|
|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 26 - 13 September 2024
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Bid vir Israel-Palestina
- Publikasies met die oog op gemeentebou
- Webinaar: Bedien gesinne met kinders met neuro-uitdagings
- Leraars beskikbaar vir aflospreekbeurte
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Sondag 6 Oktober is dit ʼn jaar nadat die konflik in die Gaza-strook opgevlam het in reaksie op Hamas se aanval op Israel (7 Oktober 2023). Hierdie aanval het gelei tot ‘n intense militêre reaksie van Israel. Ons is bekend met die nuusberigte en beelde.
|
Die onvermoë om ʼn skietstilstand te bereik, gee daagliks aanleiding tot verdere sterftes en trauma. Betroubare bronne berig dat sowat 40 000 Palestynse burgers reeds hul lewe verloor het, en ook 1 500 Israeli’s in aanvalle gesterf het. Vroue en kinders maak ʼn groot persentasie van hierdie totale lewensverlies uit. Verder word nagenoeg 10 000 mense in die Gaza-strook vermis, en meer as 92 000 is beseer in skermutseling tussen die strydende partye. Kommer bestaan dat die konflik breër kan uitkring.
|
Gemeentes word aangemoedig om op Sondag 6 Oktober tyd vir gebed en lament tydens die erediens in te ruim. Laat ons ernstig intree vir:
|
- die byna ondraaglike kompleksiteit van die situasie,
- vir radikale politieke inkeer aan beide kante wat sal uitloop op geslaagde vredesonderhandelinge,
- vir mense wie se lewens, welstand en belange daagliks bedreig word,
- vir die rou-seer van duisende wat aan beide kante in hierdie trauma vasgevang is.
Terwyl ons bid vir die situasie in Israel-Palestina, dink ons ook aan soortgelyke omstandighede in ander wêrelddele. ‘Here, wees ons genadig!’
|
|
|
|
|
Bejaardes brei vir vloedslagoffers
|
|
Colleen Calitz en Gail Vale, organiseerders van die Teddies 4 Tiny Tots Breiklub met gebreide komberse vir rampslagoffers
|
Talle bejaardes kan hekel en brei, maar benodig sosiale samesyn, sin en betekenis en 'n doel om voor te lewe en te werk. Hulle het baie om te bied en kan 'n gewaardeerde bydrae met hul vaardighede lewer, terwyl dit hulle eie lewens verryk.
|
Dit is die filosofie agter Teddies 4 Tiny Tots, 'n breiklub wat gereelde byeenkomste hou en met wolskenkings die pragtigste items brei wat kinders en noodlydendes ondersteun.
|
Met wol aangekoop as deel van Sinode Oos-Kaapland se rampprojek, het die klub die pragtigste wolkomberse vir die toekomstige koue wintermaande of as noodleniging tydens rampe wat voorlê begin brei. Die eerste van hierdie komberse is op 12 September aan die Sinodale kantoor oorhandig.
|
|
|
Kleurvolle wolkomberse in Sinode Oos-Kaapland se rampmagasyn danksy skenkings en die vlytige vingers van bejaarde breiers
|
|
|
|
|
Baaise CLF-tak weer oop na vloed
|
|
|
Nadat die Christelike Lektuurfonds se winkel in Newtonpark, Gqeberham in die middelste week van Augustus tydens swaar reën oorstroom is, met groot skakde en ontwrigting, moes die winkel gesluit word vir herstelwerk.
|
Die goeie nuus is dat die winkel se deure nou weer oop is,
|
Hier is die adres: Manabelgebou 4, Kaapweg 291, Newtonpark, Gqeberha Epos: newtonpark@clf.co.za Telefoon: 078 999 8329
|
|
|
|
|
Prokurio Boekwinkel:
Publikasies met die oog op gemeentebou
Prokurio Boekwinkel help spesifiek leraars en gemeentes binne die konteks van die NG Kerk met GEMEENTEBOU en fokus op • Materiaal vir Bybelskole • Bybelstudies • Huwelikskursusse • Dissipelskap • Gebed • Berading • Kategese ens.
|
Hieronder verskyn meer inligting oor drie bruikbare publikasies:
|
|
|
|
|
|
Onbeskaamd tree op by Lorraine Familiekerk - 4 Okt
|
|
|
Nooitgedacht Minibasaar
Saterdag, 5 Oktober om 10:00 in die kerksaal, Vanderstelstraat, Kabegapark, Gqeberha. Daar sal Roosterkoeke, Jaffels, Poeding, Koffie/Tee, Pannekoek en Slap Chips te koop aangebied word. Kindervermaak: Springkasteel en gesigverf. Navrae: Leandi (0838814283).
|
|
|
|
|
|
|
|
Nooitgedacht Rolbaldag
Vrydag, 25 Oktober om 14:00 by Western Suburbs Bowling Club in Sunridgepark, Gqeberha. Koste is R100 per persoon (4 persone per span). Gratis Boereworsrol en “Lucky Draw”. Kom ondersteun ons gerus. Navrae: Leandi (0838814283).
|
|
|
|
|
Webinaar oor neurodiversiteit op 9 Oktober:
Hoe bedien ons gesinne met kinders met bv outisme of disleksie?
|
|
In ons gemeentes en gemeenskap is daar ouers wat swaar dra met die diagnose van hul kind, wat autisties, aandag-afleibaar, disleksies ens. is. Hierdie diagnose laat ouers baie skaam, bang en alleen voel.
|
Hoe bedien ons hierdie gesinne? Wat is ons rol as gemeente in hierdie ouers se lewe? Dit is geweldig moeilik vir hierdie gesinne om in ‘n erediens in te skakel, kinderkerk en kategese is baie oorstimulerend vir die kinders. Waar begin ons?
|
In hierdie webinaar gaan ons saam droom en gesels oor verskillende kontekste (platteland en stedelik), Lorindi Nel van Learning for Life gaan ons help met wonderlik inligting vir die wêreld van so ‘n gesin en dit kan ons help in ons bediening in ons gemeentes.
|
|
|
|
|
Alfa Pastorale Opleiding
Jaarkursus in narratiewe pastoraat en gemeenskapsdiens
TEIKENGROEP: Predikante, maatskaplike werkers, studente, onderwysers en enige passievolle persone wat wil spesialiseer in berading, persoonlike verryking en gemeenskapsdiens (Slegs 30 studente word per jaar gekeur, registreer dus so gou moontlik om teleurstelling te verhoed).
|
KURSUSINHOUD: • Module 1 Teologiese begronding
|
• Module 2 Pastorale onderbou
|
• Module 3 Etiese, kontekstuele en Afrika diskoerse
|
• Module 4 Ontwikkelingsmylpale in jouself/eie menswees
|
• Module 5 Ontwikkeling van moontlike spesialisvelde
|
WERKSWYSE • Fisiese bywoon of Zoom/Teams inskakeling van 2 verpligte werkswinkels (in Pretoria, Stellenbosch of Bloemfontein indien daar meer as 5 studente in die omgewing is), die voltooiing van 3 werksopdragte en ‘n mini-skripsie van 60 bladsye asook bemeestering van die toepaslike leeswerk en praktiese werk van 30 ure.
|
Sertifikaat, geakkrediteer deur Excelsus Sentrum vir Bedieningsontwikkeling van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria. Verdien 120 VBO punte asook 120 VBO punte en 20 CPSC/CPD punte toegeken en geregistreer deur CPSC (Council for Pastoral and Spiritual Counsellors).
|
KOSTE: R 6 000 en R 500 vir voorgeskrewe boeke (R 3 500 betaalbaar voor of op 31 Januarie 2025 en R 3 000 voor of op 30 Junie 2025).
|
SLUITINGSDATUM: Tot en met 31 Januarie 2025.
|
NAVRAE: KURSUSLEIER EN SUPERVISOR Dr Jan Botha (Predikant Florauna NG Kerk Pretoria) Tel 012 5463545, Sel 0764815683 e-pos janbotha1102@gmail.com
|
Webwerwe:alfapastoralepraktyk.com en zamazamahope4u.com
|
Die kursus is bekendgestel en onderhoude is gevoer oor RSG, Radio Kansel, Pretoria FM, Groot FM en Lekker FM en ook geadverteer in die Kerkbode, Vrouekeur, Huisgenoot en LIG, asook bekendgestel in ‘n artikel in die Kerkbode deur die redakteur, Neels Jackson
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO 12
Angs as die nuwe depressie - pastorale riglyne
Angs is al beskryf as die ‘amptelike emosie van ons eeu’. Waar depressie eers bo-aan die lys was in terme van geestesgesondheid versteurings, het angs dit nou vervang en word dit selfs beskryf as epidemies.
|
Bydraende faktore hiertoe is byvoorbeeld die getraumatiseerde samelewing waarbinne ons onsself bevind met sy hoë misdaad syfers, politieke onrus, motorkapings, plaasmoorde, die pas van die samelewing wat al vinniger raak, en dan veral ook die rol van die Internet en sosiale media.
|
Toenemende liggaamlike en emosionele probleme en selfs paniek aanvalle is sommige van die kritiese gevolge van al hierdie faktore.
|
Prof Wentzel coetzer bied op 12 November 2024 'n aanlyn VBO-kursus met pastorale riglyne vir die hantering van angs aan.Heling en langtermyn oplossings is slegs moontlik deur middel van ʼn multidissiplinêre benadering waarvan die Pastoraat ʼn onontbeerlike komponent is – veral omdat angs so dikwels ook lei tot ʼn geloofskrisis.
|
Die oogmerk met die voorgestelde pastorale benadering in hierdie kursus is dat afgesien van moontlike psigologiese en mediese insette, angs en vrees uiteindelik vervang sal word met die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, soos beskryf deur Paulus in Filippense 4:7.
|
|
|
Vakature: Voltydse Leraar, Jansenville
Die NG Gemeente Jansenville stel 'n voltyds predikantspos vir 'n termyn bekend.
|
Jansenville-gemeente is in die Oos-Kaap geleë, in ’n omgewing wat die Noorsveld genoem word. Dit is 180 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) en Graaff-Reinet is 85 km verder op pad na Middelburg en Colesberg. Die gemeente bestaan uit ongeveer 209 belydende en 33 dooplidmate wat in drie plaaswyke en vyf dorpswyke woon.
Boerdery vorm die kern van ekonomiese aktiwiteit en Jansenville is ’n sleutelpunt van die wêreldwye bokhaar- (“mohair”) bedryf. Verskeie groot en klein sakeondernemings is die werkverskaffers wat in die meeste verbruikerbehoeftes voorsien.
|
|
|
|
|
Vakature: NG-gemeente Middelburg-Karoo
Middelburg Karoo is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met sowat 400 belydende lidmate en 50 dooplidmate ingedeel in 10 dorps- en vier plaaswyke. Die dorp beskik oor ’n hoër- en laerskool, sowel as ’n landboukollege.
|
Die gemeente beskik oor 'n vakature vir 'n predikant (vastetermynkontrak 1-3 jaar). Hier is die posbekendstelling. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 16 September 2024.
|
|
|
|
|
|
Vakature: Rektor, Hugenote Kollege
Die Hugenote Kollege te Wellington is 'n private Christelike naskoolse opleidingsinstelling wat spesialiseer in die opleiding van predikante, leiers in kerklike bediening, asook professionele persone in die maatskaplike welsynsektor. Die Kollege het 'n Christelike karakter en missionale roeping, en werk nou saam met die NG Kerk, VG Kerk, United Congregational Church en die Calvyn Protestantse Kerk.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853
|
Muller, ds Christoph - 082 308 5795
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Kobus Stapelberg van Humansdorp is beroep na Parkkruin-gemeente in Johannesburg.
|
Ds Rheinier Nel het op 8 September 2024 demissie by Barkly-Oos ontvang nadat hy 'n beroep na Bethulie aanvaar het.
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|
|