Jaargang 22 - Nommer 35 - 22 November 2024
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • Hoe is die erediens 'n ruimte van genesing - insigte van die vroeë kerk
  • Wanneer een lid ly, ly almal - leer die lydende kerk ondersteun
  • Geslagsgebaseerde geweld: hier is die feite en die omvang
  • Hulle verlaat die kerk aangesien hulle na Jesus soek - maak sin hiervan
  • Leraars beskikbaar vir aflospreekbeurte
  • Leraars beweeg

Arise Africa-veldtog van Geopende Deure

Maak jou gemeente bewus van die toenemende vervolging van Christene

Meer as 365-miljoen Christene verduur wêreldwyd hoë vlakke van vervolging en diskriminasie weens hulle geloof, skryf Geopende Deure in hul jongste impakverslag. Gemeentes kan 'n belangrike rol speel om hierdie gelowiges te ondersteun.

Geopende deure loots die ARISE AFRICA-veldtog, 'n inisiatief wat fokus op die bewusmaking van die toenemende vervolging van Christene, veral in Afrika suid van die Sahara, en ‘n oproep tot aksie teen die geweld en uitdagings wat ons broers en susters in geloof, in die gesig staar.

ARISE AFRICA is beskikbaar om gemeentes, gemeentelike bedieninge en ander instansies vanaf Januarie 2025 te besoek om die geskiedenis, huidige uitdagings en maniere waarop geloofsgemeenskappe kan help te kommunikeer.
Sulke aanbiedings bevat gewoonlik getuigskrifte, statistieke en uitvoerbare stappe wat deelnemers kan neem om 'n verskil te maak. Ons aanbieding duur gewoonlik net tot 30 minute en sluit die volgende in:
• Wat is vervolging?
• Waar gebeur dit?
• Wie is Geopende Deure en wat ons doen?
• Die statika van vervolging
• Tipes vervolging
• Verhale van die vervolgde kerk
• Maniere waarop Christene deel kan wees van die werk wat die vervolgde kerk gedoen.

Vervolging is nie iets nuuts nie. Vervolging is deel van wie ons as Christene is. Ons sien in Matteus 10:22-23, dat vervolging 'n werklikheid sal wees toe ons die besluit geneem het om Jesus te volg.

Gemeentes wat in so 'n aanbieding belangstel kan Charlene de Villiers by charlened@od.org kontak, of met Geopende Deure op WhatsApp +27 66 397 1319 skakel.

Klik hier om Geopende Deure se jongste impakverslag te lees.

Vrou vrygespreek van moord na messteek

Eerste gesaghebbende SA-studie oor geslagsgebaseerde geweld

Die Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing het op 18 November 2024 die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Studie oor Geslaggebaseerde Geweld (GGG) bekendgestel.

Die navorsingsresultate kom in dieselfde week waar die streekhof in Pretoria-Noord Natasha Beyers onskuldig aan moord gevind het nadat sy haar lewensmaat, Arthur Dobson, uit noodweer met 'n mes doodgesteek het, berig Netwerk24.com.

Die RGN se deurslaggewende studie bied insig in die voorkoms, risikofaktore en impak van geslaggebaseerde geweld (GGG) regoor Suid-Afrika. Dit verteenwoordig 'n stap vorentoe en verskaf empiriese bewyse oor GGG in Suid-Afrika. Die navorsing skep 'n grondslag vir konkrete en gefokusde oplossings.

Volgens die verslag ly 33,1% van vroue onder lewenslange fisiese geweld. Dit raak meer as 7,3 miljoen vroue in ons land. 9,8% beleef seksuele geweld. Onderskeid word tussen geweld onder intieme pare en geweld wat buite verhoudings om plaasvind.Die syfers is in beide gevalle skrikwekkend hoog.

Die navorsing is ook aan die hand van 'n Powerpoint-aanbieding en drie feiteblaaie bekendgestel. Hier is feiteblad 1:
Klik hier om die oorsig oor die navorsing en 'n opsomming daarvan te lees. Hier is 'n skakel na die Powerpoint aanbieding, asook na Feiteblad 1, Feiteblad 2 en Feiteblad 3.

Bekendes se boodskappe van HOOP vir Suid-Afrika

Dr Willem Wiid, predikant hier van die Baai, vertel:

Dit verskaf my groot vreugde om deel van hierdie inisiatief te kan wees, om stories van hoop in Suid-Afrika te kan vertel. Ander skrywers sluit in Dana Snyman (skrywer), Stefaans Coetzee (die eens gehate Worcester-bomplanter wat tot inkeer gekom het), Rudi Swanepoel (predikant in Aan-die-Berg Gemeente en rubriekskrywer), Jaco Strydom (leier van die Echo-gemeenskap). Die boek word die eerste week in Desember vrygestel. Indien jy belangstel om ‘n boek te koop, kan jy solank by my bestel @ R180 plus koerierkoste (of Paxi of Pudo) indien jy nie van die Baai is nie. Whatsapp of Messenger my by wiidwillem@gmail.com of 071 866 0771.

Leer om kritiek te weeg - moenie dit tel nie

deur Stephan Joubert

Verbitterde ongelowiges en geharde godsdienstiges het heelwat in gemeen. Beide groepe het altyd ’n gemeenskaplike vyand. Beide groepe gebruik dieselfde tipe taktiek, al doen hulle dit vanuit verskillende ideologiese invalshoeke. Geharde nie-gelowiges sowel as onbuigsame godsdienstiges hou daarvan om diegene, met wie hulle verskil, op liefdelose maniere te tipeer as dom, oningelig, konserwatief of liberaal.

As jyself dalk al onder sulke geharde nie-gelowiges en godsdienstiges deurgeloop het, is dit nie noodwendig ’n slegte ding nie. As jy al beledig is of selfs verwyt is dat jy die duiwel in lewende lywe is, dan staan jy reg uit vir jou geloof. Jesus het juis gesê dat as hulle Hom Beëlsebul genoem het, dan sal dieselfde lot Sy volgelinge ook tref. Geen dissipel van Jesus mag ooit so akkommoderend wees dat mense geen kennis neem van dit wat ons sê en doen nie. Hanteer dus kritiek, wanneer dit die slag nodig is. Moenie moeilikheid soek nie - dit het jou naam en adres - maar hanteer dit reg as dit opdaag. Onthou altyd om alle vorms van kritiek te weeg en nie te tel nie. Moenie van ontsteltenis wakker lê wanneer gehate godsdienstiges en nie-godsdienstige boelies op jou hakke is nie. Onthou, sulke mense kort eintlik net ’n dosis goeie maniere en jyself kort meer slaap. Moet jou nie ontstel oor skelms en skurke nie, soos wat Psalm 37 jou leer. Leef net tot eer van die Heer.

Dien jou gemeente

Opleiding as Bedienaar by Hugenote kollege

Hier is opwindende toerusting. Klik hier om die volledige brosjure te lees.

Kersmark by PE-Sherwood

PE-Heideveld hou Feesmark, 29-30 November

Die gemeente is in Gqeberha geleë.

Nuwe publikasie van Scot McKnight

Invisible Jesus: A Book About Leaving the Church and Looking for Christ


In die afgelope jare sien ons 'n toename in die aantal Christene wat besig is om hul geloof te "dekonstrueer" - wat Christenskap krities ontleed en vind dat dit tekortskiet. Baie laat uiteindelik die oortuigings en verbintenisse wat hulle voorheen gehad het, agter. Terwyl baie mense al geskryf het oor hoe om hierdie neiging om te keer, glo Scot McKnight en Tommy Preson Phillips dat ons eerder hierdie kwessies nie moet afmaak nie, maar noukeuriger daarna moet luister.

Dekonstrueerders ontbloot ernstige swakhede in vandag se kerk - onder andere 'n hernude fundamentalisme, toksiese leierskap en wettiese denke. Met behulp van onlangse studies deur Pew, Gallup en ander, kyk McKnight en Phillips noukeurig na wat dekonstrueerders werklik sê. Hulle probeer beter verstaan waarom baie mense dele van hul jeug se geloof en kerk agterlaat, maar terselfdertyd besig is met 'n rekonstruksieproses waar hulle Jesus opnuut ontdek. Hulle verloor hul godsdiens, maar nie vir Jesus nie.

"Invisible Jesus" is gevul met stories van mense wat die pad van dekonstruksie geloop het sonder om hul geloof te verloor. Dit is 'n profetiese oproep om onsself te ondersoek en te bepaal of die geloof wat ons beoefen en die kerk waaraan ons behoort werklik verteenwoordigend is van die Jesus wat ons volg. Elke hoofstuk kyk na 'n ander onderwerp en bied Bybelse oordenking wat ons nie net oproep om beter te luister nie, maar ook om te verander hoe ons vandag ons geloof as volgelinge van Jesus uitleef.

Nuwe publikasie oor die vroeë kerk

Versorging van siekes en lydendes deel van Christelike identiteit

Die vroeë Christene moes hulle weg in die Grieks-Romeinse wêreld van hulle tyd vind. Die Romeine het nie hospitale of plekke van versorging gebou nie. Medies is daar slegs omgesien na mense wat waarde vir die Ryk gehad het, soos korttermyn versorging van beseerde soldate. Vir niemand anders is daar omgegee nie.

Christene was anders. Reg van die begin af het die Christelike kerk haar identiteit aan die versorging van siekes en armes gekoppel, skryf outeur Helen Rhee, professor in kerkgeskiedenis:

Accounts from ancient historians and early church fathers show that caring for and visiting the sick was an essential marker of what it means to be a Christian. Their example of addressing illness, pain, and health care for everyone, not just Christians, holds lessons for today’s worship planners.

Many ancient sermons, letters, and writings highlighted care not just for the poor, but also the sick, including the poor sick. These show how early Christians developed a theology of illness and pain and health care.

Rhee verbind hierdie insigte veral aan moderne Christelike eredienste. Hoe kan kerke die versorging van siekes en lydendes deel van aanbidding maak? Sy skryf:

We can emphasize God as our Creator, our Great Physician, and healer of our every ill through sermons, prayers, songs, and liturgical practices. We need to reintroduce the concept that God’s healing may come in the form of physical or mental relief but might also or instead be spiritual and emotional healing. While encouraging worshipers to go to doctors and take medications, we can ask God for healing and anoint people with oil. At the same time, physical cure is not the ultimate goal because all healing in this life is temporary.

We should also pray for God’s grace, strength, wisdom, and hope in navigating and living with pain and illness. Many Christians do not experience biomedical cure and get discouraged, as if deliverance from pain and illness is the only way God cares for them. In addition, today we can give more space for worship leaders and worshipers to be open about mental health issues so they’re not stigmatized.

Lees gerus Helen Rhee se derde deel van 'n trilogie oor vroeër Christene en omgee vir die medemens, getiteld Illness, Pain, and Health Care in Early Christianity. Diegene wat terugdeins vir die duurderige prys van hierdie boek, sal goeie preekstof vind in die onderhoud wat die Calvin Institute for Christian Worship met Rhee gevoer het.

Vakature: Koster, PE-Nooitgedacht

PE-Nooitgedacht-gemeente in Kabegapark, PE, het 'n vakature vir 'n koster. Die koster is verantwoordelik vir steundienste om te verseker dat die kerkgeboue, terrein en toerusting altyd bruikbaar, werkend en aantreklik is, asook vir steundienste tydens eredienste, aktiwiteite en funksies. Die sluitingsdatum is 13 Januarie 2025.

Lees die volledige advertensie.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Burgersdorp en omgewing
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480

Gqeberha (Port Elizabeth)

Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing

Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
Muller, ds Christoph - 082 308 5795

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za

Leraars beweeg

Ds Conrad Thomas van Elliot het die beroep na die NG Gemeente Humansdorp aanvaar.

Dr Elsje Büchner van Stellenbosch is na die NG Gemeente Jansenville beroep.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter