Jaargang 22 - Nommer 32 - 1 November 2024
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • Red ons skat van kerkgeboue op die platteland
  • Oor demensie en bediening aan renosterstropers
  • Belangrike kommunikasie uit die Algemene Sinodale Moderamen
  • Dominee, só sien jy jou VBO-punte
  • Leraars beskikbaar vir aflospreekbeurte
  • Leraars beweeg

Instandhouding word groeiende uitdaging

"Plattelanders moet self historiese kerkgeboue red"

Die NG Kerk Burgersdorp wat onlangs in 'n brand beskadig en teen groot koste deur die gemeente herstel is (Foto: Facebook, JO Greyling)

"Plattelandse dorpe se inwonertal krimp, terwyl vandalisme ingryping noodsaaklik maak om eeueoue kerkgeboue op van dié dorpe vir die nageslag te bewaar.

"Philippe Menache, ’n skrywer oor kerkgeboue was vroeër in Oktober op Clarens ’n spreker was op die 23ste jaarlikse simposium van die Suid-Afrikaanse Erfenisvereniging, sê dit is “hartverskeurend” om die swak toestand van soveel kerkgeboue in die land te sien.

“'In die sewentigerjare kon mense nog by kerke op die platteland stilhou om die mooi van die argitektuur te bewonder. Ongelukkig is soveel van hierdie eens besonderse strukture nou gedeeltelik of totaal vervalle.'

Menache wys uit dat infrastruktuur gewoonlik mooi versorg en in stand gehou word as dit ook vir ander doeleindes gebruik word. Hy verwys na die ou kerk op Clanwilliam wat in blommetyd vir uitstallings gebruik word, of kerkgeboue wat as gemeenskapsentrum gebruik word.

Lees gerus hoe OFM hieroor verslag doen. Dit is belangrik vir byna elke plattelandse kerkraad om oor geboue en instandhouding gesprek te voer.

Van die mooiste en kosbaarste kerkargitektuur kom in die Oos-Kaap voor.

Eerste sinode in 1824

Herdenk 200 jaar van Gereformeerde kerk-wees in verband

Hierdie Sondag vier ons die 200 jarige herdenking van die eerste sinode vergadering wat op 2 November 1824 gehou is. Vir Gereformeerde kerke beteken dit dat ons kerkverband en dus onafhanklike kerk-wees nou 200 jaar oud is.

Dit is ‘n ideale geleentheid om te gesels oor die groter kerkverband (kerkfamilie) waarvan julle gemeente ook deel is.

DinkJeug het 'n wonderlike eredienswenk en liturgie ontwikkel. Klik hier om dit te lees.

SA Raad van Kerk het nuwe sekretaris-generaal

Mzwandile Molo: Samewerking tussen kerke is ’n geskenk

Samewerking tussen verskillende kerke is ’n geskenk vir die Suid-Afrikaanse nasie, het eerw Mzwandile Molo, algemene sekretaris van die SA Raad van Kerke (SARK), op 30 Oktober aan die Algemene Sinodale Moderamen gesê.

Molo het met instemming (In Engels) aangehaal uit die dokument "Stad en Kerk" wat deur die NG Kerk vir die Volkskongres in 1947 voorberei is. Dit verskaf 'n agenda wat byna 70 jaar later net so geldig is:

The aim of the church is to bring about social justice. Justice must be done to the poor and oppressed, and if the present system does not serve this purpose , the public conscience must roused to demand another. If the church does not exert herself for justice in society, and together with the help she can offer….serve as champions of the cause of the poor… the poor have a right to ..live a life of human dignity.

Hy het ook beklemtoon dat die kerk primêr in gemeentes lewe. Maatskaplike ontwikkeling en geregtigheid kan nooit losgemaak word van die lewe van gemeentes en gemeentes wat oor grense saamwerk.

Klik hier vir eerw. Molo se Powerpoint-aanbieding. Lees ook hoe Kerkbode hieroor berig.

Wenke om iemand met demensie te ondersteun

Demensie is ’n term wat verskeie siektes soos Alzheimer’s en Parkinson’s insluit, en beïnvloed ’n persoon se geheue, taal en probleemoplossingsvermoë negatief. Dit maak dit moeilik vir die persoon wat met demensie leef, sowel as vir hul geliefdes.

Wat is die vroeë tekens van demensie? Watter uitdagings beleef mense met hierdie uitdaging? Hoe kommunikeer mens met iemand wat aan demensie ly? Watter positiewe aktiwiteite is daar wat hierdie persone kan beoefen?

Christelle Klopper, koördineerder van Bejaarde- en Gestremdheidsorgdienste by Badisa, deel praktiese wenke.

Die kerk maak planne

Werk onder die stropers van renosters

In die Suid-Afrikaanse konteks is lewensomstandighede dikwels so desperaat dat die tyd vir praat alleen verby is. Dit is nou ‘n tyd waarin ons sien dat mense hulle geloof omsit in planne, wat aksies word wat gemeenskappe ‘n beter plek kan maak. Ds. Schalk van Heerden en Doc Mabila van Betereinders vertel in hierdie bydrae (in 'n reeks programme op RSG) oor sosiale innoveerders van hulle werk onder die renosterstropers in die Krugerwildtuin. Klik hier om daarna te luister.

Bevorder misterie en verwondering in 'n sekulêre, materialistiese wêreld

Living in Wonder: Finding Mystery and Meaning in a Secular Age is 'n nuwe publikasie uit die pen van Rod Dreher. Die vraag is hoe ons kan lewe op 'n manier wat geloof kan bevorder in 'n geharde, materialistiese wêreld waar slegs die dinge wat gesien en rasioneel ondersoek kan word as al wat bestaan gereken word.

In 'n resensie skryf Christianity Today:

Dreher argues that the contemporary West is disenchanted. This term can mean many things, but Dreher defines it as “the evaporation of a sense of the supernatural within the world, and its replacement with a belief, sometimes unacknowledged, that this world is all there is.” A disenchanted society is materialistic, rationalistic, individualistic, and hedonistic. It is unspooky. It is not open to the transcendent, the divine, the mysterious, the inexplicable. It is closed off by design.

How to stop it? Dreher’s answer is re-enchantment:

Christian re-enchantment is not about imposing fanciful nostalgia onto the world, like coating a plain yellow cake with pastel fondant frosting. Instead, it is about learning how to perceive what already exists and reestablishing participatory contact with the really real. God has already enchanted the world; it is up to us to clear away the scales from our eyes, recognize what is there, and establish a relationship with it.

Here and throughout the book, Dreher draws on theologian Hans Boersma and others to articulate a “sacramental ontology.” As psychologist and blogger Richard Beck puts it in his 2021 book Hunting Magic Eels: Recovering an Enchanted Faith in a Skeptical Age, “‘Sacramental ontology’ is about how everything around us, everything that exists, points us toward God. All the world is a sign.”

This can be acted upon in one of two ways. The first is to deploy it as a lens to observe everyday life. God is no longer distant but can be found anywhere and everywhere, whether at Walmart or the auto shop, the voting booth or a neighbor’s backyard. Re-enchantment becomes a devotional or epistemic program for the individual believer, a matter of curating one’s routines to be mindful of the omnipresent Lord. Beck’s approach leans this way.

The second is to bite the bullet and proclaim, fingers uncrossed, that God works signs and wonders in the world today, just as he did in the times and stories of Holy Scripture. In this view, angels intervene in mortal affairs; demons assault and possess unsuspecting sinners; terminal illnesses are healed by divine miracle; young men see visions; and old men dream dreams (Acts 2:17). None of these things ever ceased. Christians in the West merely lost the desire or ability to see them.

Lees gerus die publikasie wat die weg tot geloof wil open in 'n geharde materialistiese wêreld. Jy hoef nie met alles saam te stem nie. Dit is egter 'n stimulerende boek wat nuwe moontlikhede vir bediening wil open.

Proses goedgekeur vir gemeentes wat van sinode wil verander

Die Algemene Sinode het Artikel 32 van die kerkorde in Oktober 2023 gewysig. Die artikel maak ruimte dat ‘n gemeente wat geografies in ‘n bepaalde sinode gegroepeer
is, aansoek kan doen om by ‘n ander sinode in te skakel en volledig deel van daardie
sinode te word. Die inwerkingstelling is opgeskort totdat die Algemene Taakspan Regte 'n prosedure vir die hergroepering ontwikkel het en dit deur die Algemene Sinodale Moderamen goedgekeur is.

Hierdie proses is nou afgehandel en die kantoor van die Algemene Sinode het die finale riglyne uitgereik. Klik hier vir die prosedure.

Status quo geld tot 2027

Belydenisaflegging en belydende lidmaatskap bly eers geld

Ons ontvang baie navrae oor die hantering van belydenisaflegging en belydende lidmaatskap van gemeentes, en die voltooiing van gemeentelike lidmaatregisters. Die navrae volg op besluite oor roetemerkers van die Algemene Sinode.

Neem kennis dat die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) besluit het die status quo bly geld tot die volgende Algemene Sinode van 2027. Spesifiek die volgende reëling (Kerkorde 2019) steeds van toepassing is:

24.10 Omdat die ontwikkeling na belydende lidmaatskap gepaard gaan met die gereedheid om meerdere verantwoordelikheid tot diens leiding in die gemeente te aanvaar, besluit die Algemene Sinode dat slegs belydende lidmate tot die ampte (diens, leierskap) gekies word.

Die ASM is positief oor die roetemerkers, maar besluite hieroor het onduidelikheid geskep wanneer lidmate as kerkraadslede verkies kan word, en wanneer lidmate deur approbasie deelneem aan handelinge in die gemeente, en wanneer hulle aanspreeklikheid aanvaar vir besluite in die gemeente. In ons kerkreg is die gemeente die regspersoon, wat deur die kerkraad as bestuursorgaan handel. Bepaalde besluite van die kerkraad moet deur die gemeente goedgekeur word (approbasie, bv wanneer nuwe kerkraadslede of die beroep van 'n leraar afgekondig word). Daarom is dit noodsaaklik om seker te wees wie almal handelbevoegde lede van die regspersoon (die gemeente) is.

Registerhouers volg dus steeds Reglement 10 in Kerkorde Oos-Kaapland 2024.

Lees die volledige skrywe aan leraars en kerkkantore hier.

Dominee, só kan jy sien hoeveel VBO-punte jy het

Die NG Kerk maak van 'n gesentraliseerde databasis gebruik om predikante en diensleraars se VBO-punte te registreer. Om te sien hoeveel VBO-punte jy het, klik op hierdie skakel. 'n Blad verskyn waar jy die e-pos insleutel waarmee jy by die Algemene Bedieningsregister geregistreer is. Voila, 'n skakel word na jou e-pos gestuur. Klik daarop en jy sien al die VBO-kursusse wat jy voltooi het.

Predikante en kerkkantore het hierdie inligting nodig om op jul gemeente se Vorm A vir ringe aan te bring.

Nuwe bestuurder vir kerkargief aangestel

Dr Andrew Kok, bestuurder van die kerkargief op Stellenbosch tree aan die einde van November 2024 af. Ons is dankbaar vir die besondere rol wat Andrew die afgelope jare in die Argief gespeel het. Te midde van die voortdurende ontsluiting van argivalia het hy ’n besondere bydra gelewer ten opsigte van navorsing en publikasies. Ons wens Andrew ’n geseënde aftrede.

Terselfdertyd verwelkom ons ook sy opvolger, mnr Diederick Basson, wat amptelik die pos van Bestuurder: Argief aanvaar het en op 1 Februarie 2025 by die argief aansluit. Diederick beplan om vroeg in 2025 persoonlik by al die sinodale vennote uit te kom om met julle kennis te maak. Indien julle tydens Desember of Januarie enige navrae het kan julle dit aan Colllette de Wet (collette@kaapkerk.co.za) of dr. Lizelle Smit (lizelle@kaapkerk.co.za) rig. Julle kan hulle skakel by 021-8829923.

Lorraine Familiekerk

Wat doen jy vanmiddag om 17:00?

Aanlyn Jagpakketveiling van NG Gemeente Somerset-Oos

Registreer vir Somerset-Oos se Jagpakket veiling deur hier te klik. Die veiling begin om 12:00 op 1 November en eindig 2 November 2024 om 13:00.

Aflewering op 27 November in die Baai

Bestel lamsvleis van Somerset-Oos

Nuwe publikasie by die CLF

In Die Verlore Skapie ontmoet ons vir Leon, die lammertjie wat nuut is in Blêrfontein. Daar maak hy ‘n nuwe vriend, Tjoppie, maar ontmoet ook die nare Jan Jakkals en sy held, Armach Breytenblaf, wat hom red. Leon leer bid, sing, hoe om die Bybel te lees, en om vir ander om te gee. Hy gaan kerk toe, woon Sondagskool by en help selfs pannekoek bak by die kerk se basaar. Deur hierdie avonture leer Leon ook van die Herder, die Een wat hom liefhet.

Hierdie boek het pragtige illustrasies en ‘n boeiende storielyn wat kinders én volwassenes sal geniet. Die Verlore Skapie is ook beskikbaar op Spotify, saam met die liedjie “Ek behoort aan Jesus” wat spesiaal vir hierdie verhaal geskryf is. Die Verlore Skapie is ideaal vir kinderkerk, Sondagskool, kinderdienste, of vir ouers wat saans vir hul kinders wil lees.

Beskikbaar by alle CLF Boekwinkels (Durbanville, Bloemfontein, Kimberley & Newton Park, of koop dit aanlyn, alternatiewelik stuur ’n epos na order@clf.co.za

Aanlyn VBO 12 November

Angs as die nuwe depressie - pastorale riglyne

Angs is al beskryf as die ‘amptelike emosie van ons eeu’. Waar depressie eers bo-aan die lys was in terme van geestesgesondheid versteurings, het angs dit nou vervang en word dit selfs beskryf as epidemies.

Prof Wentzel Coetzer bied op 12 November 2024 'n aanlyn VBO-kursus met pastorale riglyne vir die hantering van angs aan.Heling en langtermyn oplossings is slegs moontlik deur middel van ʼn multidissiplinêre benadering waarvan die Pastoraat ʼn onontbeerlike komponent is – veral omdat angs so dikwels ook lei tot ʼn geloofskrisis.

Die oogmerk met die voorgestelde pastorale benadering in hierdie kursus is dat afgesien van moontlike psigologiese en mediese insette, angs en vrees uiteindelik vervang sal word met die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, soos beskryf deur Paulus in Filippense 4:7.

Klik hier om aanlyn in te skryf.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Burgersdorp en omgewing
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480

Gqeberha (Port Elizabeth)

Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing

Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
Muller, ds Christoph - 082 308 5795

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za

Leraars beweeg

Ds Mardi Badenhorst van Carnarvon word op 19 Januarie 2025 te Humansdorp-Oos bevestig. Sy het die berope na die gemeente aanvaar.

Dr Stephan Naudé het op Sondag 27 Oktober demissie by die NGK Newtonpark ontvang.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter