|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 5 - 14 Februarie 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Selfbesering by tieners - waarom en wat gedoen kan word
- Hoe sterk is die onderlinge bande in ons samelewing? Beter nuus as verwag
- VBO: ChatGPT en die predikant se bediening, en nog meer leergeleenthede
- Verjaarsdagmaats in Februarie
- Leraars beweeg
|
|
|
|
Self-besering by tieners: 'n dikwels verborge stryd
|
|
Doen jou tiener die volgende:
|
- Vermy aktiwiteite waar hul bene, arms of bolyf gesien kan word?
- Dra klere wat hul bene en arms bedek, selfs in warm weer?
- Wys tekens van pyn of trek weg wanneer hul arms, bene of bolyf aangeraak word?
- Steek voorwerpe soos skeerlemmetjies of aanstekers weg?
- Kan nie behoorlik verduidelik waar snye, brandwonde of beserings vandaan kom nie?
Hierdie gedrag mag 'n teken wees van doelbewuste selfbesering. Waar kom dit vandaan? Is daar hulp? Wat en hoe? Lees verder.
|
|
|
|
|
Meting van sosiale kohesie:
Verslag: Hoe sterk is onderlinge verbondenheid in Suid-Afrika?
|
|
Op die oomblik lyk dit - as mens politici kan glo - of daar toenemende rassespanning in ons land voorkom. 'n Onlangse ondersoek na sosiale kohesie lewer bemoedigende resultate op en beskryf die uitdagings.
|
Die Suid-Afrikaanse Sosiale Kohesie-indeks (SASCI) meet die welstand en samehorigheid van die samelewing. Die doel van die ondersoek is om sosiale kohesie in Suid-Afrika te evalueer en beter te verstaan hoe gemeenskappe saam funksioneer. Die studie word deur die Inclusive Society Institute (ISI) gedryf, met die oog op die bevordering van 'n nierassige, nie-seksistiese en regverdige samelewing. Dit beklemtoon ook …
|
|
|
|
|
|
Vuur en vlam wys hoe landbouers kan saamstaan!
Elsje Büchner vertel hoe 'n brand op 'n Paterson-plaas ons help nadink oor 'n Geesgedrewe lewe wat ene vuur en vlam is:
|
vuur, (s), vure. 1. Vlam, hitte en lig as gevolg van brand. 2. Geesdrif, emosie, gevoel; iemand is vuur en VLAM, iemand is baie geesdriftig; VOL vuur wees oor, entoesiasties wees oor.
|
Vurig, -e; -er, -ste. 1. Vonkelend, gloeiend, brandend. 2. Hartstogtelik. 3. Lewendig, ywerig; vurigheid. Geen ROOK sonder vuur, waar 'n ROKIE is, moet 'n vuurtjie wees, geen gevolg sonder oorsaak nie, geen gerug, praatjie sonder 'n kern van waarheid nie; alles het 'n oorsaak.
|
Dit was 'n warm Desembermiddag. Die plaas se inwoners was 'n bietjie aan't rus ná 'n bedrywige oggend. 'n Buurman skakel besorg: "Is alles reg? Ons sien rook daar in die rigting van julle huis."
|
'n Rustige slapie word 'n nagmerrie toe die boer na buite kyk. Die gras rondom die huis en store brand.
|
Die bos in die omgewing van Paterson en Alicedale in die Oos-Kaap brand nie juis nie. Die gemeenskap in die omgewing is nie vir brande gerat soos in dele van die land waar veldbrande gereeld in die droë maande voorkom nie. Hier is nie opgeleide brandspanne, groot brandweervanes of helikopters wat water kan skep en gooi nie.
|
Maar hier is mense wat vuur en vlam is.
|
Binne 'n halfuur (dit is immers nie die stad nie, afstande is verder) skarrel die werf van bakkies en boere. Vuurblussers word daar en dan uit pale en rubbermatte gemaak.
|
Die grootste en gevaarlikste vlamme word eerste getakel. Nóg mense kom sit hand by. Jong manne en vroue, ouer manne en vroue. Studente, veldwagters, boere, boerevroue.
|
Twee vroue stop en laaf die vuurslaners met koue water. 'n Handige boer herstel die gesmelte waterpype van die watertenks na die opstal.
|
Na drie uur is die vlamme onder beheer.
|
Die huis en opstal is veilig. Die skade is beperk tot 'n klompie voerbale wat vir droogtetye gestoor was.
|
Swart van die roet met gesigte en arms rooi van die vlamhitte skuld almal blad en keer huiswaarts.
|
Die wêreld ruik na roet en die gesin bid dankbaar. Dit kon soveel erger gewees het as die buurman nie die rook opgemerk het nie, as die gemeenskap sou dink "ag iemand anders sal help", as oud en jonk sou dink "ek is nie nou lus nie" of "dit is hulle probleem".
|
Vuur is in meer as een opsig 'n warm woord. Vuur is meer as vlamme. Vuur is emosie en geesdrif.
|
In die Bybel is daar verskillende vure. Vuur maak warm. Vuur maak kos gaar. Vuur brand offers. Vuur kan seermaak. Vuur is skerp woorde. Vuur suiwer en toets. Vuur brand van God se teenwoordigheid. Vuur sê dat die Heilige Gees aan die werk is.
|
Die Gees vra dus van ons dat ons vuur en vlam in ons dienswerk moet wees.
|
Diensbaarheid is soms morsig. Diensbaarheid is soms ongemaklik. Diensbaarheid vra dat ons moet opstaan en ry. Diensbaarheid vra opoffering. Diensbaarheid vra nie vrae nie. Diensbaarheid is soms ook gevaarlik. Diensbaarheid is bereid om klein en groot vure te blus. Diensbaarheid is entoesiasties. Diensbaarheid is spanwerk.
|
Diensbaarheid maak kreatiewe planne. Diensbaarheid is leerbaar. Diensbaarheid is Geesgedrewe. Diensbaarheid doen ongesiens, stil-stil en sonder groot onthaal. Diensbaarheid is opgewonde oor goeie uitkomste.
|
In 2025 het ons gemeenskappe nodig wat vuur en vlam is!
|
Hierdie artikel het eers in Plus50 verskyn. Dr Elsje Büchner is die predikant van Dordrecht-gemeente.
|
|
|
Wêreldbiddag vir Vroue - 7 Maart
U het my wonderbaarlik gemaak
|
|
|
Die Wêreldbiddag vir Vroue word vanjaar op 7 Maart 2025 gehou.
|
Vanjaar se tema is Psalm 13:14: "Ek prys U omdat ek op 'n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is."
|
|
|
|
|
Bespreek jou tafel
Parkheuwel-gemeente hou Entrepreneursdag
|
|
Teen R200 per tafel met die winste in jou sak, is Parkheuwel se Enterpreneursdag 'n gulde geleentheid. Die gemeente is in Poplarstraat, Steytler in die Baai geleë.
|
|
|
|
|
|
|
Video-opname
Mentorskap in die NG Kerk vandag
'n Aanlyn gesprek oor mentorskap in die NG Kerk het op 28 Januarie plaasgevind. Dit was uiters leersaam, met onderhoude met onder meer prof Marius Nel en dr Johan van den Heever. Johan het 'n uiters bruikbare publikasie oor mentorskap die lig laat sien.
|
Daar is ook heelwat bruikbare hulpmiddele gedeel. Aan die begin van die video verskyn 'n QR-kode wat jou na die brondokumente neem, maar jy kan ook hier klik vir die bronne.
