|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 3 - 31 Januarie 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Wêreldbiddag vir Vroue
- Verskeie VBO-geleenthede
- Vakatures
- Leraars beweeg
|
|
|
|
Wêreldbiddag vir Vroue - 7 Maart
U het my wonderbaarlik gemaak
Die Wêreldbiddag vir Vroue is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en -kinders van verskillende lande wat elke jaar op die eerste Vrydag in Maart vergader om ‘n besondere dag van gebed te vier. Tydens die Wêreldbiddag vergader gelowiges van verskillende rasse, kulture en kerke, om saam te bid, ons voor God te verootmoedig en vir mekaar in te tree. In Suid-Afrika word die program in nege van die amptelike tale vertaal.
|
Die Wêreldbiddag word vanjaar op 7 Maart 2025 gehou. Ons vier vanjaar die 95ste jaar in Suid- Afrika. Internasionaal word die Wêreldbiddag reeds vanaf 1887 gevier. Die dag word tans in meer as 170 lande op al 7 kontinente gehou. Dit bly ‘n besondere voorreg om jaarliks deel van die Gebedsketting rondom die aarde te wees. Vanaf die son in Nieu Zeeland opkom totdat dit in Samoa sak.
|
Vanjaar se tema is Psalm 13:14: "Ek prys U omdat ek op 'n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is."
|
|
|
|
|
|
|
Hoe laat ons mense welkom voel?
|
|
|
Vir gemeentes is dit van kritiese belang om nuwelinge en besoekers werklik welkom te laat voel. Dit is net so belangrik t.o.v. kinders.
|
DinkJeug se podsending vir die week handel oor hierdie tema.
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
Pastorale Beradingskursus: Woede as 'n destruktiewe mag
Dinsdag 4 Februarie 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
|
Woede kan ʼn skrikwekkende emosie wees, veral indien ek binne ʼn milieu opgegroei het waar ek nie toegelaat was om dit te ervaar of te verbaliseer nie. Die vrees is gevolglik deurgaans daar dat sou ek die woede erken, dan sal dit die lawa-vure ontketen van ‘n vulkaniese uitbarsting wat kan uitloop op vernietigende chaos. Ek sal dus beheer verloor, en dit moet ten alle koste vermy word - daarom werk ek eerder hard om die emosies te onderdruk en seker te maak die deksel is dig geseël! In sulke gevalle is depressie heel dikwels een van die algemene gevolge.
|
Teen hierdie agtergrond word daar in hierdie kursus vanuit ʼn multidissiplinêre benadering op hierdie emosie gefokus. In hierdie verband is die beradene se persoonlike verhaal van deurslaggewende belang omdat daar ver terug in die verlede reeds onreg en verliese sou kon plaasgevind het wat nooit hanteer was nie – uiteindelik kon dit dan die vuur gestook het van ʼn smeulende vulkaan. As deel van die voorgestelde multidissiplinêre begeleidingsmodel word daar in besonder ook gefokus op die helende effek van pastorale berading, en word daar aanvullend hiertoe ʼn groot aantal riglyne en merkers vanuit verskillende dissiplines uitgespel waarvolgens die verwoestende potensiaal van hierdie emosie getem en onder beheer gebring kan word.
|
Klik hier vir meer besonderhede en om aanlyn in te skryf. Koste beloop R275.00 en sluit sleutelnotas in. 'n Handboek oor die tema kan bykomend bestel word.
|
|
|
VBO: Brugbediening
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
Verken kontemplatiewe spiritualiteit
|
|
|
|
|
Vir predikante en musiekspanne
Praktiese werkswinkels oor lof en aanbidding
|
|
Regoor die land vind eersdaags Nuwe Lof-konferensies onder leiding van gesoute aanbiddingsleiers soos Louis Brittz plaas. Sherwood-Gemeente in die Baai beplan om met hul gemeentebussie te gaan en bied vervoer bir belangstellendes aan. Verblyf kan ook gereël word. Vervoer behoort so R400 pp te beloop, verblyf vir 2 aande is R680 en die konferensiefooi is R150. Belangstellendes kan met Anthony Jacobs van Sherwood op Whatsapp gesels by 084 506 1566.
|
|
|
Neurozone Aanlyn VBO
Bou veerkragtigheid, beskerm teen uitbranding en verbeter prestasie
|
|
|
|
Wil jy veerkragtigheid bou, jouself teen uitbranding beskerm of individueel en in groepsverband hoë prestasies bereik? Dan is die Neurozone Microlearning kursus net vir jou. Hier is vir meer inligting oor Neurozone.
|
Dié kursus is ideaal vir leierspanne, lidmate en gesinne. Jy kry insigte oor hoe jou brein en liggaam saamwerk om jou te help oorleef, floreer en uitblink in die lewe en in die werkplek.
|
Hierdie kursus skop af op 15 April en kostes beloop R690 per persoon. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 28 Februarie. Klik hier om in te skryf.
|
|
|
|
|
Vakature: Predikant NG Kerk Elliot (onbepaalde termyn)
Die NG Gemeente Elliot is ’n volhoubare plattelandse gemeente met 170 belydende en 40 dooplidmate. Die dorp is aan die skilderagtige voetheuwels van die suidelike Drakensberg geleë en word deur paaie van goeie gehalte bedien. Landbou (wol, vleis en saai) en toerisme is belangrike ekonomiese aktiwiteite.
|
Die predikant is ’n gelegitimeerde wat verantwoordelik is om oorhoofse geestelike leiding te neem en die take soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde uit te voer. Die doel is dat Jesus Christus toenemend in ons lewe en dié van ons gemeente gestalte aanneem. Die gemeente is betrokke by die gemeenskap. Van die leraar word verwag om goeie verhoudinge te handhaaf en self ’n geloofwaardige dissipel van Jesus te wees.
|
Lees die volle posbeskrywing. die sluitingsdatum vir aansoeke is 21 Februarie 2025.
|
|
|
|
|
Vakature: Leraarspos, NG Kerk Middelburg-Karoo (vaste termyn)
Middelburg-Karoo is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met sowat 400 belydende lidmate en 50 dooplidmate ingedeel in 10 dorps- en vier plaaswyke. Die dorp beskik oor ’n hoër- en laerskool, sowel as ’n landboukollege.
|
Leraarsprofiel: Die leraar is ’n entrepreneur en implementeer ’n groeistrategie vir die gemeente, wat insluit: onaktiewe lidmate, geestelike groei, nuwe geloofsgemeenskap oor huidige gemeentegrense, die insluit van jongmense en skoolkinders en die bediening aan seniors; ’n goeie luisteraar met ’n fasiliterende styl van leierskap wat lidmate mobiliseer, bemagtig en verenig om hulle gawes in die bedieninge van die gemeente uit te leef. Netwerkvorming met rolspelers in die gemeenskap is ’n prioriteit.
|
Klik hier om die volledige posbekendstelling te lees. Die sluitingsdatum is 10 Februarie om 16:00
|
|
|
|
|
Vakature NGK Pearston: Diensleraar (deeltyds, termyn-bepaald)
Die Gemeente is op soek na ‘n geestelike voorganger wat met woord en daad die voorbeeld sal stel. Die persoon moet in staat wees om die gemeente saam op reis te neem in die werksaamhede van die kerk. Die persoon moet ‘n sterk pastorale aanslag hê wat huis-/sieke besoeke, Woordverkondiging, en barmhartige uitreik na die gemeenskap sal bevorder.
|
Pearston is ’n klein plattelandse Karoo gemeente wat vir mekaar omgee en sorg. Die Gemeente het ‘n behoefte om uit te reik na mekaar en die gemeenskap. Die dorp is geleë 46km vanaf Somerset-Oos; 77km vanaf Graaff-Reinet; 66km (Grondpad) of 110km (teerpad) vanaf Jansenville.
|
Klik hier vir die volle posbeskrywing. Die sluitingsdatum is 31 Januarie 2025.
|
|
|
|
|
Vakature: Permanente deeltydse leraar/diensleraar, NGK Newtonpark
Die NG Kerk Newtonpark is in 'n dinamiese voorstad geleë, omring van laer- en hoërskole, hospitale en winkelsentrums. Die gemeente bestaan uit sowat 296 belydende en 36 dooplidmate.
|
Dit het ‘n diepgewortelde liefde vir mense en laat hul vinnig tuis voel. Dié gemeente glo dat geloof in dade omskep moet word. Beide die orrel en die sanggroep speel ‘n belangrike rol in die erediens.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Schutte, ds Hansie - 082 659 2480
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Conrad Thomas van Elliot word op 2 Februarie 2025 as predikant te Humansdorp bevestig.
|
Ds Veneto Keyter van Sondagsriviermond ontvang op 2 Februarie 2025 demissie weens mediese werksongeskiktheid.
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|
|