|
|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 24 - 23 Augustus 2024
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- 80 jaar jonk - die CMR vier fees
- Wenke om saam met kinders oor barmhartigheid te leer
- Amptelike kennisgewings deur gemeentes - so werk dit
- Aanlyn dagboek - bemark gebeure in jou gemeente
- Leraars beskikbaar vir aflospreekbeurte
- Vakatures
|
|
Christelike Maatskaplike Raad vier 80 jaar van diens in die Baai
|
|
Groot makietie is onlangs gehou om 80 jaar van onselfsugtige maatskaplike diens in die Baai te vier
|
Die CMR-PE-gebou, wat trots op die hoek van Mountweg in Noordeinde staan, skyn as 'n baken van hoop vir Gqeberha se inwoners.
|
Gestig in September 1944 as die Christelik-Maatskaplike Raad onder die Nederduitse Gereformeerde Kerk, het die organisasie onlangs 80 jaar van toegewyde diens gevier.
|
CMR-PE direkteur Magda von Solms het gesê die organisasie is gebore uit 'n dringende behoefte om die geweldige armoede in Suid-Afrika destyds aan te spreek.
|
"Tagtig jaar later bly ons steeds relevant en takel ons vandag se samelewingsuitdagings soos misdaad, werkloosheid, verlies aan hoop en gesinsverbrokkeling," het sy gesê.
|
|
|
Van die CMR se groot staatmakers deur die jare vier saam fees. Vlnr Jeanne Sherrer, Marena de Ridder, Estelle Alberts, Aletta van der Merwe en Petronel Posthumus
|
|
|
|
"CMR is 'n Christelik-gebaseerde organisasie en dit is ons droom om gesinslewe te verryk deur Christus se liefde in aksie te wees."
|
Sy het gesê deur die mishandeling van kinders in gemeenskappe wêreldwyd te erken, fokus die organisasie - met sy 10 maatskaplike werkers en drie maatskaplike hulpwerkers - sy werk op die verskaffing van maatskaplike welsynsdienste aan gesinne wat in gevaar verkeer.
|
|
|
Direkteur van die CMR, Magda von Solms, tydens die vieringe
|
|
|
|
|
Podsending:
Leer saam met kinders oor God se barmhartigheid
|
|
Een manier waarop kinders en jongmense se geloof gevorm word, is deur geleenthede van diensbaarheid.
|
In Augustus vier ons God se barmhartigheid in die kerk. In die Ou Testament leer ken ons God se barmhartigheid teenoor die volk Israel. Die Psalmdigter getuig in Psalm 86:15: “Maar U, my Heer, U is ‘n barmhartige en genadige God. Geduldig, oorvloedig in troue liefde en waarheid.”
|
In die Nuwe Testament leer ken ons vir Jesus as die grootste, tasbaarste voorbeeld van God se barmhartigheid. Jesus het deur gelykenisse en deur die voorbeeld van sy eie lewe vir die mense van sy tyd gewys hoe om barmhartig te wees teenoor weerlose mense in hulle midde. Sy kruisiging en opstanding is die grootste vorm van barmhartigheid wat God aan ons mense kom wys het – om pyn en lyding namens ons te dra, sodat ons in volheid saam met God kan lewe.
|
DinkJeug het 'n verbeeldingryke podsending met praktiese idees vir junior en senior kategese (en dominee se preek) oor barmhartigheid. Luister daarna.
|
|
|
|
|
Studie oor eerste Afrikaanse argitek
Meer oor Wynand Louw se ikoniese kerkgeboue
|
|
|
|
Die kerkgebou van PE Moedergemeente, ontwerp deur die eerste Afrikaner wat as argitek gekwalifiseer het, Wynand Louw. Die foto kom uit 1917
|
Mnr Albert Geldenhuys het onlangs sy verhandeling ingedien oor die kerkgeboue wat deur die argitek Wynand H. Louw (1883-1967) geskep is. Geldenhuys is 'n nasaat van Louw. Dié Meestersgraadskripsie bevat kosbare inligting oor kerkgeboue in die Oos-Kaap deur Louw ontwerp.
|
Twee ikoniese kerkgeboue, PE-Moedergemeente (1909), in Neo-Goties styl, en Uitenhage Moedergemeente se tweede kerk (1927), 'n Griekse kruisvormige kerk, is deur Louw ontwerp. Die Strand se kerkgebou, ook 'n Louw skepping, is in vele opsigte 'n kleiner en latere weergawe van die Uitenhage-gebou.
|
|
|
Uitenhage Moedergemeente se Grieksvormige kruiskerk uit 1927, die grootste kerkgebou wat Wynand Louw ontwerp het (1350-1400 sitplekke)
|
Wynand Louw het ook die NG Moederkerk in Oos-Londen, die kerksaal van Cradock Moedergemeente, die NG Kerk Mthatha, die Moederkerk Queenstown, die heining van Dordrecht se gemeente, die ou NG Kerk King William's Town, Nuwekerk op Graaff-Reinet, die NG Kerke op Elliot, Indwe, Ugie, die NGK Tsitsikamma (op Sanddrif) en moontlik die kerksaal van die NGK Middelburg (Kaap) ontwerp. In 1951 het hy die kerktoring en aanbouings by Moedergemeente Port Elizabeth hanteer.
|
Geskiedenisliefhebbers sal dit geniet om meer te lees oor die man, wat erken word as die eerste Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner wat formele opleiding as argitek ontvang het. Hy het sy opleiding in London voltooi en in 1909 die kommissie ontvang om die planne vir die NG Kerk Port-Elizabeth se nuwe kerkgebou op te trek. Vir meer as 50 jaar kan ons sy spore deur ons kerklandskap volg.
|
Daar word gereken dat Louw en sy praktyk by by die bou, herstel of restourasie van ongeveer 160 kerklike geboue betrokke was. Dit sluit kerke en kerksale in. Hy het 'n beslissende rol in Suid-Afrikaanse kerkargitektuur gespeel.
|
Klik hier om Albert Geldenhuys se verhandeling gratis af te laai.
|
|
|
|
|
Aanlyn dagboek: Vertel mense van geleenthede in jou gemeente
|
|
Grens.Pos vertel graag van gebeure in jou gemeente. Nou is daar nog 'n manier om gebeure te bemark.
|
Op Kerkbode se webblad is 'n nuwe interaktiewe dagboek waar gemeentes van hul geleenthede kan vertel en ander se aandag daarop vestig. Hou julle 'n basaar, jeugfees of musiekaand? Jy kan dit self op Kerkbode se interaktiewe kalender plaas.
|
Dit werk maklik. Besoek Kerkbode se tuisblad en klik regs bo op "Deel jou dagboek hier". Dan kies jy die opsie om jou gebeurtenis op te laai, jy volg die gebruikersvriendelike instruksies noukeurig en klik op STUUR. Dis dit.
|
Behalwe dat die interaktiewe dagboek soos 'n digitale megafoon werk, kan jy hier ook lekker idees kry en leer uit wat ander gemeentes aanpak.
|
|
|
|
|
Amptelike kennisgewings deur gemeentes aan Kerkbode en Sinode
Daar is 'n hele aantal sake waaroor gemeentes amptelike kennisgewings in Kerkbode se Amptelike kolom en ook aan die Direkteur Sinode moet stuur. Hoe werk dit? Hier is 'n inligtingstuk vir skribas van kerkrade en ringe.
|
Klik hier om na Kerkbode se amptelike kolom te loer.
|
|
|
|
|
|
Newtonpark hou Lentemark op 31 Augustus
|
|
|
|
Klik hierbo vir 'n groter weergawe van die voorafbestellings.
|
|
|
|
|
Fort Beaufort sê dankie vir 75 jaar met musiekfees
|
|
Die dankfees vind op 1 September 2024 plaas met ds Geo de Kock as prediker, Bouwer van Rooyen (bekroonde orrelis), sopraan Elmari Meyer (solis) en die Cantando@Algoa gemeenskapskoor.
|
|
|
NG Kerk Uitenhage-Oos hou Lentebasaar, 7 September
|
|
7 September 2024 vanaf 9h00 tot 12h30 Somersetstraat, Van Riebeeckhoogte, Uitenhage
|
Die Lentebasaar is ‘n kuier dag en ons nooi almal uit om die dag saam met die gemeente te kom kuier. Bring jou familie, die kinders en daai vriendin wat jy lanklaas gesien het. Ontbyt word reeds vanaf 8h00 bedien alhoewel die basaar eers 9h00 open.
|
Vanaf 9h00 sal die straat en saalverkope open en hier kan jul smul aan Kerrie & Rys, Pannekoek, Poeding, Kerrie vetkoek, Lekkergoed, Koeke en terte, jaffels, worsrolle, varknekrolle, Hamburgers, Sosaties, Skaap stertjies, Gemmerbier, geniet koek, tee en koffie en vele meer.
|
Benewens die lekker eet is daar hope vermaak. Daar is ‘n “Colour Run” vir al die avontuurlustiges en registrasie begin 7h00 vir die wegspring om 8h00. Popsie die Hanswors is daar om die kinders te vermaak en gesigte te verf. Daar is “Minute to Win it” speletjies vir die kinders met pryse te wen.
|
Groot en klein kan hul Lentehoed kom inskryf. Kom toets jou kennis oor die gemeente met die Amazing Race. Bring jou mes en kom neem deel aan die aartappelskil kompetisie – dis slegs vir persone oor 18 jaar.
|
Daar gaan ook lekker lewendige musiek wees en plek om te sit en kuier, so kom span die dag by ons uit en verwelkom Lente.
|
|
|
Prof Stephan Joubert by Lorraine
Hoe leef mens in 2024 as Christen?
|
|
Kaartjies is by die kerkkantoor te koop.
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Geloofsvorming, 26 Aug en 2 Sept
|
|
Plek: Aanlyn Tye: 26 Augustus en 2 September 2024, (09:00 – 15:00) Koste: R250-00 per persoon VBO: 20 punte Sluitingsdatum: 22 Augustus 2024 Inskrywing: aanlyn by hierdie skakel.
|
(Inskrywings geskied deur middel van dié aanlynvorm)
|
Bankbesonderhede vir elektroniese betalings: Bank: ABSA Naam van rekening: TSO Rekeningnommer: 142 0830 463 Takkode: 632005 Tak: PRETORIA Verwysing: VBO naam en van Bewys van betaling: epos na excelsus@up.ac.za
|
|
|
|
|
Kerk van die Toekoms
Skep ruimte vir reguit gesprekke oor moeilike temas - 29 Augustus
|
|
Klik gerus op doe grafika hierbo om te registreer vir 'n gesprek oor kerk van die toekoms.
|
Kerk van die Toekoms is 'n innoverende netwerk van gemeentes wat daarop fokus om ruimtes te skep waar jong volwassenes God kan ontmoet en hul geloof in Jesus kan uitleef. Dit is 'n beweging weg van tradisionele kerkstrukture, met 'n doel om 'n nuwe generasie te ondersteun deur stories, beste praktyke en prototipes te deel.
|
Die netwerk poog om verbeeldingryke maniere van kerkwees te ontwikkel wat aansluit by die lewens van jong volwassenes. Navorsing en gesprekke binne die netwerk het gelei tot die publikasie van 'n boek, "Ontmoet die Toekoms: 12 Rigtingwysers oor Jong Volwassenes, die Kerk en Spiritualiteit", wat die bevindinge en aanbevelings opsom na vyf jaar se intensiewe studie, insluitend onderhoude, etes met groepe jong volwassenes, en eksperimente met innoverende prototipes in verskeie gemeentes. Die boek is beskikbaar by DinkJeug en bied insigte in hoe die kerk kan aanpas en groei in die konteks van die hedendaagse jong volwassene.
|
|
|
|
|
|
|
Vakature vir predikant: NG Gemeente Humansdorp-Oos
Die NG Gemeente Humansdorp-Oos is geleë in die sentrale plattelandse dorp Humansdorp in die Oos-Kaap, met die naaste lughawe in Gqeberha slegs 80 km ver. Jeffreysbaai is ook net 17 km van ons af. Humansdorp is ’n gesogte woonbestemming vir families met die pragtige kusdorpe St Francisbaai en Kaap St Francis slegs 20 km van die dorp wat ook deel vorm van die gemeente. Die dorp spog verder met goeie, gevestigde hoër- en laerskole.
|
|
|
|
|
Vakature: Hoof Tutela (Kantoor vir maatskaplike dienste, Sinode Hoëveld)
Die pos as hoof- uitvoerende beampte van Tutela in die Hoëveld Sinode is nou beskikbaar, en geskikte kandidate word genooi om aansoek te doen. die sluitingsdatum is 29 Augustus 2024. Klik hier vir die posadvertensie.
|
|
|
|
|
Vakature: Bestuurder NG Kerkargief op Stellenbosch
Daar is tans 'n vakature vir 'n Argiefbestuurder by die NG Kerkargief. Hierdie posisie bied die unieke geleentheid om betrokke te wees by die bewaring en bestuur van waardevolle argivale bronne wat die geskiedenis en werksaamhede van die NG Kerk en VGK in Suid-Afrika dokumenteer.
|
Klik hier vir die advertensie. Die sluitingsdatum is 27 Augustus 2024 om 13:00.
|
Vir 'n beter begrip van die argief se werksaamhede, kyk na hierdie video oor die funksionering van die NG Kerkargief te kyk.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds johan - 082 536 2068
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853
|
Muller, ds Christoph - 082 308 5795
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|
|