Grens.Pos
Jaargang 19 - Nommer 17 - 3 Junie 2021 - Koninkrykstyd
Beste [subscriber:firstname | default:leser],

In hierdie uitgawe

  • Afrikaners se gene vertel ons storie van wording en herkoms, en die Kaap was duidelik nie net Hollands nie
  • Ontmoet ds Enslin van Velden, die nuwe brugleraar van Somerset-Oos
  • Hier is 'n oulike gids wat verduidelik hoe registrasie vir inenting werk - sodat jy seniors in die gemeenskap daarmee kan help
  • 'n Terminaal-siek teoloog skryf oor sterflikheid en hoe dit opstandingshoop aktiveer
  • Die "menslike biblioteek" help ons om mense totaal anders as ons te leer ken en waardeer
  • Hoe die nuwe inperking werk en die nuwe limiet vir bydraes tot werkloosheidsversekering

Neem nuwe Vlak 2 inperkingsmaatreëls ernstig

graph
Hoewel genadiglik stadiger as verskeie ander provinsies, word die opwaartse kurwe van die
3de Covid-vlaag ook in die Oos-Kaap opgemerk


Gemeentes word direk geraak deur die aangepaste inperking op Vlak 2 wat pres. Cyril Ramaphosa op 30 Mei 2021 aangekondig het. Die styging van die infekteringskoers is 'n werklikheid, ook reeds in die Oos-Kaap.

Die kern van die inperkingsmaatreëls vir gemeentes is die volgende:
  • Slegs 100 persone mag binnenshuis bymekaarkom, en 250 buite. Die 100 mag nie 50% van die kapasiteit van die vertrek oorskry nie. Dit geld alle byeenkomste, waaronder eredienste, huwelike en begrafnisse
  • Die aandklokreël is aangepas van 23:00 tot 04:00
  • Gemeentes moet steeds die voorkomingsmaatreëls in stand hou, soos 'n register van bywoning, sosiale afstand, ontsmetting en goeie ventilasie.
  • Wanneer iemand positief vir Covid toets, en in kontak was met ander by die kerk, moet die kontakte opgevolg word.
Wees waaksaam. Die derde vlaag is met ons, veral in naasliggende provinsies, en sal vir seker ook na ons oorspoel.

Veldtog van die SA Raad van Kerke

Help bejaardes vir inenting registreer

gogo
Hier is 'n projek waaraan elke gemeente so maklik kan meewerk. Van die SA Raad van Kerke, waarvan ons 'n lid is:

The Coronavirus came with so many negative effects, but the hardest hitting is the thousands of lives it is claiming — especially the elderly. Did you know that 60% of COVID deaths in South Africa are people over 60?

Here at the SACC we want our grandparents, parents and older community members to live beyond the pandemic. So we’re doing all we can to register as many elderly people as possible for the vaccine and help them get vaccinated.

But we can’t do this alone. We need you.

We’re calling on all Christians, to stand up and serve the Country and its People "in such a time as this" Esther4:14, by registering the elderly for the COVID vaccine. Read through our #VaxuGogo registration guide and see how you can register senior citizens in your FAMILY-STREET-CHURCH.

KLIK HIER om die VAXuGOGO-gids af te laai.

Teoloog met bloedkanker

Omhels jou sterflikheid en leer werklik leef

J.ToddBillings_359x359
Todd Billings is die Gordon H. Girod Navorsingsprofessor van Gereformeerde teologie by die Western Theological Seminary in Holland, Michigan. Hy is 'n geordende predikant van die Reformed Church in America en die outeur van verskeie publikasies. Billings leef met veelvuldige myeloma, 'n ongeneeslike vorm van bloedkanker. In 'n onderhoud met die Calvin Institute of Christian Worship gesels hy oor sy nuwe boek, The End of the Christian Life: How Embracing Our Mortality Frees Us to Truly Live.

In die onderhoud sê Todd onder meer:

The End of the Christian Life doesn’t focus on my cancer story per se. Rather, it’s on a broader topic: what does Christian hope look like if we embrace our mortal limits, whether we are 15, 50, or 95? I’m immersed in the cancer community, where (someone) dying has become an everyday experience. That immersion is a gift to the book. But the book itself has a much larger scope and will definitely interest people who have not experienced cancer or serious illness. The book is ultimately a biblical and theological exploration of what resurrection hope means. Its cultural analysis helps unveil the cultural idols that lead us away from true resurrection hope.

