Grens.Pos
Jaargang 19 - Nommer 13 - 6 Mei 2021 - Paastyd
Beste [subscriber:firstname | default:leser],

In hierdie uitgawe

  • Materiaal vir Pinkster en Kinderpinkster is beskikbaar van CLF en KIX
  • In 'n profetiese pre-Covid-artikel verduidelik Jason Butler hoe ontwrigting die sleutel die vernuwing van 'n gemeente kan wees
  • Miljoene Suid-Afrikaners doen mooi dinge vir mekaar en ander - hier is een so 'n storie: oor kinders en 'n verdwaalde Labrador
  • 'n Nuwe Afrika-Vrouebybel is beskikbaar, terwyl die grootdrukweergawe van die 2020-Afrikaanse vertaling een van die dae op die rakke gaan wees
  • PE-Lorraine-gemeente adverteer 'n kosterpos en daar is lekker kuiergeleenthede waaroor jy kan lees

Vier kort gesprekke oor Pinkster 2021

Die Heilige Gees maak heel en nuut

Gesprek oor Pinkster 2021: Die Heilige Gees maak heel en nuut
In hierdie video tree dr Martin Laubscher (spesialis op die gebied van prediking en liturgie, Universiteit van die Vrystaat) in gesprek met dr Gideon van der Walt (publikasieredakteur van die Christelike Lektuurfonds) oor Pinkstertyd binne die kerklike jaar. Martin vertel hoe dit ‘n gewilde gebruik binne die NG Kerk geword het sedert die besondere ervaring met Pinkstertyd 160 jaar gelede. Hoe kan ons dit vandag nog inklee en sinvol aanbied (ook binne die Covid-tyd)?

Daar is ook 'n verdere drie video-gesprekke wat die Pinksterreeks toelig beskikbaar. Lees verder

Materiaal vir Kinderpinkster beskikbaar

kix
KIX (Kinders in Christus) se materiaal vir kinderpinkster is beskikbaar gestel. Die reeks bestaan uit ses ontmoetings met 'n videogreep by elkeen, 'n riglyn en 'n lys hulpmiddele.

Kix beveel aan dat een van twee aanbiedingswyses gebruik word: in 'n groep wat by die kerk saamkom, die video's saam kyk en die aktiwiteite uitvoer, of deur die hulpmiddele na gesinne te versprei. Gesinne kan saam na die Kix-video's op Youtube kyk.

Die materiaal is hier beskikbaar, en die video's hier.

'n Pragbybel vir die vroue van Afrika

'n Pragbybel vir die vroue van Afrika
Die Bybel wat spesifiek vir die vroue van Afrika saamgestel is, die nuwe African Woman Devotional Bible, beskik oor 'n pragafwerking, 365 oordenkings en 52 artikels wat reg op die hart van vroue gerig is.

Lees verder
imaginelocal2
imaginelocal
#imagine gebeur vanjaar plaaslik. Op die foto hierbo is 'n groep jongmense van Newtonpark-gemeente in die Baai heerlik aan die ontwikkeli van hul #imagination in die geloof. Klik op die foto vir meer foto's.

Vanjaar is daar ook opvolgmateriaal beskikbaar. Dit bestaan uit 'n video en kort Bybelstudiegids met gespreksvrae, gebed en doen-idees.

Hier is die skakel na Week 1 se Bybelstudiegids op Youtube. Vir die Bybelstudiegids self kan jy hier klik. Die opvolgmateriaal is ook in Afrikaans beskikbaar.

Kontak jeug@sun.ac.za of info@imaginemovement.co.za vir meer inligting.

Ontwrigting is dikwels die sleutel tot gemeentelike vernuwing

In 'n profetiese artikel uit 2019 skryf Jason Butler hoe ontwrigting dikwels die sleutel is tot gemeentelike vernuwing. Hy verduidelik aan die hand van sy persoonlike ervaring in Trinity Methodist Church in die VSA hoe gemeentes as sisteme dikwels moeg raak of vasgevang in gewoontes wat nie langer lewegewend is nie.

Very often, the work of turning a system around begins with disruption, because disruption is one of the few elements that can interrupt and expose habit. The congregation had tried many things, but they hadn’t tried disruption, because -- well, who wants that?

Dit is duidelik dat Covid-19 gemeentes so 'n geleentheid bied. Hoe kan gemeenteleiers hierdie geleentheid benut?

Lees gerus sy insiggende artikel.

Waterskaarste: Dag Zero breek in woonbuurte van Nelson Mandelabaai aan

Waterskaarste: Dag Zero breek in woonbuurte van Nelson Mandelabaai aan
'n Leë Kougadam, een van verskeie opgaardamme wat leegloop, gaan lei tot droë krane in Nelson Mandelabaai se westelike voorstede. Hier is die besonderhede. Lees verder

News24: "Get the good news!

Grootste aanlynkoerant in SA begin fokus op goeie nuus, soos oor vyf jong seuns

5boys
Vyf seuns van 'n informele nedersetting in Kaapstad is onlangs bekroon en beloon omdat hulle 'n verlate Labrador gered en na hulp gebring het. Lees meer hieronder.
Joernaliste glo oor die algemeen dat slegte nuus en konflik nuus verkoop. Daarom is die koerante vol bakleiery, skinder en misdaad. Tot satwordens toe. Is die joernalistiek reg? Met die skerp daling in die verkope van koerante moet dit dalk herbedink word.

News24 sien dinge dalk deesdae anders. Die aanlyn-nuuskanaal, die grootste in die land, het pas begin om goeie nuus te versprei. Die lig van nou ook op die goeie dinge wat Suid-Afrikaners doen.

Een van die berigte handel oor vyf seuntjies wat hulle oor 'n Labrador ontferm het. Lees die storie hier, en klik hier om die Dierebeskermingsvereniging se Facebookplasing oor die daad van barmhartigheid te lees.
feelgood
Hierbo is nog stories met goeie nuus. Klik hier om nuus in hierdie kategorie op News24 te lees. As jy 'n storie met goeie nuus het, stuur dit aan feelgood@news24.com.

Die Afrikaanse Bybel 2020-vertaling

Nuwe uitgawe in groot druk binnekort hier

Die nuwe vertaling van die Bybel in Afrikaans, Die Bybel: 2020-vertaling, kry tans goeie aftrek by die publiek.

Die Bybelgenootskap het hierdie Bybelvertaling verlede jaar tydens sy tweede eeufeesvieringe bekendgestel. Sedert die Bybel in Oktober vrygestel is, het voorraad van die rakke af gevlieg. Positiewe terugvoer oor die Bybel is vanuit vele oorde ontvang.

“Die huidige verkope bevestig dat hierdie Bybel goed deur die Afrikaanse Bybelgebruikers ontvang word. Dit is verblydend dat die Bybelgenootskap aan die versoek van die Afrikaanse kerke kon voldoen, deur ’n Bybel van ’n baie hoë vertalingstandaard daar te stel,” sê ds Dirk Gevers, Uitvoerende Hoof van die Bybelgenootskap.

Een groot behoefte wat daar nog bestaan en waaraan die Bybelgenootskap reeds gehoor gegee het, is die voorsiening van ’n grootdruk uitgawe van hierdie Bybel.

“Die drukproses is tans onderweg en die eerste besending van die Afrikaans 2020-vertaling Grootdrukbybels behoort teen einde Augustus beskikbaar te wees. Hierdie Bybel gaan in twee verskillende bindformate verkrygbaar wees; 'n swart hardeband asook ʼn luukse, verwerkte leerband met duimindeks,” het ds Gevers bevestig.

Volgens professor Bernard Combrink, die projekleier van die vertaling, gaan die voorsiening van die Bybel in groot druk formaat die behoefte wat veral by ouer lesers bestaan, aanspreek.

“Die groter teks gaan beslis help dat hierdie Bybel makliker leesbaar sal wees vir persone met sigprobleme,” het professor Combrink beaam.

Bevorder vaderskap met Fathers Matter

Bevorder vaderskap met Fathers Matter
Verantwoordelike, teenwoordige, empatiese vaders kan baie bydra tot die genesing van soveel probleme in die Suid-Afrikaanse samelewing. "Gemeentes is unie geplaas om vaderskap te bevorder," sê Seth Naicker tydens sy bekendstelling van Fathers Matter in die week van 19 April aan gemeenteleiers in Sinode Oos-Kaap. Lees verder

Hier is een manier om in die staat te beursie te klim

Presies hoe kry jy toegang tot staatskoffers ?

LTE-contracts-amabhungane
Op sommige dae het Thulani Majola rojale skenkings aan die ANC gemaak. Ander kere het hy sy sak weer diep geskud vir die EFF-leier, Julius Malema. Thulani gee waar mag en invloed sentreer. Hierdie wyd-verspreide donansies verduidelik waarskynlik waarom sy maatskappy stapels regeringskontrakte kry. Dit verduidelik ook waarom sy politieke begunstigdes hom so sterk verdedig wanneer moeilikheid opdaag.

Eerlike mense is dikwels maar naïef. Hierdie beriggewing van Daily Maverick, op grond van die Amabhungane Sentrum vir Ondersoeke Joernalistiek se werk, help mens verstaan hoe die staat se koffers getap kan word. Lees, alternatiewelik, gerus die Amabhungane verslag as 'n kort e-book - dit is hier beskikbaar vir rekenaars of selfone.

Ons plaas hierdie berig veral om lesers bekend te stel aan Amabhungane (www.amabhungane.org), News24 en Daily Maverick se belangrike werk om ons demokrasie te beskerm.

Calvin Institute for Christian Worship vra jou deelname

calvinunsurvey

Vir gemeentepersoneel

Noodsaaklike opleiding oor die nuwe Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting

Popia Paia
Registreer deur op die grafika hierbo te klik.
Inligting oor die kursus beskikbaar vanaf 5 Mei.
Bankbesonderhede vir inbetaling:
Rekening Naam: Boekwinkel VBO
Bank: Nedbank
Rek No.: 1135 900 310
Takkode: 123 209 of 123 209 00
Verwysing: POPIAVAN bv. POPIABotha
Stuur asb. bewys van betaling aan: bleibbrandt@sun.ac.za
Die verdere inligting t.o.v. hoe om die kursus te voltooi sal slegs gestuur word indien die bewys van betaling ontvang is.
(Bridget Leibbrandt: VBO Koördineerder Communitas - NG Kerk in Suid-Afrika)

Barkly-Oos hou heerlik basaar

NG Kerk Barkly-Oos Basaar Poster

Annelie Botes tree by PE-Sherwood se vrouebediening op

sherwood-botes
Kontak die kerkkantoor om navraag oor kaartjies te doen by charmjoubert68@gmail.com.

NG Gemeente Lorraine

Vakature Kosterpos

Aansoeke word ingewag van persone wat daarin belangstel om as koster by die NG Kerk Port Elizabeth Lorraine in diens te tree. Aansoeke moet asseblief deur middel van 'n aansoekbrief gedoen word en vergesel wees van 'n volledige CV, afskrifte van sertifikate sowel as van die aansoeker se ID-dokument, en die name en kontakbesonderhede van referente.

Rig aansoeke aan: Die Voorsitter Kerkraad, Marnelaan 7, Lorraine, Port Elizabeth, 6070.
(E-pos: ngkerk.lorraine@gmail.com)

Sluitingsdatum: 18 Mei 2021
Diensaanvaarding: 1 Junie 2021 of so spoedig moontlik daarna.
Navrae: Kerkkantoor (041-3672284) of e-pos : ngkerk.lorraine@gmail.com

Ons soek foto's van gemeentes se dominees

Ons wil graag op die amptelike Facebook- en Instagramblad van die NG Kerk in Oos-Kaapland die verjaarsdae van ons dominees vier. Ons kort egter foto's van elke dominee in die Oos-Kaap vir ons argief. Stuur asseblief ‘n duidelike foto van die dominees in jul gemeente as ook die naam van die dominee by die foto na magdel@ngkok.co.za.

Leraars beweeg

Ds Johan Janse van Rensburg van Kerk-in-Suid (NG Wierdapark-Suid) is as leraar met opdrag gemeenteleier van die NG Gemeente Jeffreysbaai beroep. Baie geluk en sterkte aan Johan met die oorweging van die beroep.

Kerkkantore word herinner om die sinodale kantoor in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter