Grens.Pos
Jaargang 19 - Nommer 30 - 17 September 2021 - Koninkrykstyd
Beste [subscriber:firstname | default:leser],

In hierdie uitgawe

  • Nuwe Bybel-app met vier Afrikaanse vertalings, insluitend dié van 2020 - gratis
  • Moet ons kerk aanlyn bly hou, ná die pandemie?
  • Aanlyn-gesprek oor missionale kerk-wees
  • Vlak 2 en inperkingregulasies

Sakelys vir aanlyn-sinodale vergadering gepubliseer

Voorblad-web
'n Eerste is die komende aanlyn-vergadering van die Oos-Kaaplandse sinode, op 12, 19, 20, 21 Oktober 2021. Dit vind op Zoom plaas.

Die Sakelys is vandeesweek aanlyn gepubliseer en ook aan afgevaardigdes versprei. Klik hier om die sakelys te besigtig.

Daar is twee weergawes: 'n PDF-dokument wat geskik is om op 'n rekenaarskerm te lees, of op papier uit te druk.

Tweedens is die sakelys ook in 'n skermvriendelike weergawe vir selfone en tablette beskikbaar.

Toegang tot die Zoom-vergadering is slegs vir afgevaardigdes beskore. Die doel is om die integriteit van die stemprosedures te beskerm.
Besoekers kan die sinodesitting volg op die Sinode se Facebookblad by https://www.facebook.com/ooskaap.

Vlak 2 van inperking en gemeentes

level2
Pres. Ramaphosa het Sondagaand 12 September aangekondig dat ons na vlak 2 van inperking beweeg. Vir gemeentes is die belangrike reëling dat nie meer as ('n volle) 250 persone binnenshuis bymekaar mag kom nie, onderhewig aan sosiale afstand, en 500 persone buitenshuis. Vir begrafnisse geld 'n maksimum van 50 persone steeds.

Volgens die regulasies in die toepaslike staatskoerant mag persone steeds nie nader as 1.5 meter van mekaar in 'n gebou kom nie. Maskers moet die hele tyd gedra word. Dit geld alle verskynings in die openbaar, binne of buite.

Huwelike, huwelikseremonies en onthale, is toelaatbaar. Die aandklokreël moet steeds eerbiedig word, vanaf 23:00.

Gratis: Bybel-App met vier Afrikaanse Bybelvertalings

bybelapp
Die Bybelgenootskap het pas 'n Bybel-app (vir android) bekendgestel met vier Afrikaanse Bybelvertalings (insluitende die nuwe 2020-vertaling). Wanneer jy die app afgelaai het, verskaf jy jou voornaam van en e-posadres sodat die Bybelgenootskap met jou in verbinding kan tree.

Die app bevat die 2020-vertaling, die Bybel vir Almal (baie handig vir kinders), asook die 19983 en 1953-vertalings.

Ds Jan Lubbe, kerkhistorikus

Doleer: "Hoe ver kan die onsuiwerheid van 'n kerk gaan, en sy tóg ware Kerk van Christus bly?"

lubbe
Vir die huidige situasie waarin die NG Kerk haar met dolerende gemeentes bevind, mag dit help om na die historiese wortels van dié beweging te gaan kyk, sê ds Jan Lubbe vandeesweek by die Lentekonferensie van Excelsus.

Geskiedenis is altyd ’n lekker bron om na terug te gaan, sê Lubbe ter inleiding van sy voordrag, getiteld "Hoe ver kan die onsuiwerheid van die kerk gaan en sy tog ware kerk van Christus bly?" Dié titel is ontleen aan die “gewigtige woorde” van die teoloog Herman Bavinck as rektor van die Teologiese Skool in Kampen, Nederland in Desember 1888, 135 jaar gelede.

Lubbe wys uit hoe Bavinck waarsku teen geestelike hoogmoed, die trek van 'n streep deur ander oortuigings dan my eie en 'n argelose verskeuring van die kerk.

Lees gerus hoe Kerkbode hieroor berig, en kyk na Lubbe se voordrag.

1 November 2021

Moedig lidmate aan om vir plaaslike verkiesing as stemgeregtigde te registreer

stem
Dit is wesenlik belangrik dat alle stemgeregtigdes registreer om in die komende plaaslike verkiesings te kan stem. Dit is 'n mite dat die uitbring van jou stem nie 'n verskil maak nie. Om te stem is een van die belangrikste verantwoordelikhede wat kiesers in 'n demokrasie het. Dit bepaal die toekoms.

Kiesers wat reeds geregistreer is, moet hul besonderhede nagaan of opdateer. Dit moet blitsig gedoen word, want die laaste dag vir registrasie is waarskynlik 20 September 2021 (die dag waarop die verkiesing van op 1 November amptelik geproklameer word).

Klik hier om aanlyn te registreer of jou registrasie na te gaan.

Is aanlyn-kerk ná die pandemie 'n goeie ding?

riley
In hierdie kort klanksnit spreek Schaefer Riley besorgdheid uit oor die voortslepende effek wat aanlyn-kerk op die lang termyn mag hê. Aanlynkerk het sekere voordele, maar daar is baie konkrete nadele. Klik hier.

How Not to Read the Bible: An Interview with Dan Kimball

While the Bible has for centuries been called “The Good Book”—a moral and religious text that guides us into a relationship with God and shows us the right way to live—it nonetheless contains elements that can be considered disturbing and alarming. How should we make sense of these difficult passages? Bible Gateway interviewed Dan Kimball about his book, How (Not) to Read the Bible: Making Sense of the Anti-Women, Anti-Science, Pro-Violence, Pro-Slavery and Other Crazy-Sounding Parts of Scripture (Zondervan, 2021). Read the interview.

VBO: Kollig op die missionale kerk

missionalconversation

Werkswinkel oor twee dae in Gqeberha

VBO: Rasversoening begin BINNE

Rasversoening2
Rasversoening begin binne.
Introspeksie en ‘n gesonde spiritualiteit gee vir die kapasiteit om die kompleksiteite van die praktyk van versoening met vrymoedigheid en integriteit te hanteer.
Wilhelm Verwoerd fasiliteer 27 – 28 September 2021 om 09:00-16:30 ‘n werkswinkel wat op hierdie dieper aspekte van versoening fokus.
Onse Khaya Gastehuis, Somerstrand, Gqeberha
Koste: R200 p/p. Etes en verversings ingesluit.
Besprekings en navrae by Wimke Jurgens 083 4528574/wimkej@gmail.com
Die werkswinkel verdien 15 VBO-punte
Kursusgelde word in die volgende rekening inbetaal:
NG Kerk in Oos-Kaapland
ABSA 290 581 192
Verwysing: versoen + [Jou van]

Annual Lecture in ReformING Theology

You are invited to our Annual Lecture in ReformING Theology (online). Professor Doug Ottati, Craig Family Distinguished Professor of Reformed Theology and Justice (https://www.davidson.edu/people/doug-ottati), will present a lecture on 'Eccentricity, Calling, and Vocation'.

Zoomskakel: https://zoom.us/j/99840502147

VBO met Deon Loots:

Opleiding in Geestelike begeleiding

Stel jy belang om te leer hoe om mense sinvol op hulle geestelike reis te begelei, sonder die nodigheid om altyd 'n antwoord of 'n oplossing gereed te hê?

Leer die kuns van geestelike begeleiding aan. Dit rus jou toe om mense te begelei om verder na te dink oor hoe en waar God in hulle lewens aan die werk is. Die toerusting is ook van groot waarde vir jou eie geestelike groei, sowel as vir informele gesprekke met mense wat soms "moeilike vrae vra".

Kyk gerus na die volledige program deur op die skakel te klik. Daar kan jy ook hoor hoe ander die opleiding beleef het. (Meer as genoeg VBO punte vir predikante wat dit doen).

Kontak Deon Loots by 084 955 3444 of dissipel@gmail.com.

Vakature: Gemeenteleraar, NG gemeente PE-Sherwood

Die NG gemeente PE-Sherwood, ’n voorstedelike gemeente in Nelson Mandelabaai, nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir 'n voltydse predikantspos.

Profiel:
  • Die gemeente bestaan uit 1 175 belydende en 226 dooplidmate. In ons gemeente word vreemdelinge vriende en geloofsgenote.
  • Sherwood is in ’n groeiende deel van ons stad geleë met voortdurende nuwe residensiële ontwikkeling. Beide woonhuise en meenthuiskomplekse kom voor. Die gemeenskap bestaan onder meer uit ’n groot hoeveelheid jonger gesinne. Die omgewing beskik oor goeie laer- en hoërskole, met groot winkelsentrums. Lees verder
vakatures

Leraars beweeg

Ds Thania Botha is op 30 Augustus 2021 beroep as jeugleraar in 'n deeltydse onbepaalde termyn pos deur die NGK Somerstrand. Diensaanvaarding 1 Oktober 2021.
Kerkkantore word herinner om die sinodale kantoor in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter