|
|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 30 - 18 Oktober 2024
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Bedienaars: die eerste tree vir 'n geroepe lidmaat om opgelei te word vir amptelike bediening
- Leer hoe konkrete inisiatief rasseversoening kan bevorder - in jou gemeenskap
- Webinaar 2: Leer oor daardie "moeilike" kind of "vreemde: volwassene en die kerk se bediening, raak ingelig oor neurodiversiteit
- VBO: Die kerk is nie dood nie (en nog verskeie ander)
- Leraars beskikbaar vir aflospreekbeurte
- Leraars beweeg
|
|
|
|
Opgelei as Bedienaar
Die eerste stap om amptelik toegerus in die NG Kerk te kan bedien
|
|
Lidmate en kerkraadslede kan nou opgelei word om amptelik in die NG Kerk te kan bedien. Vir amptelike bediening is daar nou verskeie bane, waaronder predikant, diensleraar en ook bedienaar.
|
Om as bedienaar opgelei te word, verg twee jaar van deeltydse opleiding via die NG Kerk se Hugenote Kollege, sonder om jou huis of werkplek te ontruim. Jy kan dit aanlyn en deeltyds doen, met 'n plaaslike predikant as mentor.
|
Die Here roep mens tot bediening. Die opleiding as Bedienaar is die eerste tree wat enige geroepene kan gee om bruikbaar in bediening aangewend te kan word.
|
Bedienaars moet die Kerklike Geakkrediteerde Sertifikaat in Teologie (KAST) verwerf. Toegang hiertoe kan verkry word deur enige persoon met 'n Graad 10 (St 8) kwalifikasie. Sou jy dit voltooi, kan jy verder studeer om 'n diensleraar te word (hiervoor word 'n B.Th-graad aan die Hugenote Kollege plus kerkeie opleiding vereis, waarna jy voort kan gaan met opleiding om 'n predikant te word. Elke baan van opleiding verwerf krediete wat in die volgende baan akademiese "afslag" meebring.
|
Klik op die grafika hierbo (of op hierdie skakel) om na die bekendstelling van KAST (die bedienaar-opleiding) te kyk wat die Hugenote kollege op 17 Oktober 2024 aanlyn gehou het.
|
Klik hier om die brosjure (Geroep, Gevorm, Gestuur) te raadpleeg wat teologiese opleiding in die verskillende bane mooi uiteensit.
|
|
|
|
|
Eerste sinode 200 jaar gelede gehou
Belangrik om 200 jaar van kerk-wees te vier
|
|
|
|
Die eerste sinode van die NG Kerk het op 2 November 2024 – 200 jaar gelede – in Kaapstad byeengekom. Hierdie geleentheid word op 3 November met twee feesdienste, een in Kaapstad en een in Pretoria herdenk. Op 2 November vind ’n konferensie oor die gebeure by die kerkargief in Stellenbosch plaas terwyl ’n internasionale konferensie van 5 tot 6 November in Pretoria gehou word. ’n Mondvol om ’n sinodesitting te herdenk! Met reg vra iemand onlangs: “Is dit nou regtig nodig?” En vervolg dan: “Daar is tog seker belangriker sake waarmee die NG Kerk haarself kan besig hou!”
|
Lees hoe reageer prof Johan van der Merwe van Pretoria op hierdie vraag in Kerkbode.
|
|
|
|
|
Gedrukte Kerkbode
'n Lekkerlees samevatting van die mees geleesde stories
|
|
|
Die gedrukte Kerkbode lewer steeds 'n groot bydrae om die wiele te olie vir alles wat gratis (ons wil dit graag so hou) aanlyn beskikbaar is op ons tuisblad en toepassing. Daarom nooi Kerkbode jou en jou gemeente uit om in te teken op die gedrukte uitgawe van Kerkbode wat maandeliks in papierformaat as komplement tot al ons gratis aanlynbedrywighede by www.kerkbode.co.za verskyn.
|
Dié lekkerlees-formaat is ’n samevatting van al die mees geleesde stories van mense en gemeentes, jongste kerknuus, nuwe vakatures, amptelike skuiwe, rubrieke, boekresensies en dinkstof.
|
|
|
Teken gerus op die gedrukte Kerkbode in
|
|
|
|
|
Loerie Nartjiefees: 19 Oktober
|
|
Goeie nuus is dat die Loerie Nartjiefees weer op 19 Oktober 2024 op die bekende Nartjiefeesterrein op Loerie gehou word. Die eerste Nartjiefees is in 1994 aangebied – dieselfde jaar wat die KKNK sy ontstaan gehad het. Nartjiefees is beslis een van die oudste (indien nie oudste) gesinsfeeste in die Oos-Kaap. Behalwe 2020 en 2021 (Covidtyd) het die fees nog elke jaar plaasgevind.
|
‘n Fees wat gekenmerk word deur heerlike samesyn van vriende en familie, uitstekende kunstenaars, lekker feesatmosfeer, heerlike kos, ‘n koffiewinkel vars groente, nartjies, kindervermaak en goedgekeurde kunsmarkstalletjies. Dit alles in die pragtige Gamtoosvallei naby ons.
|
Kunstenaars wat op die Nartjiefeesverhoog gaan optree is Fatman, Chris en Elmari Brits, Dillon Lerm en Ruan van der Kuil.
|
‘n Beperkte aantal kunsmarkstalletjies is vir die publiek beskikbaar. Inskrywingsvorms vir die stalletjies is op Nartjiefees se webblad www.nartjiefees.co.za beskikbaar. Volg ons gerus ook op Nartjiefees FB. Alle navrae omtrent die fees is by 083 383 4932 of admin@nartjiefees.co.za beskikbaar.
|
Onthou die datum – 19 Oktober 2024 – Nartjiefeestyd in Loerie! Jy wil dit nie misloop nie!
|
|
|
|
|
Lindie Strydom by Kraggakamma, 20 Oktober
|
|
|
|
|
As jy moeg raak vir die lewe in die stad, breek weg Bedford toe
|
|
|
|
|
Paterson hou basaar op 26 Oktober
Hier is al die plattelandse heerlikheid wat by Paterson se basaar op 26 Oktober beleef kan word:
|
|
|
|
|
|
|
Saterdag, 23 November om 17:00 @ Hoogland
Leef jou Lied: Kamerkonsert
|
|
Leef jou Lied is pure musiekgenot vir 2 ure. Dit beloof om ʼn totale musiek belewenis te wees saam met ʼn volle simfonie orkes - met klassieke bekendes en ook VONKK musiek wat saam met ʼn massakoor gesing gaan word.
|
Leef jou Lied kaartjies beloop R80pp en beskikbaar via Quicket Kliek gerus op hierdie skakel om jou kaartjie te koop.
|
Borg jou Lied @ R300 / lied Kontak gerus vir Leandra / Annalize in Hoogland se Kerkkantoor (041 3671485) indien jy sou belangstel om ʼn lied te borg. Verwysing vir EFT Betalings is: LL & Naam + Van
|
Vir navrae kontak gerus vir Leandra Bonthuys in Hoogland se Kerkkantoor (041 3671485) of stuur ʼn WhatsAppboodskap na Hoogland se WhatsAppnormmer - 079 815 9325
|
|
|
|
|
Basaar by PE-Noord op 2 November
|
|
|
|
|
Ondersteun gesinne met moeilike kinders (en volwassenes)
|
|
|
|
Die blink idee om 'n neurodiversiteit-leergemeenskap te vorm het by ds Jan Theron van Vredenburg ontstaan. Dit gaan oor mense wie se brein anders bedraad is, maar nie daarom minder mens is nie. “Ons het besef dat neurodiversiteit juis ons elkeen aanraak en dat ons as kerk juis baie hierop moet fokus en hieroor moet gesels.
|
Gedurende die eerste webinaar het spelterapeut Lourindi Nel ‘n algemene oorsig oor neurodivergensie gegee. Daarna het gemeentedominee Michelle van Tonder van Kempton Kruin-gemeente en Karien Erasmus van Lian’s Voice Foundation gesels oor die pad wat hulle gestap het om ‘n inklusiewe bediening vir neurodivergente kinders en lidmate te skep. Van die vrae wat gevra is: Hoekom is dit belangrik in ons kerkgemeenskap? Hoe kan ons help?
|
Kyk gerus na die YouTube-opname van die eerste webinaar en dagboek dan dadelik die opvolgwebinaar op Donderdag 31 Oktober. Die vooraanstaande Kaapse ontwikkelings-pediater dr. Henriette Saunders van Butterfly Kids sal hierdie sessie lei. Kontak ds Jan Theon (besonderhede op die grafika) om deel te word van hierdie leergemeenskap.
|
|
|
|
|
VBO: The Human Bridge Project Webinar
Create activities that drive and promote racial healing throughout South Africa - 8 November
|
|
Calling all those who are passionate about Racial Healing in SA.
|
We invite you to join an exciting webinar highlighting the launch of The Human Bridge Movement whose sole aim is to create activities that drive and promote racial healing throughout South Africa.
|
Webinar Date: Friday 8th November Time: 09h00-10h30 AM
|
SA may have moved beyond apartheid, but it has not yet moved beyond racial polarisation.
|
This critical movement is based on the principles outlined in the new book, The Human Bridge – Racial Healing in SA, by Ian Fuhr and Prof Nina de Klerk. Available now.
|
The webinar will be hosted by Ian Fuhr, Nyeleti Magadze and Louise Van Rhyn and will feature influential guest speakers who will present their perspectives on racial healing.
|
The greatest gift we can give to our children and to a future South Africa is our own healing. To find out more about this vital movement and how you can contribute your skills and experience to reversing racial polarisation, register now at this link.
|
|
|
|
|
8-9 November 2024
Wêreldklas Global Leadership Summit te Jeffreysbaai
|
|
𝘿𝙞𝙚 𝙂𝙡𝙤𝙗𝙖𝙡 𝙇𝙚𝙖𝙙𝙚𝙧𝙨𝙝𝙞𝙥 𝙎𝙪𝙢𝙢𝙞𝙩 𝙞𝙨 𝙢𝙚𝙚𝙧 𝙖𝙨 𝙣𝙚𝙩 ‘𝙣 𝙠𝙤𝙣𝙛𝙚𝙧𝙚𝙣𝙨𝙞𝙚 – 𝙙𝙞𝙩 𝙞𝙨 ‘𝙣 𝙡𝙚𝙬𝙚𝙣𝙨𝙫𝙚𝙧𝙖𝙣𝙙𝙚𝙧𝙚𝙣𝙙𝙚 𝙚𝙧𝙫𝙖𝙧𝙞𝙣𝙜! Op 8 & 9 November 2024 by NG Gemeente Jeffreysbaai, Kompleks-kampus gaan ons saam met leiers regoor die wêreld inskakel om nuwe insigte, inspirasie en vaardighede te ontdek. Hier is waarom jy hierdie geleentheid nie mag misloop nie: 1. 𝙇𝙚𝙞𝙚𝙧𝙨𝙠𝙖𝙥 𝙬𝙖𝙩 𝙨𝙖𝙖𝙠 𝙢𝙖𝙖𝙠: In ‘n vinnig veranderende wêreld is die vraag na sterk leierskap groter as ooit. Die Summit gee jou praktiese gereedskap om in jou werkplek, kerk en gemeenskap ‘n verskil te maak. 2. 𝑻𝒐𝒑-𝒌𝒍𝒂𝒔 𝑺𝒑𝒓𝒆𝒌𝒆𝒓𝒔: Luister na wêreldklas sprekers wat leierskapstrategieë bied. Hul insigte sal jou uitdaag om groter drome te droom en jou roeping met passie na te jaag. 3. 𝙉𝙚𝙩𝙬𝙚𝙧𝙠 𝙢𝙚𝙩 𝙖𝙣𝙙𝙚𝙧 𝙞𝙣𝙫𝙡𝙤𝙚𝙙𝙧𝙮𝙠𝙚 𝙡𝙚𝙞𝙚𝙧𝙨: Jy word deel van ‘n dinamiese gemeenskap van leiers wat dieselfde hart het vir transformasie. Hierdie verbintenisse kan jou help om jou visie verder te neem en saam groter impak te maak. 4. 𝙃𝙚𝙧𝙡𝙖𝙖𝙞 𝙚𝙣 𝙞𝙣𝙨𝙥𝙞𝙧𝙖𝙨𝙞𝙚: Hierdie is nie net ‘n plek vir nuwe kennis nie, maar ‘n kans om jou visie en passie te hernu. Verlaat die Summit met ‘n nuwe energie en ‘n vars fokus om jou unieke roeping met vertroue te vervul. 𝗠𝗼𝗲𝗻𝗶𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿𝗱𝗶𝗲 𝗸𝗮𝗻𝘀 𝗺𝗶𝘀𝗹𝗼𝗼𝗽 𝗼𝗺 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝗹𝗲𝗶𝗲𝗿𝘀𝗸𝗮𝗽 𝘁𝗲 𝗴𝗿𝗼𝗲𝗶 𝗻𝗶𝗲! 𝗗𝗶𝗲 𝗚𝗹𝗼𝗯𝗮𝗹 𝗟𝗲𝗮𝗱𝗲𝗿𝘀𝗵𝗶𝗽 𝗦𝘂𝗺𝗺𝗶𝘁 𝗶𝘀 𝘄𝗮𝗮𝗿 𝘃𝗲𝗿𝗮𝗻𝗱𝗲𝗿𝗶𝗻𝗴 𝗯𝗲𝗴𝗶𝗻 – 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂, 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝘀𝗽𝗮𝗻, 𝗲𝗻 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝘄ê𝗿𝗲𝗹𝗱.
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO 12 November
Angs as die nuwe depressie - pastorale riglyne
Angs is al beskryf as die ‘amptelike emosie van ons eeu’. Waar depressie eers bo-aan die lys was in terme van geestesgesondheid versteurings, het angs dit nou vervang en word dit selfs beskryf as epidemies.
|
Prof Wentzel Coetzer bied op 12 November 2024 'n aanlyn VBO-kursus met pastorale riglyne vir die hantering van angs aan.Heling en langtermyn oplossings is slegs moontlik deur middel van ʼn multidissiplinêre benadering waarvan die Pastoraat ʼn onontbeerlike komponent is – veral omdat angs so dikwels ook lei tot ʼn geloofskrisis.
|
Die oogmerk met die voorgestelde pastorale benadering in hierdie kursus is dat afgesien van moontlike psigologiese en mediese insette, angs en vrees uiteindelik vervang sal word met die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, soos beskryf deur Paulus in Filippense 4:7.
|
|
|
Ekerk Gratis Digitale Leergemeenskap
VBO: Die kerk is (nie) dood (nie)
|
|
|
|
Ekerk nooi jou uit na ons gratis digitale Learning Community op 19 November 2024. Hierdie geleentheid word as ‘n vooraf-opgeneemde video aangebied. Jy kan die video kyk op ‘n tyd wat jou pas tussen 19 November om 09:00 en 26 November om 09:00, waarna dit verwyder sal word.
|
Ons tema vir die dag is: "Die kerk is (nie) dood (nie)"
|
Hoewel sommige stemme in die media laat hoor dat die kerk besig is om te sterf, wil ons tydens hierdie Learning Community die teenoorgestelde aanmoedig: Die kerk is nie dood nie! Trouens, ons glo dit floreer.
|
David Kinnaman, uitvoerende hoof van die Barna Group en skrywer van topverkoperboeke soos Faith For Exiles, Good Faith, You Lost Me en unChristian. Hy deel sy insigte oor florerende leierskap tydens 'n onderhoud met Johan Beukes. David is ‘n toonaangewende navorser wat kerke, nie-winsgewende maatskappy en maatskappye wêreldwyd help verstaan hoe om relevant te bly te midde van verandering.
|
Stephan Joubert sal gesels oor hoe Paulus se bediening ons inspireer om ‘n lewende gemeente te wees—'n gemeente wat wegbeweeg van selfgerigtheid na God-gerigtheid.
|
Roedolf Botha sal die vraag ondersoek: Waarom floreer sommige gemeentes terwyl ander uitsterf? Hy bied waardevolle insigte oor wat 'n gemeente nodig het om in die hedendaagse uitdagings, veral in die Suid-Afrikaanse konteks, te gedy.
|
Pierre Engelbrecht gaan fokus op ‘n diepgaande bespreking oor die Kolossense brief. Hy sal fokus op hoe Paulus die gemeente in Kolosse gehelp het om vas te staan te midde van valse leringe en kulturele druk, en hoe daardie beginsels steeds relevant is vir gemeentes vandag.
|
Die video van die Learning Community sal beskikbaar wees vanaf 19 November om 09:00 en bly aktief tot 26 November om 09:00. Jy kan enige tyd binne hierdie tydperk toegang hê tot die video.
|
In samewerking met Excelsus sal hierdie leergeleentheid 5 VBO-punte toeken. Indien jy vir VBO-punte kwalifiseer, stuur ons na afloop van die geleentheid jou besonderhede aan Excelsus, wat die punte aan jou aanlyn profiel sal toeken.
|
Ons sien uit daarna om saam met jou deel te wees van hierdie leersame ervaring en om jou te inspireer oor die lewenskrag van die kerk.
|
|
|
|
|
Vakature: NGK Dordrecht
Dordrecht Gemeente is gestig in 1857 en bestaan tans uit 180 belydende lidmate en 50 dooplidmate. Die gemeente ressorteer binne die Ring van Dordrecht en die Oos-Kaap Sinode.
|
Die gemeente bely dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is, wat deur die Heilige Gees geïnspireer is. Deel van die visie van die Kerkraad is om die bediening aan ons gesinne en gemeenskap uit te bou met die oog op gemeentegroei.
Klik hier vir die volle posbekendstelling. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2024.
|
|
|
|
|
Vakature: NGK Louis Trichardt
Die gemeente beskik oor 'n vakature vir ’n voltydse gelegitimeerde NG leraar wat geroepe is om die kerkraad en gemeente te help om hulle doel uit te leef in lyn met die aanvaarde visie van die gemeente. Sluitingsdatum: Donderdag 31 Oktober 2024. Klik hier om die posbekendstelling te lees.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Muller, ds Christoph - 082 308 5795
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Mardi Badenhorst van Carnarvon is na die NG Gemeente Humansdorp-Oos beroep.
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|