|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 6 - 21 Februarie 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Laat jou lig, selfs in die donker, helder skyn - Pastorale brief
- Voordele en funksies van die nuwe Winkerk-databasis
- Hoe gemeenskappe hulle eie bates teen diefstal beskerm
- Verjaardae in Februarie
- Leraars beweeg
|
|
|
|
Skrywe help ons om gelowig in donker tye te praat en getuig
|
|
|
|
Die onlangse pastorale brief, uitgereik deur die Algemene Sinode, wil ons help om die spannende gebeure waarmee 2025 afgeskop het, in geloofstaal te verwoord.
|
Die brief spreek diepe besorgdheid uit oor die wêreld se probleme – van politieke spanning en ekonomiese onsekerheid tot klimaatsverandering en armoede. Dit erken die uitdagings waarmee mense gekonfronteer word, veral diegene wat weerloos is. Tog bring die Evangelie hoop: God se genade en geregtigheid kan herstel en genesing bring.
|
Die brief herinner ons daaraan dat verandering begin in ons eie harte – deur vergifnis te vra, mekaar met respek te behandel en saam te werk aan 'n beter toekoms. Dit doen 'n beroep op leiers om regverdig te handel en op burgers om in vrede en wysheid saam te leef. Die oproep is om lig en sout vir die wêreld te wees, en vertroue te hê in die Lig van Christus wat selfs in donker tye skyn.
|
klik hier om die pastorale brief te lees.
|
|
|
|
|
Geloofsbelydenis van Nicea gevier
Eerste geloofsbelydenis vanjaar 1700 jaar oud
|
|
Die oudste Christelike geloofsbelydenis het sy ontstaan aan 'n kerkvergadering in 325 nC in Nicea. Hierdie belydenis bind alle Christelike kerke oor die wêreld saam. Die ontstaan word vanjaar op verskeie maniere, ook in Suid-Afrika en in die NG Kerkfamilie, gevier. Nicea is ook 'n amptelike belydenisskrif van die NG Kerk.
|
In vandeesweek se Kerkbode Kollig gesels Helene Meissenheimer met dr Leon Foot oor die Belydenis van Nicea. Klik hieronder om meer daaroor te leer:
|
|
|
In hierdie video vertel Leon meer oor die waarde en belang van hierdie gebeure. “Dit is die een belydenis wat ons almal saam bely,” vertel hy oor hierdie belangrike kerklike geskrif wat vanjaar presies 1700 jaar terug opgestel en aanvaar is.
|
|
|
|
|
Gemeenskapsaksie in Nelson Mandelabaai
"Adopt a Substation" lewer positiewe resultate
|
|
Gemeenskappe wat verantwoordelikheid neem om dinge te laat werk lewer belangrike insette om kapasiteit en produktiwiteit te beskerm en te verhoog..
|
Die Sakekamer van Nelson Mandelabaai organiseer die afgelope twee jaar besighede wat elektriese substasies aanneem en toesien dat dit behoorlik gemoniteer word, Die word in samewerking met die omliggende gemeenskappe gedoen.
|
By hierdie substasies is die afgelope twee jaar geen insident van diefstal of vandalisme rapporteer nie.
|
Elders is dit 'n ander storie. Lees hier hoe Estelle Ellis van die Daily Maverick berig.
|
|
|
|
|
Aanlyn opleiding vir kerkkantore
Voordele en funksies van die nuutste WINKERK
|
|
NGK Uitenhage het gereël dat Jan Venter van Winkerk ’n Zoom-aanbieding fasiliteer om die voordele en belangrikste funksies van die nuutste weergawe van WinKERK met ons te deel. (Hy gaan ook die WinKerk App bekendstel). Hy gaan fokus op hoe WinKerk kan help om die take van die Skriba te vergemaklik en kommunikasie en ander belangrike aspekte te vereenvoudig - tot voordeel van die bediening aan die gemeente.
|
DATUM Maandag 10 Maart 2025 om 18:00-19:00.
|
Andersinds kan jy die besonderhede hieronder gebruik:
|
Meeting ID: 895 8384 4804 Passcode: 826256
|
|
|
|
|
Wêreldbiddag by Kraggakamma - 6 Maart
|
|
|
|
|
Wêreldbiddag vir Vroue - 7 Maart
U het my wonderbaarlik gemaak
|
|
|
Die Wêreldbiddag vir Vroue word vanjaar op 7 Maart 2025 gehou.
|
Vanjaar se tema is Psalm 13:14: "Ek prys U omdat ek op 'n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is."
|
|
|
|
|
|
Pragtige kinderboek vir gebruik in kinderbediening
|
|
In Die Verlore Skapie ontmoet ons vir Leon, die lammertjie wat nuut is in Blêrfontein. Daar maak hy ‘n nuwe vriend, Tjoppie, maar ontmoet ook die nare Jan Jakkals en sy held, Armach Breytenblaf, wat hom red. Leon leer bid, sing, hoe om die Bybel te lees, en om vir ander om te gee. Hy gaan kerk toe, woon Sondagskool by en help selfs pannekoek bak by die kerk se basaar. Deur hierdie avonture leer Leon ook van die Herder, die Een wat hom liefhet.
|
Hierdie boek het pragtige illustrasies en ‘n boeiende storielyn wat kinders én volwassenes sal geniet. Die Verlore Skapie is ook beskikbaar op Spotify, saam met die liedjie “Ek behoort aan Jesus” wat spesiaal vir hierdie verhaal geskryf is. Die Verlore Skapie is ideaal vir kinderkerk, Sondagskool, kinderdienste, of vir ouers wat saans vir hul kinders wil lees.
|
|
|
|
|
Aanlyn webinaar
ChatGPT, kunsmatige intelligensie en die bediening van die predikant
|
|
Hierdie inleidende kursus is ontwerp om predikante bekend te stel aan die basiese toepassings van tegnologie in die bediening en die verskeie maniere waarop dit hulle tyd en moeite kan bespaar. Deelnemers sal leer hoe om tegnologie op te stel vir hul spesifieke bedieningsbehoeftes en eenvoudige tegnieke te gebruik om relevante inligting en inhoud te genereer wat hulle tyd kan spaar en ondersteun in die daaglikse bedieningswerk.
|
Klik hier vir meer inligting en die skakel na die inskrywingsvorm.
|
|
|
|
|
Vakature: Predikant NG Kerk Elliot (onbepaalde termyn)
Die NG Gemeente Elliot is ’n volhoubare plattelandse gemeente met 170 belydende en 40 dooplidmate. Die dorp is aan die skilderagtige voetheuwels van die suidelike Drakensberg geleë en word deur paaie van goeie gehalte bedien. Landbou (wol, vleis en saai) en toerisme is belangrike ekonomiese aktiwiteite.
|
Die predikant is ’n gelegitimeerde wat verantwoordelik is om oorhoofse geestelike leiding te neem en die take soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde uit te voer. Die doel is dat Jesus Christus toenemend in ons lewe en dié van ons gemeente gestalte aanneem. Die gemeente is betrokke by die gemeenskap. Van die leraar word verwag om goeie verhoudinge te handhaaf en self ’n geloofwaardige dissipel van Jesus te wees.
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Februarie
Baie geluk aan die volgende predikante wat in Februarie verjaar:
|
2 Februarie – ds Gerald Ehlers, NG Gemeente Grasvoëlkop 8 Februarie – ds Tobie van Schoor, NG Gemeente Uitenhage-Noord 10 Februarie – ds Anton van Jaarsveld, NG Gemeente Van Stadensrivier 16 Februarie – ds Pieter Nel, NG Gemeente Port Elizabeth-Hoogland 16 Februarie – ds Roné Vosloo, NG Gemeente Port Elizabeth-Heideveld 23 Februarie – ds Nardus Greyling, NG Gemeente Jeffreysbaai 24 Februarie – ds Berenice Esterhuyzen, NG Gemeente King William’s Town 24 Februarie – ds Jurie Pretorius, NG Gemeente Gonubie
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|