Grens.Pos
Jaargang 19 - Nommer 22 - 9 Julie 2021 - Koninkrykstyd
Beste [subscriber:firstname | default:leser],

In hierdie uitgawe

  • 'n Nuwe huweliksbedeling met omstrede aspekte is op die horison - die Dept Binnelandse Sake vra egter jou kommentaar. En: Wat is die NG Kerk se siening?
  • Geliefde gemeenteleraar dr Japie Greeff oorlede. En: verskeie inwoners van Huis Welverdiend op Jansenville sterf aan Covid-19
  • Merkwaardig: Hoe boere by Graaff-Reinet verwoestyning omkeer en grond se drakrag herstel
  • 'n Getuienis oor hoe tuinmaak in die gemeenskap lewens verander en sin tydens inperking bring
  • Verskeie VBO-geleenthede, onder andere oor trauma en krisis
  • Kerkmense verwelkom Jacob Zuma se gevangeneming.

Kerk 'n vennoot in die beskerming van ons demokrasie

Defend our Democracy-beweging verwelkom Zuma se inhegtenisneming

zuma
Oud-president Jacob Zuma het hom in die middernagtelike ure van 7 Julie 2021 aan die Polisiediens oorgegee om sy tronkstraf vir minagting van die hof te begin uitdien. Dit is deur kerkmense verwelkom.
Die Defend our Democracy-beweging het oud-president Zuma se inhegtenisneming nadat hy vir minagting van die hof tot 15 maande gevonnis is in 'n mediaverklaring verwelkom. Dit bevestig dat ons almal gelyk voor die reg is, en is 'n deurbraak vir ons grondwet en die oppergesag van die reg, sê die beweging.

Uit die onsekerheid van die polisieminister oor die vraag of die oud-president wel in hegtenis geneem moet word, het baie afgelei ons staar moontlik 'n konstitusionele krisis in die gesig. Dit is toe afgeweer, want die oud-president is nou agter tralies.

Dit is goeie nuus. Die kerk het direkte belang by die handhawing van die grondwet.

Een van die doelstellings van die SA Raad van Kerke, waarvan die NG Kerk 'n lid is, is om die Suid-Afrikaanse demokrasie te beskerm en te versterk. As deel hiervan het die Raad die "unburdening panel" geloods waar prominente regeringslede oor wanpraktyke in die regering kon kom vertel. Dit het grootliks bygedra om staatskaping te ontbloot.

Prominente kerkleiers is deel van die nuwe "Defend our Democracy"-beweging. Die uitgangspunt is dat gewone burgers die laaste linie van verdediging van ons demokrasie teen korrupsie, diefstal en die stroop van die staat se bronne is.

In 'n onlangse voordrag aan kerkleiers in Nelson Mandelabaai deur pastor Frank Chikane, een van die sameroepers van Defend our Democracy, het hy verwys na korruptes wat in vrede tronk toe moet gaan en nie - soos Simson - in die proses moet probeer om die pilare van die samelewing om te trek nie. Dit is ook op oud-president Zuma van toepassing. Hier is 'n kompakte opsomming van Chikane se voordrag.

Binnelandse Sake raadpleeg oor voorgestelde nuwe huweliksbedeling

Leraars en gemeentes gevra om op nuwe huweliksbedeling kommentaar te lewer

greenpaper
Die Dept. van Binnelandse Sake het 'n groenskrif (dit is 'n konsep-beleidsdokument met die oog op kommentaar) oor die opstel van nuwe huwelikswetgewing in Suid-Afrika gepubliseer. Hierdie voorgestelde wysigings aan die huweliksbedeling het 'n effek op huwelike sowel as burgerlike verbintenisse.

Die Departement nooi nou die publiek uit om kommentaar te lewer op veral die omstrede aspekte wat in die groenskrif vervat word. Hierdie omstrede aspekte is nog nie amptelike beleid nie, en verteenwoordig ook nog nie die amptelike beleid van die regering nie.

Binnelandse Sake skryf:

We invite you to spend few minutes of your precious time to fill this non-compulsory questionnaire to give your views on marriages. This questionnaire is anonymous and your name and surname are not required. The questionnaire may be emailed to marriagegreenpaper@dha.gov.za or submitted to the nearest Home Affairs office.

Grens.Pos moedig leraars en gemeentes aan om kommentaar te lewer. Klik hier om die vraelys af te laai. Die keerdatum is 14 Julie 2021.

Voorgestelde nuwe huwelikswet

Die Algemene Sinode se siening oor voorgestelde huweliksbedeling

Voorgestelde nuwe huwelikswet: Die NG Kerk se kommentaar
In 'n media-verklaring sit dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die Algemene Sinode, die NG Kerk se kommentaar op die groenskrif oor 'n voorgestelde nuwe bedeling vir huwelikswetgewing in Suid-Afrika uiteen.

Lees verder

Huis Welverdiend op Jansenville swaar getref deur Covid

Huis Welverdiend op Jansenville swaar getref deur Covid
Huis Welverdiend die tuiste vir bejaardes op Jansenville, word die afgelope maand swaar getref deur Covid. Me Ria de Kock is een van die inwoners wat Covid opgedoen het en op 28 Junie oorlede is. (Foto: Facebook).

Lees verder

Dr Cloete van Vuuren

"Daar is net twee maniere om Covid-19 te bestry - een is inenting"

In hierdie praatjie (klik op die grafika hierbo) wys dr Cloete van Vuuren, hoof van die Dept Interne geneeskunde aan 3 Militêre Hospitaal, op die enigste twee maniere waarop mens die aansteek van Covid-19 kan vermy. Een is inenting - so gou as moontlik. Die tweede is om in ruimtes te wees waar die lug effektief genoeg sirkuleer.

Die praatjie is gelewer voor die Aksie Afgetredenes van die NG gemeente Langenhovenpark. Dit verduidelik met baie praktiese voorbeelde in verstaanbare taal waarom hierdie twee metodes so belangrik is, en waarom dit werk.

Die geleentheid begin met 'n langerige opening, so oorweeg om van minuut 6 van die video af te kyk.
cloete-van-vuuren-final

Ekologiese verantwoordbare boerdery

Verwoestyning met regte weidingsmetodes omgekeer

Verwoestyning met regte weidingsmetodes omgekeer
Die Kerk is diep verbind tot bewaring en beskerming van die ekosisteem, op grond van die Bybel wat getuig dat God die Skepper en Onderhouer van God se wêreld is, wat aan die mens mede-verantwoordelikheid vir bewaring gegee het.

Soos in ander dele van die wêreld gaan Suid-Afrika se weivelde agteruit weens erosie, die verlies aan die grond se bolaag en grasse wat uitdun. Dit staan as verwoestyning bekend. Vir dekades dink ons hierdie proses kan nie omgekeer word nie. Op 'n hele paar plekke, waaronder die Karoo, word die tendens van verwoestyning nou egter omgekeer. (Foto: Chris Marais, Karoospace)

Lees verder

Sewe dinge om oor die Bybel te weet

Sewe dinge om te weet oor die Bybel
In sy belangrike boek, Seven Things I Wish Christians Knew about the Bible, skryf Michael Bird die belangrikste vraag oor die Bybel is tans nie soseer of dit onfeilbaar of foutloos is nie, maar wat die gesag van die Bybel is.

Lees verder

Inspirerende getuienis

Hoe tuinmaak in die gemeenskap 'n lewe (nee, baie lewens) verander het

garden
Hierdie artikel het in The Herald van 5 Julie 2021 verskyn:

It starts with ONE small step.
Corinne Calder

God certainly changed the trajectory of the road that He had me walking along during 2020. The new decade saw me lost, without purpose and disconnected from my neighbours. Add an unprecedented pandemic!

What could God do with this?

Lockdown changed the dynamics of all our lives. Regulations meant we needed to find connection with our neighbours isolated behind walls. Use of social media chat groups exploded, helping navigate a strange pandemic world, while attempting to maintain some sense of support and community.

Life at home was on hold, but the distress of knowing that many were going daily without food was very disturbing, with the expanded unemployment figures already at 42.3%, and very little relief in sight.
God hears the cries of the hungry, but He needs us to respond to be His hands and feet.

Through the numerous social media chat groups, a food drive was established. Ordinary people, neighbours, strangers, friends and family from all over the Bay delivered in excess of R500K worth of food over a six-month period. It was distributed predominantly through schools, where staff identified families
in dire circumstances. And it all started with ONE loaf of sandwiches!

I was in a unique position to facilitate the receiving and distribution of food parcels, using church premises.
It soon became clear this was not a sustainable intervention. It raised some uncomfortable questions. How could I enjoy a meal of my choice on a daily basis, while knowing that others would go to bed hungry?
God’s reply. Teach people to grow their own food!

I was led to the Gardens of Faithfulness programme in late 2020. It states: “we have been challenged to join hands and enable, empower and equip at least one million households to grow their own vegetables. “This initiative, under the prayer covering and guidance of the team from Farming God’s Way, encourages and teaches members of the community to plant and grow their own fresh vegetables in a 1m x 2m garden.”

Challenge accepted! I planted my first vegetable garden in September, strictly following the
instructions and shared this with my domestic worker, Ntombekhaya, who joined me by planting a garden at her own home. We were both blessed with abundant harvests. “The one who manages the little he has been given with faithfulness and integrity will be promoted and trusted with greater responsibilities. But those who cheat with the little they have been given will not be considered trustworthy to receive more." Luke 16:10

Early 2021, I plant again and so does Ntombekhaya, but we double our garden areas. What now? How do we each become involved in making a difference in our communities? Back to those social media chat groups, to share the vision of Gardens of Faithfulness. “We use what resources are available in the poorest of areas: manure, wood -ash, cut grass and plastic bottles to establish a sustainable garden. We secure and supply a "starter seedling kit" for R10 which includes: 10 beetroot, 10 spinach, 10 spring onion seedling plugs plus 25 beans/pea seeds. That’s 55 plants for just R10. Knowledge and skills are provided through practical training sessions and/or videos; while a firm foundation in biblical principles form part of the implementation and continued support process. No formal education is required.”

An unprecedented number of people have risen to the challenge. My neighbours have supported their domestic workers, gardeners and staff employed in their businesses to start this journey. In addition to connecting schools with the team at Farming God’s Way over the past four months, I have had the privilege to distribute almost 450 “starter seedling kits” to be planted in homes across the Bay.

There are obstacles. Goats. Cows. No fences. Theft. No land. Lack of water. Apathy. However, we serve a God with solutions. Neighbours have allocated land on their own properties for staff to be trained and harvest their crop for their homes. I teach on the verge at my home or via chat groups.

Schools have become involved, with land being allocated to establish gardens and teach the next generation and their parents. Churches and businesses have made space available on their properties.
How different the hunger crisis would look if every unemployed person or worker is given the privilege to be skilled, guided and encouraged so they can feed their families and go out and teach their own neighbours.

Covid lockdown did indeed highlight the plight of the poor, but it has also provided an opportunity for people to share their resources and to find alternatives solutions.

These words of Mother Theresa are poignant: “There is hunger for ordinary bread, and there is hunger for love, for kindness, for thoughtfulness, and this is the great poverty that makes people suffer so much.”

Will you help plant a garden? Will you learn and then teach another? Love, kindness and thoughtfulness will bring hope and healing while sharing the Gospel with our nation. The team of volunteers is growing. It is a simple, sustainable, affordable and – without a doubt – a life changing-initiative for all involved.

And it started with planting ONE garden!

Lord, we give You honour and praise for the good work You have started amongst us. We ask for Your continued guidance. Amen.

Informative links: link 1 and link 2.

Corinne Calder
Wife of a Methodist Minister

Huis Louisa Meyburgh

Vakature vir geregistreerde verpleegkundige

Huis Louisa Meyburgh is ‘n Tehuis vir bejaardes in Kabegapark, Port Elizabeth. Versorging word verleen aan 66 bejaardes waarvan die meeste verswak is.

Dienste word benodig van ‘n geregistreerde verpleegkundige om dagdiens te doen.

Aansoeke kan gerig word aan die Bestuurder per e-pos by louisameyburg@absamail.co.za

Vir meer inligting kan mev S Fourie gekontak word by 041 3601284 vanaf 7:00 – 12:00 op weeksdae.

Bybelgenootskap kondig omkeerplan aan

Hoewel die Bybelgenootskap se missie om Bybels te voorsien nie verander nie, is dit duidelik dat die omgewing waarin die genootskap funksioneer geweldige verandering ondergaan het. Daarom sal die wyse waarop die Bybelgenootskap sy missie implementeer en die organisasiestruktuur moet aanpas.

Só skryf die Raad van Direkteure in 'n brief aan alle lidkerke wat vandeesweek uitgereik is.

"Die Uitvoerende Hoof het opdrag ontvang om 'n omkeerplan saam met eksterne proses- en regsadviseurs op te stel en dit so spoedig moontlik aan die Raad voor te lê. Dit behels die ontwikkeling van lewensvatbare modelle vir sowel die implementering van die missie en die insameling van hulpbronne vir die finansiering van die missie. Die nuwe struktuur moet effektiewer en goedkoper as ons huidige struktuur wees."

Klik hier om die skrywe te lees.

VBO oor Krisis en Trauma

Crisis and Trauma Course ad
Crisis and Trauma ad p 2
Hierdie kursus word van 12-14 Julie 2021 aanlyn aangebied en verdien 18 VBO-punte. Dr Roelf Schoeman, aanbieder, skryf hieroor:

I am presenting an online Crisis and Trauma Support from 12 -14 July. It is a short, three full days intensive and interactive University of Pretoria course to prepare church ministers, community leaders, teachers, and other caregivers to deal with the effects of crisis and trauma under the Covid-19 pandemic. Detail on this course is available at this link. This course will also be presented on Monday evenings from 12 July to 2 August

COURSE CONTENT
REGISTRATION
Please complete the form on this link.
COST
R 2 100 that includes a manual and 12 CPD points from the Association of Christian Religious Practioners (of vir predikante 18 punte by Excelsus - red.)
You are welcome to contact me at 083 400 1571 or roelf@elehos.co.za if you want more detail.

Webinare met Andrew Root

Die Webinaardatums vir onderstaande is aangepas. Registreer gerus!

DinkJeug en die Emmaus Sentrum bied 'n reeks van 3 webinare met Andrew Root aan. Kom luister en gesels saam oor die tema "Ministry in a Secular Age" in terme van geloofsvorming, predikante en gemeentes.

Koste: R250 vir die reeks van 3. (Inligting tov betaling met registrasie op aanlyn vorm)
VBO punte: 2 per sessie (6 in totaal)
Meer inligting hieronder.

Registreer hier
ar1
ar2

Veral vir leraars in vroeë fase van die bediening

Excelsus Sertifikaatkursus in Bedieningsontwikkeling

"Hoe hanteer ons jeugwerk?"

jeugwerk
Hierdie module in die sertifikaatkursus vir bedieningsvernuwing word gerig op predikante in die vroeë fase van hulle bediening. Dit vind van 16-18 Augustus 2021 plaas.

In hierdie module word die uitdagings rondom jeugwerk – van kleuters tot jong volwassenes - hanteer met 'n fokus op geloofsvorming en dissipelskap. Ruim geleentheid word gegee vir interaktiewe deelname en uitruil van idees.

Hier is volle besonderhede.

'n Gesprek oor evangelisasie in die bediening

Die eerste gesprek van die VBO oor evangelisasie in die bediening het reeds plaasgevind. Klik op hierdie skakel om daarna te kyk.

Huldeblyk aan geliefde leraar en sinodale leier

Dr Japie Greeff op rype leeftyd oorlede

Dr Japie Greeff op rype leeftyd oorlede
Dr Japie Greeff, bekende Oos-Kaapse leraar, is op die rype leeftyd van 90 jaar op 5 Julie 2021 oorlede. Hy is op 4 Mei 1931 gebore, is in 1955 gelegitimeer en het in die volgende gemeentes gedien: vanaf 1956 in Sondagsrivier, vanaf 1960 Uitenhage-De Mist, en vanaf 1976 in Port Elizabeth-Lorraine. Hy het in 1994 geëmeriteer.

Lees verder

Leraars beweeg

Kerkkantore word herinner om die sinodale kantoor in kennis te stel oor die beweging van leraars.

Grens.Pos en die POPIAct

As leser van Grens.Pos is jy daarvan bewus dat ons jou e-posadres in ons databasis hou met die doel om Grens.Pos aan jou te stuur. Lesers se data word deurgaans beskerm. Indien jy nie langer hierdie kommunikasie wil ontvang nie, kan jy jou inskrywing kanselleer deur middel van die skakel onderaan hierdie e-pos. Jou data word dan uitgewis.

Klik hier om die NG Kerk in Oos-Kaapland se inligtingsbeleid te lees.
facebook twitter