Lees die gesprek met Todd Billings hier.

Die Menslike Biblioteek, 'n manier om die "ander" te ontdek

Die Menslike Biblioteek, 'n manier om die ander te ontdek
In die "Human Library" kan jy 'n regte mens "uitleen", wat beteken jy luister in so 30 minute na hulle verhaal. Elke menslike boek het 'n titel, soos "werkloos", "vlugteling", "bipolêr", "verslaafde", wat ook al die geval mag wees. Deur na die persoon te luister, word die voorblad oopgemaak en leer jy ander dieper ken. Moet nooit 'n boek op sy omslag takseer nie.

Lees verder

Afrikaners as groep se genetiese samestelling

Hoe Afrikaners as groep geneties saamgestel is
Ten spyte van wetgewing wat gemengde huwelike (selfs vanaf 1658) verbied het, en 'n geskiedenis van diskriminasie wat sy hoogbloei in die apartheidsisteem gehad het, bevestig die genetiese navorsing dat Afrikaners 'n mengsel van verskillende groepe is. Genealogiese navorsing het dit reeds aangedui, maar genetiese navorsing kan glad nie bestry word nie.

Lees verder

Christelike Kernensiklopedie gratis aanlyn beskikbaar

Die elektroniese Christelike Kernensiklopedie (eCKE) is nou gratis beskikbaar by www.ecke.co.za. Hierdie Christelike ensiklopedie is die enigste van sy soort in Afrikaans is. Meer as 160 medewerkers het bygedra tot die ensiklopedie en dit bevat nagenoeg 4 000 lema (kort artikels).

Die eCKE vertel die verhaal van die Christelike geloof van aanvang tot hede en dui die verskillende stromings, gedagterigtings en historiese gebeurtenisse en persone aan wat ‘n bepalende invloed op die Christendom in Suid-Afrika, Afrika en die wêreld gehad het.

Dit laat lig val op draaipunte in die voor-, antieke en moderne geskiedenis – soos die sondvloed, die Babiloniese ballingskap, die kruistogte, die Renaissance, die Hervorming, die Anglo-Boereoorlog, die wêreldoorloë, die Belydenis van Belhar, Nine-Eleven (9/11) sowel as COVID-19.

Die ensiklopedie word gratis beskikbaar gemaak danksy die bydraes en ondersteuning van uitgewers Bybel-Media, FAK, die Christelike Lektuurfonds, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, teologiese fakulteite, ATKV, Hiemstra-trust, Dagbreek-trust, Ton Vosloo-trust en PUK-Kanselierstrust.

Brugleraar van Somerset-Oos

Ontmoet ds Enslin van Velden

Ontmoet ds Enslin van Velden
Ds Enslin van Velden het pas by Somerset-Oos gemeente aangesluit. Hy kom van die NG gemeente Bergtuin in Pretoria. Ons het so paar vrae vir ds van Velden gevra om hom beter te leer ken. Vorige gemeente: NG Bergtuin Pretoria Nuwe gemeente: NG Somerset-Oos Vertel ons van jou gesin: My vrou Susarie is 'n opgeleide orrelis en musiekonderwyseres. Ons het … Lees verder

Limiet vir werkloosheidsversekering aangepas

Die nuwe WVF-limiet soos bespreek tydens die begrotingsrede in Februarie 2021 is nou formeel in die Staatskoerant (28/05/2021, Vol 671, nr 44641) aangekondig. Die maandelikse bydraelimiet (bo-perk) van werkgewer en werknemer elk verhoog met ingang van 1 Junie 2021 na R177,12 per maand. Die persentasies bly steeds 1% elk. Klik hier vir die dokument.

Frank Chikane gee leiding aan die kerk

Leraars en lidmate word genooi om in te skakel op 'n inset deur pastoor Frank Chikane, voormalige minister in die presidensie en algemene sekretaris van die SA Raad van Kerke. die gesprek vind op 10 Junie om 08:30 plaas, en kan op Zoom gevolg word, of lewend op Facebook.
Frank Chikane 10 June 2021

Leraars beweeg

Ds Johan Esterhuysen van aliwal-Noord het op 30 Mei 2021 sy emeritaat ontvang. Geniet die rustyd en die begin van 'n wonderlike nuwe fase in jou lewe, Johan!
Kerkkantore word herinner om die sinodale kantoor in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter