Jaargang 22 - Nommer 36 - 29 November 2024
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • Voel jy geroep vir bediening? Word 'n diensleraar - hier is die opleidingspad
  • "Doep is nie dood nie" - Jannie du Toit maak 'n Baaise draai
  • Leraars beskikbaar vir aflospreekbeurte
  • Leraars beweeg

Geroep om amptelik in die NG Kerk te bedien?

'n Nie-residensiële B.Th-graad in teologie by die Hugenote Kollege

In 'n onlangse inligtingsessie is verduidelik hoe die wegspring lyk van opleiding vir persone wat diensleraars in die NG Kerk toegelaat wil word. Dit is nie-residensieel, wat beteken die student kan dit deeltyds doen en boonop met die res van jou dagtaak en bestaande beroep voortgaan. Hieronder is die video met meer besonderhede:
Dr Yolanda Steenkamp, dekaan van die Skool vir Teologie aan die Hugenote Kollege, verskaf agtergrondsinligting oor die opleiding vir diensleraars

Diensleraars is een van die nuwe opleidingsbane in die NG Kerk. 'n Diensleraar het 'n graad in teologie verwerf en ook kerklike toerusting ondergaan. Diensleraars word gelegitimeer ("gelisensieer") en bedien saam met predikante in 'n ondersteunende hoedanigheid, ten opsigte van 'n spesifieke area van bediening waarvoor die diensleraar opgelei is, bv jeugwerk, gemeenskapswerk, pastorale versorging e.s.m. Diensleraars kan ook eredienste lei en die sakramente bedien.

'n Goeie analogie vir die verhouding tussen predikante en diensleraars is dié van 'n mediese dokter en 'n geregistreerde verpleegkundige. Laasgenoemde ondersteun eersgenoemde op belangrike punte in bv hospitale, hoewel die een wyer en groter verantwoordelikheid kan neem as die ander.

Naas diensleraars is daar ook opleidingsmoontlikhede vir Bedienaars - dit is persone wat 'n sertifikaat vir 'n spesifieke area van bediening verwerf het. Bedienaars word nie vergoed vir bediening nie, dit is bedoel vir kerkraadslede wat toegerus wil word om hul dienswerk te verdiep.

Persone wat uiteindelik deur die kerk as diensleraars gelegitimeer ("gelisensieer") word, se opleiding word erken wanneer hulle verder wil studeer om predikante te word.

Kyk gerus na bogenoemde video vir meer inligting. Die gesprek word gelei deur dr Guillaume Smit van die Hugenote Kollege

Boer van Maclear, Oos-Kaap nasionaal vereer

Aanhouer wen! se Jongboer van die Jaar

Dwayne Kaschuka, boer van Maclear, is as Agri SA en Toyota se
jongboer van die jaar aangewys


In boerdery gaan daar struikelblokke wees, maar glo in jou drome en moet nooit moed opgee nie. Dit was Dwayne Kaschula se raad aan ander jong boere toe hy verlede week as Agri SA en Toyota se Jongboer van die Jaar bekroon is.

Kaschula, 38-jarige boer van Nqanqarhu (Maclear) in die Oos-Kaap, het op ’n galageleentheid in Johannesburg met die nasionale prys weggestap nadat hy in Augustus in Jeffreysbaai as Agri Oos-Kaap en Toyota se provinsiale Jongboer van die Jaar aangewys is.

“In landbou moet ’n mens nie sommer tou opgooi nie. Daar is baie uitdagings en by tye gaan jy voel jy kan dit nie doen nie en dit is nie moontlik nie. “As jy ’n droom en passie het en jy wil iets doen, moet nooit opgee nie . . . in boerdery is daar nie kortpaaidjies nie. Die paaie is maar lank en moeilik, maar as dit jou droom is, sal dit die moeite werd wees.

“My span is my wenresep. Sonder my span sou niks moontlik gewees het nie.”
Kaschula sê sy passie vir boerdery het as kind posgevat op sy oupa se plaas en sy ouers se erf. Dit het harde werk geverg om sy plaas, wat hy in 2006 gekoop het, te besit.

“’n Mens word ’n boer gebore en ek is ’n gebore boer. Dit is vir jou lekker om iets te sien groei en lekker om iets van die lande af te haal en om die grond te respekteer. Dit is lekker om die natuur en diere om jou te respekteer.”

Kaschula verbou onder meer aartappels vir die varsproduktemark asook sonneblomme en mielies. Hy het ’n Angus- en Brangus-stoetery en lêhoenders wat die afgelope twee jaar eiers aan die plaaslike mark voorsien. “Dit is vir my ’n groot voorreg om die nasie te voed. En natuurlik wil ek ook nog werkgeleenthede skep. Dit is regtig vir my ’n inspirasie en motivering om saam met my span mense te help om kos op die tafel te kan sit.”

Met dank aan Netwerk24.

Kersmark by PE-Sherwood

PE-Heideveld hou Feesmark, 29-30 November

Die gemeente is in Gqeberha geleë.

Jannie du Toit by Kraggakamma op 21 Desember

"Doep is nie dood nie", met 'n paar Kersliedere as bonus

Jannie du Toit, kom bied dié Koos du Plessis produksie op Saterdag 21 Desember om 17:00 by Kraggakamma Gemeente aan.
Jannie word deur Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) begelei.
Kaartjies kos R120.00 per persoon. Kaartjies is by die kerkkantoor, Elle Boutique by Sunridge Village en op Quicket beskikbaar.

Vakature: Koster, PE-Nooitgedacht

PE-Nooitgedacht-gemeente in Kabegapark, PE, het 'n vakature vir 'n koster. Die koster is verantwoordelik vir steundienste om te verseker dat die kerkgeboue, terrein en toerusting altyd bruikbaar, werkend en aantreklik is, asook vir steundienste tydens eredienste, aktiwiteite en funksies. Die sluitingsdatum is 13 Januarie 2025.

Lees die volledige advertensie.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Burgersdorp en omgewing
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480

Gqeberha (Port Elizabeth)

Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing

Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
Muller, ds Christoph - 082 308 5795

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za

Leraars beweeg

Ds Christoph Muller word op 19 Januarie 2025 as brugleraar te NG Kerk Albanie bevestig.

Dr Elsje Büchner van Stellenbosch is na die NG Gemeente Dordrecht beroep

Dr Elsje Büchner van Stellenbosch is na die NG Gemeente Jansenville beroep.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter