|
|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 31 - 25 Oktober 2024
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Wolkomberse uit NG ramphulp verdryf die nat en koue
- Reeks: "Ontmoet die heiliges" - verhale van toewyding aan die Here
- Leraars beskikbaar vir aflospreekbeurte
- Leraars beweeg
|
|
|
|
Wolkomberse uit rampfondse gebrei bring troos vir vloedslagoffers
|
|
Natasha en Margaret van Wyk 39 se ramphulpversamelpunt neem wolkomberse in ontvangs wat met NG gemeentes se ramphulp gebrei is
|
Port Elizabeth en Uitenhage het die afgelope week onder swaar reëns en vloedwater deurgeloop. Dit skaars vier maande na die vorige wegspoelery. Verskeie gemeenskappe is swaar getref en het hulp benodig.
|
Met Junie se vloede het Sinode Oos-Kaapland bolle wol op uitverkoping gekoop en die breiklub vir bejaardes, Teddies for Tiny Tots, gevra om wolkomberse te breivir die volgende ronde van vloede. Ons het die pragtigste komberse gekry. Die bejaarde breiers het van oor tot oor geglimlag. Vir hulle gee dit betekenis en waarde om 'n bydrae met hulle vlytige vingers vir rampslagoffers te lewer. Hulle geesdrif is aansteeklik.
|
Min het ons geweet hoe gou die pragtige wolkomberse nodig gaan wees. Na vandeesweek se vloed het ons die by Munisipale Wyk 39 se kantore, 'n versamelpunt vir ramphulp, gaan aflewer. Ons gebede en beste wense vergesel elkeen wat besittings en huisvesting met die jongste vloede verloor het. Mag die hitte en beskerming van 'n wolkombers julle herinnering aan die liefde van ons Heer.
|
|
|
|
|
Dr Lisel Joubert
Ontmoetings met Heiliges
|
|
Dr Lisel Joubert het vanjaar 'n besondere vier heiliges uit die kerkgeskiedenis aan Afrikaanse gelowiges bekendgestel. Dit help ons in 'n tyd waarin geloofsbelewing en geloofsgroei as vrug op God se genadewerk in ons weer opleef.
|
In ons tyd groei waardering vir die Bybelse motief van stil word voor die Here en die oordenking van God se grootheid en nabyheid in Christus deur die Gees toenemend. Hierdie reeks help ons verstaan hoe hierdie motiewe deur die eeue gelowiges diep beïnvloed het.
|
Die reeks is nou voltooi en die vier aanbiedings is op Youtube beskikbaar. Kyk dit gerus en word verryk:
Brigid van Kildare
|
Stuur gerus 'n e-pos na die sinodale kantoor sodat ons vir jou VBO-punte kan laai vir elke bydrae waarna jy gekyk het.
|
|
|
|
Nuwe publikasie deur Carel Anthonissen
Stil-weg: gedagtes oor stilte en vertroue
Stil-weg, gedagtes oor stilte en vertroue is veel meer as ‘n gewone “dagstukkie-boek”. Dit is ‘n keurige samestelling van meditasies oor die belang van stilte en vertroue in ons op weg-wees deur die lewe. Diepsinnig word hier nagedink oor die geheimenis van God, die liefde, geleefde geloof, gemeenskap, gebed, hoop en geregtigheid. Dit gee raad oor retraites, die kuns van stil-word en geestelike begeleiding. Dit vier die ryke skoonheid van musiek, beeldende kuns, poësie en prosa, en veral ook die natuur, want in dit alles sien, hoor, ruik, proe en voel ons die heerlikheid van God. Die bundel bevat pragtige gedigte deur die outeur self, asook skakels na besonderse musiek wat pas by die oordenkingstemas. Elke nuwe afdeling word ingelui met ‘n foto van mistieke eenvoud.
|
Carel Anthonissen is ‘n deurleefde teoloog, ‘n kundige skrywer, ‘n deernisvolle waarnemer wat hom lewenslank gewy het aan die noue band tussen ‘n kontemplatiewe spiritualiteit en ‘n aktiewe betrokkenheid by die heling van gebroke mense en -verhoudinge in ‘n stukkende wêreld. Die boek word aanbeveel vir almal wat hul lewensreis stil-weg, al vertrouend, wil bewandel.
|
|
|
|
|
Ons vier Hervormingsfees op 27 Oktober
|
|
Protestante, waaronder Gereformeerde Kerke, vier die groot Kerkhervorming op die Sondag naaste aan 31 Oktober, die dag waarop Martin Luther in 1517 sy 95 stellings op die kasteelkerk in Wittenberg se deur vasgespyker het. Hierdie protes het tot die kerkhervorming gelei waaruit onder meer ook die NG Kerk gebore is.
|
Luther se herontdekking van God se regverdiging het ’n enorme impak gehad in ’n tyd toe mense verteer is deur hul angs weens die oordele van God. Met die Reformasie kom daar ’n boodskap van vryspraak – ’n boodskap dat God ons vryspreek omdat ons die leë hande van geloof uitsteek om die vryspraak te ontvang.
|
Tydens die viering van 500 jaar van Reformasie in 2017 is die VONKK-lied 341 deur ds Hannes van der Merwe geskryf. Die woorde eggo die 5 sola's waarvoor die Reformasie bekend gerword het: Sola Scriptura (alleen die Skrif); Sola gratia (genade alleen); Sola fide (geloof alleen), Solus Christus (Christus alleen) en Soli Deo gloria (slegs die eer van God). Hier is die woorde van VONKK 341:
|
Sola Scriptura! God se Woord is deur die Gees geïnspireer. Geen mensewoord, geen kerkgesag kan God se wil so aan ons leer. Ons glo uit God se Woord vloei God se redding voort. Hy openbaar sy wil en hoe ons dit vervul. Sola Scriptura, net sy Woord.
|
Dis Sola Gratia, net alleen genade wat ’n sondaar red. Geen mens sal dit ooit kan verdien deur onderhouding van die wet. Hoe hard ons self probeer, ons faal maar telkens weer. Geen mens uit eie krag kan redding ooit vermag – net sy genade kan my red!
|
Sola Fide! Dis net geloof waardeur ons redding kan verkry. Niks wat ons doen, niks wat ons gee, kan ons voor God regverdig maak. Die Gees werk deur die Woord en bring geloof so voort; genade word ons deel, gebrokenheid word heel; dit deur geloof – Sola Fide!
|
Net Jesus Christus, Hy alleen kan intree as ons Middelaar. Net Hy alleen betaal die prys – ons buig voor Hom, ons Voorspraak, neer. Geen sonde wat ek doen, sal Hy nie kan versoen. Geen offer wat ek gee, maak ooit sy liefde meer. Net Solus Christus! Hy alleen!
|
Ons eer U, Vader, as ons God wat deur die Woord in ons wil werk. Ons prys u Naam, besing u Seun. U Gees maak van ons God se kerk. Soos wat die Woord ons leer, besing ons keer op keer, met eerbied en ontsag, die grootheid van u mag. Sing: Soli Deo Gloria!
|
Vier Hervormingsondag met kinders
|
Op die DinkJeug Podsending vertel Tilana Meyer-Morkel met oulike idees hoe mens met kinders die Hervorming kan vier - klik hier.
|
Internasionale Gereformeerde viering
|
Belangstellendes kan ook inskakel by die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke se wêreldwye viering van Hervormingsondag deur middel van 'n aanlyn erediens wat uit die Kaaimaneilande gestroom word. Dit vind op 27 Oktober van (Amerikaanse tyd, EDT) 17:00-18:00 plaas, oftewel 23:00 SA-tyd. Klik hier vir meer inligting.
|
|
|
|
|
Wenke en Liturgiese riglyne
Vier Hervormingsondag en 200 jaar van kerk-wees op 27 Oktober
Hervormingsondag is ook 'n geleentheid om 200 jaar van selfstandige kerk-wees te vier, 200 jaar sedert die eerste algemene kerklike vergadering van 1824 in Kaapstad.
|
Ds Jan Lubbe, voorsitter van die NG Kerk se algemene sinodale moderamen, het 'n liturgiese riglyn vir 27 Oktober (of 3 November, as gemeentes dit so verkies) ontwikkel.
|
|
|
2024 merk ’n besondere mylpaal in ons kerklike geskiedenis: Twee eeue van selfstandige kerkwees in Suider-Afrika sedert die eerste Algemene Kerkvergadering (AKV) in 1824 in Kaapstad plaasgevind het.
Terselfdertyd is dit nou reeds 90 jaar sedert die eerste Psalm- en Gesangeboek in Afrikaans op Hervormingsondag 1934 in gebruik geneem is. Ons vier dus die Kerk se reformatoriese erfenis, die Kerk se wortels in Afrika en die Kerk se lied in Afrikaans. ’n Gesamentlike herdenking op Hervormingsondag, 27 Oktober 2024, bied aan ons ’n unieke geleentheid om ons gedeelde geskiedenis en onderlinge geloofsverbondenheid te bevestig. Ons kan ons geloofsgemeenskap hier in Suid-Afrika vier en die eenheid wat ons bely, sigbaar maak deur saam te aanbid.
Met dié doel voor oë bied ons graag aan kerkrade en predikante ’n liturgiese voorstel vir die inrigting van plaaslike eredienste op Hervormingsondag. Die liturgie bied ruimte vir liturge om na gelang van hul plaaslike omstandighede een van die verskillende opsies te kies óf om die liturgie self aan te pas.
|
|
|
|
Gedenkdienste vir 200 jaar van selfstandige kerk-wees, 3 November
|
|
|
|
Twee spesiale gedenkdienste vir die 200-jarige herdening van die eerste Algemene Kerkvergadering vind op 3 November 2024 plaas in die Groote Kerk in Kaapstad, 15:00, en om 16:00 in die Hervormde Kerk Pretoria-Oos. Die eredienste word onderskeidelik gelei deur die voorsitters van die Algemene Sinode Moderamen (NGK) en Algemene Kerkvergadering (NHKA). Beide eredienste sal ook direk gestroom word sodat lidmate regoor die land daarin kan deel.
|
Oor die naweek van 1 tot 3 November word ook verskeie ander vieringe aangebied. 'n Koffietafel-gedenkboek word op 1 November gehou, en 'n konferensie oor 200 jaar van kerk-wees op 2 November by die Kerkargief te Stellenbosch. Klik hier vir meer besonderhede.
|
|
|
|
|
Konferensie vier 200 jaar van kerk-wees
Program vir Kerk-wees 200, Pretoria, 5-6 November 2024
|
|
|
'n Konferensie om die 200 jaar van kerk-wees sedert die eerste Sinode in 1824 te vier, word van 5-6 November 2024 in Pretoria gehou.
|
Van die bekende sprekers sluit prof Leo Koffeman (afgterede professor in kerkreg, uit Nederland), dr Gustav Claassen (voorheen algemene sekretaris), prof Johan van der Merwe (Universiteit van Pretoria) en ds Jan Lubbe (moderator van die jongste algemene sinode).Een van die voordragte vra die belangrike vraag: Waarvoor hoop ons in 2024?
|
|
|
|
|
Belang en Rol van Kommissies vir Diensverhoudinge in gemeentes
Op die onlangse vergadering van die Algemene Taakspan Predikantesake het regsgeleerder Willie Hills 'n inset oor kommissies vir diensverhoudinge gelewer het. Wat is Diensverhoudinge? Waarom is dit belangrik? Hoe funksioneer dit optimaal?
