|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 18 - 14 Junie 2024
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Komberse, matrasse en kospakkies net waar jy kyk. En: vrywilligers gesoek
- Prof Malan Nel se terugblik op die Jeug-tot-Jeugaksie van 1974 - 50 jaar later
- Hoe bou leiers goeie spanne? 'n Kenner gee raad
- Soveel eise word aan beide ouers en kinders gestel. Hier is twee gesprekke wat kan help
- Leraars beweeg
|
|
|
|
Kerke maak harte en beursies oop
Ruim hulp aan vloedslagoffers in Kariega
|
|
Matrasse aangekoop deur Jeffreysbaai-gemeente word vir vloedslagoffers by die
|
NG Kerk Uitenhage De Mist afgelaai
|
Kerkmense het die afgelope twee weke hul harte en hande oopgemaak om vloedslagoffers op Uitenhage (Kariega) by te staan. Die NG Gemeente Uitenhage De Mist het vir meer as 'n week persone in hul kerksaal gehuisves en is oorvloedig deur ander gemeentes, lidmate, die publiek en ook die NG Sinode Oos-Kaapand bygestaan. Die slagoffers is intussen hervestig en die gemeente kan terugkyk op sinvolle diens.
|
Die VGK Ebenhaeser op Uitenhage gaan voort met die voeding van sowat 3,000 persone per dag. Vloedslagoffers is ook in hul kerksaal en dié van die Morawiese kerk gehuisves, maar dit het ook tot 'n einde gekom. Daar is steeds 'n groot tekort aan voeding en kospakkies, sodat Ebenhaeser hiermee voortgaan.
|
Rampfonds Sinode Oos-Kaapland
|
Persone wat vloedslagoffers wil bystaan kan geld in ons rampfonds betaal. NG Kerk in Oos-Kaapland, ABSA lopende rekening, nommer 290 581 192.
|
|
|
Vloedslagoffers stroom daagliks na die VGK Ebenhaeser vir kospakkies en klere. Die gemeente vra vrywilligers om te kom help (Foto: VGK Ebenhaeser, met toestemming van persone op foto)
|
Yolande Manasse, eggenoot van ds Mark Manasse van Ebenhaeser, vra vrywilligers om die werkslading by die gemeente se instapsentrum in die kerksaal te kom help dra. Persone kan van 10:00 soggens kom aanmeld vir twee ure of meer om die bediening van kospakkies en voedsel te help vergemaklik. Die kerksaal is op die hoek van Palm- en Bloekomstrate oorkant die OK en Save-A-Lot geleë. Belangstellendes kan Yolande Manase by 082 876 7316. As NG Sinode Oos-Kaapland staan ons ook die gemeente finansieel uit ons rampfonds by.
|
|
|
|
|
'n Magdom klere, handdoeke beddegoed, basiese lewensmiddele en kombuisware is aan De Mistgemeente geskenk en so aan vloedslagoffers versprei. Fondse deur donateurs geskenk is ook hiervoor gebruik
|
|
|
|
|
Na die verkiesing
Ons gebed is nie klaar nie - bid vir regering wat land vorentoe kan vat
|
|
Daar is gebid vir vrede en verandering ten goede voor die verkiesing op 29 Mei, maar “ons gebed is nie klaar nie. Ons sê dankie en hou aan bid dat ons ’n regering sal kan saamstel en kry wat ons land vorentoe sal kan neem”, sê ds Jan Lubbe, voorsitter: Algemene Sinode van die NG Kerk. Daar is ook ander sake waarvoor ons moet bid. Klik hier om na sy boodskap te kyk.
|
NG Kerk het groot rol na verkiesing
|
Lees ook hoe verduidelik prof Johan van der Merwe in Kerkbode dat die NG Kerk weer - soos na 1994 - 'n groot rol na die verkiesing te speel het. Hy skryf onder meer:
|
|
|
Die geskiedenis van die NG Kerk vertel ’n verhaal van ’n kerk wat nog altyd ten spyte van groot uitdagings ’n positiewe bydrae tot die samelewing gemaak het.
|
|
|
|
|
|
Hoe leiers goeie spanne bou
|
|
Roedolf Botha skryf in vandeesweek se eKerk Leiersnuusbrief:
|
Dis maklik om te praat van goeie verhoudings en gesonde spanne, maar hoe word so ‘n span mense gebou en ontwikkel? Dis nie ‘n maklike resultaat om te bereik nie. Om leiers te help, praat Patrick Lencioni in sy boek The Advatage van vyf fundamentele gedragspraktyke, wat in ‘n sekere volgorde moet aandag kry om goeie verhoudings en goeie spanwerk te verseker. Ek noem en bespreek die vyf praktyke kortliks. Lees verder.
|
|
|
|
|
Interessante gesprek met Prof Malan Nel
Jeug-tot-Jeugaksie van 1974 wou jongmense vir Jesus inspireer
|
|
Al wat hulle wou doen is om jongmense te inspireer vir Jesus, vertel prof Malan Nel oor die Jeug-tot-Jeugaksie van 1974 aan Helene Meissenheimer in die weeklikse Kerkbode Kollig.
|
“Dit is genoem die evangelisasiejaar van die kerk. Die leuse was ‘Lewe vir Christus en vir sy kerk’.” So onthou prof Malan Nel op 85 nog helder die gebeure rondom hierdie projek. Luister hoe hy vertel. Die gesprek is ook op Youtube beskikbaar.
|
|
|
Spanlede van die Jeug-tot-Jeugaksie hou reünie na 50 jaar
|
Prof. Malan Nel het onlangs saam met so 18 van die oorspronklike Jeug-tot-Jeugaksie se leierskapgroep in die Vrystaat reünie gehou om die 50ste herdenking te vier van hierdie inisiatief wat die bedieningsfilosofie wou vestig dat jongmense toegerus moet word om met jongmense te werk.
|
|
|
|
|
Podsending
Hoe lééf ouers te midde van soveel eise wat aan hulle gestel word?
Ouerskap verg eindelose geduld en deursettingsvermoë, en dikwels moet hulle hul eie behoeftes opsy skuif ter wille van hul kinders. Hierdie onselfsugtige toewyding maak ouers inderdaad superhelde, maar dit is belangrik dat hulle op ‘n manier terugploeg in hulself en weer “die emmers vol tap” om te verseker dat hulle self nie uitbrand nie.
|
In dié podsending gesels DJ Muller met dr Siegfried Louw oor hoe mens hieroor moet dink, want dit is belangrik dat ons nie nóg druk op ouers plaas omdat selfsorg ook ‘n “nog-iets-wat-ek-moet-doen” verpligting raak nie. Siegfried help ons om te verstaan hoe ons miskien net anders moet omgaan met ons besig-wees van elke dag.
|
|
|
|
|
Paneelbespreking
Help kinders in 'n komplekse samelewing floreer
Die SA Teologiese Seminarium (SATS) het onlangs 'n e-konferensie aangebied waartydens praktisyns wat met kinders werk saamgedink het hoe volwassenes kinders kan ondersteun in die uitdagende omgewing waarin ons ons bevind. Die tema van een van die gesprekke was juis: "Take My Hand: Helping Children Navigate a Complex World." Die gesprekspaneel het bestaan uit dr Johannes Malherbe (SATS), pastoor Patrick Byekwaso (CRANE Netwerk), me Monica Woodhouse (Give A Child A Family), en Me Marleen Mortin (OM). Klik hier om na die insiggewende gesprek op Youtube te kyk
|
|
|
|
|
Can Kingdom Theology Guide Us Towards Land Justice in South Africa?
Sesihle Manzini: Founder and Curator: Anno Domini Magazine writes recently in the Church and Society column of The Herald:
|
|
|
Understanding the times in which we live requires a unique set of tools that enable us to diagnose societal problems and get to the core issues.
Recently, I had the privilege of hosting an event in Gqeberha in collaboration with Joy to the Nations Church. This event featured a screening of my recently released documentary film, A Piece of Ground, which explores the history of land dispossession and forced removals in Cape Town, from Dutch colonialism and British rule to the apartheid era.
The documentary is a project under ANNO DOMINI Magazine, a non-profit organisation I founded. Our mission is to use digital media to educate and foster conversations that help believers, like the sons of Issachar (1 Chronicles 12:32), to understand the times we live in and respond in truly transformative ways. The film shows how land was used as a tool to push Africans into exploitative wage work and limit African political participation.
|
|
|
|
|
|
Skryf in vir jagkompetisie - NGK Paterson
|
|
|
Sop, sjerrie en sokkie op King William's Town - 2 Augustus 2024
|
|
|
|
|
Vir die dagboek:
Bespreek 'n stalletjie by King William's Town se basaar en/of kom geniet jouself
|
|
|
|
|
Vir die dagboek:
Lentekonferensie in Pretoria van 17-19 September 2024
|
|
|
|
|
VBO: Konferensie oor die Tafel oorlaai met gawes en genade
|
|
|
|
Registrasie is nou oop vir die konferensie Taste and See that the Lord is Good: On the Gifts and Graces of the Table, wat op 2-3 Oktober 2024 by die Andrew Murray Sentrum in Wellington aangebied word. Gisela Kreglinger, outeur van The Spirituality of Wine, en Rudi Swanepoel, outeur van Kom sit aan, sal saam met ander sprekers bydraes lewer oor temas soos: • Etenstafels in die Bybel • Hildegard van Bingen en Middeleeuse resepteboeke • Martin Luther se tafelspiritualiteit • Die spiritualiteit van houtwerk en tafelbou • Die spiritualiteit van kombuise en broodbak • Die klanke om die etenstafel • Gebed by die etenstafel • Etes tydens pelgrimstogte • Sáám-eet oor grense heen • Die Nagmaal Daar gaan ook aanbiddingsessies, heerlike kos en ’n wynproe, aangebied deur Gisela Kreglinger, wees! Vir die program en registrasie-inligting, besoek gerus die webtuiste: www.taste-and-see.net.
|
|
|
|
|
Vakature: NG Gemeente PE-Noord
Ons is nie so geïnteresseerd in wat jy as predikant kan doen en wat jy ons kan laat doen nie. Ons is meer geïnteresseerd in wie jy is en wat jy ons kan help om te word.
|
In PE-Noord neem bemagtigde lidmate onder leiding van 'n dinamiese kerkraad inisiatief om die Here, mekaar en die gemeenskap te dien. Ons heg groot waarde aan liefde en gebed. Die gemeente het projekte soos vrouebemagtiging, bejaardeversorging, uitreik na die gemeenskap se jeug, 'n sopkombuis, voedselhulp aan behoeftiges en leerders, asook 'n klerebank. Ons het ook 'n fonds wat leerders ondersteun.
|
Ons omgewing is vir sommige 'n blyplek, vir ander 'n werkplek, en vir nog ander 'n gebied waar verskeie openbare dienste gelewer word. Ons area het woonhuise, meenthuise, woonstelblokke, kleiner fabrieke, hospitale, klinieke en gemeenskapsdienste.
|
Ons omgewing het drie skole, winkelsentrums en verskeie kleuterskole met hoofpaaie wat ons area deurkruis. Ons is naby blouvlagstrande en die lughawe. Klik hier vir die posbeskrywing. Die keerdatum is 14 Junie 2024.
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Llewellyn Oliver word op 30 Junie as leraar in die NG Gemeente Uitenhage bevestig.
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|