Jaargang 22 - Nommer 33 - 8 November 2024
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • Somerstrand Gemeente nooi studente wat in die Baai kom studeer
  • Wat is roetemerkers op ons geloofspad en hoe kan gemeentes dit vier?
  • Hoe dra ons geloof na ons kinders oor?
  • Leraars beskikbaar vir aflospreekbeurte
  • Leraars beweeg

Hervormingsdagverklaring, Moderamen Algemene Sinode

Die lewende Christus bedien ons, roep ons en stuur ons

Die Moderamen van die Algemene Sinode van die NG Kerke in Suider-Afrika het onlangs in Benoni vergader.

Hier is 'n kort opsomming van die verklaring:

Die Moderamen het besin oor die huidige tyd en omstandighede waarin ons as gelowiges leef - 30 jaar na die oorgang na demokrasie in Suid-Afrika, en 200 jaar na die eerste Algemene Kerkvergadering in 1824.
In hierdie tyd van droogte, vloed, oorvloed en gebrek, getuig die Sinode:
  1. Dat Jesus Christus die genade, goedheid en liefde van God aan alle mense kom wys het, soos die Bybel dit vertel.
  2. Dat die Bybel vir ons God se geïnspireerde Woord is, met gesag en wysheid.
  3. Dat die hart van die Skrif die lewende Christus is, wat ons vertel van God se koninkryk.
  4. Dat ons as NG Kerke 'n roeping het om hierdie koninkryk deur ons verkondiging en dade te laat sigbaar word.
  5. Dat ons moet soek na versoening en eenheid - in ons eie kerke, met ander gereformeerde kerke, en in die breër ekumeniese familie.
  6. Dat ons teen maatskaplike kwaad moet getuig, en 'n verskil wil maak wat hoop vir almal bied.
  7. Dat ons ook ons stem moet voeg by dié wat pleit vir vrede en geregtigheid in oorloë en konflikte elders.
Hierdie getuienis roep ons as NG Kerke op tot selfondersoek, verootmoediging en dankbaarheid dat ons aan Christus behoort.

Lees die volle verklaring.

Somerstrand-gemeente het ope arms

Wie ken jy wat volgende jaar in Gqeberha kom studeer?

Somerstrand-gemeente lê in die hart van die Baai se studentegemeenskap. Die gemeente se deure (en arms) is oop om jongmense te ontvang en geestelik te ondersteun. Boonop het van die lidmate ook studentebehuising beskikbaar. Besonderhede hieronder:

Nuwe fokus in bediening

Kan iemand verduidelik wat op aarde is "roetemerkers"?

Soos roetemerkers op enige reis mens help om die reis te geniet en by jou bestemming te kom, so begelei geestelike roetemerkers gelowiges op die lewensreis, veral by die groot en soms veeleisende oorgange wat ons in die lewe maak.

Dink aan geboorte en doop, skool toe gaan, hoërskool toe gaan, puberteit, aflê van belydenis van geloof, inskakel by tersiëre opleiding, begin werk, bevordering, huwelik en gesin, senior status en - ja - ook sterwe.

Net soos fisiese roetemerkers padgebruikers help, moet ons geloofsroetemerkers ons deur ons Christelike lewenspad navigeer. Roetemerkers help met ons geestelike vorming en bring ons lewe en die lewende God bewustelik bymekaar. Deur hierdie roetemerkers te navigeer, kan ons ons volle potensiaal as kinders van God bereik.

Klik op die videoskakel hierbo om na 'n kort video te kyk.

Hier is twee Powerpoints wat mens help om die begrip en die bruikbare betekenis daarvan te verstaan:

‘Enkosi! Toe raak Xhosa-taallesse ’n hoogtepunt,’ vertel Baaise leraar

Eers was daar ’n eerste gratis Xhosa-taalklas, toe ’n Whatsapp-groep en nou het die NG Gemeente Kraggakamma van Gqeberha ’n omgeegroep wat stories kan vertel oor nuwe verhoudings wat oor taalgrense gebou word. Dit was so maklik, hy hoop ander gemeentes wil dit ook probeer, skryf ds Toit Wessels. Hy vertel:

As student was ek eendag by ’n praatjie van ’n bekende politieke leier. Een van die studente vra hom toe hoe kan ’n mens as Suid-Afrikaner verseker dat jy gesonde verhoudings met jou medemens het. Dadelik kom die antwoord: “Dit is eenvoudig, leer ’n taal wat jy nie verstaan nie en praat met mense in daardie taal.”

Lees verder.

Patmos bied aan: Die kleure van Kersfees, 30 September

Webinaar: Oordrag van geloof na ons kinders

"Petra het ons geleer geloof steek nes waterpokkies aan", sê 'n Baaise leraar

"Die Petra Instituut se visie en praktiese vaardighede om geloofsoordrag na ons kinders waar oupas en oumas, ouers en kinders teenwoordig is, het my lewe verander." So vertel nog 'n predikant van Port Elizabeth.

Hier is 'n gratis webinaar waar belangstellendes kan leer hoe geloof aansteek:

JOIN US FOR A FREE WEBINAR ON 13 NOV 2024 INTERGENERATIONAL FAITH TRANSFERENCE

Churches thrive where generations grow together! Join our online conference to learn what the Word says about Intergenerational Faith Transference and its impact on the next generation.

This workshop is aimed at pastors and leaders responsible for children and youth ministry in congregations, parents, and everyone with a heart for generations, young and old.

When: 13 November 2024
Time slot 1: 10:00 to 11:00
Time slot 2: 19:00 to 20:00
The second time slot is a repeat of the first. Register for either slot.
Format: Zoom WebinarCost: FREE (please register by 12 Nov).

Klik hier vir belangrike bykomende inligting, en ook om vir die webinaar te registreer. Slegs geregistreerde persone sal kan inskakel.

Opleiding: Bring Hoop vir Kinders

HOOP VIR KINDERS is evangelisasie-opleiding vir volwassenes om die Evangelie op ’n kindervriendelike manier aan kinders oor te dra, sodat hulle die Goeie Nuus van Jesus Christus kan hoor. Die oordrag en aanhoor van die Evangelie aan die kinders het ’n dubbele doel.
(1) Kinders hoor die Goeie Nuus en kan Jesus Christus aanneem as hulle Verlosser en Here
(2) Kinders kan na die aanhoor van die Goeie Nuus dit gaan deel met hulle vriende en familie

Waar word Hoop vir Kinders gebruik?
Hoop vir kinders kan toegepas word by enige plek waar daar kinders is.
(a) Kategese Graad 1 – 6
(b) Skole Graad 4 – 5
(c) Ouerhuis

Vir Wie is Hoop vir Kinders opleiding?
Vir enige persoon wat ’n belang het om die Goeie Nuus van Jesus Christus te deel aan kinders sodat hulle ook Jesus Christus kan leer ken en dit aan hulle vriende kan verkondig. Daar is nie ’n ouderdom beperking nie, as jy Hoërskool/Universiteit/Volwasse/Pensioenaris is, kan jy die opleiding bywoon en dit aanbied in jou plaaslike gemeente of die skool naaste aan

Lees die brosjure wat die opleiding uiteensit.

Hier is 'n video wat die opleiding kortliks toelig:

Vakature: Koster, PE-Nooitgedacht

PE-Nooitgedacht-gemeente in Kabegapark, PE, het 'n vakature vir 'n koster. Die koster is verantwoordelik vir steundienste om te verseker dat die kerkgeboue, terrein en toerusting altyd bruikbaar, werkend en aantreklik is, asook vir steundienste tydens eredienste, aktiwiteite en funksies.

Lees die volledige advertensie.

Vakature: Finansiële beampte, PE-Hoogland

NG Kerk PE-Hoogland is ʼn geloofsfamilie waar geloof deur liefde tot dade oorgaan.

KANDIDAAT SE PROFIEL:
Indien jy aanklank vind by die profiel hieronder en jou aansoek deel is van jou roeping in God se koninkryk, sien ons uit om dit te ontvang.

POSBESKRYWING:
Die pos van finansiële beampte veronderstel dat die kerkkantoor ʼn unieke werksomgewing is. Die posbekleder word deel van die personeelspan wat toesien dat alle verantwoordelikhede, wat billik en redelik is, uitgevoer word. Hierdie pos is bedoel vir iemand wat begeer om diensbaar aan die Here en Sy koninkryk te wees, met die hooffokus op die finansiële verantwoordelikheid in die gemeente.

Lees die volledige advertensie.

Aanlyn VBO 12 November

Angs as die nuwe depressie - pastorale riglyne

Angs is al beskryf as die ‘amptelike emosie van ons eeu’. Waar depressie eers bo-aan die lys was in terme van geestesgesondheid versteurings, het angs dit nou vervang en word dit selfs beskryf as epidemies.

Prof Wentzel Coetzer bied op 12 November 2024 'n aanlyn VBO-kursus met pastorale riglyne vir die hantering van angs aan.Heling en langtermyn oplossings is slegs moontlik deur middel van ʼn multidissiplinêre benadering waarvan die Pastoraat ʼn onontbeerlike komponent is – veral omdat angs so dikwels ook lei tot ʼn geloofskrisis.

Die oogmerk met die voorgestelde pastorale benadering in hierdie kursus is dat afgesien van moontlike psigologiese en mediese insette, angs en vrees uiteindelik vervang sal word met die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, soos beskryf deur Paulus in Filippense 4:7.

Klik hier om aanlyn in te skryf.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Burgersdorp en omgewing
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480

Gqeberha (Port Elizabeth)

Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing

Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
Muller, ds Christoph - 082 308 5795

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za

Leraars beweeg

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter