|
|
|
Jaargang 21 - Nommer 2 - 24 Februarie 2023
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Burgersdorp-gemeente het jou ondersteuning na brandramp nodig
- Tarkastad bevestig drie bedienaars
- Fassinerende verhaal van die Gariepdam
- Pinksterreeks 2023 en materiaal vir die Wêreldbiddag vir Vroue beskikbaar
- Hier is 'n pasklaar Excel-sigblad vir jou SAID-logboek
- Vakatures en leraars wat beweeg
|
|
|
|
Burgersdorp-gemeente vra dringend hulp met koste van herstelwerk
|
|
Die koepel van die NG Kerk Burgersdorp se pragtige klassieke kerkgebou het in die hartjie van Covid-tyd aan die brand geslaan en ernstige skade aan die kerkgebou aangerig. Brandende materiaal het in die liturgiese ruim geland en verdere verwoesting aangerig. Die herstel beloop miljoene.
|
Burgersdorp het finansiële hulp met die herstelkoste nodig. Elke bydrae, hoe groot of klein, maak 'n verskil.
|
|
|
|
|
Tot hul skok en afgryse moes die kerkraad na die brand uitvind dat die kerkgebou onderverseker was. 'n Lang stryd het gevolg, omdat die versekeraar die kerk se waarde uitermate hoog gestel het. Uiteindelik is die vervangingswaarde meer realisties bepaal, maar bly die kerkgebou steeds onderverseker. Dit beteken dat die versekeraar slegs vir 'n gedeelte van die herstelkoste instaan.
|
Hoewel die gemeente wel van 'n korttermyn-konsultant gebruik gemaak het, rus die onus op die eienaar om die waarde van die eiendom korrek te bepaal. Dit is 'n dure les, sê die kerkraad, en moedig ander gemeentes aan om dadelik na hul versekerde waardes te kyk.
|
Die gemeente het self fondse bymekaargemaak, maar staar steeds 'n tekort van drie miljoen rand op die herstelwerk in die gesig.
|
In die lig hiervan neem hulle vrymoedigheid om ander gemeentes, ringe, sinodes en individuele donateurs te nader om 'n bydrae te maak. Die kerkraad (skrywe) het 'n spesiale bankrekening geopen waarin bydraes betaal kan word:
Ramp en Boufonds - NG Kerk Burgersdorp
|
Rekeningnommer: 6302 4501 876
|
Herstelwerk het reeds begin. die argitek is Anton Roodt, die kontrakteur Bert Griffioen van AJ Renovatum en die bourekenaar Martin Nel.
|
Die gemeente hou hul eredienste sedertdien in die naasliggende kerksaal.
|
|
|
Die besondere verhaal van die Gariepdam
|
|
|
|
|
Die Gariepdam in volle glorie (Foto: Chris Marais)
|
Die Gariepdam is 'n bron van lewe op vele vlakke in die Oos-Kaap. Danksy die Ovistontonnel wat die dam met die Groot Visrivier verbind, word die landboupotensiaal van groot dele van die Oos-Kaapse Karoo verwesenlik. Water vloei ook na die Sondagsriviervallei, en daarvandaan - via die Nooitgedachtskema - na die droogtegeteisterde Nelson Mandelabaai. Sonder hierdie water sou dié metropool nou letterlik sonder water wees.
|
Die hidro-elektriese kragopwekkingseenheid dra boonop by tot die Oos-Kaapse kragnetwerk.
|
Waar kom hierdie dam, die grootste dam in Suid-Afrika, vandaan? Joernalis Juliette du Toit van Cradock vertel die besondere geskiedenis, wat selfs verbind kan word met die noodsaak om vertroue in die SA-ekonomie na Sharpeville te bevestig.
|
Sy neem ons ook op 'n reis deur die damwal. Lees die artikel wat aanlyn by Daily Maverick verskyn het.
|
|
Drie opgeleide bedienaars in Tarkastad bevestig
|
|
Drie bedienaars wat hul opleiding suksesvol by die Hugenote Kollege voltooi het, is op 19 Februarie 2023 te Tarkstad deur dr André Oosthuizen bevestig. Vlnr staan André Oosthuizen, Cornette van Heerden, Thea Wait en Elorina du Plessis
|
"Bedienaars" is kerkraadslede wat vir spesifieke bedieningstake deur die Hugenote Kollege opgelei word, en dan deur kerkrade aangewend kan word om bv eredienste te lei of pastorale ondersteuning te lewer. Die deeltydse studie duur een jaar. Studente word deur 'n plaaslike leraar as mentor begelei. 'n Sertifikaat word by voltooiing van die opleiding aan elke bedienaar oorhandig.
|
Bedienaars is 'n besondere instrument om bedieningskapasiteit in gemeentes te verhoog, en kan ook dienste in plaaslike gemeentes lewer wat nie langer 'n leraar kan bekostig nie. Dit is die vrug van die NG Kerk se nuwe opleidings- en ampsmodel wat in 2019 deur die Algemene Sinode goedgekeur is.
|
Die kleine Tarkastad-gemeente het op inisiatief van die tydelik-deeltydse leraar, dr André Oosthuizen, begin om drie bedienaars op te lei. Groot was die dankbaarheid toe hierdie drie bedienaars tydens die erediens op 19 Februarie 2023 as kerkraadslede in die rol van bedienaars bevestig is.
|
Wat presies is Bedienaars en hoe werk die sisteem? In die kort video hieronder verduidelik dr André du Toit, dekaan van Teologie by die Hugenote Kollege, aan die gemeente van Tarkastad hoe die sisteem werk:
|
|
|
Baie geluk aan hierdie voorslag bedienaars. Mag die Here julle en julle bediening seën.
|
|
|
|
|
Materiaal vir Wêreldbiddag vir Vroue 2023
|
|
|
Ons nooi jou om saam met Christene in meer as 170 lande en streke wêreldwyd, op Vrydag, 3 Maart 2023 by jou plaaslike Gemeente in te skakel vir hierdie wonderlike gebedsgeleentheid. Die tema van 2023 is: "Ek het van julle geloof gehoor" (Efesiërs 1:15-19). Dit spoor ons aan om ons geloof in Christus te hernu en te verinnig. Ons Hemelse …
|
|
|
|
|
Pinksterreeks 2023 beskikbaar
|
|
|
Die Christelike Lektuurfonds (CLF) het die Pinksterreeks vir 2023 bekendgestel. Die tema is "Hoop in Handelinge". Handelinge is een van die mees indrukwekkende boeke in die Bybel – dit vertel die storie van die vroeë kerk. Daar is verhale van wonderdade, geloof wat mense inspireer, buitengewone wysheid, waagmoed en menselewens wat handomkeer verander het. Dít alles te danke aan die …
|
|
|
|
|
Voltooi jou SAID-Logboek maklik op Excel
Ds Hein Barnard van die Bybelgenootskap is so vriendelik om die Excel-sigblad beskikbaar te stel wat hy vir 2023-24 geskep het om 'n logboek maklik-maklik by die SA Inkomstediens in te dien.Die sigblad bestaan uit 13 afdelings, een vir elke maand, met die totale op 'n verdere blad. Die blaaie ("tabs") is aan mekaar geskakel en dra die waardes korrek oor.
|
Jy moet net elke dag jou voltooide kilometers invoer, en aan die begin (1 Maart) die kilometerlesing van jou voertuig. Verder is daar ruimte vir die doel van jou amptelike reise.
|
Voila! Nou kan jy op die besoekwerk fokus en die kilometers aan Excel oorlaat. Laai die sigblad hier af.
|
|
|
|
|
What is the matter with South Africa?
Prof Ken Opalo from Georgetown's University School of Foreign Service writes on his blog, An Africanist Perspective, on the important question: What is wrong with South Africa?
|
|
|
It is fair to say that South African democracy has not lived up to the dreams of the 1994 transition that ousted the abhorrent apartheid regime. Next year’s 30th anniversary of the end of apartheid will come at a time of generalized economic and political malaise. Growth has stagnated (see comparative trends below), hobbled by failing infrastructure, wasted human capital (in a moribund education system), entrenched inequality (worse today than in 1994), and the dearth of new policy ideas. The current global inflationary pressures are further depressing real incomes.
|
|
He explores the topic in an illuminating matter. Read the whole article.
|
|
|
|
|
Prof Dirkie Smit: Apologeet vir die belydenis van die kerk
Uit die pen Prof Mary-Ann Plaatjies, in lewe professor in kerkreg aan die Universiteit van Stellenbosch, het 'n artikel verskyn oor die rol wat prof Dirkie Smit in die belydenisvorming van die kerk, spesifiek met verwysing na die Belbarbelydenis, gespeel het. Sy vertel die verhaal van Smit se bydrae op boeiende, verstaanbare wyse, en herinner ons weer aan die omstandighede rondom die totstandkom van Belhar. Sy skryf ook oor die aard van Gereformeerde belydenisskrifte, Lees die artikel.
|
|
|
|
|
|
|
|
Kraggakamma Gemeente vier 50 jaar Jubelfees, 3-5 Maart
|
|
|
Ds Toit Wessels van Kraggakamma laat weet:
|
Ons groot feesnaweek is van 3 tot 5 Maart 2023.
|
Almal word hartlik uitgenooi om hierdie feesnaweek saam met ons te spandeer.
|
Die volledige program is op ons web- en facebookblad beskikbaar.
|
|
|
|
|
|
VBO: Tweede kreatiewe werkswinkel oor die viering van die kerklike jaar
|
|
Hierdie aanlyn werkswinkel handel oor die viering van Paasfees, die Sondae in Paastyd, Hemelvaart en Pinkster. Dit word deur André Bartlett en Anandie Greyling aangebied. Hier is meer inligting. Skryf in by hierdie skakel.
|
|
|
|
|
Rapportryers nooi hoërskoolleerders om vir Bybelvasvra in te skryf
Christiaan Kotze laat weet die Rapportryerbeweging loods vanjaar weer hul bekende Bybelkennisvasvra. Leerders en skole wat belangstel kan meer inligting by Christiaan bekom - kontak hom by chrisjankotze1@gmail.com.
|
|
|
|
|
NG Gemeente PE-Lorraine: Vakature vir gemeenteleraar
|
|
Lorraine Gemeente is geleë in ’n vooruitstrewende en groeiende woonbuurt van Port Elizabeth. Die gemeente bestaan uit 1867 belydende lidmate en 629 dooplidmate. Die gemeente word deur twee voltydse leraars bedien, waarvan een aan die einde van Maart 2023, die gemeente verlaat. Daar ontstaan dus 'n vakature vir gemeenteleraar. Klik hier om die posbekendstelling te lees.
|
|
|
|
|
Vakature: Predikant in Sinodale diens vir Kerklike Opleiding (Wes-Kaap)
Die Sinode van Wes-Kaapland maak die vakature vir ’n Predikant in Sinodale Diens (PSD): Kerklike Opleiding bekend en nooi alle belangstellendes wat daartoe geroepe voel en aan die vereistes voldoen, om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel. Klik hier vir die advertensie.
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Hendrien van Vliet van Fort Beaufort is na Kempton-Hoogland beroep en het die beroep aanvaar. Sy het demissie op 19 Februarie 2023 ontvang en word op 5 Maart in Kempton-Hoogland bevestig.
|
Ds Daniel de Kock word op 26 Februarie as leraar in Alexandria-gemeente deur ds Riaan Vlok bevestig.
|
Ds Nico Lochner, beroepbare predikant, is na Uitenhage-Oos beroep.
|
Dr Nico van der Westhuizen van Steytlerville Gemeente emeriteer op 31 Maart 2023 en ontvang sy Akte van Emeritaat tydens die erediens op 2 April 2023.
|
Ds Annatjie Marais van Algoapark Gemeente het die beroep na Fraserburg aanvaar.
|
Ds Marius Barnard van Hofmeyr is na Kroonstad-Oos beroep.
|
Kerkkantore word herinner om die sinodale kantoor in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|