|
|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 20 - 19 Julie 2024
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Kinders in Suid-Afrika kry swaar en benodig ondersteuning
- Emosioneel-verwonde pa's en hulle kinders - aanlyn VBO
- Baaise kerke en gemeenskap vra Ramaphosa om in te gryp
- Kerklike feesdae en vakansiedae vir 2025
|
|
|
|
|
Navorsing toon vroeëkindontwikkeling help regtig
Lot van SA se kinders: Honger, wangevoed en sterwend (ook in welgestelde provinsies)
|
|
Byna 40% van jong kinders in Suid-Afrika is honger, sedert Covid-19 loop 500,000 meer die ernstige gevaar van wanvoeding, en die hoeveelheid kinders wat voor die ouderdom 5 sterf het dramaties toegeneem.
|
Hierdie data is vervat in die South African Early Childhood Review wat die status van kinders onder 6 jaar ondersoek en op 17 Julie 2024 bekendgestel is. Die verslag is 'n gesamentlike onderneming van verskeie instansies, waaronder die Universiteit van Kaapstad, DataDrive2030, die Grow Great Campaign en Ilifa Labantwana.
|
Die data beklemtoon dat die lot van jong kinders in vele opsigte verswak het. Die verslag beskryf hoe meer kinders in armoede leef, nie voedselsekerheid ervaar nie en hoe wanvoeding - ook in die tradisioneel meer welvarende provinsies - sedert die pandemie toegeneem het.
|
Inperking het alle basiese dienste aan kinders benadeel. Terwyl primêre gesondheidsdienste herstel het, is daar steeds agterstande met geboorte-registrasies en dus toegang tot toelaes.
|
Voorlopige beramings van die Mediese Navorsingsraad toon dat 30 van elke 1,000 babas wat lewend gebore is in 2022 nie tot en met hul eerste verjaarsdag geleef het nie, terwyl die sterftekoers vir kinders onder 5 van 29 sterftes per 1,000 lewende geboortes in 2020 gestyg het tot 40 uit 1,000 in 2022. Die vordering wat voor die pandemie met kindersterftes behaal is, het sedert die pandemie 'n kreeftegang gegaan. Hoewel die oorsake nie heeltemal uitgepluis is nie, dra armoede en wanvoeding wat ook toegeneem het beslis hiertoe by.
|
Vroeër was kinders in die landelike dele van die land meer blootgestel aan hongersnood en wanvoeding, maar nou kom hierdie verskynsel ook in die meer welvarende stedelike provinsies soos Gauteng en die Wes-Kaap voor.
|
Positiewe veranderinge is dat die Departement van Basiese Onderwys en die Nasionale Beplanningskommissie aktief data versamel wat strategiese response vergemaklik. Die Dept van Basiese Onderwys het in 2022 verantwoordelikheid vir vroeëkindontwikkeling (ECD) aanvaar. Toegang hiertoe is nou makliker vir die mees kwesbare kinders.
|
Klik hier om die opsommende media-vrystelling te lees. Klik hier om die hele verslag te lees.
|
Wanneer mens hierdie verslag lees, kom Jesus se gelykenis in Matteus 25 by jou op. Wat is die klein bietjie wat ons kan doen om diegene wat honger of alleen is by te staan? Die Oos-Kaapse Sinode het reeds verskeie opleidingsgeleenthede rondom gemeentes en vroeëkindontwikkeling aangebied. Sikunye is 'n organisasie met talle praktiese hulpbronne - besoek gerus hulle webblad.
|
|
|
|
|
Prof Janet Cherry aan kerkleiers
Hoe dien grond en geregtigheid ons land se ontwikkelingsbehoeftes?
|
|
|
|
Thomas Baines se skets uit die 1850's van Papenkuilsontein, 'n plaas neffens die destydse setlaarsdorpie, Port Elizabeth
|
Op watter kreatiewe wyses kan ons grond benut om die ontwikkelingsbehoeftes van die SA-samelewing te dien? Hoe kan ons 'n geskiedenis van vervreemding van grond met die armoede en ongelykheid wat dit meegebring het, oorkom? Dit was van die vrae waaroor prof Janet Cherry van die Nelson Mandela Universiteit se Departement van Ontwikkelingstudies kerkleiers onlangs in Nelson Mandelabaai help dink het.
|
Cherry het 'n lewenslange belangstelling in die geskiedenis van ekonomiese ontwikkeling van Nelson Mandelabaai.
|
Nee, sy dink nie Julius Malema se planne gaan werk nie. Individuele grondeienaarskap blyk egter elders in die wêreld ook nie die blink oplossing te wees nie. Daar is egter talle ander moontlikhede. Klik hier om na 'n video-opname van haar voordrag te luister. Haar Powerpoint kan hier afgelaai word.
|
|
|
|
|
Misdaad en geweld
Kerke en gemeenskapsorganisasies vra Ramaphosa om in te gryp
|
Die Nelson Mandelabaai Burgerlike Koalisie, waarby die NG Kerk, verskeie ander kerke, asook sake- en gemeenskapsorganisasies inskakel, versoek pres Cyril Ramaphosa in 'n skrywe vandeesweek om in te gryp by die verslegtende veiligheidsituasie in die Baai.
|
Tradisioneel een van die veilige Metro's beleef die Baai oor die afgelope tyd verslegtende veiligheid en sekuriteit vir inwoners.
|
Die koalisie versoek pres. Ramaphosa om 'n misdaadramptoestand in te stel en 'n spesiale Taakmag vir veiligheid en sekuriteit aan te wys. Meer polisiebeamptes, meer visuele polisiëring en verbeterde beskikbaarheid van toerusting is nodig. Die Metropolisie moet ook versterk word.
|
Daar word verder gevra vir die versterking van die SAPD se taktiese responsvermoë, die uitruil van polisiebeamptes met beamptes wat nie met die stad bekend is nie en die ontplooiing van die Weermag.
|
|
|
|
|
Kerklike Fees- en Vakansiedae 2025
|
|
Kerklike kommentaar op die Regering van Nasionale Eenheid (en waar dit knyp)
In 'n baie nugter, helder menigstuk, reflekteer adv Mike Poithier van die SA Katolieke Biskopperaad oor die Regering van Nasionale Eenheid (hy noem dit eerder 'n breë koalisie) en waar die knelpunte en foutlyne lê wat moeilikheid kan veroorsaak. Heelwat vertroue moet gebou word en onsekerheid is ons voorland. Tog is baie bereik:
|
|
|
For now we should welcome what has been achieved and recognize that it is another important step on the journey of transforming and rebuilding our society, a maturing of our democracy, and potentially the beginning of a lasting phase of governance for the common good. It deserves to be supported.
|
|
|
|
|
|
31 Julie tot 2 Augustus 2024
IN PAS Konferensie vir die Oos-Kaap
As jy saam kan droom oor 'n heel nuwe en verbeeldingryke manier van kerk-wees sal jy beslis hier wil wees. IN PAS handel oor ritmes en gewoontes vir roepingsgetroue gemeentes. Word deel van die reis waar ons saam luister en leer.
|
Kontak ds Carolien du Pisanie gerus vir meer inligting:by 067 409 5590
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO in Pastorale Berading
Emosioneel verwonde Pa's en hulle kinders
Dinsdag 20 Augustus 2024, 09:00 - 13:00 – Zoom aanbieding
|
Prof Wentzel Coetzer is die aanbieder van 'n reeks gewilde VBO's rondom pastorale berading.
|
Oral waar ons rondom ons kyk (en ook in onsself) sien ons ‘Pa-wonde’ en ‘Pa-honger’. Pyn vanuit die verlede met betrekking tot ons verhoudings tot ons pa’s is dikwels die oorsaak dat talle Christene worstel met ‘n verdraaide Godsbeeld en dit gevolglik baie moeilik vind om God die Vader intiem en naby te ervaar. Om ‘n gesonde beeld van Hom te kan ervaar, sal ons gevolglik eers ontslae moet raak van al die gebroke ‘vader-filters’ wat meeste van ons met ons saamgedra het die volwasse lewe in. Tydens die kursus sal gefokus word op ʼn proses om eerstens hierdie gebroke ‘vader-filters’ te identifiseer, en tweedens, hoe om daarvan vry te kom.
|
|
|
Vir jou dagboek
Global Leadership Summit Jeffreysbaai
|
|
|
|
Opleiding as Brugleraar
|
|
|
|
|
|
Opleiding van begeleiers van 'n bedieningsdiagnose in gemeentes
|
|
Om vir die Bedieningsdiagnose werkswinkel in te skryf, skandeer die QR-kode
|
Koste: R 600:00 wat die volgende insluit:
|
Werkboek: Bediening in en van Missionale Gemeentes. Gemeentediagnose (word by die werkswinkel beskikbaar gestel). Verversings (3 oggende) en 3 middagetes
|
|
|
|
|
Vir die dagboek:
Lentekonferensie in Pretoria van 17-19 September 2024
|
|
|
|
|
Vakature: NG Gemeente PE-Noord
Ons is nie so geïnteresseerd in wat jy as predikant kan doen en wat jy ons kan laat doen nie. Ons is meer geïnteresseerd in wie jy is en wat jy ons kan help om te word.
|
In PE-Noord neem bemagtigde lidmate onder leiding van 'n dinamiese kerkraad inisiatief om die Here, mekaar en die gemeenskap te dien. Ons heg groot waarde aan liefde en gebed. Die gemeente het projekte soos vrouebemagtiging, bejaardeversorging, uitreik na die gemeenskap se jeug, 'n sopkombuis, voedselhulp aan behoeftiges en leerders, asook 'n klerebank. Ons het ook 'n fonds wat leerders ondersteun.
|
Ons omgewing is vir sommige 'n blyplek, vir ander 'n werkplek, en vir nog ander 'n gebied waar verskeie openbare dienste gelewer word. Ons area het woonhuise, meenthuise, woonstelblokke, kleiner fabrieke, hospitale, klinieke en gemeenskapsdienste.
|
Ons omgewing het drie skole, winkelsentrums en verskeie kleuterskole met hoofpaaie wat ons area deurkruis. Ons is naby blouvlagstrande en die lughawe. Klik hier vir die posbeskrywing. Die keerdatum is 31 Julie 2024.
|
|
|
|
|
Vakature: Brugleraar NGK Albanie
Die NG gemeente Albanie op Grahamstad (deesdae Makhanda) het 'n vakature vir 'n brugleraar. Dit is 'n termynpos van 6 tot 9 maande. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 5 Augustus 2024. Hier is die advertensie.
|
|
|
|
|
Vakature: Bestuurder Kerkargief, Stellenbosch
Die Kerkargief of Stellenbosch adverteer tans vir die pos van 'n bestuurder by die aftrede van dr Andrew Kok later vanjaar. Klik hier om die advertensie te lees. Navrae: Marius Breytenbach (Sinodale Taakspan Argief), marius@stellenberg.co.za, 082 376 6053.
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|