Jaargang 23 - Nommer 2 - 24 Januarie 2025
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • Vergifnis - en hoe gesond dit vir jou brein is
  • Pastorale beradingskursus: Woede as destruktiewe mag (aanlyn), asook ander opleidingsgeleenthede
  • Vakatures
  • Leraars beweeg

Neurowetenskap en 'n gesonde brein

Wat gebeur in jou brein wanneer jy vergewe?

Vergifnis het diepgaande uitwerkings op die brein en liggaam. Selfs vergifnis van die byna onvergeefbare.

Studies toon dat die vaskleef aan woede en wraak die amigdala, die brein se stres- en vreesentrum, aktiveer. Dit stel ’n kaskade van streshormone, soos kortisol, vry. Langdurige blootstelling aan kortisol kan hoë bloeddruk, verswakte immuunfunksie en geestesgesondheidskwessies soos angs en depressie veroorsaak.

Wanneer ons vergifnis beoefen, verklein hierdie stresrespons. Professor Robert Enright, ’n pionier in vergifnisnavorsing, verduidelik dat die keuse om te vergewe die prefrontale korteks aktiveer, die brein se besluitnemingsentrum. Hierdie verskuiwing verminder kortisolvlakke en bevorder positiewe veranderinge in geestesgesondheid, insluitend laer vlakke van angs en depressie.

Navorsing dui ook daarop dat gereelde vergifnis strukturele veranderinge in die brein kan veroorsaak. Individue wat gereeld vergewe, toon verhoogde grysstof in die prefrontale korteks, wat kognitiewe funksies soos emosionele regulering, empatie en besluitneming verbeter. Hoewel verdere studies nodig is, is dit duidelik dat vergifnis die brein op ’n positiewe manier kan hervorm.

Lees verder.

Eerstejaarstudente in PE en Bloemfontein

Goeie geleenthede om in te skakel en deel te word

Vir eerstejaars aan die Universiteit van die Vrystaat is daar 'n heerlike kougomkamp (sien hierbo) en op studente in die Baai wag 'n gemeente op julle - een met oop arms - sien regs.

Webinaar oor mentorskap

Mentorskap in die NG Kerk vandag

Klik hier vir die digitale inskrywingsvorm.

Aanlyn VBO

Pastorale Beradingskursus: Woede as 'n destruktiewe mag

Dinsdag 4 Februarie 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer

Woede kan ʼn skrikwekkende emosie wees, veral indien ek binne ʼn milieu opgegroei het waar ek nie toegelaat was om dit te ervaar of te verbaliseer nie. Die vrees is gevolglik deurgaans daar dat sou ek die woede erken, dan sal dit die lawa-vure ontketen van ‘n vulkaniese uitbarsting wat kan uitloop op vernietigende chaos. Ek sal dus beheer verloor, en dit moet ten alle koste vermy word - daarom werk ek eerder hard om die emosies te onderdruk en seker te maak die deksel is dig geseël! In sulke gevalle is depressie heel dikwels een van die algemene gevolge.

Teen hierdie agtergrond word daar in hierdie kursus vanuit ʼn multidissiplinêre benadering op hierdie emosie gefokus. In hierdie verband is die beradene se persoonlike verhaal van deurslaggewende belang omdat daar ver terug in die verlede reeds onreg en verliese sou kon plaasgevind het wat nooit hanteer was nie – uiteindelik kon dit dan die vuur gestook het van ʼn smeulende vulkaan. As deel van die voorgestelde multidissiplinêre begeleidingsmodel word daar in besonder ook gefokus op die helende effek van pastorale berading, en word daar aanvullend hiertoe ʼn groot aantal riglyne en merkers vanuit verskillende dissiplines uitgespel waarvolgens die verwoestende potensiaal van hierdie emosie getem en onder beheer gebring kan word.

Klik hier vir meer besonderhede en om aanlyn in te skryf. Koste beloop R275.00 en sluit sleutelnotas in. 'n Handboek oor die tema kan bykomend bestel word.

VBO: Brugbediening

Stuur e-pos vir meer inligting of om in te skryf.

Vir predikante en musiekspanne

Praktiese werkswinkels oor lof en aanbidding

Regoor die land vind eersdaags Nuwe Lof-konferensies onder leiding van gesoute aanbiddingsleiers soos Louis Brittz plaas. Sherwood-Gemeente in die Baai beplan om met hul gemeentebussie te gaan en bied vervoer bir belangstellendes aan. Verblyf kan ook gereël word. Vervoer behoort so R400 pp te beloop, verblyf vir 2 aande is R680 en die konferensiefooi is R150. Belangstellendes kan met Anthony Jacobs van Sherwood op Whatsapp gesels by 084 506 1566.

Vakature: Leraarspos, NG Kerk Middelburg-Karoo (vaste termyn)

Middelburg-Karoo is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met sowat 400 belydende lidmate en 50 dooplidmate ingedeel in 10 dorps- en vier plaaswyke. Die dorp beskik oor ’n hoër- en laerskool, sowel as ’n landboukollege.

Leraarsprofiel: Die leraar is ’n entrepreneur en implementeer ’n groeistrategie vir die gemeente, wat insluit: onaktiewe lidmate, geestelike groei, nuwe geloofsgemeenskap oor huidige gemeentegrense, die insluit van jongmense en skoolkinders en die bediening aan seniors; ’n goeie luisteraar met ’n fasiliterende styl van leierskap wat lidmate mobiliseer, bemagtig en verenig om hulle gawes in die bedieninge van die gemeente uit te leef. Netwerkvorming met rolspelers in die gemeenskap is ’n prioriteit.

Klik hier om die volledige posbekendstelling te lees. Die sluitingsdatum is 10 Februarie om 16:00

Vakature: Leraar, Greenacres Presbiteriaanse Kerk, Port Elizabeth

Greenacres Presbyterian Church (GAP) is 119 years old and currently has 285 active members who gather for worship every Sunday, enhanced by our dynamic worship team. All services are live-streamed on YouTube. There is a healthy home group structure which facilitates discipleship, a growing young adults group, children’s ministries, a pastoral care group, prayer groups, outreach projects, men’s and ladies’ ministry, teens Sunday topical studies, an “Evergreens” group for the over 65s and serving ministries. Oversight is exercised by the Church Session comprised of elders, deacons and associates under the leadership of the Session and the Minister.
The day-to-day ministry of the Congregation is facilitated by a staff team and volunteers, and the premises are well developed and fully utilized.

Die gemeente is oop om predikante wat in die NG Kerk gelegitimeer is, te oorweeg.

Klik hier om die posbekendstelling te lees. Maar spring! Aansoeke sluit 31 Januarie 2025.

Vakature NGK Pearston: Diensleraar (deeltyds, termyn-bepaald)

Die Gemeente is op soek na ‘n geestelike voorganger wat met woord en daad die voorbeeld sal stel. Die persoon moet in staat wees om die gemeente saam op reis te neem in die werksaamhede van die kerk. Die persoon moet ‘n sterk pastorale aanslag hê wat huis-/sieke besoeke, Woordverkondiging, en barmhartige uitreik na die gemeenskap sal bevorder.

Pearston is ’n klein plattelandse Karoo gemeente wat vir mekaar omgee en sorg. Die Gemeente het ‘n behoefte om uit te reik na mekaar en die gemeenskap. Die dorp is geleë 46km vanaf Somerset-Oos; 77km vanaf Graaff-Reinet; 66km (Grondpad) of 110km (teerpad) vanaf Jansenville.

Klik hier vir die volle posbeskrywing. Die sluitingsdatum is 31 Januarie 2025.

Vakature: Permanente deeltydse leraar/diensleraar, NGK Newtonpark

Die NG Kerk Newtonpark is in 'n dinamiese voorstad geleë, omring van laer- en hoërskole, hospitale en winkelsentrums. Die gemeente bestaan uit sowat 296 belydende en 36 dooplidmate.

Dit het ‘n diepgewortelde liefde vir mense en laat hul vinnig tuis voel. Dié gemeente glo dat geloof in dade omskep moet word. Beide die orrel en die sanggroep speel ‘n belangrike rol in die erediens.

Klik hier vir die volle posbeskrywing. Die sluitingsdatum is 9 Februarie 2025

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Burgersdorp en omgewing
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480

Gqeberha (Port Elizabeth)

Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing

Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za

Leraars beweeg

Ds Christoph Muller is op 19 Januarie 2025 as brugleraar te Albanie-gemeente op Makhanda / Grahamstad bevestig. Ds Madri Badenhorst van Carnarvon is op 19 Januarie in Humansdorp-Oos bevestig.

Ds Conrad Thomas van Elliot word op 2 Februarie 2025 as predikant te Humansdorp bevestig.

Ds Veneto Keyter van Sondagsriviermond ontvang op 2 Februarie 2025 demissie weens mediese oorwegings.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
facebook twitter