|
|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 34 - 15 November 2024
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Dr Dewald Davel nuwe voorsitter van die Sinodale Kommissie
- Deel jou kinders se herinneringe veilig op sosiale media
- SACC oor Mosambiek
- Leraars beskikbaar vir aflospreekbeurte
- Leraars beweeg
|
|
Nuwe ampsdraers vir Sinodale Kommissie verkies
Tydens die vergadering van die Sinodale Kommissie op 14 November is dr Dewald Davel as voorsitter verkies. Hy het voorheen as onder-voorsitter gedien.
|
|
|
|
Dr Dewald Davel is 'n deurwinterde en ervare predikant en kerkleier. Hy is sedert 2006 leraar van die kombinasie Molteno en Sterkstroom. Sy doktorale proefskrif het oor vernuwende kerkreg gehandel.
|
Hy volg dr Chris van Wyk op wat op 10 Oktober as lid van die Sinodale Kommissie bedank het.
|
Die nuwe onder-voorsitter van die Sinodale Kommissie is ds MG van Rooyen, predikant van Kraggakamma-gemeente in Gqeberha.
|
Die vergadering het ook met leedwese kennis geneem van ds Veneto Keyter wat weens verswakte gesondheid uit die bediening en gevolglik ook die Sinodale Kommissie tree.
|
|
|
Dr Dewald Davel, nuwe voorsitter van die Sinodale Kommissie
|
|
|
|
Verandering is in die lug. Weens ds Keyter se uittrede, en ds Conrad Thomas wat na 'n ander Oos-Kaaplandse gemeente (buite sy bestaande ring) beroep is, met 'n derde dagbestuurslid wat nou onder-voorsitter is, moes drie vakatures op die dagbestuur aangevul word.
|
Ds Jurie Pretorius (Gonubie), ds Nardus Greyling (Jeffreysbaai) en ds Wikus Venter (Dias, op Port Alfred) is as dagbestuurslede verkies.
|
Baie geluk en sterkte aan die nuwe span!
|
|
|
|
|
Al gehoor van "sharenting"?
Deel jou kinders se herinneringe op 'n veilige manier
|
|
Sharenting hou risiko’s in wat die privaatheid en veiligheid van ons kinders aanlyn kan bedreig. Leer hoe om met omsigtigheid te deel, privaatheidsinstellings aan te pas en jou kinders se digitale identiteit te beskerm. Lees verder.
|
(Met dank aan Vrydagnuus)
|
|
|
|
|
'n Rype 175 jaar
Elke tree 'n storie - Kerkbode bereik 'n mylpaal
|
|
Wat lesers in die NG Kerk van vandag as Kerkbode ken, is 175 jaar gelede gestig deur ’n energieke man wat op Stellenbosch gebore is in ’n tydperk toe daardie dorp nog net 13 strate gehad het.
Dit was uiteraard ’n ander wêreld met ’n geheel ander kennislandskap – vars nuus was skaars én kosbaar. Maar Abraham Faure, die kerkjoernalistieke pionier, wou nie net ’n stuk neutrale nuustegnologie in die kerk se midde neerlê nie. Hy wou walgooi teen die liberalisme en sy termyn lei die eerste van ses “fases” in waarna daar soms verwys word wanneer daar bo-langs oor die geskiedenis van Kerkbode gepraat word.
|
In die hele kerkverband was daar met die stigting van die kerkblad maar sowat 40 gemeentes (dit was 11 jaar ná die Slag van Bloedrivier) en as oudste publikasie van sy soort in Suid-Afrika, was so ’n publikasie ’n uiters waardevolle bron van inligting. Hy berig oor twee Vryheidsoorloë, die Jameson-inval, die Runderpes, die maanlanding, die eerste demokratiese verkiesing en dan die meer onlangse geskiedenis waar die NG Kerk se eie posisie begin verander namate hy veral politieke mag verloor.
|
Klik hier om na 'n unieke dokumentêr oor Kerkbode se geskiedenis te kyk.
|
|
|
|
|
Sendelinge en Genadendal, 'n fontein waaruit Afrikaans ontspring
|
|
Die verhaal van Genadendal, naby Greyton, begin in 1737 toe die Morawiese sendeling Georg Schmidt uit Duitsland in die vallei aangekom waar groepies verarmde Khoekhoen in matjiehuisies gebly het. Die jaar daarna het hy en ’n klompie volgelinge na Baviaanskloof, soos Genadendal eers genoem is, getrek en hulle het begin groentetuine aanlê, koring geplant, ’n dorsvloer gevestig en veekrale gebou. Schmidt het die mense geleer lees en skryf en gou begin om die eerste “bekeerlinge” te doop, insluitend die hoofman, Africo.
|
Ten spyte van ernstige terugslae groei die gemeenskap om teen die vroeë 1800's die grootste gemeenskap naas Kaapstad te vorm. Naas godsdiens was onderwys die belangrikste aktiwiteit. In 1837 word 'n drukpers uit Duitsland ingevoer en die eerste lesmateriaal vir kinders gedruk. In 1859 is ’n maandelikse koerant, die heel eerste koerant in Afrikaans (oftewel “Genadendal Dutch” of “Khoi-Afrikaans”), De Bode, gepubliseer, 17 jaar vóór Die Afrikaanse Patriot van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in 1876.
|
Dit beteken dat Genadendal, nes die Bo-Kaap en die Paarl, een van die fonteine vorm waaruit die ryk variasies spruit van die taal wat ons vandag as Afrikaans ken.
|
|
|
|
|
SA Raad van Kerke
Dringende intervensie in Mosambiek gevra
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het tydens sy Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) vergadering op 8 November met diepe kommer kennis geneem van die huidige politieke krisis in Mosambiek na afloop van die nasionale verkiesings. Die uitslae daarvan word deur sommige partye wat aan die verkiesings deelgeneem het, betwis. Dit het daartoe gelei dat sommiges, veral die jeug, die uitslae verwerp. Die strate van groot sentrums in Mosambiek het in protesterreine verander, waar traangas en lewendige ammunisie gebruik word om die skares uitmekaar te jaag in 'n poging om wat beskou mag word as verset, stil te maak.
|
Bogenoemde situasie, veral in groot sentrums van Mosambiek, het gelei tot die vernietiging van eiendom, die verlies van lewensbestaan, en die ongelukkige verlies van lewens, waar ten minste 30 mense na bewering in die botsings gesterf het. Die tydelike sluiting van handelskorridors sal waarskynlik die greep van ekonomiese kwesbaarheid op die burgers van Mosambiek versterk, waar ongeveer 1.5 miljoen mense volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie reeds voor die aanvang van die verkiesings dringende humanitêre hulp benodig het. Voedselsekuriteit is reeds 'n nasionale bekommernis, en die huidige konflik sal die situasie net vererger.
|
Hierdie situasie vra 'n intervensie van Christene, sê die SA Raad van Kerke.
|
|
|
|
|
Dien jou gemeente
Opleiding as Bedienaar by Hugenote kollege
|
|
|
|
|
|
Somerstrand-gemeente het ope arms
Wie ken jy wat volgende jaar in Gqeberha kom studeer?
Somerstrand-gemeente lê in die hart van die Baai se studentegemeenskap. Die gemeente se deure (en arms) is oop om jongmense te ontvang en geestelik te ondersteun. Boonop het van die lidmate ook studentebehuising beskikbaar. Besonderhede hieronder:
|
|
|
|
|
|
PE-Heideveld hou Feesmark, 29-30 November
|
|
Die gemeente is in Gqeberha geleë.
|
|
|
|
|
Patmos bied aan: Die kleure van Kersfees, 30 November
|
|
|
|
|
|
Opleiding: Bring Hoop vir Kinders
HOOP VIR KINDERS is evangelisasie-opleiding vir volwassenes om die Evangelie op ’n kindervriendelike manier aan kinders oor te dra, sodat hulle die Goeie Nuus van Jesus Christus kan hoor. Die oordrag en aanhoor van die Evangelie aan die kinders het ’n dubbele doel. (1) Kinders hoor die Goeie Nuus en kan Jesus Christus aanneem as hulle Verlosser en Here (2) Kinders kan na die aanhoor van die Goeie Nuus dit gaan deel met hulle vriende en familie
|
Waar word Hoop vir Kinders gebruik?
|
Hoop vir kinders kan toegepas word by enige plek waar daar kinders is. (a) Kategese Graad 1 – 6 (b) Skole Graad 4 – 5 (c) Ouerhuis
|
Vir Wie is Hoop vir Kinders opleiding?
|
Vir enige persoon wat ’n belang het om die Goeie Nuus van Jesus Christus te deel aan kinders sodat hulle ook Jesus Christus kan leer ken en dit aan hulle vriende kan verkondig. Daar is nie ’n ouderdom beperking nie, as jy Hoërskool/Universiteit/Volwasse/Pensioenaris is, kan jy die opleiding bywoon en dit aanbied in jou plaaslike gemeente of die skool naaste aan
|
Hier is 'n video wat die opleiding kortliks toelig:
|
|
|
|
|
|
Vakature: Koster, PE-Nooitgedacht
PE-Nooitgedacht-gemeente in Kabegapark, PE, het 'n vakature vir 'n koster. Die koster is verantwoordelik vir steundienste om te verseker dat die kerkgeboue, terrein en toerusting altyd bruikbaar, werkend en aantreklik is, asook vir steundienste tydens eredienste, aktiwiteite en funksies. Die sluitingsdatum is 13 Januarie 2025.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Muller, ds Christoph - 082 308 5795
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Conrad Thomas van Elliot is beroep na die NG Gemeente Humansdorp.
|
Ds Christoph Muller is as brugleraar na Albanie-gemeente op Makhanda (Grahamstad) beroep.
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|
|