Jaargang 22 - Nommer 23 - 16 Augustus 2024
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • NG Kerk herdenk vanjaar 200 jaar van selfstandige kerkwees
  • Inligting oor aanneming
  • Reguit gesprekke oor moeilike temas - Kerk van die Toekoms
  • Wyn op Woensdae, ontvoer in Libië, middagkonserte, Lentebasaars en veel meer
  • Leraars beweeg en vakatures

Uit die pen van ds Deon Loots

Waarom vind Christene geweld so dikwels aanvaarbaar?

In die boek Draai die ander wang voer Deon Loots ’n diepgaande gesprek oor die rol van geweld binne die Suid-Afrikaanse kerklike gemeenskap.

Die skrywer werp lig op die dissonansie tussen Christelike beginsels en die beregtiging van geweld binne kerkgemeenskappe. Hy vra hoe dit moontlik is dat Christene, wat geroepe is om die vredesboodskap van Jesus uit te leef, dikwels geweld as ’n aanvaarbare oplossing vir konflikte beskou? Loots gebruik sy eie ervarings en die insigte van denkers soos Walter Wink en Leo Tolstoy om hierdie dilemma te verken en te beklemtoon dat kerklidmate gefaal het in die roeping om ware dissipels van Christus te wees.

Lees verder hoe ds Ankia du Plooy hierdie belangrike publikasie in Kerkbode resenseer. Bestel die boek direk aanlyn.

Die materiaal kan in 'n preekreeks of in 'n dissipelskapgroep gebruik word.

NG Kerk herdenk 200 jaar van selfstandige kerkwees

In 2024 herdenk die Nederduits Gereformeerde Kerk en die Nederduitsch Hervormde
Kerk van Afrika twee eeue van selfstandige kerkwees in Suider-Afrika, onafhanklik van ’n
moederkerk in Nederland en bewus van ’n eie identiteit en roeping hier aan die suidpunt
van Afrika. Hierdie gesamentlike herdenking is ’n kragtige getuienis van die onderlinge
verbondenheid wat tussen ons as kerke bestaan.

Besondere geleenthede word beplan - klik hier vir die uitnodiging met meer inligting.

Lees ook hoe ds Jan Lubbe oor die ontstaansgeskiedenis van 'n selfstandige NG Kerk skryf.

Nuwe Kerkorde beskikbaar

Die nuutste goedgekeurde uitgawe van Sinode Oos-Kaapland se kerkordeboek, wat die jongste kerkorde van die Algemene Sinode met reglemente insluit, is pas goedgekeur en geld vanaf die publikasiedatum:
2 Augustus 2024.

Naas die Algemene Sinode se jongste kerkorde sluit hierdie publikasie ook Oos-Kaapse bepalinge en reglemente in. Gemeentes en kerkkantore moet seker maak dat hulle in alle gevalle dus SLEGS hierdie kerkordeboek gebruik.

Klik hieronder om die 2024-kerkordeboek af te laai:
Die kerkordeboek word slegs elektronies gepubliseer en kan op 'n rekenaarskerm of tablet gelees word.

'n Gebruikersvriendelike kenmerk is dat die bladsynommers van die elektroniese dokument ooreenstem met die nommers van die digitale dokument. Indien die inhoudsgawe bv. bladsy 227 aandui, sal daardie bladsye ook op die digitale dokument bladsy 277 wees.

Kerkkantore kan die kerkorde ook maklik op papier dupliseer (die landskapformaat werk hiervoor die mees ekonomiese).

Kerklike Fees- en Vakansiedae 2025

Sommige gemeentes begin vroeg aan hul kalenders vir 2025 beplan. Hier is 2025 se kerklike fees- en vakansiedae, asook die skoolkwartale

Vrae oor die aanneming van kinders? Hier is inligting

Sondagmiddagkonsert met Arbitrio Mannekoor en Chris Coetzer (van Drie Tenore-faam)

PE-NOOITGEDACHT – Sondagmiddag-Konsert, 18 Augustus 2024 om 16:00 in die kerk. Die konsert word in samewerking met die Arbitrio Mannekoor aangebied. Gaskunstenaar is Chris Coetzer. Hy was deel van die 3 tenore. Koste is R50 vir volwassenes en R30 vir skoliere. Kaartjies is beskikbaar by Bennie Black (0827824467), Leandi de Kock (0838814283) en kerkkantoor.
Die kerkgebou is op die hoek van Van der Stelstraat en Brabantweg in Kabegapark, Gqeberha

Getuienisaand: Ses jaar gevange in Libië

Wyn op Woensdae @ HOOGLAND, 21 Augustus oor Generasies

🍷WOW @ Hoogland skop weer volgende Woensdag 21 Augustus af juis met hierdie baie interessante Tema : Generasies.
Gesprekke word gefasiliteer deur ds Barbara- Mari Jacobs van Sherwood Gemeente
🍷 WAT is WOW ?
WOW is ʼn gemaklike, opwindende ruimte wat HOOGLAND op Woensdae skep, waar daar gemaklik om 'n glasie wyn (of lekker koffie) saam gesels en gesoek word na geleefde wysheid vir die lewe.
🍷 Besprekings is belangrik - so stuur 'n WhatsApp na 079 815 9325 met jou naam en hoeveel persone, sodat daar genoeg voorsiening gemaak kan word.
WIE kan kom ?
Enige een is baie welkom om te kom saam gesels. Deel gerus Hoogland se WOW-advertensie wyd onder jou vriende en familie
🍷 Daar is egter ‘n fooi @ R50 per persoon per geleentheid wat 'n glas wyn & versnaperings insluit.
🍷 WAAR is dit?
18.30 @Hoogland se Jeuglokaal, dit is NG Kerk PE-Hoogland, Isobellaan 1, Charlo, Gqeberha.
🍷 Kom luister hoe kundiges én gewone mense gesels uit hulle eie verwysingsraamwerk oor Generasies - hoekom jonger kinders in seker goed belangstel?
By die werk: het jy al ooit gewonder hoekom raak daardie ouer persoon so vies as jy nie op epos reageer nie, of eerder voicenote stuur in plaas van bel?
Waarom gebruik gen z nie leestekens nie? En hoekom weet ons so min oor Gen X?
Kom kuier volgende Woensdag, 21 Augustus saam.
ONTHOU ASSEBLIEF NET OM TE RSVP!
Navrae : Leandra Bonthuys – 041 367 1485

NG Kerk Uitenhage-Oos hou Lentebasaar,
7 September

7 September 2024 vanaf 9h00 tot 12h30
Somersetstraat, Van Riebeeckhoogte, Uitenhage

Die Lentebasaar is ‘n kuier dag en ons nooi almal uit om die dag saam met die gemeente te kom kuier.
Bring jou familie, die kinders en daai vriendin wat jy lanklaas gesien het. Ontbyt word reeds vanaf 8h00 bedien alhoewel die basaar eers 9h00 open.
Vanaf 9h00 sal die straat en saalverkope open en hier kan jul smul aan Kerrie & Rys, Pannekoek, Poeding, Kerrie vetkoek, Lekkergoed, Koeke en terte, jaffels, worsrolle, varknekrolle, Hamburgers, Sosaties, Skaap stertjies, Gemmerbier, geniet koek, tee en koffie en vele meer.

Benewens die lekker eet is daar hope vermaak. Daar is ‘n “Colour Run” vir al die avontuurlustiges en registrasie begin 7h00 vir die wegspring om 8h00. Popsie die Hanswors is daar om die kinders te vermaak en gesigte te verf. Daar is “Minute to Win it” speletjies vir die kinders met pryse te wen.

Groot en klein kan hul Lentehoed kom inskryf. Kom toets jou kennis oor die gemeente met die Amazing Race. Bring jou mes en kom neem deel aan die aartappelskil kompetisie – dis slegs vir persone oor 18 jaar.

Daar gaan ook lekker lewendige musiek wees en plek om te sit en kuier, so kom span die dag by ons uit en verwelkom Lente.

Aanlyn VBO in Pastorale Berading

Emosioneel verwonde Pa's en hulle kinders

Dinsdag 20 Augustus 2024, 09:00 - 13:00 – Zoom aanbieding

Prof Wentzel Coetzer is die aanbieder van 'n reeks gewilde VBO's rondom pastorale berading.

Oral waar ons rondom ons kyk (en ook in onsself) sien ons ‘Pa-wonde’ en ‘Pa-honger’. Pyn vanuit die verlede met betrekking tot ons verhoudings tot ons pa’s is dikwels die oorsaak dat talle Christene worstel met ‘n verdraaide Godsbeeld en dit gevolglik baie moeilik vind om God die Vader intiem en naby te ervaar. Om ‘n gesonde beeld van Hom te kan ervaar, sal ons gevolglik eers ontslae moet raak van al die gebroke ‘vader-filters’ wat meeste van ons met ons saamgedra het die volwasse lewe in. Tydens die kursus sal gefokus word op ʼn proses om eerstens hierdie gebroke ‘vader-filters’ te identifiseer, en tweedens, hoe om daarvan vry te kom.

Meer inligting en aanlyn inskrywingsvorm hier beskikbaar.

Deon Loots se Disipelskapreeks nou as pakket beskikbaar

Deon Loots se reeks werke oor Dissipelskap is nou as 'n pakket beskikbaar.

Die pakket sluit in Geniet God, Die Stem van die Herder, Wat die Hart van vol is, en In die spore van die Herder.

Koop hierdie reeks vir slegs R999 (BTW ingesluit, Posgeld uitgesluit, Netto prys)

Die spesiale aanbod sal geldig wees van 5 – 30 Augustus 2024.

Beskikbaar by alle CLF Boekwinkels of koop dit hier aanlyn.

VBO Aanlyn, 22 Augustus

Gemeentes wat floreer en mense inspireer

Let op, die datum in die opskrif hieronder is foutief - die geleentheid vind op 22 Augustus op Zoom plaas.
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het (Matt 28:19)
As hierdie opdrag jou aan die hart gryp en jy graag 'n aanlyn gesprek wil bywoon oor die tema: "Die gemeente as evangelis", is jy welkom om op 22 Augustus om 12:00-13:30 op te daag deur op hierdie skakel te klik.

Aanyn VBO: Geloofsvorming, 26 Aug en 2 Sept

Plek: Aanlyn
Tye: 26 Augustus en 2 September 2024, (09:00 – 15:00)
Koste: R250-00 per persoon
VBO: 20 punte
Sluitingsdatum: 22 Augustus 2024
Inskrywing: aanlyn by hierdie skakel.
(Inskrywings geskied deur middel van dié aanlynvorm)
Bankbesonderhede vir elektroniese betalings:
Bank: ABSA
Naam van rekening: TSO
Rekeningnommer: 142 0830 463
Takkode: 632005
Tak: PRETORIA
Verwysing: VBO naam en van
Bewys van betaling: epos na excelsus@up.ac.za

Kerk van die Toekoms

Skep ruimte vir reguit gesprekke oor moeilike temas - 29 Augustus

Klik gerus op doe grafika hierbo om te registreer vir 'n gesprek oor kerk van die toekoms.

Kerk van die Toekoms is 'n innoverende netwerk van gemeentes wat daarop fokus om ruimtes te skep waar jong volwassenes God kan ontmoet en hul geloof in Jesus kan uitleef. Dit is 'n beweging weg van tradisionele kerkstrukture, met 'n doel om 'n nuwe generasie te ondersteun deur stories, beste praktyke en prototipes te deel.

Die netwerk poog om verbeeldingryke maniere van kerkwees te ontwikkel wat aansluit by die lewens van jong volwassenes. Navorsing en gesprekke binne die netwerk het gelei tot die publikasie van 'n boek, "Ontmoet die Toekoms: 12 Rigtingwysers oor Jong Volwassenes, die Kerk en Spiritualiteit", wat die bevindinge en aanbevelings opsom na vyf jaar se intensiewe studie, insluitend onderhoude, etes met groepe jong volwassenes, en eksperimente met innoverende prototipes in verskeie gemeentes. Die boek is beskikbaar by DinkJeug en bied insigte in hoe die kerk kan aanpas en groei in die konteks van die hedendaagse jong volwassene.

Opleiding as Brugleraar

Let op dat die datums van hierdie kursus verander is sedert dit aanvanklik aangekondig is.
Klik hier vir die inskrywingsvorm.

Lentekonferensie in Pretoria van 17-19 September 2024

Die program en volle besonderhede van die Lentekonferensie is nou op die web beskikbaar. Die skakel vir registrasie is ook op die webblad - besoek www.lentekonferensie.co.za.

Vroeë betalings geniet afslag op die registrasiefooi - tot 18 Augustus.

Vakature vir predikant: NG Gemeente Humansdorp-Oos

Die NG Gemeente Humansdorp-Oos is geleë in die sentrale plattelandse dorp Humansdorp in die Oos-Kaap, met die naaste lughawe in Gqeberha slegs 80 km ver. Jeffreysbaai is ook net 17 km van ons af. Humansdorp is ’n gesogte woonbestemming vir families met die pragtige kusdorpe St Francisbaai en Kaap St Francis slegs 20 km van die dorp wat ook deel vorm van die gemeente. Die dorp spog verder met goeie, gevestigde hoër- en laerskole.

Lees die posbekendstelling. Die sluitingsdatum is 31 Augustus 2024

Vakature: Bestuurder NG Kerkargief op Stellenbosch

Daar is tans 'n vakature vir 'n Argiefbestuurder by die NG Kerkargief. Hierdie posisie bied die unieke geleentheid om betrokke te wees by die bewaring en bestuur van waardevolle argivale bronne wat die geskiedenis en werksaamhede van die NG Kerk en VGK in Suid-Afrika dokumenteer.
Klik hier vir die advertensie.
Vir 'n beter begrip van die argief se werksaamhede, kyk na hierdie video oor die funksionering van die NG Kerkargief te kyk.

Leraars beweeg

Ds Rheinier Nel van Barkly-Oos het 'n beroep na Bethulie ontvang en ook aangeneem.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter