|
|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 29 - 11 Oktober 2024
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- "Daai kind is nie bloot stout nie"
- Geloof steek soos waterpokkies aan
- Global Leadership Summit te Jeffreysbaai
- Die kerk is nie dood nie
- Leraars beskikbaar vir aflospreekbeurte
- Leraars beweeg
|
|
|
|
"Hierdie kind is nie bloot stout, lastig, ongedissiplineerd en ongeskik nie"
|
|
"Daai stout en ongedissiplineerde kind in vanoggend se erediens moet darem 'n slag goed deur sy ouers vasgevat word!" So 'n kind is waarskynlik nie stout nie, maar het 'n brein wat anders funksioneer, het Lourindi Nel van Learning for Life op 9 Oktober in 'n aanlyn opleidingsgeleentheid aan predikante gesê.
|
Die term hiervoor is neurodivergensie en help ons verstaan daar is mense wie se brein anders funksioneer as wat tradisioneel verwag word. Neurotipiese mense se brein funksioneer op 'n manier wat algemeen as tipies aanvaar word. Neurodivergente persone se brein funksioneer anders. Voorbeelde hiervan is outisme, aandagafleibaarheid, sensoriese verwerkingversteuring, disleksie, disgrafie (skryfprobleme) en obsessiewe kompulsie.
|
een van die neurodivergente uitdagings is dat persone mag sukkel met kommunikasie en sosiale interaksie. Hulle het direkte verbale kommunikasie nodig, omdat hulle moeilik lyftaal kan lees en die gebruiklike sosiale kode kan ontsluit. Eredienste het bv sterk gedragskodes wat vir neurodivergente persone as't ware onsigbaar is.
|
Sommige neurodivergente persone is sensories uiters sensitief. Gewone interaksie voel vir hulle soos wanneer mens op 'n besige tyd Saterdagoggend aan die einde van die maand in 'n massiewe winkelsentrum is. Jy voel sensories oorlaai. Jy is gedaan as jy tuiskom. Hierdie ervaring is daagliks die belewenis van 'n neurodivergente met uitdagings rondom sensories prosessering. Die lig mag eksta skerp wees, die klanke oorverdowend hard, die aanraking teisterend.
|
Tot sowat 1 uit elke 5 volwassenes leef na berekening met neurodivergensie saam. Daarom is dit so belangrik dat kerke hiermee in hul bediening rekening hou.
|
Gemeentes kan geweldig baie doen om ouers en gesinne met neurodivergente uitdagings te help.Bewusmaking speel 'n belangrike rol. Klik op die videoskakel hierbo om te luister hoe Lourindi daaroor gesels, en ook hoe Kempton-Kruin 'n neurodivergente-vriendelike bediening handhaaf. Kontak ds Jan Theron by 072 062 2266 as jy deel van die leergemeenskap wil word.
|
|
|
|
|
|
Hoe begin ons kinders glo?
Gemeentes moet onthou: "Geloof steek nes waterpokkies aan"
|
|
Dr Viola Fransman van Petra in gesprek met Barbara-Mari Jacobs en Danie Mouton
|
In 'n onlangse Petra Instituut Podsending vertel Barbara-Mari Jacobs en Danie Mouton, predikante van die Baai, watter enorme impak werkswinkels van die Petra Instituut op gemeentes se bediening met kinders en die inskakeling van kinders, jongmense, hulle ouers en die ouer lidmate in gemeentes het.
|
Ons gesels oor eredienste waar ouers en kinders saam bedien word, kinders deelneem aan bediening, en oupas en oumas van alle ouderdomme ook dien en bedien word.
|
Op hierdie manier word almal se geloof versterk. Mens steek waterpokkies net aan as jy lank genoeg in iemand se nabye teenwoordigheid is wat water pokkies het. Net so werk dit met geloof. Kinders kan nie eenkant bedien word nie. Hulle moet deel wees van die geloofsgemeenskap.
|
Petra het predikante en gemeentes waardevolle vaardighede geleer. Houdings en gesindhede teenoor kinders het verander. Nuwe gewoontes word gevorm. Dit lewer al belowende resultate.
|
|
|
|
|
Aanlyn Inligtingsessie wat almal behoort by te woon
"Bedienaars": 'n nuwe moontlikheid vir bediening
|
|
Is jy passievol oor bediening in jou gemeente, wil jy jou roeping laat groei, of in jou geloof belê? Hugenote Kollege is opgewonde om die bekendstelling van die herontwerpte, aanlyn teologiese opleidingsprogram aan te kondig. Hierdie program is daarop gemik om gelowiges toe te rus met die vaardighede om Bedienaars te word. Die program maak dit moontlik vir gelowiges wat die Here wil dien, om hul roeping te verdiep deur gehalte opleiding. Die program is ook ontwerp vir gelowiges wat gewoon net hul eie dissipelskap wil verdiep deur nuwe vaardighede aan te leer. Areas van formasie sluit in: • Verkondiging van die Woord • Missionale Leierskap • Jeug en Familie • Gemeenskapsdiakonaat • Pastorale Sorg Of jy reeds by ’n bediening betrokke is of voel dat jy geroep is om jou geloof te verdiep, bied hierdie program ’n omvattende teologiese opleiding met praktiese toepassings wat jou voorberei om met vertroue te dien. Sluit by ons aan vir ’n aanlyn inligtingsessie om meer te leer oor die kurrikulum, struktuur en hoe hierdie program jou in jou bediening kan bemagtig. Ons dek alles van die kursus inligting tot die aansoek proses, en jy sal die geleentheid hê om enige vrae te vra wat jy mag hê. Datum: 17 Oktober 2024 Tyd: 18:00–20:00 Platform: Zoom Registreer hier om die skakel te ontvang. Vir meer navrae oor die geleentheid, kontak ds. Jaco Botha by stb4@hugenote.ac.za.
|
|
|
|
|
Hartklop-Vroue, 19 Oktober by Lorraine
|
|
|
|
|
Loerie Nartjiefees: 19 Oktober
|
|
Goeie nuus is dat die Loerie Nartjiefees weer op 19 Oktober 2024 op die bekende Nartjiefeesterrein op Loerie gehou word. Die eerste Nartjiefees is in 1994 aangebied – dieselfde jaar wat die KKNK sy ontstaan gehad het. Nartjiefees is beslis een van die oudste (indien nie oudste) gesinsfeeste in die Oos-Kaap. Behalwe 2020 en 2021 (Covidtyd) het die fees nog elke jaar plaasgevind.
|
‘n Fees wat gekenmerk word deur heerlike samesyn van vriende en familie, uitstekende kunstenaars, lekker feesatmosfeer, heerlike kos, ‘n koffiewinkel vars groente, nartjies, kindervermaak en goedgekeurde kunsmarkstalletjies. Dit alles in die pragtige Gamtoosvallei naby ons.
|
Kunstenaars wat op die Nartjiefeesverhoog gaan optree is Fatman, Chris en Elmari Brits, Dillon Lerm en Ruan van der Kuil.
|
‘n Beperkte aantal kunsmarkstalletjies is vir die publiek beskikbaar. Inskrywingsvorms vir die stalletjies is op Nartjiefees se webblad www.nartjiefees.co.za beskikbaar. Volg ons gerus ook op Nartjiefees FB. Alle navrae omtrent die fees is by 083 383 4932 of admin@nartjiefees.co.za beskikbaar.
|
Onthou die datum – 19 Oktober 2024 – Nartjiefeestyd in Loerie! Jy wil dit nie misloop nie!
|
|
|
|
|
|
|
Paterson hou basaar op 26 Oktober
Hier is al die plattelandse heerlikheid wat by Paterson se basaar op 26 Oktober beleef kan word:
|
|
|
|
|
|
|
Basaar by PE-Noord op 2 November
|
|
|
|
|
Konferensie oor 200 jaar van kerkverband
|
|
Hierdie konferensie vind op 2 November by die kerkargief op Stellenbosch plaas. Klik hier vir die konferensieprogram.
|
Op 1 November vind 'n boekbekendstelling plaas - besonderhede hieronder:
|
|
|
|
|
8-9 November 2024
Wêreldklas Global Leadership Summit te Jeffreysbaai
|
|
𝘿𝙞𝙚 𝙂𝙡𝙤𝙗𝙖𝙡 𝙇𝙚𝙖𝙙𝙚𝙧𝙨𝙝𝙞𝙥 𝙎𝙪𝙢𝙢𝙞𝙩 𝙞𝙨 𝙢𝙚𝙚𝙧 𝙖𝙨 𝙣𝙚𝙩 ‘𝙣 𝙠𝙤𝙣𝙛𝙚𝙧𝙚𝙣𝙨𝙞𝙚 – 𝙙𝙞𝙩 𝙞𝙨 ‘𝙣 𝙡𝙚𝙬𝙚𝙣𝙨𝙫𝙚𝙧𝙖𝙣𝙙𝙚𝙧𝙚𝙣𝙙𝙚 𝙚𝙧𝙫𝙖𝙧𝙞𝙣𝙜! Op 8 & 9 November 2024 by NG Gemeente Jeffreysbaai, Kompleks-kampus gaan ons saam met leiers regoor die wêreld inskakel om nuwe insigte, inspirasie en vaardighede te ontdek. Hier is waarom jy hierdie geleentheid nie mag misloop nie: 1. 𝙇𝙚𝙞𝙚𝙧𝙨𝙠𝙖𝙥 𝙬𝙖𝙩 𝙨𝙖𝙖𝙠 𝙢𝙖𝙖𝙠: In ‘n vinnig veranderende wêreld is die vraag na sterk leierskap groter as ooit. Die Summit gee jou praktiese gereedskap om in jou werkplek, kerk en gemeenskap ‘n verskil te maak. 2. 𝑻𝒐𝒑-𝒌𝒍𝒂𝒔 𝑺𝒑𝒓𝒆𝒌𝒆𝒓𝒔: Luister na wêreldklas sprekers wat leierskapstrategieë bied. Hul insigte sal jou uitdaag om groter drome te droom en jou roeping met passie na te jaag. 3. 𝙉𝙚𝙩𝙬𝙚𝙧𝙠 𝙢𝙚𝙩 𝙖𝙣𝙙𝙚𝙧 𝙞𝙣𝙫𝙡𝙤𝙚𝙙𝙧𝙮𝙠𝙚 𝙡𝙚𝙞𝙚𝙧𝙨: Jy word deel van ‘n dinamiese gemeenskap van leiers wat dieselfde hart het vir transformasie. Hierdie verbintenisse kan jou help om jou visie verder te neem en saam groter impak te maak. 4. 𝙃𝙚𝙧𝙡𝙖𝙖𝙞 𝙚𝙣 𝙞𝙣𝙨𝙥𝙞𝙧𝙖𝙨𝙞𝙚: Hierdie is nie net ‘n plek vir nuwe kennis nie, maar ‘n kans om jou visie en passie te hernu. Verlaat die Summit met ‘n nuwe energie en ‘n vars fokus om jou unieke roeping met vertroue te vervul. 𝗠𝗼𝗲𝗻𝗶𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿𝗱𝗶𝗲 𝗸𝗮𝗻𝘀 𝗺𝗶𝘀𝗹𝗼𝗼𝗽 𝗼𝗺 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝗹𝗲𝗶𝗲𝗿𝘀𝗸𝗮𝗽 𝘁𝗲 𝗴𝗿𝗼𝗲𝗶 𝗻𝗶𝗲! 𝗗𝗶𝗲 𝗚𝗹𝗼𝗯𝗮𝗹 𝗟𝗲𝗮𝗱𝗲𝗿𝘀𝗵𝗶𝗽 𝗦𝘂𝗺𝗺𝗶𝘁 𝗶𝘀 𝘄𝗮𝗮𝗿 𝘃𝗲𝗿𝗮𝗻𝗱𝗲𝗿𝗶𝗻𝗴 𝗯𝗲𝗴𝗶𝗻 – 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂, 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝘀𝗽𝗮𝗻, 𝗲𝗻 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝘄ê𝗿𝗲𝗹𝗱.
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO 12 November
Angs as die nuwe depressie - pastorale riglyne
Angs is al beskryf as die ‘amptelike emosie van ons eeu’. Waar depressie eers bo-aan die lys was in terme van geestesgesondheid versteurings, het angs dit nou vervang en word dit selfs beskryf as epidemies.
|
Prof Wentzel Coetzer bied op 12 November 2024 'n aanlyn VBO-kursus met pastorale riglyne vir die hantering van angs aan.Heling en langtermyn oplossings is slegs moontlik deur middel van ʼn multidissiplinêre benadering waarvan die Pastoraat ʼn onontbeerlike komponent is – veral omdat angs so dikwels ook lei tot ʼn geloofskrisis.
|
Die oogmerk met die voorgestelde pastorale benadering in hierdie kursus is dat afgesien van moontlike psigologiese en mediese insette, angs en vrees uiteindelik vervang sal word met die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, soos beskryf deur Paulus in Filippense 4:7.
|
|
|
Ekerk Gratis Digitale Leergemeenskap
VBO: Die kerk is (nie) dood (nie)
|
|
|
|
Ekerk nooi jou uit na ons gratis digitale Learning Community op 19 November 2024. Hierdie geleentheid word as ‘n vooraf-opgeneemde video aangebied. Jy kan die video kyk op ‘n tyd wat jou pas tussen 19 November om 09:00 en 26 November om 09:00, waarna dit verwyder sal word.
|
Ons tema vir die dag is: "Die kerk is (nie) dood (nie)"
|
Hoewel sommige stemme in die media laat hoor dat die kerk besig is om te sterf, wil ons tydens hierdie Learning Community die teenoorgestelde aanmoedig: Die kerk is nie dood nie! Trouens, ons glo dit floreer.
|
David Kinnaman, uitvoerende hoof van die Barna Group en skrywer van topverkoperboeke soos Faith For Exiles, Good Faith, You Lost Me en unChristian. Hy deel sy insigte oor florerende leierskap tydens 'n onderhoud met Johan Beukes. David is ‘n toonaangewende navorser wat kerke, nie-winsgewende maatskappy en maatskappye wêreldwyd help verstaan hoe om relevant te bly te midde van verandering.
|
Stephan Joubert sal gesels oor hoe Paulus se bediening ons inspireer om ‘n lewende gemeente te wees—'n gemeente wat wegbeweeg van selfgerigtheid na God-gerigtheid.
|
Roedolf Botha sal die vraag ondersoek: Waarom floreer sommige gemeentes terwyl ander uitsterf? Hy bied waardevolle insigte oor wat 'n gemeente nodig het om in die hedendaagse uitdagings, veral in die Suid-Afrikaanse konteks, te gedy.
|
Pierre Engelbrecht gaan fokus op ‘n diepgaande bespreking oor die Kolossense brief. Hy sal fokus op hoe Paulus die gemeente in Kolosse gehelp het om vas te staan te midde van valse leringe en kulturele druk, en hoe daardie beginsels steeds relevant is vir gemeentes vandag.
|
Die video van die Learning Community sal beskikbaar wees vanaf 19 November om 09:00 en bly aktief tot 26 November om 09:00. Jy kan enige tyd binne hierdie tydperk toegang hê tot die video.
|
In samewerking met Excelsus sal hierdie leergeleentheid 5 VBO-punte toeken. Indien jy vir VBO-punte kwalifiseer, stuur ons na afloop van die geleentheid jou besonderhede aan Excelsus, wat die punte aan jou aanlyn profiel sal toeken.
|
Ons sien uit daarna om saam met jou deel te wees van hierdie leersame ervaring en om jou te inspireer oor die lewenskrag van die kerk.
|
|
|
|
|
Vakature: NGK Dordrecht
Dordrecht Gemeente is gestig in 1857 en bestaan tans uit 180 belydende lidmate en 50 dooplidmate. Die gemeente ressorteer binne die Ring van Dordrecht en die Oos-Kaap Sinode.
|
Die gemeente bely dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is, wat deur die Heilige Gees geïnspireer is. Deel van die visie van die Kerkraad is om die bediening aan ons gesinne en gemeenskap uit te bou met die oog op gemeentegroei.
Klik hier vir die volle posbekendstelling. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2024.
|
|
|
|
|
Vakature: Voltydse Leraar, Jansenville
Die NG Gemeente Jansenville stel 'n voltyds predikantspos vir 'n termyn bekend.
|
Jansenville-gemeente is in die Oos-Kaap geleë, in ’n omgewing wat die Noorsveld genoem word. Dit is 180 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) en Graaff-Reinet is 85 km verder op pad na Middelburg en Colesberg. Die gemeente bestaan uit ongeveer 209 belydende en 33 dooplidmate wat in drie plaaswyke en vyf dorpswyke woon.
Boerdery vorm die kern van ekonomiese aktiwiteit en Jansenville is ’n sleutelpunt van die wêreldwye bokhaar- (“mohair”) bedryf. Verskeie groot en klein sakeondernemings is die werkverskaffers wat in die meeste verbruikerbehoeftes voorsien.
|
Klik hier om die posbekendstelling te lees. Die sluitingsdatum is 11 Oktober 2024.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Muller, ds Christoph - 082 308 5795
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Dr Willem Wiid (emeritus) is aangestel in 'n deeltydse pos by Sydenham-gemeente.
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|
|