesterde ideaal word in 2024 werklikheid wanneer ds Gys van Schoor van die Sentrum vir geloofsvorming die geestelike reis vir predikante in die Oos-Kaap kom aanbied. Predikante word aangemoedig om in te skakel.
|
Predikante wat hierby ingeskakel het getuig met lof van die impak daarvan op hulle lewe.
|
Die reis duur oor drie jaar, met twee retraites per jaar. Teken solank die datums aan: Retraite 1: 18-21 Maart 2024 en Retraite 2, 21-24 Oktober 2024.
|
Die koste beloop R1,850 per retraite, maar daar is 'n 50% subsidie beskikbaar vir predikante wat betyds inskakel.
|
|
|
|
|
Toerusting in geestelike begeleiding
Ek begin met 'n nuwe siklus van opleiding in Geestelike Begeleiding in 2024. Die opleiding bestaan uit 10 blokke van 3 - 4 dae elk. Daar word ook aandag gegee aan jou eie geestelike versorging en groei. VBO punte word vir elke blok toegeken, so jy sal voldoende punte vir elk van die twee jaar kry net deur die kursus by te woon. Al die blokke word by Shama retraite sentrum aangebied (sien op google maps waar ons is).
|
Verskeie predikante het al die toerusting deurloop en almal getuig van groot persoonlike verryking en groei. Dit is ook waardevolle beginsels wat in alle gesprekke van jou bediening gebruik kan word.
|
Indien jy belang stel, kontak my gerus by: dissipel@gmail.com
|
|
|
|
|
Kerklike feesdae en vakansiedae vir 2024
Klik hier vir 'n lysie van 2024 se kerklike fees- en vakansiedae, met skoolkwartale daarby.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO met prof Wentzel Coetzer
Impak van oorgeërfde familietrauma - pastorale perspektiewe
'n Aanlyn Pastorale Beradingskursus deur prof Wentzel Coetzer met die titel: Pastorale begeleiding rakende die impak van oorgeërfde familietrauma (Generasiebagasie)
|
Die problematiek rondom Generasie Bagasie (intergenerasie trauma) hou verband met die feit dat ouers dikwels deur intense trauma gaan sonder die nodige hulp en begeleiding. Dit kan 'n proses wees wat oor jare strek en die kinders en kleinkinders wat dan binne so 'n familie opgroei, word uiteindelik op talle wyses geraak deur die impak van hierdie onverwerkte trauma – onder andere ouerlike vaardighede wat in die slag bly. Indien sodanige trauma nie hanteer word nie dan toon die navorsing dat dit as't ware 'n 'pakkie pyn' word wat onbewustelik aan kinders en kleinkinders 'oorhandig' word – dit kan weer lei tot probleme op emosionele, geestelike of fisiese terreine. Vanuit die navorsing blyk dat 'n geneagram 'n handige hulpmiddel kan wees ten einde te probeer vasstel hoeveel onverwerkte pyn en trauma binne 'n sekere familie aanwesig mag wees – hoe gesond of hoe sieklik die algemene milieu dus was waarbinne ʼn spesifieke individu gebore was.
|
|
|
|
|
Vakature Leraarspos: NGK Steynsburg
Aansoeke word ingewag vir die leraarspos by die NG gemeente van Steynsburg vir 'n termyn van drie jaar. Sou omstandighede dit toelaat, kan die termyn verleng word.
Steynsburg is in die Noordoos-Kaap geleë, tussen 70 en 120 km vanaf Cradock, Middelburg, Burgersdorp en Aliwal Noord. Die gemeente bestaan uit 97 belydende en 20 dooplidmate en vier in 2024 sy 150ste bestaansjaar. Ons het ook 'n tuiste vir bejaardes met sowat 60 inwoners van verskillende denominasies. Ons is 'n stabiele landbougemeenskap, hoofsaaklik veeboerdery, maar danksy die Oranje-Visrivierskema ook besproeiingsboerdery. Die naaste goeie skole is te Cradock, Burgersdorp en Middelburg. Groot sentra soos Port Elizabeth, Oos-Londen en Bloemfontein is 300 tot 350 km ver.
|
|
|
|
|
Vakature: Voltydse leraar Uitenhage
Moedergemeente Uitenhage beskik oor ‘n uitdagende pos vir ‘n predikant van die NG Kerk wat beide oor pastorale en bewese bestuursvaardighede beskik.
|
Die gemeente bestaan uit 120 belydende lidmate en ‘n klein groep doop-lidmate. Die gemeente besit ook twee geboue, bestaande uit woonstel-eenhede en sakegeboue: Huis Senburg en Pro Ecclesia. Naas die pastorale versorging van lidmate, is die leraar ook verantwoordelik vir die oorhoofse bestuur van die eiendom in oorleg met die beheerrade. Pligte bestaan dus uit Artikel 9 tesame met ‘n bestuursrol.
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Roné Vosloo van Kathu word op 28 Januarie 2024 om 09:00 by PE-Heideveld bevestig.
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|