|
|
|
|
|
Aanlyn webinaar
Roetemerkers vir etiek in die 21ste eeu (21 Februarie)
|
|
|
|
Die wêreld is besig om blitsvinnig te verander – so vinnig dat dit vir ons ʼn uitdaging is om na te dink oor die wyse waarop ons behoort te reageer en op te tree. Hierdie pas van verandering gaan gepaard met toenemende polarisering ten opsigte van verskeidenheid: verskeidenheid van die mensdom en ʼn verskeidenheid van opinies en perspektiewe. Onverdraagsaamheid en ʼn gebrek aan ʼn konsekwente etiese besluitnemingsproses, veroorsaak toenemende konflik, hetsy tussen nasies, of tussen mense, binne in ʼn huisgesin of ʼn geloofsgemeenskap. Die toekoms kom nader en op ʼn manier gaan dit ons konfronteer met uitdagings wat ons nog nie eers die verwysingsraamwerk het nie – daarom val ons moontlik terug op bekende en moontlik geykte binêre benaderings tot etiese kwessies. Ons weet dat ons geloofsgemeenskappe soms die slagveld word van ons etiese uitdagings.
|
Tydens ʼn daglange werkswinkel sal ons die saak van “toekomstige moraliteit” en die wyse waarop ʼn etiese besluitnemingsproses kan verloop, saam deurdink. Die doel van die werkswinkel is om ʼn paar roetemerkers te bied oor die waarde van etiek vandag, ʼn verwysingsraamwerk te bedink vir etiese kwessies van die 21ste eeu en ʼn paar hulpbronne vir elke dag se debatvoering aan te verskaf.
|
Klik hier vir meer inligting oor die program en die skakel om te registreer.
|
|
|
|
|
Aanlyn webinaar
ChatGPT, kunsmatige intelligensie en die bediening van die predikant
|
|
Hierdie inleidende kursus is ontwerp om predikante bekend te stel aan die basiese toepassings van tegnologie in die bediening en die verskeie maniere waarop dit hulle tyd en moeite kan bespaar. Deelnemers sal leer hoe om tegnologie op te stel vir hul spesifieke bedieningsbehoeftes en eenvoudige tegnieke te gebruik om relevante inligting en inhoud te genereer wat hulle tyd kan spaar en ondersteun in die daaglikse bedieningswerk.
|
Klik hier vir meer inligting en die skakel na die inskrywingsvorm.
|
|
|
|
|
Vakature: Predikant NG Kerk Elliot (onbepaalde termyn)
Die NG Gemeente Elliot is ’n volhoubare plattelandse gemeente met 170 belydende en 40 dooplidmate. Die dorp is aan die skilderagtige voetheuwels van die suidelike Drakensberg geleë en word deur paaie van goeie gehalte bedien. Landbou (wol, vleis en saai) en toerisme is belangrike ekonomiese aktiwiteite.
|
Die predikant is ’n gelegitimeerde wat verantwoordelik is om oorhoofse geestelike leiding te neem en die take soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde uit te voer. Die doel is dat Jesus Christus toenemend in ons lewe en dié van ons gemeente gestalte aanneem. Die gemeente is betrokke by die gemeenskap. Van die leraar word verwag om goeie verhoudinge te handhaaf en self ’n geloofwaardige dissipel van Jesus te wees.
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Februarie
Baie geluk aan die volgende predikante wat in Februarie verjaar:
|
2 Februarie – ds Gerald Ehlers, NG Gemeente Grasvoëlkop 8 Februarie – ds Tobie van Schoor, NG Gemeente Uitenhage-Noord 10 Februarie – ds Anton van Jaarsveld, NG Gemeente Van Stadensrivier 16 Februarie – ds Pieter Nel, NG Gemeente Port Elizabeth-Hoogland 16 Februarie – ds Roné Vosloo, NG Gemeente Port Elizabeth-Heideveld 23 Februarie – ds Nardus Greyling, NG Gemeente Jeffreysbaai 24 Februarie – ds Berenice Esterhuyzen, NG Gemeente King William’s Town 24 Februarie – ds Jurie Pretorius, NG Gemeente Gonubie
|
Indien ons 'n verjaarsdag misgekyk het, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Attie Botha het die beroep na die NG Gemeente Jansenville aanvaar.
|
Ds Jan de Bruin van Kuilsrivier is op 9 Februarie in PE-Noord bevestig.
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|