Grens.Pos
Jaargang 19 - Nommer 18 - 11 Junie 2021 - Koninkrykstyd
Beste [subscriber:firstname | default:leser],

In hierdie uitgawe

  • Vadersdag val vanjaar op 20 Junie - hier is 'n waardevolle liturgie en preekriglyn vir sinvolle viering van vaderskap
  • Watter leraars is nuut in Oos-Kaapland?
  • Spandeer 'n uur met Frank Chikane vir insiggewende insette oor die impak van die kerk en antwoorde op geloofsleiers se vrae
  • Het jy gehoor van PEPUDA? Dit gons hieroor in godsdienskringe

Frank Chikane:

"Unload the corrupt, let them go to jail in peace"

Frank Chikane: Unload the corrupt, let them go to jail in peace
"Unload the corrupt from society, send them in peace to jail. They must do so freely. And tell them not to play a Simson on us by bringing the pillars of society down en route to jail," het pastor Frank Chikane, voormalige direkteur-generaal van die presidensie onder Thabo Mbeki, op 10 Junie 2021 aan die Nelson Mandelabaai Christen-Leierskapnetwerk gesê.

Lees verder

Vadersdag 2021:

Liturgie en preekskets vir Sondag 20 Junie beskikbaar

Vadersdag 2021: Liturgie en preekskets vir Sondag 20 Junie beskikbaar
Vadersdag val vanjaar op Sondag, 20 Junie 2021. Hier is 'n preekskets met liturgie vir gemeentes se gebruik. Doen gerus moeite hiermee. Ons samelewing het gesonde, betrokke en empatiese vaders nodig. Nie alle kinders het vaders nie, en daarom is sosiale vaders, vaders wat 'n rol in kinders se lewe speel, ook nodig.

Lees verder

"God's fool":

Gratis nuwe fliek oor die lewe van Fransiskus van Assisi

"God's fool" - gratis nuwe fliek oor die lewe van Fransiskus van Assisi
'n Nuwe fliek oor die lewe van Fransiskus van Assisi en die betekenis daarvan vir moderne mense in 'n verbruikerskultuur, "God's Fool", is deur The Color Green films vervaardig en is vir 'n periode gratis op Youtube beskikbaar.

Lees verder

Jesus-leierskap:

Hoe om te lei in 'n veranderende wêreld

Jesus-leierskap: hoe om te lei in 'n veranderende wêreld
Dit is nie maklik om vandag ’n Christen-leier te wees nie. Roedolf Botha, leraar en sakekonsultant, navigeer die tye waarin ons leef aan die hand van die Markusevangelie. Hierdie toeganklike boek is vol praktiese en inspirerende voorbeelde wat jou as leier sal help om die onverkende waters van ons tye die hoof te bied.

Lees verder

PEPUDA

Kommer oor nuwe wysigingswetsontwerp op gelykheid en diskriminasie

Kommer oor die konsep-wysigingswet oor gelykheid en ongeregverdigde diskriminasie (PEPUDA, Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act) wat tans deur die Dept van Justisie vir kommentaar gepubliseer is, word wyd in godsdienskringe uitgespreek. Die vraag is of nuwe, uitgebreide definisies vir gelykheid en diskriminasie nie godsdiensvryheid en die wyse waarop geloofsgemeenskappe georganiseer word, radikaal ondermyn nie.

Die geloofsoortuigings van kerke en godsdiensgroepe sluit per definisie beide in en uit. Nie almal kan lid van enige kerk word nie, want jy deel nie die oortuigings daarvan nie. Gelykheid word nou so breed gedefinieer dat dit as 'n aantasting van jou gelykheid gesien word as jy uitgesluit word.

Die konsep-wetgewing brei ook die definisie van diskriminasie uit deurdat intensie of bedoeling nie langer deel daarvan is nie. Adv Nadene Badenhorst skryf bv op FOR SA, 'n groep wat sig vir godsdiensvryheid beywer, se webblad:

The net effect is that the definition of “discrimination” becomes increasingly subjective – i.e. if the person who alleges discrimination says they feel prejudiced, or that their feelings have been hurt, then that is enough to establish discrimination. The fact that the person, church or religious institution against whom the complaint is made, had no intention whatsoever to discriminate against the person (in their speech or action), and did not treat them differently because of their sex, gender, sexual orientation, religion or for whatever reason they allege, makes absolutely no difference. In fact, the Amendment Bill specifically says that intention is completely irrelevant.

