|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 9 - 15 Maart 2024
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Nasionale Biddag met die oog op die verkiesing
- Datum van die volgende Oos-Kaaplandse sinodale vergadering bekend
- Gratis ritboek vir predikante (dit maak al die somme vier jou)
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Sondag, 5 Mei 2024
Nasionale Dag van Gebed vir die 2024-verkiesing
Die SA Raad van Kerke (SARK), waarvan die NG Kerk lid is, versoek gemeentes om op Sondag, 5 Mei 2024, geleentheid te skep vir gebed vir die nasionale verkiesing op 29 Mei 2024.
|
Die komende verkiesing word reeds deur ongekende wedywering gekenmerk, skryf SARK in 'n mediaverklaring. Daar is 'n besonder groot aantal deelnemende partye, tesame met onafhanklike kandidate. Geen partye mag met 'n volstrekte meerderheid beloon word nie, wat die kompetisie versterk. Elke gelowige dra die verantwoordelikheid om te bid vir en mee te werk aan 'n verkiesingstyd sonder geweld en intimidasie, sodat alle stemgeregtigdes hul stem vreedsaam en vry kan uitbring:
|
|
|
The SACC is aware of some of the sporadic violence that can arise, if not already present in the election contestation. This is further reason for us to come together in the presence of God to pray for peaceful elections guided by integrity and fair contestation. Our history has taught us that if we do not commit, and recommit to peace we can be overcome by the kind of cynicism that easily produces violence - some of which, as a nation, we have yet to fully heal from.
|
|
Die kerk se taak is nie om 'n politieke party te identifiseer en te ondersteun nie, maar om mense aan te moedig om hul demokratiese verantwoordelikheid uit te voer, nl. om te gaan stem. Verder bevorder die kerk hoop by gelowiges en vrede in die samelewing. Enige poging om geweld te bevorder en intimidasie aan te wakker, word veroordeel.
|
Gemeentes kan gerus hierdie datum op die kalender omkring en tyd tydens die erediens afstaan aan gebed vir die verkiesing
|
|
|
|
|
Verkiesing 2024: Kyk na 'n insiggewende bespreking
|
|
Op 11 Mei 2024 het kerke 'n insiggewende konferensie oor die kerk se rol in die komende verkiesing aangebied. Die volledige opname van die verrigtinge is aanlyn beskikbaar.
|
Die bekende kundige prof Erwin Schwella het partye se politieke manisfeste ontleed. Dr Braam Hanekom het verkseie verkiesingsscenarios uitgespel. Daar is verder gekyk na die verkiesingsproses en hoe kerkleiers en lidmate ‘n aktiewe rol in die verkiesing kan speel sonder om by partypolitiek betrokke te raak.
|
Slegs 70% van die Suid-Afrikaanse bevolking wat kiesgeregtig is, het vir die verkiesing geregistreer. Die gassprekers was dit eens dat dit van kardinale belang is dat almal wat geregistreer is, wel op stemdag hulle kruisies maak. Kieserregistrasie is reeds voltooi, maar daar is nog spesifieke sperdatums vir registrasie van spesiale stemme, om buite jou stemdistrik te stem of om in die buiteland te stem.
|
Kiesersopvoeding en monitering is ook baie belangrik. Die teenwoordigheid van waarnemers op stemdag en tydens die telproses is ook beklemtoon.
|
|
|
|
|
Dagboek die datum
Volgende gewone vergadering van Sinode Oos-Kaapland in Oktober 2025
Die vierjaarlikse vergadering van die Sinode van die NG Kerk in Oos-Kaapland vind van 13-16 Oktober 2025 by die Willows Konferensiesentrum net buite die Baai plaas. Dagboek asb solank hierdie datum en bring dit volgende jaar op jul gemeente se kalender aan.
|
|
|
|
|
Gratis ritboek vir predikante se amptelike kilometers
Een van die lastighede van die lewe is om 'n ritboek van amptelike ritte met die oog op jou jaarlikse belastingopgawe by te hou. Moenie vrees nie. Predikante kan 'n ritboek vir 2024 van ons se sinode se webblad aflaai. Dit is 'n Excel sigblad waarop jy net daagliks die kilometerafstand invul, waarop dit 'n klomp berekenings namens jou maak en die totale optel. As eindgebruiker moet die predikant egter volle verantwoordelikheid vir die inhoud aanvaar. Klik hier om dit af te laai.
|
|
|
|
|
Ondersteuning vir die Christelik-Maatskaplike Raad (CMR) gevra
|
|
|
CMR Oos-Kaap bestaan uit 11 kantore in die Oos Kaap. Die Christelik-Maatskaplike Raad se dienste is spesifiek gerig op Kinderbeskerming en die bemagtiging van gemeenskappe tov die welsyn van kinders en die ontwikkeling van ouers. Die afgelope 80 jaar het CMR in die Oos-Kaap ontwikkel met ‘n rykdom van goed ontwikkelde programme en vaartbelynde dienste. Die meegaande profiel voorsien meer spesifieke inligting tov die dienste wat gelewer word.
|
Die CM het ondersteuning van gemeentes nodig. Lees asb hierdie skrywe en gee aandag daaraan, indien en soos die Here julle lei.
|
|
|
|
|
Ds Jos van der Merwe beskikbaar vir optrede in gemeentes
Ds Jos van der Merwe, pas afgetree by Gamstoosvallei-gemeente, maak 'n aanbod. Hy skryf:
|
|
|
Sommer net 'n versoekie indien moontlik: Ek en my vrou wil graag nog bietjie waarde toevoeg waar moontlik. Ek preek nog gereeld en my vrou begelei gereeld (orrel of ander instrumente). Indien daar gemeentes is in die Baai of omgewing is wat leraars en orreliste (begeleiers) nodig het vir 'n Erediens, kan hulle ons gerus skakel by 0829233167. Ons is so gerat dat ons selfs ons eie klank en klavier kan saambring waar dit nodig is. Retha was my hele bediening orrelis van die gemeentes waar ek was en sy is nog een van die min opgeleide orreliste (B-Mus met Orrel III) tans. Sy kan begelei!
|
|
|
|
|
|
Aanlyn webinaar
IN PAS: Terugvoer en Bemoediging
|
|
Vir Oos-Kaapland word 'n leergemeenskap van 31 Julie tot 2 Augustus beplan. Teken solank die datum aan.
|
|
|
|
|
Camino: Red 'n Plaas, Red 'n Gemeenskap
|
|
|
|
Die Sinode van die NG Kerk Noord-Kaapland in samewerking met Agri-Noordkaap, ondersteun sedert 2019 boere en landelike gemeenskappe in hierdie streek wat deur rampe soos veldbrande, sprinkaanplae en uitmergelende droogtes geteister word.
|
Hierdie vennote het ‘n rampfonds, bekend as die Red ’n Plaas, Red ‘n Gemeenskap Rampfonds, gestig om pastorale en fisiese hulp aan hierdie gemeenskappe, in tye van nood, te verskaf. Op hierdie wyse is hulpverlening van meer as R13 miljoen in die afgelope vier jaar aan die gemeenskappe gelewer. Die vlagskipprojek om fondse in te samel vir hierdie rampfonds is die Red ‘n Plaas, Red ‘n Gemeenskap Camino wat vanjaar tussen 6 en 12 April 2024 in die Victoria-Wes omgewing plaasvind. Een honderd stappers word genooi om 139km binne sewe dae te stap.
|
Sinode Noord-Kaapland nooi graag gemeentes binne die verskillende sinodale streke om op die volgende maniere deel van hierdie projek te word: Lees verder.
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Jan Coetzer van Vaalwater het die beroep as mede-leraar na Oos-Londen Moedergemeente aanvaar.
|
Nahoon-gemeente neem op 17 Maart 2024 afskeid van ds Riaan van der Mescht wat weens gesondheidsoorwegings emeriteer het.
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|