|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 7 - 28 Februarie 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- 'n Woeste begin vir 2025 - hoe maak ons sin?
- Die veranderde gesig van vaderskap in Suid-Afrika
- Hoe dink NG lidmate oor gemeentes se rol in die land?
- #Imagine op Jeffreysbaai - gemeentes stuur julle tieners!
- Verjaardae in Maart
|
|
|
|
"It took me a long time to understand that God is not the enemy of my enemies.
|
God is not even the enemy of God's enemies."
|
|
|
Wêreldorde verbrokkel in die laaste weke
"The old is dead, the new is not yet born." Hoe maak ons sin?
|
|
Mnr Roland Henwood van die Universiteit van Pretoria
|
"Wat ons in die laaste paar weke internasionaal beleef, is dat die wêreldorde wat oor dekades tot stand gekom het eensklaps begin verbrokkel. Dit maak mense bang," het mnr Roland Henwood, politieke wetenskaplike van die Universiteit van Pretoria, op 25 Februarie aan die Algemene Sinodale Moderamen gesê.
|
Hy het gepraat as deel van 'n gesprek wat die Moderamen oor die konteks waarin die kerk haar bevind, gevoer het.
|
Oor 'n periode van 40 tot 80 jaar het 'n wêreldorde met voorspelbare reëls tot stand gekom waar state en maghebbers verantwoordbaar oor hulle gedrag gehou kan word, het Henwood gesê. Hy het verwys na die rol van die Verenigde Nasies en die Veiligheidsraad. Sanksies en strafmaatreëls het gevolg wanneer state die reëls oortree het.
|
Die verbrokkeling van die gevestigde reëls het veral begin met Rusland se inval in die Oekraïne, Hierdie staat, wat 'n oortreder is, beskik ook oor 'n veto in die VN se Veiligheidsraad. Verantwoordbaarheid is daarmee heen.
|
Ons is nou terug by die ou wêreld voor die Tweede Wêreldoorlog. Die motto is nou dat wie die mag het, ook reg is. Dit is sterkmanpolitiek.
|
Hy het na Donald Trump verwys wat nou soos 'n tipiese sterk man net doen wat hy wil. Waar Afrika tradisioneel beskuldig is as die bakermat van sterkman-politiek, verpersoonlik Trump nou hierdie benadering. Dieselfde gebeur in China, Indië en Turkye. Hierdie sterk manne is dikwels oortuig dat hulle eie vorm van beskawing superieur is. Hulle tree dus as verteenwoordigers van beskaafdheid en ter beskerming daarvan op. Dit verleen in hul oë legitimiteit aan maak-en-breek.
|
Die opkoms van hierdie sterk manne gebeur in 'n konteks van swak leierskap in Europa.
|
Waar laat dit Suid-Afrika? Terwyl ons land menseregte as basis vir sy saak by die Wêreldhof teen Israel gebruik, is ons nie konsekwent as dit by bv. Iran en China kom nie. Hy meen Suid-Afrika kan 'n groot prys betaal vir sy poging om die morele hoë grond t.o.v. Israel te beset.
|
Henwood noem dat slagofferskap skielik weer gewild geword het. As mense hulself as slagoffers sien en aan ander bekendstel, kan hulle optrede in eie oë geregverdig word. So 'n slagoffermentaliteit kan enigiets regverdig. Daar is egter ook 'n ander kant. Byna almal in Suid-Afrika was iewers langs die pad 'n slagoffer. Om oor slagofferskap te praat, en wanneer almal ons eie slagofferskap ondersoek, open egte moontlikhede vir gesprek.
|
Na Henwood se voorlegging het die Moderamen gesels oor die vraag hoe gelowiges hierdie konteks moet hanteer. Uit die gesprek het geblyk ons moet ons laat lei deur Jesus se voorbeeld en Jesus se lering. Jesus het geleer geweld is nooit 'n oplossing nie. Ons is geroep om ons gawes en vermoëns tot voordeel van ander aan te wend. Ja, ons moet ons vyande liefhê. Só het Jesus die Bose oorwin.
|
Kan mens dit in een sin sê? Dis moontlik: Ons dien soos Jesus en help bou plaaslike gemeenskappe wat saamwerk tot gemeenskaplike voordeel
|
|
|
|
|
Pa's in Suid-Afrika: Die Veranderende Gesig van Vaderskap
|
|
|
|
Vaderskap in Suid-Afrika neem talle nuwe vorme aan
|
|
Volgens die nuutste "State of South Africa's Fathers"-verslag (Sosaf) wat vroeg in 2025 verskyn het, woon miljoene kinders in Suid-Afrika saam met mans wat nie hul biologiese pa's is nie. Die verslag, wat elke drie jaar gepubliseer word, wys dat slegs 35,6% van Suid-Afrikaanse kinders by hul eie pa's woon. Daarteenoor woon 'n groter groep – 40,3% – saam met …
|
|
|
|
|
Steekproef onder erediensgangers
Hoe dink NG lidmate oor gemeentes se rol in die samelewing?
Gedurende 2023 het 'n seleksie van gemeentes 'n vraelys van die National Church Life Survey tydens eredienste ingevul. Deel hiervan was om te toets hoe lidmate oor gemeentes se rol in gemeenskappe voel. Ses stellings is gemaak:
|
- Ons het as landsburgers vordering met versoening na apartheid gemaak
- Gelowiges van alle kerke behoort saam te staan om ons land op te bou
- Ons gemeente speel ‘n belangrike rol om rasseverhoudinge in ons gemeenskap te verbeter
- Die herverdeling van grond bevorder geregtigheid in ons land
- Ek sal die land verlaat indien ek die kans kry
- Ek voel positief oor die toekoms van ons land
Só het erediensgangers gereageer (die tweede kolom dui aan hoe in 2018 gedink is):
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Waarnemings
Die navorsers maak die volgende observasies:
|
- Erediensgangers is onseker oor vordering met versoening in die land, maar dink hulle gemeentes speel ‘n belangrike rol om rasseverhoudinge in hulle gemeenskap te verbeter.
- Erediensgangers is oorwegend positief oor die toekoms van ons land – in 2023 nog meer as in 2018 – en het Meestal nie planne om die land te verlaat nie.
- Erediensgangers is nie oortuig dat herverdeling van grond geregtigheid sal bevorder nie, maar is wel oortuig dat gelowiges van alle kerke moet saam staan om die land op te bou.
|
|
|
|
Hoesê? Eredienste wat toeganklik is vir gehoorgestremdes
|
|
|
Fanie du Toit het onlangs met Lizelle de Bruyn van RSG gesels oor hoe gemeentes meer toeganklik kan wees vir lidmate met gehoorverlies of -gestremdheid. Volgens statistieke word bykans 20% van die Suid-Afrikaanse samelewing hierdeur geraak. Hy gee ‘n paar praktiese wenke wat wissel van apparaat wat gebruik kan word tot liturgiese hulpmiddels om eredienste meer toeganklik te maak.
|
|
|
|
|
Kanker, waar is jou angel?
|
|
Hierdie gesprek lig die kankerbediening by Knysna Kerk uit en wys hoe dit die angel uit ‘n kankerdiagnose haal – soos 1 Korinthiërs 15:55-57 sê, waar die oorwinning oor die dood en pyn in Christus gevind word.
|
Ds. Enel Lambrechts en dr. Albert Alberts deel hoe hierdie bediening mense help om nie net die fisiese en emosionele uitdagings van kanker te hanteer nie, maar ook om hoop en krag in hul geloof te vind. Enel en haar man, Francois, is beide leraars in die gemeente, en een van die grootste pastorale bedienings is juis die ondersteuning van mense wat deur kanker geraak word.
|
Dr. Albert Alberts, ‘n afgetrede onkoloog, lei ‘n groep wat bestaan uit mediese professionele persone sowel as mense wat self die impak van kanker ervaar het. Deur ‘n holistiese benadering bied hulle nie net praktiese en emosionele ondersteuning nie, maar help hulle ook om ‘n nuwe perspektief op lyding en genesing te vorm – ‘n perspektief wat geanker is in Christus se oorwinning.
|
Luister hoe hierdie bediening nie net fisiese genesing en ondersteuning bring nie, maar ook geestelike bevryding – hoe dit ‘n plek van hoop word waar mense mekaar dra en herinner dat selfs in die gesig van siekte, die dood nie die finale sê het nie.
|
|
|
|
|
Media-hulpbronne vir gratis gebruik deur gemeentes
Ons deel graag ’n versameling inspirerende en visueel treffende grafika wat gemeentes vrylik kan gebruik op hul eie sosiale media platforms. Hierdie versameling sluit ’n verskeidenheid van grafika in, insluitend posts, stories en baniere wat spesifiek ontwerp is vir ’n gemeente se Facebook-blad en Instagram. Maart se mediapakkie het ’n spesiale fokus op Lydenstyd, Aswoensdag en die tema van hoop – ’n tydperk waarin ons nadink oor Christus se lyding, onsself verdiep in gebed en weer ons hoop vestig in God se beloftes. Mag dit jou gemeente se digitale bediening ondersteun. Laai dit gerus af.
|
|
|
Nuwe publikasie bring hoop
Messages of Hope for South Africa
|
|
|
Dr Willem Wiid, een van die skrywers van hierdie boek met boodskappe van hoop vertel:
|
Hierdie is ‘n moet-lees boek: Die stories in hierdie bundel, in volkleur, is vars en eerlik en bied ‘n blik op die lewens van Suid-Afrikaners oor ‘n wye front heen. Die boek gaan deure oopmaak en gesprekke stimuleer. Koop gerus een vir jouself, vir ‘n vriend, of vir jou maatskappy…
Ondersteun my asseblief om die boek Messages of hope for South Africa so wyd as moontlik te versprei.
|
Kontak Willem by wiidwillem@gmail.com
|
|
|
|
|
Aanlyn opleiding vir kerkkantore
Voordele en funksies van die nuutste WINKERK
|
|
NGK Uitenhage het gereël dat Jan Venter van Winkerk ’n Zoom-aanbieding fasiliteer om die voordele en belangrikste funksies van die nuutste weergawe van WinKERK met ons te deel. (Hy gaan ook die WinKerk App bekendstel). Hy gaan fokus op hoe WinKerk kan help om die take van die Skriba te vergemaklik en kommunikasie en ander belangrike aspekte te vereenvoudig - tot voordeel van die bediening aan die gemeente.
|
DATUM Maandag 10 Maart 2025 om 18:00-19:00.
|
Andersinds kan jy die besonderhede hieronder gebruik:
|
Meeting ID: 895 8384 4804 Passcode: 826256
|
|
|
|
|
Toerusting: Hoop vir kinders
|
|
|
Ds Cobus Fourie nooi almal wat hoop vir kinders wil bring om hierdie opleiding by te woon:
|
- Kinders wat die Evangelie verstaan?
- Kinders wat verstaan dat ons deur genade gered word?
- Kinders wat ander van Jesus vertel?
- Geen huiswerk nie! Geen vervelige lesings nie!
- Pret-gevulde leer deur speletjies, kunsvlyt en beweging.
Hope for Kids is 'n prettige en interaktiewe manier om die Evangelie vir kinders duidelik te maak, hulle na 'n reddende kennis van Jesus Christus te lei, en hulle toe te rus om hul geloof met ander te deel.
|
|
|
|
|
Donderdag, 6 Maart
Wêreldbiddag by Kraggakamma
|
|
|
|
|
Vrydag, 7 Maart
Wêreldbiddag by Vanstadensrivier
|
|
|
Wêreldbiddag vir Vroue - 7 Maart
U het my wonderbaarlik gemaak
|
|
|
Die Wêreldbiddag vir Vroue word vanjaar op 7 Maart 2025 gehou.
|
Vanjaar se tema is Psalm 13:14: "Ek prys U omdat ek op 'n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is."
|
|
|
|
|
Gemeentes, stuur julle tieners
#Imagine by Jeffreysbaai - 4-6 April
|
|
|
|
Die #Imagine Experience is 'n nasionale jeugbeweging wat instrumenteel is om jong denke regoor Suid-Afrika te vorm. Elke jaar bied ons dinamiese naweek byeenkomste aan wat ontwerp is om die verbeelding van tieners aan te wakker en hulle toe te rus met praktiese hulpmiddels om betekenisvolle bydraes tot hul gemeentes en gemeenskappe te maak. ‘n Fokus area bly om tieners te help verstaan wat hulle kan wees as hulle identiteit in Christus gevind word. Ons glo steeds dat God dinge kan doen wat hoër en ver bo alles is wat ons kan droom of hoop. (Ef 3:20) Ons missie is diep gewortel in: 1. Transformasie: Inspireer tieners om 'n beter toekoms voor te stel en aktief daaraan te werk. 2. Diversiteit en Eenheid: Oorbrug gapings oor rasse-, kulturele en sosio-ekonomiese skeidings deur jongmense van uiteenlopende agtergronde bymekaar te bring. 3. Bemagtiging: Die verskaffing van praktiese werkswinkels en vaardigheidsbousessies wat tieners voorberei vir werklike uitdagings en geleenthede.
|
4-6 April 2025 Oos Kaap – Jeffreysbaai, Jeffreysbaai Karavaan Park
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn webinaar, 11 Maart
ChatGPT, kunsmatige intelligensie en die bediening van die predikant
|
|
Hierdie inleidende kursus is ontwerp om predikante bekend te stel aan die basiese toepassings van tegnologie in die bediening en die verskeie maniere waarop dit hulle tyd en moeite kan bespaar. Deelnemers sal leer hoe om tegnologie op te stel vir hul spesifieke bedieningsbehoeftes en eenvoudige tegnieke te gebruik om relevante inligting en inhoud te genereer wat hulle tyd kan spaar en ondersteun in die daaglikse bedieningswerk.
|
Klik hier vir meer inligting en die skakel na die inskrywingsvorm.
|
|
|
|
|
Vakature: Predikant NG Kerk Murraysburg
In biddende afhanklikheid nooi die NG Gemeente Murraysburg leraars om aansoek te doen vir hierdie vakante leraarspos.
|
Die NG Kerk Murraysburg is geleë in die hartjie van die Sentraal-Karoo met sy eiesoortige natuurskoon. Murraysburg is ’n kleiner plattelandse dorp ongeveer 90 km noordwes van Graaff-Reinet, waar hoofsaaklik skaap-, Angorabok- en beesboerdery bedryf word. Die gemeente bestaan uit 103 belydende lidmate en 35 dooplidmate wat in ’n dorpswyk en vier plaaswyke ingedeel is.
|
Mense en menseverhoudinge is baie belangrik op ons dorp en ons streef na onderlinge samewerking om die hartklop van die dorp te versterk. Ons dorp met sy mooi omgewing, gesonde vars lug en ’n aktiewe gemeenskap voorsien in die noodsaaklike behoeftes en infrastruktuur. Talle jonger gesinne het hulleself in die laaste paar jaar in die gemeente gevestig.
|
Klik hier om die posbeskrywing te lees. Die sluitingsdatum is 31 Maart 2025.
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Maart
Baie geluk aan die volgende predikante wat in Maart verjaar:
|
7 Maart – ds Delmarie Viljoen, NG Gemeente Queenstown 9 Maart – ds Quintin Nel, NG Gemeente Burgersdorp 13 Maart – dr Nico van der Westhuizen, NG Gemeente Steytlerville 18 Maart – ds Jaques Grobler, NG Gemeente Sondagsrivier (Kirkwood) 23 Maart – ds Willem Sauer, NG Gemeente Tsitsikamma 27 Maart – ds Jan Coetzer, NG Gemeente Oos-Londen 30 Maart – ds Dawie de Wet, NG Gemeente Willowmore
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|