Lees gerus Badenhorst se volledige bydrae. Klik hier om te kyk na 'n gesprek oor die onderwerp wat die FW de Klerkstigting met adv Mark Oppenheimer, 'n regskenner, gevoer het.

Onwettige aflaai van flieks en TV-reekse:

Jou internet diensverskaffer moet jou aangee

Onwettige aflaai van flieks en TV-reekse: jou internet diensverskaffer moet jou aangee
Nuwe wetgewing oor kubermisdaad vereis dat jou nternetdiensverskaffer jou by die owerhede moet aangee as jy kubermisdaad oor jou internetkonneksie begaan. Dit sluit die onwettige aflaai of kopiëring van flieks en TV-reekse in.

Lees verder

Geloofsonderskeidende gespreksvoorstelle vir Ringsittings

Picture1
Terwyl Ringskommissies nou reeds aan ringsittings begin beplan, is dit goed om te kyk na twee praktyke uit die NG Kerk se In Pas met God-Handleiding. Dit skep heerlike gespreksraamwerke. (Die volledige IN PAS is hier beskikbaar.)

Praktyk#13: VRA GODSVRAE

God kan geken word. God is aktief betrokke by die kerk en die skepping. Daarom vra ons in geloofsonderskeiding vrae oor Wie God is en waarmee God besig is. Godsvrae fokus ons gesprekke op die aktiewe teenwoordigheid van die Drie-enige God in ons midde. Lees verder.

Praktyk #14: LUISTER NA DIE GEES

Dit het groot waarde om gereeld te vra: Hoe het die Gees ons die afgelope tyd bevestig en hoe het die Gees ons ontwrig?

Die ontwrigting kan insluit dat God ‘n deur laat toegaan het, gewys het op ‘n blindekol, of ons bewus gemaak het van iets wat ons sal moet afleer. Ons hou nie hiervan nie, maar dit is belangrik om hierdie negatiewe emosies te erken. Kry dit gesê. As daar byvoorbeeld verwoestende brande in die omgewing was, of ‘n uitmergelende droogte, of wanneer eindelose kerklike debatte energie in die gemeente dreineer en lewe doodwurg, dan staan God nie los daarvan nie.

Die bevestiging kan insluit dat God nuwe verbeelding by ons oopgemaak het, ons ‘n nuwe gewoonte laat ontdek het wat ons sal moet inoefen, of ‘n deur oopgemaak het. Lees verder.

'n Gesprek oor evangelisasie in die bediening

evangelisasie
Vir Registrasie: klik hier
Registrasies sluit: 21 Julie 2021
Na registrasie sal jy teen 23 Julie toegang tot die eerste aanbiedingsvideo ontvang.
Neem kennis dat die tweede video eers na afloop van die eerste Zoombespreking beskikbaar sal wees.
(Bridget Leibbrandt – VBO Koördineerder Communitas)

Verken navorsing oor versoening, rasse-verhoudinge en identiteit

Uitnodiging na gesprek 24 Junie-page-001 (1)
Klik hier om in te skryf.

Publikasie oor Andrew Murray nou beskikbaar

Die publikasie “Andrew Murray: From Spark to flame - A Biographical Novel” is nou by CLF beskikbaar.

Hiermee ‘n kort beskrywing:

In 1860/61, thirty-two-year-old Andrew Murray unexpectedly becomes the key leader in the Cape revival, only to realize two years later that he has lost his closeness to God and has begun to strive again in his own strength. Although he consecrates his life anew, the desired filling with the Holy Spirit does not eventuate—that is until God stops him in his tracks, thus forcing him to confront the barriers that are blocking the blessing.

Koop dit aanlyn of stuur ‘n e-pos na order@clf.co.za.

Leraars beweeg

Ds Toit Wessels van die NG Kerk Agter-Paarl het die beroep na Kraggakamma-gemeente aanvaar en tree op 1 Augustus 2021 in diens.

Ds Lisa Schmidt is op 6 Junie 2021 as diensleraar in die NG Gemeente Dordrecht bevestig. Dit is 'n historiese moment, ds Schmidt is die eerste diensleraar om in Oos-Kaapland georden te word. Sy is op 29 Maart 2021 gelegitimeer. 'n Profiel van haar het by legitimasie op ons webblad verskyn. Dalk wonder jy nou: Wat is diensleraars?
Kerkkantore word herinner om die sinodale kantoor in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter