|
|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 22 - 1 Augustus 2024
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- 'n Nuwe Oos-Kaapse Kerkorde - geld vanaf 2 Augustus 2024
- Herstel slaggate deur nuwe vriende oor grense te maak
- Vierde Lausanne Konferensie: Gemeentes kan virtueel inskakel en deelneem
- Leraars beweeg
|
|
|
|
Vir Sinode Oos-Kaapland
Nuwe uitgawe van die Kerkorde beskikbaar, geldend vanaf 2 Augustus 2024
|
|
Die nuutste goedgekeurde uitgawe van Sinode Oos-Kaapland se kerkordeboek, wat die jongste kerkorde van die Algemene Sinode met reglemente insluit, is pas goedgekeur en geld vanaf die publikasiedatum: 2 Augustus 2024.
|
Naas die Algemene Sinode se jongste kerkorde sluit hierdie publikasie ook Oos-Kaapse bepalinge en reglemente in. Gemeentes en kerkkantore moet seker maak dat hulle in alle gevalle dus SLEGS hierdie kerkordeboek gebruik.
|
Klik hieronder om die 2024-kerkordeboek af te laai:
|
Die kerkordeboek word slegs elektronies gepubliseer en kan op 'n rekenaarskerm of tablet gelees word.
|
'n Gebruikersvriendelike kenmerk is dat die bladsynommers van die elektroniese dokument ooreenstem met die nommers van die digitale dokument. Indien die inhoudsgawe bv. bladsy 227 aandui, sal daardie bladsye ook op die digitale dokument bladsy 277 wees.
|
Kerkkantore kan die kerkorde ook maklik op papier dupliseer (die landskapformaat werk hiervoor die mees ekonomiese).
|
|
|
|
|
Church, land and community
Practical ways for the church to help redress the wrongs of the past
|
|
First published in The Herald, 26 July 2024
|
Property rights, access to land, redistribution of land and expropriation of land without compensation are some of the most heated discussion topics in South Africa today.
|
I recently attended two challenging discussions on these issues. The first was the public showing of “A Piece of Land”, a documentary by Sesihle Manzini, narrating the story of land dispossession.This led to widespread and enduring social and economic hardship.
|
Manzini's documentary tells the Cape Town story. But how did land and ownership work in our part of the world?
|
This led to the second challenging conversation, led by prof Janet Cherry, development studies expert.She recently addressed the NMB Church Leader Network to tell the story of land and justice in what we know today as Gqeberha.
|
Importantly, both these conversations were efforts to find solutions for current socioeconomic issues.
|
|
|
Herstel van slaggate bring nuwe vriende bymekaar
|
|
|
|
Die herstel van slaggate bring vreemdelinge as vriende bymekaar. Kanon Fumi Kula (links), van die Anglikaanse kerk, lidmate van die Anglikaanse en NG kerke en ds Robert John se Kock (regs) besig om slaggate te herstel en vriendskapsbande te vestig
|
"n Projek van die Ring van PE-Wes is daarop gemik om slaggate in die strate van daardie omgewing te herstel, maar die projek het 'n belangrike invalshoek. Mense word oor allerhande grense genooi om graaf, pik en besef sáám in te span sodat nuwe vriendskapsbande gevestig kan word,
|
Met 'n sterkerige bries in die blaaie het NG lidmate, Anglikane, leerders van Laerskool Kabega en 'n paar ander deelnemers geesdriftig slaggate in Van der Stelstraat, Kabegabark herstel. Leerders van Laerskool Kabega en van hul onderwysers het ook hand bygesit. 'n Spesiale sintetiese teermengsel wat maklik hanteer, vervaardig deur die Vistarus Seningstasie in Gqeberha, is gebruik.
|
Ds Robert-John de Kock van PE-Nooitgedachtgemeente is die projekleier.
|
|
|
Leerders van Laerskool Kabega en oud-skoolhoof mnr Tertius Kriek klink 'n slaggat se doppie
|
|
|
|
|
Hoe maak mens?
ChatGPT: 'n Wonderlike instrument, maar gebruik dit reg
|
|
ChatGPT is 'n merwaardige nuwe kletsbot wat kunsmatige intelligensie gebruik om enige vraag wat jy stel te beantwoord. Dis 'n kragtige digitale assistent met gratis weergawes) wat vir navorsing of skryfwerk gebruik kan word.
|
Jeremy Caplan van Daily Maverick verduidelik in dié koerant se reeks Wonder Tools wat dié kletsbot is en hoe dit werk. Hy beskryf sewe maniere hoe jy dit vir skryfwerk kan gebruik en deel vyf bronne wat jou kan help. Lees sy inset hier.
|
|
|
|
|
Vierde Lausanne Sendingkonferensie
'n Belangrike, unieke geleentheid en hoe gemeentes kan deelneem
|
|
Die impak van die voorafgaande drie Lausanne-konferensies op die wêreldwye verkondiging van die evangelie kan moeilik oorskat word. Die vierde konferensie vind van 22-28 September 2024 in Korea plaas.
|
Plek vir persoonlike teenwoordigheid tydens die konferensie is baie beperk en deelnemers moet deur 'n nominasieproses gaan. Die goeie nuus is dat daar ook ander maniere is om in te skakel. Mens kan registreer om virtueel in te skakel, en vooraf deelneem aan 24-7 gebedsinisiatiewe. Klik hier om hierdie opsies te ondersoek.
|
Dan is daar tonne en tonne moontlikhede om via verskeie belangegroepe saam te werk en hulpbronne te deel - klik hier. Hierdie is wonderlike maniere waarop gemeentes kan inskakel, waarop ons bewussyn oor die verspreiding van die evangelie en ons rol daarin kan groei.
|
|
|
|
|
Pamfletreeks oor vroeëkindontwikkeling gratis by CLF beskikbaar
Hierdie pamfletreeks is ontwikkel in samewerking met Little Seeds, 'n inisiatief van Badisa. Dit fokus op verskeie belangrike onderwerpe wat verband hou met Vroeëkindontwikkeling (VKO) en is geskryf deur professionele persone wat met VKO-inisiatiewe werk. Die reeks poog om versorgers, ouers, grootouers, predikante, jeugwerkers, maatskaplike werkers, en ander wat betrokke is by kinderopvang en -onderwys, toe te rus. Hierdie pamflette erken ook die belangrike rol wat kerke in gemeenskappe speel en is daarop gemik om hulle te informeer en toe te rus. VROEËKINDONTWIKKELING (VKO) IN SUID-AFRIKA (CLF kode - ECD1A) Hierdie pamflet dien as 'n inleiding tot die reeks oor VKO. Dit fokus op wat VKO is, hoekom dit belangrik is, en watter rolle kerke/gemeenskappe in VKO-inisiatiewe kan speel.
|
BOUBLOKKE VAN VROEËKINDONTWIKKELING (VKO) (CLF kode – ECD2A) Hierdie pamflet skets die vyf boustene van VKO, naamlik: liefde, sekuriteit, stimulasie, voeding en gesondheid. Dit gee ook praktiese voorbeelde van hoe hierdie blokke geïmplementeer kan en moet word vir die ontwikkeling van kinders.
|
DIS BELANGRIK OM TE SPEEL (CLF kode – ECD3A) Hierdie pamflet fokus op die belang van spel in vroeëkindontwikkeling. Spel verskaf vermaaklik en dit is ook 'n noodsaaklike komponent van kinders se algehele ontwikkeling en welstand waardeur hulle leer, groei, en sin maak van die wêreld om hulle. Hierdie pamflet verduidelik waarom spel belangrik is en bied wenke vir versorgers, ouers, en kerke.
|
KINDERMISHANDELING IN SUID-AFRIKA (CLF kode – ECD4A) Hierdie pamflet lig die leser in oor die werklikheid en verskeie vorme van kindermishandeling binne die Suid-Afrikaanse konteks. Dit verskaf praktiese wenke oor hoe VKO-inisiatiewe kan help om hierdie kwessie te bekamp, tesame met praktiese riglyne vir kerke.
|
KINDERS IN DIE BYBEL (CLF kode – ECD5A) Hierdie pamflet beklemtoon die belangrike rol wat kinders in God se koninkryk kan speel. Dit verwys na sleutel Bybeltekste en bied raad oor hoe om kinders by kerkaktiwiteite te betrek.
|
OUMAS, OUPAS EN VROEËKINDONTWIKKELING (CLF kode – ECD6A) In baie Suid-Afrikaanse huishoudings neem grootouers (insluitend tantes, ooms en ander familielede) dikwels die rol van ouers op. Hierdie pamflet fokus op die belangrike rol wat grootouers in VKO speel en bied leiding oor hoe om hul bydraes te waardeer en te ondersteun.
|
OUERS: ’n KIND SE BELANGRIKSTE ONDERWYSER (CLF kode – ECD7A) Ouers is die sleutelrolspelers in ʼn kind se lewe as hul eerste en mees invloedryke onderwysers. Die ouer-kind verhouding lê die grondslag vir ʼn kind se groei, ontwikkeling, en leer. Hierdie pamflet ondersoek waarom ouers as ʼn kind se belangrikste onderwysers beskou word, fokus op die belangrike rol wat hulle in vroeë kinderontwikkeling speel, en gee riglyne vir hoe kerke ouers kan ondersteun. Die pamfletreeks is ook in Engels beskikbaar. Stuur ’n e-pos aan order@clf.co.za om te bestel of bestel dit by CLF se aanlynwinkel.
|
|
|
Hernoemde plekke in die Oos-Kaap
Gayton skop vas: Graaff-Reinet se naam bly
|
|
Pas nadat Sinode Oos-Kaapland verlede week 'n gids tot die name van hernoemde plekke in die Oos-Kaap digitaal publiseer het, kondig die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, aan dat Graaff-Reinet se naam bly. Daar is nie genoeg bewyse voorgelê waarom dié naam, en die name van dorpe soos Nieu-Bethesda moet verander nie. Boonop was die konsultasieproses gebrekkig, berig Netwerk24.
|
Die herbenoeming van plekke in die Oos-Kaap is dikwels verwarrend. Is jy op pad Grahamstad of Makhanda toe, Fort Beaufort of KwaMaqoma? Dis ‘n goeie idee om die nuwe name aan te leer. Daarom het ons dit goed gedink om ‘n tabel met die nuwe name saam te stel – klik hier.
|
|
|
|
|
Kerklike Fees- en Vakansiedae 2025
|
|
|
|
Kuns, musiek, sjerrie en sop by NGK Gamtoosvallei
|
|
Die kerkgebou van Gamtoosvallei is net anderkant Patensie (as jy van die Baai of Jeffreysbaai se kant af kom), direk langs die bekende Padlangs padstal en restaurant.
|
|
|
|
|
Getuienisaand: Ses jaar gevange in Libië
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO in Pastorale Berading
Emosioneel verwonde Pa's en hulle kinders
Dinsdag 20 Augustus 2024, 09:00 - 13:00 – Zoom aanbieding
|
Prof Wentzel Coetzer is die aanbieder van 'n reeks gewilde VBO's rondom pastorale berading.
|
Oral waar ons rondom ons kyk (en ook in onsself) sien ons ‘Pa-wonde’ en ‘Pa-honger’. Pyn vanuit die verlede met betrekking tot ons verhoudings tot ons pa’s is dikwels die oorsaak dat talle Christene worstel met ‘n verdraaide Godsbeeld en dit gevolglik baie moeilik vind om God die Vader intiem en naby te ervaar. Om ‘n gesonde beeld van Hom te kan ervaar, sal ons gevolglik eers ontslae moet raak van al die gebroke ‘vader-filters’ wat meeste van ons met ons saamgedra het die volwasse lewe in. Tydens die kursus sal gefokus word op ʼn proses om eerstens hierdie gebroke ‘vader-filters’ te identifiseer, en tweedens, hoe om daarvan vry te kom.
|
|
|
|
|
VBO Aanlyn, 22 Augustus
Gemeentes wat floreer en mense inspireer
Let op, die datum in die opskrif hieronder is foutief - die geleentheid vind op 22 Augustus op Zoom plaas.
|
|
|
|
|
|
Aanyn VBO: Geloofsvorming, 26 Aug en 2 Sept
|
|
Plek: Aanlyn Tye: 26 Augustus en 2 September 2024, (09:00 – 15:00) Koste: R250-00 per persoon VBO: 20 punte Sluitingsdatum: 22 Augustus 2024 Inskrywing: aanlyn by hierdie skakel.
|
(Inskrywings geskied deur middel van dié aanlynvorm)
|
Bankbesonderhede vir elektroniese betalings: Bank: ABSA Naam van rekening: TSO Rekeningnommer: 142 0830 463 Takkode: 632005 Tak: PRETORIA Verwysing: VBO naam en van Bewys van betaling: epos na excelsus@up.ac.za
|
|
|
|
|
Opleiding as Brugleraar
Let op dat die datums van hierdie kursus verander is sedert dit aanvanklik aangekondig is.
|
|
|
|
|
|
|
Lentekonferensie in Pretoria van 17-19 September 2024
|
|
|
|
Die program en volle besonderhede van die Lentekonferensie is nou op die web beskikbaar. Die skakel vir registrasie is ook op die webblad - besoek www.lentekonferensie.co.za.
|
Daar is 'n voordelige fooi betaalbaar vir alle registrasies tot 18 Augustus.
|
|
|
|
|
Vakature: Brugleraar NGK Albanie
Die NG gemeente Albanie op Grahamstad (deesdae Makhanda) het 'n vakature vir 'n brugleraar. Dit is 'n termynpos van 6 tot 9 maande. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 5 Augustus 2024. Hier is die advertensie.
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|
|