|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 9 - 14 Maart 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Tieners se stryd met lewensuitdagings, hoewel jong Afrikane meer veerkragtig is dan tieners uit ryk lande
- Wat sê mens (en wat nie) wanneer die spanning hoog loop
- Divorce Care by PE-Hoogland - ook vir ander lidmate
- Verjaardae in Maart
|
|
|
|
Tieners se stryd om die lewe se uitdagings te hanteer
|
|
Volgens ‘n nuwe verslag oor die geestestoestand van die wêreld in 2024, het Tanzanië die hoogste vlakke van geestesgesondheid ter wêreld. Sapien Labs, ‘n organisasie wat op geestesgesondheidstudies fokus, het bevind dat jong volwasse Afrikane ‘n sterker geestelike veerkragtigheid toon in vergelyking met hul eweknieë in hoë-inkomstelande. In hierdie lande het jong mense se geestesgesondheid sedert die Covid-19-pandemie drasties verswak. Hierdie afname …
|
|
|
|
|
Twintig Nuwe Testamentiese waardes wat Christene moet uitleef
Jeff Mikels skryf met groot besorgdheid oor die wyse waarop Christene in die VSA te midde van 'n politieke smeltkroes en figuurlike bokskryt die lewenswyse wat die Nuwe Testament van ons vra by die venster uitgooi. Sy 20 waardes lees soos volg:
|
- Christene toon ‘n allesoorheersende liefde vir God en plaas Hom bo alles in elke aspek van hul lewe.
- Christene wys praktiese liefde vir die mense om hulle, ongeag of hulle soos ons is of nie, naby of ver.
- Christene leef in nederigheid voor God, besef hul geestelike armoede, hul behoefte aan vergifnis, en hul totale afhanklikheid van ons Vader.
- Christene is agente van Christus en sy Koninkryk, wat soos sout en lig die goedheid van God in ‘n donker en smaaklose wêreld versprei, tot eer van God en tot voordeel van ander.
- Christene leef in heiligheid, hou vas aan God se Woord in denke en daad, sonder om iets by te voeg of dit te probeer omseil. Hulle doen dit nie vir aardse erkenning nie, maar vir ewige beloning.
- Christene beliggaam diensbaarheid, opoffering en vergifnis, selfs wanneer ander ons beskuldig, slaan, iets van ons vra, van ons steel of iets teen ons hou. Ons aanvaar die risiko om as ‘n verloorder beskou te word in ‘n wêreld wat behep is met wen, omdat ons Vader in die hemel goed, regverdig en milddadig is.
- Christene verklaar hul uitsluitlike trou aan Jesus as die enigste Verlosser, ware Here, hoogste gesag en lewensvoorbeeld.
- Christene koester ‘n opofferende liefde vir mekaar wat hulle van die res van die wêreld onderskei.
- Christene versprei Jesus se invloed wêreldwyd deur te leef soos Hy geleef en geleer het, sy boodskap te deel en ander te lei om dieselfde te doen.
- Christene offer hul eie hulpbronne op om vir die armes te sorg, veral vir dié binne die geloofsfamilie.
- Christene onderwerp hulle aan aardse owerhede in alle dinge wat nie bots met die heerskappy van Christus nie.
- Christene laat Ou-Testamentiese wette wat spesifiek vir antieke Israel bedoel was (soos besnydenis) of wat deur Christus se direkte lering vervang is (soos die doodstraf vir egbreuk, voedselwette, die tempel en die offersisteem), maar hulle doen dit met respek vir ander se gewetens en op die regte tyd (soos aangedui in Handelinge 15).
- Christene hou vas aan Ou-Testamentiese gebooie wat Jesus bevestig het as ‘n uitdrukking van God se hart vir sy mense (soos die verwerping van afgodery en seksuele onsedelikheid).
- Christene verwerp selfsug, trots en al die vrugte daarvan—gierigheid, seksuele uitbuiting, afbrekende spraak, sinnelose argumente, selfverdediging, die uitbuiting van eie vryhede en meer.
- Christene betoon liefde aan mekaar deur aanbidding, lering, gemeenskap, wedersydse opbouing en onderlinge onderdanigheid in die geloofsfamilie—dit is die werk van die Gees.
- Christene verheug hulle in wat waar, edel, reg, suiwer, voortreflik en lofwaardig is. Hulle sien die skepping deur die lens van die Skepper en ervaar vrede deur sy goedheid te vertrou.
- Christene moet kultureel ingelig wees om die wêreld om hulle met ‘n egte uitdrukking van die evangelie te kan betrek, sonder om die kultuur blindelings oor te neem of daarmee saam te smelt.
- Christene pas Christelike waardes toe op dié wat hulself as gelowiges beskou, veroordeel nie ongelowiges nie, en bied altyd vergifnis en versoening aan enigiemand wat berou toon.
- Christene oefen heerskappy oor die aarde uit, nie tot eie voordeel nie, maar as draers van God se beeld, met respek vir alles en almal wat Hy gemaak het.
- Christene dra die las en neem die saak van die behoeftiges op binne hul invloedsfeer, veral wese, weduwees, vreemdelinge en dié wat arm of verdruk is.
|
|
Ivor Swartz en Schalk van Heerden
Hoe praat ons oor slagofferskap?
|
|
|
|
Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor?
|
In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van Kerkbode se podsending, Kollig.
|
Die skrywer en predikant Schalk van Heerden van Fontainebleau Gemeenskapskerk is medestigter en voorsitter van die liefdadigheidsorganisasie Betereinders. Hulle is bekend vir projekte wat poog om inklusief mense vanuit verskillende kulture bymekaar uit te bring – soos die onlangse braai in Februarie waar hulle die ‘Not USA but you, SA’-veldtog bekend gestel het.
|
Ivor Swartz is predikant by die Oosterlig-gemeente in Pretoria en is die bekroonde skrywer van boeke soos Die verlore seun vannie Gaatjie en Nogtans geloof.
|
|
|
|
|
Wyse woorde wanneer die spanning hoog loop
|
|
|
|
|
DivorceCare by PE-Hoogland
|
|
|
|
|
Teach Every Nation
Innoverende onderrigprogram vir gemeentes
|
|
Ons Bybelskool op Wiele is ‘n innoverende onderrigprogram wat predikante en leiers toerus om hul roeping effektief uit te leef.
|
Ons bestaan om Christus se Groot Opdrag uit te voer. Dit is die kern van alles wat ons doen – die besluite wat ons neem en die impak wat ons wil maak.
|
Teach Every Nation kom na die Oos-Kaap
|
Hierdie praktiese, lewensveranderende Bybelse materiaal sal jou bediening, jou gemeente en jou gemeenskap transformeer.
|
Sluit aan by hierdie wêreldwye beweging van God, terwyl ons dissipels van alle nasies maak.
|
Datum: 18 Maart Tyd: 09:30 – 12:00 Plek: Lambstraat 6, Uitenhage Middagete ingesluit Hierdie Bybelskool op Wiele-boks, wat 10 volkleur-Superboeke en 110 uur se videomateriaal bevat, sal teen slegs R1000 beskikbaar wees tydens die geleentheid. (Normale prys: R3000)
|
Kontak: Pastor Thys du Preez – 071 168 3471
|
|
|
|
|
26 Maart 2025
Werkswinkels met impak
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Pastorale Beradingskursus
Unieke uitdagings rakende die grootmaak van dogters
Die grootmaak van ʼn dogter bied besondere uitdagings. In hierdie verband is dit veral belangrik dat die ouer op hoogte sal wees van die verskillende ontwikkelingsfases van die kind, die spesifieke funksionering van die vroulike brein, met veral ook die klem op die belangrike rol van faktore soos progesteroon, estrogeen. Onkunde rondom hierdie belangrike aspekte kan lei tot intense spanning en ook skade en verwonding aan verhoudings, veral tydens die fase van puberteit en adolessensie.
|
Vir die pa is daar as man, selfs nog ʼn groter uitdaging om op hoogte van al hierdie aspekte te wees. Indien hy daarin kan slaag, sal dit hom bemagtig om ʼn sterk band met sy dogter te kan bou, en haar emosioneel en geestelik te kan toerus vir die toekoms, en vir ʼn gelukkige huwelik en ouerskap later in haar lewe. Waar die nodige toerusting en begeleiding ontbreek, het dit dikwels tot gevolg faktore soos vroeë swangerskap, substans verslawing, seksuele uitreageer gedrag, eetversteurings, angs, lae selfbeeld, depressie, selfdood pogings, ens.
|
Aanbieder: Prof Wentzel Coetzer. Datum: 15 April 2025
|
Klik hier vir meer inligting en die inskrywingsvorm.
|
|
|
|
|
Toerusting: Hoop vir kinders
|
|
|
Ds Cobus Fourie nooi almal wat hoop vir kinders wil bring om hierdie opleiding by te woon:
|
- Kinders wat die Evangelie verstaan?
- Kinders wat verstaan dat ons deur genade gered word?
- Kinders wat ander van Jesus vertel?
- Geen huiswerk nie! Geen vervelige lesings nie!
- Pret-gevulde leer deur speletjies, kunsvlyt en beweging.
Hope for Kids is 'n prettige en interaktiewe manier om die Evangelie vir kinders duidelik te maak, hulle na 'n reddende kennis van Jesus Christus te lei, en hulle toe te rus om hul geloof met ander te deel.
|
|
|
|
|
Bybelgenootskap hou vrugtemark op 22 Maart
|
|
Let op: die Bybelgenootskap se legendariese Vrugtemark is vanjaar by die Londtpark Sportklub.
|
|
|
|
|
Gemeentes, stuur julle tieners
#Imagine by Jeffreysbaai - 4-6 April
|
|
|
|
Die #Imagine Experience is 'n nasionale jeugbeweging wat instrumenteel is om jong denke regoor Suid-Afrika te vorm. Elke jaar bied ons dinamiese naweek byeenkomste aan wat ontwerp is om die verbeelding van tieners aan te wakker en hulle toe te rus met praktiese hulpmiddels om betekenisvolle bydraes tot hul gemeentes en gemeenskappe te maak. ‘n Fokus area bly om tieners te help verstaan wat hulle kan wees as hulle identiteit in Christus gevind word. Ons glo steeds dat God dinge kan doen wat hoër en ver bo alles is wat ons kan droom of hoop. (Ef 3:20) Ons missie is diep gewortel in: 1. Transformasie: Inspireer tieners om 'n beter toekoms voor te stel en aktief daaraan te werk. 2. Diversiteit en Eenheid: Oorbrug gapings oor rasse-, kulturele en sosio-ekonomiese skeidings deur jongmense van uiteenlopende agtergronde bymekaar te bring. 3. Bemagtiging: Die verskaffing van praktiese werkswinkels en vaardigheidsbousessies wat tieners voorberei vir werklike uitdagings en geleenthede.
|
4-6 April 2025 Oos Kaap – Jeffreysbaai, Jeffreysbaai Karavaan Park
|
|
|
|
|
Vakature NGK Kraggakamma: Jeug- Administratiewe Koördineerder
|
|
Kraggakamma Gemeente se visie is om God se fontein van liefde te wees. Ons vat hande met ouers en fokus daarop om op ‘n jong ouderdom alreeds geloofsgewoontes te kweek. Ons het ‘n behoefte geïdentifiseer vir ‘n persoon om ons te help met administrasie rakende die ongeveer 300+ jeug in ons gemeente. Die geskikte kandidaat is ʼn georganiseerde, kreatiewe, selfstandige en dinamiese persoon wat inisiatief kan neem en oor goeie agtergrond in administrasie beskik. Die posbekleër sal aan die Predikant verantwoordelik vir Jeug asook die Gemeentebestuurder rapporteer. Meer inligting is in die inligtingsdokument, asook op ons webblad (www.ngkraggakamma.co.za) beskikbaar.
|
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 24 Maart 2025.
|
|
|
|
|
Vakature: Predikant NG Kerk Murraysburg
In biddende afhanklikheid nooi die NG Gemeente Murraysburg leraars om aansoek te doen vir hierdie vakante leraarspos.
|
Die NG Kerk Murraysburg is geleë in die hartjie van die Sentraal-Karoo met sy eiesoortige natuurskoon. Murraysburg is ’n kleiner plattelandse dorp ongeveer 90 km noordwes van Graaff-Reinet, waar hoofsaaklik skaap-, Angorabok- en beesboerdery bedryf word. Die gemeente bestaan uit 103 belydende lidmate en 35 dooplidmate wat in ’n dorpswyk en vier plaaswyke ingedeel is.
|
Mense en menseverhoudinge is baie belangrik op ons dorp en ons streef na onderlinge samewerking om die hartklop van die dorp te versterk. Ons dorp met sy mooi omgewing, gesonde vars lug en ’n aktiewe gemeenskap voorsien in die noodsaaklike behoeftes en infrastruktuur. Talle jonger gesinne het hulleself in die laaste paar jaar in die gemeente gevestig.
|
Klik hier om die posbeskrywing te lees. Die sluitingsdatum is 31 Maart 2025.
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Maart
Baie geluk aan die volgende predikante wat in Maart verjaar:
|
7 Maart – ds Delmarie Viljoen, NG Gemeente Queenstown 9 Maart – ds Quintin Nel, NG Gemeente Burgersdorp 13 Maart – dr Nico van der Westhuizen, NG Gemeente Steytlerville 18 Maart – ds Jaques Grobler, NG Gemeente Sondagsrivier (Kirkwood) 23 Maart – ds Willem Sauer, NG Gemeente Tsitsikamma 27 Maart – ds Jan Coetzer, NG Gemeente Oos-Londen 30 Maart – ds Dawie de Wet, NG Gemeente Willowmore
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|