|
|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 19 - 12 Julie 2024
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Gemeente wat predikante misbruik - perspektiewe uit Korintiërs
- Sydenham-gemeente vier 'n nuwe bedienaar
- IN PAS konferensie vir die Oos-Kaap
- Vakatures in verskeie gemeentes
- Leraars beweeg
|
|
|
|
Nuwe bedienaar vir Sydenham-gemeente
|
|
Oudl Geraldine Moses (middel voor) het pas 'n Sertifikaat by die Hugenote Kollege as Bedienaar verwerf. Die gemeente het die geleentheid op 7 Junie gevier. Haar mentor, dr Willem Wiid staan in die middel agter.
|
Sydenham-gemeente het op Sondag, 7 Junie, die sertifikaat as Bedienaar wat hul kerkraadsvoorsitter, Geraldine Moses by die Hugenote Kollege verwerf het, gevier. Dit was 'n feestelike geleentheid. Geraldine speel oor die afgelope twee jaar 'n belangrike rol in die bediening van die gemeente.
|
Haar vaardigheid as Bedienaar behels prediking en die leiding van eredienste. Dit doen sy met onderskeiding.
|
Dr Willem Wiid (emeritus) het as haar mentor opgetree. Hy tree ook as mentor vir die kerkraad en lidmate in die gemeente op.
|
|
|
|
|
Dr Coenie Burger
Luister | ‘Dit maak dat ek glo vandag’
|
|
Hy het min pak gekry, maar dit was die keer wat sy pa hom nie pak gegee het nie wat hom met ander oё na sy pa laat kyk het. Dat hy sy pa as mens begin raaksien het. Iets soortgelyk het oor jare met hom gebeur in sy verhouding met God en hoe hy oor God voel. ’n Ontdekking dat God hom liefhet en omgee en na hom wil luister. “Dit maak dat ek glo vandag,” vertel dr Coenie Burger wie se nuutste boek* Verbind aan Christus: Om in vereniging met Christus te leef, pas verskyn het.
|
Hy begin ons gesprek met ’n aanhaling uit sy boek deur die gereformeerde teoloog Johannes Calvyn: “For my own part, I am overwhelmed by the depth of this mystery, and am not ashamed to join Paul in acknowledging at once my ignorance and my admiration … whatever is supernatural is clearly beyond our own comprehension. Let us therefore labour more to feel Christ living in us, than to discover the nature of that intercourse.”
|
Klik hier om na Helène Meissenheimer se gesprek met Coenie te luister.
|
|
|
|
|
Cas Wepener in gesprek met Chris van der Merwe
Trauma, geloof, genade en geregtigheid
|
|
Trauma daag mense dikwels uit om hulle lewe lewe te herbedink. Trauma lê ook in die hart van die Christelike geloof - die kruis - en het nuwe lewe (die leë graf) moontlik gemaak. Wat beteken dit vir mense wat in ons tyd sin in die lewe moet herontdek?
|
Luister gerus na hierdie gesprek wat Cas Wepener met Chris van der Merwe oor sy nuwe boek, Boundless Grace (Lapa, 2024) voer. Die boek is ook in Afrikaans beskikbaar as Grenselose genade – ‘n Moderne geloofsbelydenis. Klik hier om na die leersame gesprek te kyk.
|
Indien jy die video gekyk het of die boek gelees het laat weet gerus (Chantall Vermaak, sinode@ngkok.co.za) sodat VBO-punte gelaai kan word.
|
|
|
|
|
Uitenhage-De Mist gemeente
Mense vind en help mekaar in vloedramp
|
|
Vroeg in Junie het erge winterstorms oornag honderde mense dakloos gelaat. Op die Oos-Kaapse dorp Kariega (voorheen Uitenhage) het die NG Gemeente Uitenhage-De Mist besluit om hulle kerksaal oop te stel om van hierdie mense te help. Uiteindelik is 150 mense, waarvan amper ’n derde kinders, vir net meer as ’n week so gehuisves terwyl die hele gemeenskap saam met verskeie hulporganisasies ingespring het met hulp.
|
Die mooiste vir haar in hierdie tyd was die verhoudings wat gevorm is, vertel hulle gemeenteleraar, ds Trunette de Jongh. Maar sy voeg by dié ervaring was ook ’n eye-opener oor wat by jou kerk in plek moet wees voordat ’n ramp tref. Sy deel met Heléne Meissenheimer die ervaring en insigte wat dié gemeente opgedoen het. Lees verder.
|
|
|
|
|
Kerklike Fees- en Vakansiedae 2025
|
|
|
|
Church Divisions (and how Corinth traumatized Paul)
Prof Scot McKnight, who published on the ways in which pastors abuse churches, also talks about the reverse: pastors being abused by churches. He writes:
|
|
|
About five years ago a pastor-student, after reading stuff I had written about power abuse by church leaders, asked if I had written anything on the reverse dynamic: church abuse of pastors! So I began reading and especially contemplating Paul’s dynamic with the Corinthians, and it fell into two parts. One part is now found in 1 Corinthians in the Everyday Bible Study series I am doing, and the second part, on how Paul was traumatized by the Corinthians’ treatment of him, is in 2 Corinthians, which is with the printer these days.
I post here what I wrote about divisions in churches. If there is anything rewarding about writing this section, it is that I passed it to a number of pastors. Several of them asked me if I had been talking to people in their church! What I attempt to do is map how it takes place in general in churches, and what follows summarizes notes I have taken, things I have read, and listening to stories. Maybe it will help you.
|
|
Read McKnight's insights here.
|
|
|
|
|
31 Julie tot 2 Augustus 2024
IN PAS Konferensie vir die Oos-Kaap
As jy saam kan droom oor 'n heel nuwe en verbeeldingryke manier van kerk-wees sal jy beslis hier wil wees. IN PAS handel oor ritmes en gewoontes vir roepingsgetroue gemeentes. Word deel van die reis waar ons saam luister en leer.
|
Kontak ds Carolien du Pisanie gerus vir meer inligting:by 067 409 5590
|
|
|
|
|
Skryf in vir jagkompetisie - NGK Paterson
|
|
|
Sop, sjerrie en sokkie op King William's Town - 2 Augustus 2024
|
|
|
|
|
Universiteit van Pretoria
Uitnodiging na 'n konferensie oor diakonaat
|
|
|
|
Sluit aan by die Universiteit Pretoria en ander rolspelers vir 'n inspirerende konferensie wat die diakonale roeping van die kerk in ’n Afrika-konteks ondersoek. Kom ontdek saam innoverende maniere om ons roeping uit te leef met die unieke geleenthede wat ons multikulturele landskap bied. Belangstelling vir ’n ekumeniese leergemeenskap vir die diakonaat sal ook by die geleentheid getoets word.
|
|
|
|
|
Vir die dagboek:
Lentekonferensie in Pretoria van 17-19 September 2024
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO:
Hoe lees ons die Bybel?
|
|
Plek: Aanlyn Tye: 16 - 17 Julie 2024, (09:00 – 16:00), Koste: R250-00 per persoon VBO: 20 punte Sluitingsdatum: 12 Julie 2024 Inskrywing: klik hier https://forms.gle/ed6kW1zkh23vjXhJA
|
(Inskrywings geskied deur middel van dié aanlynvorm)
|
Bankbesonderhede vir elektroniese betalings: Bank: ABSA Naam van rekening: TSO Rekeningnommer: 142 0830 463 Takkode: 632005 Tak: PRETORIA Verwysing: VBO naam en van Bewys van betaling: epos na excelsus@up.ac.za
|
|
|
|
|
Gesprek oor Geestelike Waardes met proff Dirkie Smit en Robert Vosloo
|
|
|
|
Uitnodiging tot referate
Konferensies ter herdenking van die eerste NGK sinodesitting in 1824
|
|
|
|
U word vriendelik uitgenooi om voorleggings te maak om ‘n referaat te lewer tydens die konferensie ter herdenking van die eerste sinodesitting van die Kaapsche Kerk op 2 November 1824. Klik hier vir meer inligting.
|
'n Akademiese konferensie oor Kerkwees 200: Verlede, hede en toekoms word ook op 5 tot 6 November by die Universiteit van Pretoria gehou. Hier is meer inligting..
|
|
|
Vakature: NG Gemeente PE-Noord
Ons is nie so geïnteresseerd in wat jy as predikant kan doen en wat jy ons kan laat doen nie. Ons is meer geïnteresseerd in wie jy is en wat jy ons kan help om te word.
|
In PE-Noord neem bemagtigde lidmate onder leiding van 'n dinamiese kerkraad inisiatief om die Here, mekaar en die gemeenskap te dien. Ons heg groot waarde aan liefde en gebed. Die gemeente het projekte soos vrouebemagtiging, bejaardeversorging, uitreik na die gemeenskap se jeug, 'n sopkombuis, voedselhulp aan behoeftiges en leerders, asook 'n klerebank. Ons het ook 'n fonds wat leerders ondersteun.
|
Ons omgewing is vir sommige 'n blyplek, vir ander 'n werkplek, en vir nog ander 'n gebied waar verskeie openbare dienste gelewer word. Ons area het woonhuise, meenthuise, woonstelblokke, kleiner fabrieke, hospitale, klinieke en gemeenskapsdienste.
|
Ons omgewing het drie skole, winkelsentrums en verskeie kleuterskole met hoofpaaie wat ons area deurkruis. Ons is naby blouvlagstrande en die lughawe. Klik hier vir die posbeskrywing. Die keerdatum is 31 Julie 2024.
|
|
|
|
|
Vakature: Brugleraar NGK Albanie
Die NG gemeente Albanie op Grahamstad (deesdae Makhanda) het 'n vakature vir 'n brugleraar. Dit is 'n termynpos van 6 tot 9 maande. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 5 Augustus 2024. Hier is die advertensie.
|
|
|
|
|
Vakature: NG Gemeente Wesselsbron
Die NG Gemeente Wesselsbron stel 'n pos vir voltydse gemeenteleraar bekend. Die sluitingsdatum is 27 Julie 2024. Hier is die posbekendstelling.
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|