Jaargang 23 - Nommer 8 - 7 Maart 2025
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • Storiemuur vestig ons aandag hoopvol op God se roeping
  • Unieke uitdagings rakende die grootmaak van dogters
  • #Imagine op Jeffreysbaai - gemeentes stuur julle tieners!
  • Verjaardae in Maart
"It took me a long time to understand that God is not the enemy of my enemies.
God is not even the enemy of God's enemies."
Teoloog Martin Niemöller

Ringskommissies byeen

Leiersberaad onderskei God se roeping vir Oos-Kaapland

Predikante "lees" die storiemuur wat die verhaal van die NGK Oos-Kaapland oor die afgelope vier dekades vertel. Dit is die handewerk van deelnemers aan die Leiersberaadl. Naas probleme, straal veral God se geleenthede uit dié verhaal

Meer as veertig lede van Ringskommissies van die 12 Ringe in Sinode Oos-Kaapland was vandeesweek bymekaar om te vra na God se roeping en voorkeurtoekoms vir die Kerk in Oos-Kaapland.

Dit is deel van 'n inisiatief om te vra hoe bediening teen 2035 gaan lyk.

Ons het indringend na die data van die NG Kerk gekyk en opgelet wat werk en nie langer werk nie. "Wie is God volgens die Skrif?", het ons gevra en daarby: "Hoe is God by ons teenwoordig?" Dit het gelei tot die vraag: "Waarmee is God besig? Waar roep God ons om by God aan te sluit?"

Deelnemers het 'n interaktiewe storiemuur opgestel wat die verhaal van ons land, die kerk in Oos-Kaapland en ons persoonlike biografieë oor vier dekades vertel. Uit die verhaal kom menige probleemstories oor die land na vore, maar daarby veral God se alternatiewe storie. Daar is diamante in die verhaal wat dui op die koms van die koninkryk. Hierdie alternatiewe koninkrykstorie gee vir ons 'n sleutel vir God se voorkeurtoekoms vir ons. Hierby word ons genooi om aan te sluit.

In die lig van God se alternatiewe storie het deelnemers agt prototipes ontwerp wat ons kan help om God se roeping oftewel voorkeurtoekoms vir ons te verwesenlik.

Uit die inligting word 'n volledige verslag saamgestel wat by ons sinodale vergadering in Oktober 2025 bespreek sal word.
Dr Frederick Marais, fasiliteerder, lei die gesprek oor die storiemuur

Boekresensie: Becoming the Pastor's Wife

Inleidende opmerking: die wyse waarop die vrou in die NG Kerk in die amp van predikant tereg kom, is 'n merkwaardige verhaal met baie positiewe gevolge vir die kerk. Tog gaan dit dikwels met spanning gepaard, wat miskien beter verstaan kan word teen die agtergrond van 'n vroeëre "amp", dié van predikantsvrou. Hierdie nuwe publikasie, en die resensie van prof …

Read more

Free resource for pastors

Encounter the Bible through Art

The Visual Commentary on Scripture is a free, online resource that provides material for teaching, preaching, researching, and reflecting on the Bible, Art, and Theology

Jean Underwood

'n Besondere lidmaat se verhaal van diens en getrouheid

Jean Underwood, deesdae ouderling van Walmer-gemeente in die Baai, was ook op haar dag 'n Anglikaanse priester, maar veral 'n energieke werker onder die vergete randfigure van Suid-Afrika.

Haar roepingsgedrewe lewe het vir baie hoop en uitsig gebring: armes, Vigslyers, kinders sonder 'n uitsig op 'n beter lewe, vroue wat vasgevang in siklusse van armoede en geweld was.

Jean was oorspronklik as verpleegsuster opgelei. Te midde van die MIV pandemie, toe stigma sterk hieraan gekleef het, was sy 'n pionier om innoverende en grondverskuiwende dienste aan Vigsslagoffers te lewer.
'n Memoir oor haar lewe, Wild Spirit, het onlangs verskyn. Dit vertel die verhaal van iemand wat geloof gevind, met die Gees gevul is, en Geesgedrewe omgegee het vir soveel in nood. Bestel dié inspirerende boek gerus deur hier te klik.

Aanlyn VBO: Pastorale Beradingskursus

Unieke uitdagings rakende die grootmaak van dogters

Die grootmaak van ʼn dogter bied besondere uitdagings. In hierdie verband is dit veral belangrik dat die ouer op hoogte sal wees van die verskillende ontwikkelingsfases van die kind, die spesifieke funksionering van die vroulike brein, met veral ook die klem op die belangrike rol van faktore soos progesteroon, estrogeen. Onkunde rondom hierdie belangrike aspekte kan lei tot intense spanning en ook skade en verwonding aan verhoudings, veral tydens die fase van puberteit en adolessensie.

Vir die pa is daar as man, selfs nog ʼn groter uitdaging om op hoogte van al hierdie aspekte te wees. Indien hy daarin kan slaag, sal dit hom bemagtig om ʼn sterk band met sy dogter te kan bou, en haar emosioneel en geestelik te kan toerus vir die toekoms, en vir ʼn gelukkige huwelik en ouerskap later in haar lewe. Waar die nodige toerusting en begeleiding ontbreek, het dit dikwels tot gevolg faktore soos vroeë swangerskap, substans verslawing, seksuele uitreageer gedrag, eetversteurings, angs, lae selfbeeld, depressie, selfdood pogings, ens.


Aanbieder: Prof Wentzel Coetzer. Datum: 15 April 2025
Klik hier vir meer inligting en die inskrywingsvorm.

Aanlyn opleiding vir kerkkantore

Voordele en funksies van die nuutste WINKERK

NGK Uitenhage het gereël dat Jan Venter van Winkerk ’n Zoom-aanbieding fasiliteer om die voordele en belangrikste funksies van die nuutste weergawe van WinKERK met ons te deel. (Hy gaan ook die WinKerk App bekendstel). Hy gaan fokus op hoe WinKerk kan help om die take van die Skriba te vergemaklik en kommunikasie en ander belangrike aspekte te vereenvoudig - tot voordeel van die bediening aan die gemeente.

DATUM Maandag 10 Maart 2025 om 18:00-19:00.
Klik hier op 10 Maart om 18:00 om by die aanbieding op Zoom in te skakel.
Andersinds kan jy die besonderhede hieronder gebruik:
Meeting ID: 895 8384 4804
Passcode: 826256

Toerusting: Hoop vir kinders

Ds Cobus Fourie nooi almal wat hoop vir kinders wil bring om hierdie opleiding by te woon:
  • Kinders wat die Evangelie verstaan?
  • Kinders wat verstaan dat ons deur genade gered word?
  • Kinders wat ander van Jesus vertel?
  • Geen huiswerk nie! Geen vervelige lesings nie!
  • Pret-gevulde leer deur speletjies, kunsvlyt en beweging.
Hope for Kids is 'n prettige en interaktiewe manier om die Evangelie vir kinders duidelik te maak, hulle na 'n reddende kennis van Jesus Christus te lei, en hulle toe te rus om hul geloof met ander te deel.

Bybelgenootskap hou vrugtemark op 22 Maart

Let op: die Bybelgenootskap se legendariese Vrugtemark is vanjaar by die Londtpark Sportklub.

Gemeentes, stuur julle tieners

#Imagine by Jeffreysbaai - 4-6 April

Die #Imagine Experience is 'n nasionale jeugbeweging wat instrumenteel is om jong denke regoor Suid-Afrika te vorm. Elke jaar bied ons dinamiese naweek byeenkomste aan wat ontwerp is om die verbeelding van tieners aan te wakker en hulle toe te rus met praktiese hulpmiddels om betekenisvolle bydraes tot hul gemeentes en gemeenskappe te maak.

‘n Fokus area bly om tieners te help verstaan wat hulle kan wees as hulle identiteit in Christus gevind word. Ons glo steeds dat God dinge kan doen wat hoër en ver bo alles is wat ons kan droom of hoop. (Ef 3:20)

Ons missie is diep gewortel in:
1. Transformasie: Inspireer tieners om 'n beter toekoms voor te stel en aktief daaraan te werk.
2. Diversiteit en Eenheid: Oorbrug gapings oor rasse-, kulturele en sosio-ekonomiese skeidings deur jongmense van uiteenlopende agtergronde bymekaar te bring.
3. Bemagtiging: Die verskaffing van praktiese werkswinkels en vaardigheidsbousessies wat tieners voorberei vir werklike uitdagings en geleenthede.
4-6 April 2025
Oos Kaap – Jeffreysbaai, Jeffreysbaai Karavaan Park

Klik hier vir meer inligting.

Aanlyn webinaar, 11 Maart

ChatGPT, kunsmatige intelligensie en die bediening van die predikant

Hierdie inleidende kursus is ontwerp om predikante bekend te stel aan die basiese toepassings van tegnologie in die bediening en die verskeie maniere waarop dit hulle tyd en moeite kan bespaar. Deelnemers sal leer hoe om tegnologie op te stel vir hul spesifieke bedieningsbehoeftes en eenvoudige tegnieke te gebruik om relevante inligting en inhoud te genereer wat hulle tyd kan spaar en ondersteun in die daaglikse bedieningswerk.

Klik hier vir meer inligting en die skakel na die inskrywingsvorm.

Vakature NGK Kraggakamma: Jeug- Administratiewe Koördineerder

Kraggakamma Gemeente se visie is om God se fontein van liefde te wees. Ons vat hande met ouers en fokus daarop om op ‘n jong ouderdom alreeds geloofsgewoontes te kweek. Ons het ‘n behoefte geïdentifiseer vir ‘n persoon om ons te help met administrasie rakende die ongeveer 300+ jeug in ons gemeente. Die geskikte kandidaat is ʼn georganiseerde, kreatiewe, selfstandige en dinamiese persoon wat inisiatief kan neem en oor goeie agtergrond in administrasie beskik. Die posbekleër sal aan die Predikant verantwoordelik vir Jeug asook die Gemeentebestuurder rapporteer. Meer inligting is in die inligtingsdokument, asook op ons webblad (www.ngkraggakamma.co.za) beskikbaar.

Vakature: Predikant NG Kerk Murraysburg

In biddende afhanklikheid nooi die NG Gemeente Murraysburg leraars om aansoek te doen vir hierdie vakante leraarspos.

Die NG Kerk Murraysburg is geleë in die hartjie van die Sentraal-Karoo met sy eiesoortige natuurskoon. Murraysburg is ’n kleiner plattelandse dorp ongeveer 90 km noordwes van Graaff-Reinet, waar hoofsaaklik skaap-, Angorabok- en beesboerdery bedryf word. Die gemeente bestaan uit 103 belydende lidmate en 35 dooplidmate wat in ’n dorpswyk en vier plaaswyke ingedeel is.

Mense en menseverhoudinge is baie belangrik op ons dorp en ons streef na onderlinge samewerking om die hartklop van die dorp te versterk. Ons dorp met sy mooi omgewing, gesonde vars lug en ’n aktiewe gemeenskap voorsien in die noodsaaklike behoeftes en infrastruktuur. Talle jonger gesinne het hulleself in die laaste paar jaar in die gemeente gevestig.

Klik hier om die posbeskrywing te lees. Die sluitingsdatum is 31 Maart 2025.

Vacancy

Translations Officer, Bible Society

BSSA is seeking a Translations Officer who will be responsible for overseeing and supporting the work of the Department of Translations. This role is crucial in ensuring the accuracy, quality, and timely completion of Bible translation projects.

More information available here. Closing date for applications: 14 March 2025

Verjaarsdae in Maart

Baie geluk aan die volgende predikante wat in Maart verjaar:

7 Maart – ds Delmarie Viljoen, NG Gemeente Queenstown
9 Maart – ds Quintin Nel, NG Gemeente Burgersdorp
13 Maart – dr Nico van der Westhuizen, NG Gemeente Steytlerville
18 Maart – ds Jaques Grobler, NG Gemeente Sondagsrivier (Kirkwood)
23 Maart – ds Willem Sauer, NG Gemeente Tsitsikamma
27 Maart – ds Jan Coetzer, NG Gemeente Oos-Londen
30 Maart – ds Dawie de Wet, NG Gemeente Willowmore

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Burgersdorp en omgewing
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za

Leraars beweeg

Ds Dolf du Plooy van Wellington is na die NG Gemeente Newtonpark beroep.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter