|
|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 28 - 4 Oktober 2024
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Leraars beskikbaar vir aflospreekbeurte
- Leraars beweeg
|
|
|
|
Ontmoet Thea Wait, Bedienaar op Tarkastad
Nuwe model maak groot impak op Tarkastad, 'n klein gemeente
|
|
Thea Wait was vir 26 jaar ’n administratiewe klerk in die polisie en dolgelukkig in haar werk. Vandag is sy skriba en koster van die enigste NG gemeente op die Karoodorp Tarkastad. Hierdie eens skaam ma van twee tienerseuns is ook besig met verdere teologiese studie om predikant te word. Sy vertel meer oor hierdie geloofsreis wat sy nooit sien kom het nie.
|
|
|
|
|
Landswye Biddag
Bid vir Israel-Palestina op 6 Oktober
|
|
NG Gemeentes word opgeroep tot voorbidding vir vrede in die Midde Ooste eerskomende Sondag (6 Oktober). Met die nuutste gebeure die afgelope week, raak ’n mens meer en meer bekommerd oor die uitkringende effek van die konflik.
|
Klik hier vir ‘n raamwerk vir voorbidding, wat verder uitgebrei kan word ten opsigte van die situasie in die Midde Ooste:
|
- die byna ondraaglike kompleksiteit van die situasie,
- vir radikale politieke inkeer aan beide kante wat sal uitloop op geslaagde vredesonderhandelinge,
- vir mense wie se lewens, welstand en belange daagliks bedreig word,
- vir die rou-seer van duisende wat aan beide kante in hierdie trauma vasgevang is.
Terwyl ons intree vir vrede in die Midde Ooste, dink ons ook aan ander dele in die wêreld waar soortgelyke geweld eindeloos voortwoed, bv die oorlog tussen Rusland en Oekraïne (sedert 2022) en veelvuldige veiligheidsuitdagings in Nigerië vanweë komplekse militante konflik in die land.
|
Onthou: Voorbidding is ’n daad van liefde, maar dit is ook die oortuiging van gelowiges dat God ag slaan op die smeekgebede van Sy kinders.
|
|
|
|
|
Appèlhof stel hofbevel tersyde
Hooggeregshof "dwaal" met oordrag van kerkeiendom
Nota: Volgens die NG Kerk se kerkorde en die gemenereg verloor lidmate wat van 'n gemeente wegbreek die kerkeiendom. In die onlangse verlede het die hooggeregshof 'n ander bevinding rondom gemeentes in die Hervormde Kerk gemaak - 'n bevinding wat nou tersyde gestel en terugverwys is.
|
’n Appèlaansoek deur die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) oor die besit van kerkeiendom het vandeesweek in die appèlhof in Bloemfontein geslaag. Die hofsaak, wat al meer as 10 jaar voortsleep, het begin ná ’n skeuring in die NHKA. ’n Groep kerke, die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes (GHG), het afgestig omdat hulle nie saamgestem het met die NHKA, wat gesê het dit was verkeerd om apartheid teologies te regverdig, nie.
|
By die afstigting het die GHG-kerk hul kerkeiendom saamgeneem. Die NHKA glo dié eiendom behoort aan hom. Die hooggeregshof het bevind die saak is net akademies en daarom die NHKA se aansoek van die hand gewys. Die NHKA het hom tot die appèlhof gewend wat beslis het dat die hooggeregshof gedwaal het in sy beslissing.
|
Appèlregter Raylene Keightley het Maandag die hofbevel deur die hooggeregshof in Pretoria tersyde gestel. Sy het die saak terug na die hooggeregshof verwys en gelas dat die verhoor deur ’n ander regter as regter N. Janse van Nieuwenhuizen aangehoor word. Die appèlhof het ook beslis dat die oorspronklike gemeentes by wie die twis ontstaan het – die NHKA-gemeentes van Meyerspark, Pretoria Tuine, Die Wilge Potchefstroom en Koster – toegelaat moet word om as partye tot die hofstryd te tree.
|
Die NHKA het hom op 10 September tot die appèlhof gewend nadat die hooggeregshof in Pretoria beslis het dat die 13 gemeentes van die GHG, wat tussen 2010 en 2014 wegbeweeg het van die NHKA, wetlik opgetree het met die oordra van kerk-eiendom. Luidens Keightley se uitspraak het die hooggeregshof gedwaal omdat die meriete van die aansoek verkeerd geïnterpreteer is.
|
|
|
|
|
Aanlyn Inligtingsessie wat almal behoort by te woon
"Bedienaars": 'n nuwe moontlikheid vir bediening
|
|
Is jy passievol oor bediening in jou gemeente, wil jy jou roeping laat groei, of in jou geloof belê? Hugenote Kollege is opgewonde om die bekendstelling van die herontwerpte, aanlyn teologiese opleidingsprogram aan te kondig. Hierdie program is daarop gemik om gelowiges toe te rus met die vaardighede om Bedienaars te word. Die program maak dit moontlik vir gelowiges wat die Here wil dien, om hul roeping te verdiep deur gehalte opleiding. Die program is ook ontwerp vir gelowiges wat gewoon net hul eie dissipelskap wil verdiep deur nuwe vaardighede aan te leer. Areas van formasie sluit in: • Verkondiging van die Woord • Missionale Leierskap • Jeug en Familie • Gemeenskapsdiakonaat • Pastorale Sorg Of jy reeds by ’n bediening betrokke is of voel dat jy geroep is om jou geloof te verdiep, bied hierdie program ’n omvattende teologiese opleiding met praktiese toepassings wat jou voorberei om met vertroue te dien. Sluit by ons aan vir ’n aanlyn inligtingsessie om meer te leer oor die kurrikulum, struktuur en hoe hierdie program jou in jou bediening kan bemagtig. Ons dek alles van die kursus inligting tot die aansoek proses, en jy sal die geleentheid hê om enige vrae te vra wat jy mag hê. Datum: 17 Oktober 2024 Tyd: 18:00–20:00 Platform: Zoom Registreer hier om die skakel te ontvang. Vir meer navrae oor die geleentheid, kontak ds. Jaco Botha by stb4@hugenote.ac.za.
|
|
|
|
|
Hartklop-Vroue, 19 Oktober by Lorraine
|
|
|
|
|
Nooitgedacht Minibasaar, 5 Oktober
|
|
Saterdag, 5 Oktober om 10:00 in die kerksaal, Vanderstelstraat, Kabegapark, Gqeberha. Daar sal Roosterkoeke, Jaffels, Poeding, Koffie/Tee, Pannekoek en Slap Chips te koop aangebied word. Kindervermaak: Springkasteel en gesigverf. Navrae: Leandi (0838814283).
|
|
|
|
|
|
|
Paterson hou basaar op 26 Oktober
Hier is al die plattelandse heerlikheid wat by Paterson se basaar op 26 Oktober beleef kan word:
|
|
|
|
|
|
|
Spesiale aanbod op gewilde geestelike dagboek
|
|
Die spesiale aanbod is geldig tot 31 Oktober 2024. Klik hier om die dagboek aanlyn te bestel, of besoek die CLF se tak in Newtonpark, Kaapweg.
|
|
|
|
|
NOOTsaaklik vir leraars en musiekbedieningspanne
Eredienste en aanbidding wat Jonk en Oud bereik en betrek
|
|
Hier is 'n wonderlike, praktiese geleentheid om gemeentes se bediening 'n hupstoot te gee! Dit is gerig op gemeenteleiers (leraars, orreliste, musiekbedienaars, orkesleiers, eredienswerkgroepe, ja eintlik die hele kerkraad).
|
Gemeentes weet dis krities belangrik om kinders, jongmense en hul ouers by die gemeente te verwelkom en te betrek. Ons dilemma is ons gemeentes verouder sonder om oor die vaardighede te beskik om kreatief alle ouderdomme te betrek en te bedien in die gemeente se eredienste en aanbidding.
|
Neil Büchner beskik oor die kennis en vaardighede om ons te help. Hy is 'n begaafde musikant, getroud met Lettie Büchner, 'n predikant van die NG Kerk, en baie betrokke by musiekbediening in sy tuis- en ander gemeentes. Hy het ook sy merk in die wêreld van geestelike musiek gemaak. Neil is bekend vir musiek wat geloof en inspirasie by luisteraars aanwakker.
|
Naas musiek beskik Neil oor die gawe om met uiteenlopende groepe (klein en groot gemeentes, skole) en ander musikante saam te werk om musiekbediening te bevorder. Hy leef met waardering vir ander se talente en is betrokke by verskeie gemeentes se ontwikkeling en die toerusting van hul musiekbedienaars. Hy help gemeentes gereeld om musiekbedieningspanne op die been te bring.
|
Klik hier vir meer inligting en om in te skryf. Sluitingsdatum: 4 Oktober 2024 om 12:00
|
|
|
|
|
|
Webinaar oor neurodiversiteit op 9 Oktober:
Hoe bedien ons gesinne met kinders met bv outisme of disleksie?
|
|
In ons gemeentes en gemeenskap is daar ouers wat swaar dra met die diagnose van hul kind, wat autisties, aandag-afleibaar, disleksies ens. is. Hierdie diagnose laat ouers baie skaam, bang en alleen voel.
|
Hoe bedien ons hierdie gesinne? Wat is ons rol as gemeente in hierdie ouers se lewe? Dit is geweldig moeilik vir hierdie gesinne om in ‘n erediens in te skakel, kinderkerk en kategese is baie oorstimulerend vir die kinders. Waar begin ons?
|
In hierdie webinaar gaan ons saam droom en gesels oor verskillende kontekste (platteland en stedelik), Lorindi Nel van Learning for Life gaan ons help met wonderlik inligting vir die wêreld van so ‘n gesin en dit kan ons help in ons bediening in ons gemeentes.
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO 12 November
Angs as die nuwe depressie - pastorale riglyne
Angs is al beskryf as die ‘amptelike emosie van ons eeu’. Waar depressie eers bo-aan die lys was in terme van geestesgesondheid versteurings, het angs dit nou vervang en word dit selfs beskryf as epidemies.
|
Prof Wentzel Coetzer bied op 12 November 2024 'n aanlyn VBO-kursus met pastorale riglyne vir die hantering van angs aan.Heling en langtermyn oplossings is slegs moontlik deur middel van ʼn multidissiplinêre benadering waarvan die Pastoraat ʼn onontbeerlike komponent is – veral omdat angs so dikwels ook lei tot ʼn geloofskrisis.
|
Die oogmerk met die voorgestelde pastorale benadering in hierdie kursus is dat afgesien van moontlike psigologiese en mediese insette, angs en vrees uiteindelik vervang sal word met die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, soos beskryf deur Paulus in Filippense 4:7.
|
|
|
|
|
Vakature: Voltydse Leraar, Jansenville
Die NG Gemeente Jansenville stel 'n voltyds predikantspos vir 'n termyn bekend.
|
Jansenville-gemeente is in die Oos-Kaap geleë, in ’n omgewing wat die Noorsveld genoem word. Dit is 180 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) en Graaff-Reinet is 85 km verder op pad na Middelburg en Colesberg. Die gemeente bestaan uit ongeveer 209 belydende en 33 dooplidmate wat in drie plaaswyke en vyf dorpswyke woon.
Boerdery vorm die kern van ekonomiese aktiwiteit en Jansenville is ’n sleutelpunt van die wêreldwye bokhaar- (“mohair”) bedryf. Verskeie groot en klein sakeondernemings is die werkverskaffers wat in die meeste verbruikerbehoeftes voorsien.
|
Klik hier om die posbekendstelling te lees. Die sluitingsdatum is 11 Oktober 2024.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853
|
Muller, ds Christoph - 082 308 5795
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Jan Daniel de Bruin van Kraaifontein is na die NG Gemeente PE-Noord beroep.
|
Dr Stephan Naudé van Newtonpark het die beroep na die NG Gemeente Doornpoort aanvaar.
|
Ds Kobus Stapelberg van Humansdorp-gemeente het die beroep na die NG Kerk Parkkruin aanvaar. Hy neem op 8 Desember afskeid by Humansdorp.
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|
|