|
|
|
|
|
Aflewering op 27 November in die Baai
Bestel lamsvleis van Somerset-Oos
|
|
|
|
|
As jy moeg raak vir die lewe in die stad, breek weg Bedford toe
|
|
|
|
|
Saterdag, 23 November om 17:00 @ Hoogland
Leef jou Lied: Kamerkonsert
|
|
Leef jou Lied is pure musiekgenot vir 2 ure. Dit beloof om ʼn totale musiek belewenis te wees saam met ʼn volle simfonie orkes - met klassieke bekendes en ook VONKK musiek wat saam met ʼn massakoor gesing gaan word.
|
Leef jou Lied kaartjies beloop R80pp en beskikbaar via Quicket Kliek gerus op hierdie skakel om jou kaartjie te koop.
|
Borg jou Lied @ R300 / lied Kontak gerus vir Leandra / Annalize in Hoogland se Kerkkantoor (041 3671485) indien jy sou belangstel om ʼn lied te borg. Verwysing vir EFT Betalings is: LL & Naam + Van
|
Vir navrae kontak gerus vir Leandra Bonthuys in Hoogland se Kerkkantoor (041 3671485) of stuur ʼn WhatsAppboodskap na Hoogland se WhatsAppnormmer - 079 815 9325
|
|
|
|
|
Ondersteun gesinne met moeilike kinders (en volwassenes)
|
|
|
|
Die blink idee om 'n neurodiversiteit-leergemeenskap te vorm het by ds Jan Theron van Vredenburg ontstaan. Dit gaan oor mense wie se brein anders bedraad is, maar nie daarom minder mens is nie. “Ons het besef dat neurodiversiteit juis ons elkeen aanraak en dat ons as kerk juis baie hierop moet fokus en hieroor moet gesels.
|
Gedurende die eerste webinaar het spelterapeut Lourindi Nel ‘n algemene oorsig oor neurodivergensie gegee. Daarna het gemeentedominee Michelle van Tonder van Kempton Kruin-gemeente en Karien Erasmus van Lian’s Voice Foundation gesels oor die pad wat hulle gestap het om ‘n inklusiewe bediening vir neurodivergente kinders en lidmate te skep. Van die vrae wat gevra is: Hoekom is dit belangrik in ons kerkgemeenskap? Hoe kan ons help?
|
Kyk gerus na die YouTube-opname van die eerste webinaar en dagboek dan dadelik die opvolgwebinaar op Donderdag 31 Oktober. Die vooraanstaande Kaapse ontwikkelings-pediater dr. Henriette Saunders van Butterfly Kids sal hierdie sessie lei. Kontak ds Jan Theon (besonderhede op die grafika) om deel te word van hierdie leergemeenskap.
|
|
|
|
|
VBO: The Human Bridge Project Webinar
Create activities that drive and promote racial healing throughout South Africa - 8 November
|
|
|
|
|
8-9 November 2024
Wêreldklas Global Leadership Summit te Jeffreysbaai
|
Calling all those who are passionate about Racial Healing in SA.
|
We invite you to join an exciting webinar highlighting the launch of The Human Bridge Movement whose sole aim is to create activities that drive and promote racial healing throughout South Africa.
|
Webinar Date: Friday 8th November Time: 09h00-10h30 AM
|
SA may have moved beyond apartheid, but it has not yet moved beyond racial polarisation.
|
This critical movement is based on the principles outlined in the new book, The Human Bridge – Racial Healing in SA, by Ian Fuhr and Prof Nina de Klerk. Available now.
|
The webinar will be hosted by Ian Fuhr, Nyeleti Magadze and Louise Van Rhyn and will feature influential guest speakers who will present their perspectives on racial healing.
|
The greatest gift we can give to our children and to a future South Africa is our own healing. To find out more about this vital movement and how you can contribute your skills and experience to reversing racial polarisation, register now at this link.
|
|
|
𝘿𝙞𝙚 𝙂𝙡𝙤𝙗𝙖𝙡 𝙇𝙚𝙖𝙙𝙚𝙧𝙨𝙝𝙞𝙥 𝙎𝙪𝙢𝙢𝙞𝙩 𝙞𝙨 𝙢𝙚𝙚𝙧 𝙖𝙨 𝙣𝙚𝙩 ‘𝙣 𝙠𝙤𝙣𝙛𝙚𝙧𝙚𝙣𝙨𝙞𝙚 – 𝙙𝙞𝙩 𝙞𝙨 ‘𝙣 𝙡𝙚𝙬𝙚𝙣𝙨𝙫𝙚𝙧𝙖𝙣𝙙𝙚𝙧𝙚𝙣𝙙𝙚 𝙚𝙧𝙫𝙖𝙧𝙞𝙣𝙜! Op 8 & 9 November 2024 by NG Gemeente Jeffreysbaai, Kompleks-kampus gaan ons saam met leiers regoor die wêreld inskakel om nuwe insigte, inspirasie en vaardighede te ontdek. Hier is waarom jy hierdie geleentheid nie mag misloop nie: 1. 𝙇𝙚𝙞𝙚𝙧𝙨𝙠𝙖𝙥 𝙬𝙖𝙩 𝙨𝙖𝙖𝙠 𝙢𝙖𝙖𝙠: In ‘n vinnig veranderende wêreld is die vraag na sterk leierskap groter as ooit. Die Summit gee jou praktiese gereedskap om in jou werkplek, kerk en gemeenskap ‘n verskil te maak. 2. 𝑻𝒐𝒑-𝒌𝒍𝒂𝒔 𝑺𝒑𝒓𝒆𝒌𝒆𝒓𝒔: Luister na wêreldklas sprekers wat leierskapstrategieë bied. Hul insigte sal jou uitdaag om groter drome te droom en jou roeping met passie na te jaag. 3. 𝙉𝙚𝙩𝙬𝙚𝙧𝙠 𝙢𝙚𝙩 𝙖𝙣𝙙𝙚𝙧 𝙞𝙣𝙫𝙡𝙤𝙚𝙙𝙧𝙮𝙠𝙚 𝙡𝙚𝙞𝙚𝙧𝙨: Jy word deel van ‘n dinamiese gemeenskap van leiers wat dieselfde hart het vir transformasie. Hierdie verbintenisse kan jou help om jou visie verder te neem en saam groter impak te maak. 4. 𝙃𝙚𝙧𝙡𝙖𝙖𝙞 𝙚𝙣 𝙞𝙣𝙨𝙥𝙞𝙧𝙖𝙨𝙞𝙚: Hierdie is nie net ‘n plek vir nuwe kennis nie, maar ‘n kans om jou visie en passie te hernu. Verlaat die Summit met ‘n nuwe energie en ‘n vars fokus om jou unieke roeping met vertroue te vervul. 𝗠𝗼𝗲𝗻𝗶𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿𝗱𝗶𝗲 𝗸𝗮𝗻𝘀 𝗺𝗶𝘀𝗹𝗼𝗼𝗽 𝗼𝗺 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝗹𝗲𝗶𝗲𝗿𝘀𝗸𝗮𝗽 𝘁𝗲 𝗴𝗿𝗼𝗲𝗶 𝗻𝗶𝗲! 𝗗𝗶𝗲 𝗚𝗹𝗼𝗯𝗮𝗹 𝗟𝗲𝗮𝗱𝗲𝗿𝘀𝗵𝗶𝗽 𝗦𝘂𝗺𝗺𝗶𝘁 𝗶𝘀 𝘄𝗮𝗮𝗿 𝘃𝗲𝗿𝗮𝗻𝗱𝗲𝗿𝗶𝗻𝗴 𝗯𝗲𝗴𝗶𝗻 – 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂, 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝘀𝗽𝗮𝗻, 𝗲𝗻 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝘄ê𝗿𝗲𝗹𝗱.
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO 12 November
Angs as die nuwe depressie - pastorale riglyne
Angs is al beskryf as die ‘amptelike emosie van ons eeu’. Waar depressie eers bo-aan die lys was in terme van geestesgesondheid versteurings, het angs dit nou vervang en word dit selfs beskryf as epidemies.
|
Prof Wentzel Coetzer bied op 12 November 2024 'n aanlyn VBO-kursus met pastorale riglyne vir die hantering van angs aan.Heling en langtermyn oplossings is slegs moontlik deur middel van ʼn multidissiplinêre benadering waarvan die Pastoraat ʼn onontbeerlike komponent is – veral omdat angs so dikwels ook lei tot ʼn geloofskrisis.
|
Die oogmerk met die voorgestelde pastorale benadering in hierdie kursus is dat afgesien van moontlike psigologiese en mediese insette, angs en vrees uiteindelik vervang sal word met die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, soos beskryf deur Paulus in Filippense 4:7.
|
|
|
Ekerk Gratis Digitale Leergemeenskap
VBO: Die kerk is (nie) dood (nie)
|
|
|
|
Ekerk nooi jou uit na ons gratis digitale Learning Community op 19 November 2024. Hierdie geleentheid word as ‘n vooraf-opgeneemde video aangebied. Jy kan die video kyk op ‘n tyd wat jou pas tussen 19 November om 09:00 en 26 November om 09:00, waarna dit verwyder sal word.
|
Ons tema vir die dag is: "Die kerk is (nie) dood (nie)"
|
Hoewel sommige stemme in die media laat hoor dat die kerk besig is om te sterf, wil ons tydens hierdie Learning Community die teenoorgestelde aanmoedig: Die kerk is nie dood nie! Trouens, ons glo dit floreer.
|
David Kinnaman, uitvoerende hoof van die Barna Group en skrywer van topverkoperboeke soos Faith For Exiles, Good Faith, You Lost Me en unChristian. Hy deel sy insigte oor florerende leierskap tydens 'n onderhoud met Johan Beukes. David is ‘n toonaangewende navorser wat kerke, nie-winsgewende maatskappy en maatskappye wêreldwyd help verstaan hoe om relevant te bly te midde van verandering.
|
Stephan Joubert sal gesels oor hoe Paulus se bediening ons inspireer om ‘n lewende gemeente te wees—'n gemeente wat wegbeweeg van selfgerigtheid na God-gerigtheid.
|
Roedolf Botha sal die vraag ondersoek: Waarom floreer sommige gemeentes terwyl ander uitsterf? Hy bied waardevolle insigte oor wat 'n gemeente nodig het om in die hedendaagse uitdagings, veral in die Suid-Afrikaanse konteks, te gedy.
|
Pierre Engelbrecht gaan fokus op ‘n diepgaande bespreking oor die Kolossense brief. Hy sal fokus op hoe Paulus die gemeente in Kolosse gehelp het om vas te staan te midde van valse leringe en kulturele druk, en hoe daardie beginsels steeds relevant is vir gemeentes vandag.
|
Die video van die Learning Community sal beskikbaar wees vanaf 19 November om 09:00 en bly aktief tot 26 November om 09:00. Jy kan enige tyd binne hierdie tydperk toegang hê tot die video.
|
In samewerking met Excelsus sal hierdie leergeleentheid 5 VBO-punte toeken. Indien jy vir VBO-punte kwalifiseer, stuur ons na afloop van die geleentheid jou besonderhede aan Excelsus, wat die punte aan jou aanlyn profiel sal toeken.
|
Ons sien uit daarna om saam met jou deel te wees van hierdie leersame ervaring en om jou te inspireer oor die lewenskrag van die kerk.
|
|
|
|
|
Vakature: NGK Dordrecht
Dordrecht Gemeente is gestig in 1857 en bestaan tans uit 180 belydende lidmate en 50 dooplidmate. Die gemeente ressorteer binne die Ring van Dordrecht en die Oos-Kaap Sinode.
|
Die gemeente bely dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is, wat deur die Heilige Gees geïnspireer is. Deel van die visie van die Kerkraad is om die bediening aan ons gesinne en gemeenskap uit te bou met die oog op gemeentegroei.
Klik hier vir die volle posbekendstelling. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2024.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Muller, ds Christoph - 082 308 5795
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Mardi Badenhorst van Carnarvon het die beroep na die NG Gemeente Humansdorp-Oos aanvaar.
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|
|