Grens.Pos
Jaargang 19 - Nommer 35 - 19 Desember 2021 - Advent
Beste leser,

In hierdie uitgawe, die laaste vir 2021:

  • Kom lag 'n slag, Afrikaners is mos plesierig - met Danie Matthee
  • Eensaamheid het 'n pandemie geword - wat staan Christene te doen?
  • Verskeie bronne met digitale materiaal vir kinder- en jeugbediening is beskikbaar
  • Meer oor nuwe publikasies, 'n elektriese rystoel en vakatures in gemeentes
  • Leraars beweeg

Geseënde Kersfees

kersfees5

Nuwe publikasie gee wenke

Hulp vir die epidemie van eensaamheid

lonely
In 'n nuwe publikasie van gedragswetenskaplike Susan Mettes verken sy die ontstaan van die eensaamheid-epidemie in die Westerse kultuur.

Die boek is getiteld: The Loneliness Epidemic: Why So Many of Us Feel Alone—And How Leaders Can Respond. Van die flapteks:

Mettes illustrates the profound physical, emotional, and social toll of loneliness in the United States. Surprisingly, her research shows that it is not the oldest Americans but the youngest adults who are loneliest and that social media can actually play a positive role in alleviating loneliness. Mettes highlights the role that belonging, friendship, closeness, and expectations play in preventing it. She also offers meaningful ways the church can minister to lonely people, going far beyond simplistic solutions--like helping them meet new people--to addressing their inner lives and the God who understands them.

Kinderbediening-materiaal vir 2022 nou beskikbaar

kix
KIX Kinderbediening se materiaal vir die eerste kwartaal van 2022 is nou in Afrikaans en Engels op hul webtuiste beskikbaar. Die storie van Jesus sluit in: die voorspellings oor Jesus se koms; sy geboorte; Jesus in die tempel; die dissipels se roeping; Jesus se eerste wonderwerk en Jesus se intog in Jerusalem.
Hierdie materiaal kan gratis afgelaai word en is geskik vir laerskoolkinders.

Apps bring digitale vernuwing na 'boekevat' en kategese

apps
Kerkbode berig: Tradisionele 'boekevat' en kategeseklas, soos dit altyd gedoen is, werk lankal nie meer vir die meeste huishoudings of gemeentes nie. Die goeie nuus is, danksy ’n paar innoverende leraars en hul spanne, het digitale hulpmiddels in die vorm van interaktiewe platforms asook toeps (apps in Engels) vanjaar die lig gesien wat dit vir gesinne én kategete makliker maak om oor die Bybel en geloofsake met kinders en jongmense te praat. Lees verder.

Nuwe verhoogproduksie van Danie Matthee:

Lag 'n slag, Afrikaners is mos plesierig!

afrikaners2
afrikanersplesierig
Die verhoogproduksie beloof vrolike musiek, ‘n romantiese storie met ‘n verskil en akteurs met hope komedie ervaring. Die regie word behartig deur Danie Matthee wat ook een van die hoofrolle speel.
Saam met hom op die verhoog is Anke Staphorst Jordaan, Twakkies du Toit, Tiaan Spies en Nizaan Henning met Lilian Zeelie wat vir die musiek sorg.

Sitplek is kabaret styl en gehore is welkom om ‘n mandjie eet en drinkgoed saam te bring. ‘n Koffieshop is op die perseel en gaste kan ‘n verskeidenheid koffies, tee en ligte verversings daar koop.

‘Afrikaners is Plesierig’ word van Woensdag 8 Desember tot Vrydag 17 Desember opgevoer, behalwe vir Sondag 12 en Maandag 13 Desember wanneer daar nie ‘n vertoning sal wees nie. Kaartjies kos R100p.p. en kan aanlyn by Quicket bespreek word.

Die opvoering begin saans om 8nm, maar die deure maak al om 7nm oop vir mense wat vooraf wil eet en saamkuier.

Kom geniet lewendige vermaak en ondersteun ons plaaslike kunstenaars.

Te koop ten bate van PE-Lorraine se gemeentefonds

Te koop ten bate van gemeentefondse van Lorraine Gemeente in PE: ’n Feitlik spliternuwe CE Mobility Shopmaster HS-360 vir die winskoopprys van R25 000-00. Skakel gerus vir ds Heinrich Carstens by 083 566 1490 vir meer inligting.
lorr2
lorr

Nuut by Bybel-Media: 'n Hand vol hoop

hand

Jaarboek van NG Kerke beskikbaar vir 2022

jaarboek
Die Jaarboek 2022 is nou te koop.
Koop Hier | Meer Inligting
Bestel op een van die volgende maniere:
Koop aan: www.bybelmedia.org.za
Stuur e-pos: bestel@bmedia.co.za
Skakel ons: 021 864 8211

Vakatures: NG Gemeente Jeffreysbaai

Kassie de Jongh van Jeffreysbaai laat weet dat die gemeente oor verskeie vakatures beskik. Sy skryf:

"Die NG Gemeente Jeffreysbaai is ’n gemeente geleë aan die Oos-Kaapse kus. Die gemeente het ongeveer ±4 300 belydende en ±370 dooplidmate en word bedien deur vier voltydse leraars, vier herders en ‘n jeugwerker. Ons is ‘n inklusiewe gemeente wat die gemeenskap van Jeffreysbaai vanuit drie kampusse en een bedieningspunt bedien."

Klik op die skakels hieronder om die verskillende posadvertensies te lees:

Vakature: NG Gemeente PE-Noord

Die kerkraad van PE-Noord stel 'n predikantspos bekend. 'n Uittreksel uit die posbekendstelling lees as volg:

"In PE-Noord neem bemagtigde lidmate onder leiding van 'n dinamiese kerkraad inisiatief om die Here, mekaar en die gemeenskap te dien. Ons heg groot waarde aan liefde en gebed. Die gemeente het projekte soos vrouebemagtiging, bejaardeversorging, uitreik na die gemeenskap se jeug, 'n sopkombuis, voedselhulp aan behoeftiges en leerders, asook 'n klerebank.

Ons omgewing is vir sommige 'n blyplek, vir ander 'n werkplek, en vir nog ander 'n gebied waar verskeie openbare dienste gelewer word. Ons area het woonhuise, meenthuise, woonstelblokke, kleiner fabrieke, hospitale, klinieke en gemeenskapsdienste.

Ons omgewing het drie skole, winkelsentrums en verskeie kleuterskole met hoofpaaie wat ons area deurkruis. Ons is naby blouvlagstrande en die lughawe.

Besoek ons op Facebook by https://www.facebook.com/ngkerk.penoord.1, of op die web by https://ngkpenoord.wixsite.com/mysite (waar die skakels na ons ander sosiale media profiele te vind is).

Lees die volledige posbekendstelling hier.

Vakature: NG Gemeente Cradock-Noord

Cradock-Noord adverteer tans 'n predikantspos, sluitingsdatum 21 Januarie 2022.

Cradock-Noord is ’n mediumgrootte gemeente in die Oos-Kaapse platteland, 250 km noord van Port Elizabeth. Die Gemeente bestaande uit 735 lidmate (170 dooplidmate); twee plaaswyke; drie wyke in die Elizabeth Jordaan-tehuis en aftree-oord. Twee skole val binne die bedieningsveld van die gemeente.

Klik hier om die posbekendstelling te lees.
vakatures

Leraars beweeg

Dr. Ben van Tonder het 'n beroep na Friesland in Nederland aanvaar. Die emigrasieproses moet nog afgehandel word voordat die gesin se presiese vertrekdatum bepaal kan word.

Ds. Annatha Nel van Cradock-Noord-gemeente het op 5 Desember 2021 demissie ontvang. Die gesin verhuis na die Noord-Kaap.

Dr. HJ Prinsloo, word DV op 23 Januarie 2022 by Grasvoëlkop-gemeente bevestig en lewer sy intreepreek op 30 Januarie 2022.

Prop. Danie de Jongh word op Saterdag, 22 Januarie, in De Duin bevestig en lewer sy intreepreek op Sondag, 23 Januarie 2022.
Kerkkantore word herinner om die sinodale kantoor in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter