|
|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 37 - 6 Desember 2024
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Geseënde Kersfees aan al ons leraars
- Week van Gebed 2025: Temas nou beskikbaar
- Leraars beskikbaar vir aflospreekbeurte
- Leraars beweeg
|
|
|
|
Geseënde Kersfees aan al ons lesers
|
|
Hierdie is die laaste uitgawe van Grens.Pos vir 2024. Mag al ons lesers 'n blaaskans geniet, 'n geseënde Christusfees beleef en met nuwe moed 'n nuwe jaar as geskenk uit die hand van die Here ontvang!
|
Van die Sinode Oos-Kaapland se kant sê ons baie dankie vir die uitstekende samewerking wat ons vanjaar ontvang het,
|
|
|
|
|
Temas vir Week van Gebed 2025 nou beskikbaar
|
|
Die reeks vir die Week van Gebed 2025 fokus op Jesus se gebede. Dit is geskryf deur dr Clifford Heys. hy behandel diep en betekenisvolle temas en sluit die week af met die Ons Vader-gebed.
|
Ons is opgewonde oor hierdie reeks en vertrou dat dit, soos elke jaar, geestelike vrugte sal dra en van waarde sal wees vir gemeentes se jaarlikse Week van Gebed, waar hulle die jaar begin met bidure, eredienste, byeenkomste, en Bybelstudies. Elke preek sluit af met nadenke-vrae wat gebruik kan word deur selgroepe, gesinne, Kerkrade of individue.
|
|
|
|
|
Jannie du Toit by Kraggakamma op 21 Desember
"Doep is nie dood nie", met 'n paar Kersliedere as bonus
|
|
Jannie du Toit, kom bied dié Koos du Plessis produksie op Saterdag 21 Desember om 17:00 by Kraggakamma Gemeente aan. Jannie word deur Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) begelei. Kaartjies kos R120.00 per persoon. Kaartjies is by die kerkkantoor, Elle Boutique by Sunridge Village en op Quicket beskikbaar.
|
|
|
|
|
Vakature: Permanente deeltydse leraar/diensleraar, NGK Newtonpark
Die NG Kerk Newtonpark is in 'n dinamiese voorstad geleë, omring van laer- en hoërskole, hospitale en winkelsentrums. Die gemeente bestaan uit sowat 296 belydende en 36 dooplidmate.
|
Dit het ‘n diepgewortelde liefde vir mense en laat hul vinnig tuis voel. Dié gemeente glo dat geloof in dade omskep moet word. Beide die orrel en die sanggroep speel ‘n belangrike rol in die erediens.
|
|
|
|
|
Vakature: Koster, PE-Nooitgedacht
PE-Nooitgedacht-gemeente in Kabegapark, PE, het 'n vakature vir 'n koster. Die koster is verantwoordelik vir steundienste om te verseker dat die kerkgeboue, terrein en toerusting altyd bruikbaar, werkend en aantreklik is, asook vir steundienste tydens eredienste, aktiwiteite en funksies. Die sluitingsdatum is 13 Januarie 2025.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Muller, ds Christoph - 082 308 5795
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Dr Elsje Büchner van Stellenbosch is na die NG Gemeente Middelburg-Karoo beroep
|
Ds Kobus Stapelberg ontvang op 8 Desember demissie by die NG Gemeente Humansdorp
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|
|