|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 14 - 8 Mei 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- 'n Eeu se navorsing vertel wat mense gelukkig maak - hier is 'n lysie
- Kerkraadslede moenie sit en slaap nie
- Die politiek is deurmekaar - hoe volg ons die Lam onderweg na die nuwe Jerusalem?
- Verjaardae in Mei
|
|
|
|
Moedersdag 'n geleentheid om sorg en geloofsvoorbeeld te eer
|
|
|
Met Moedersdag herdenk ons die selfopofferende liefde, geduld en omgee wat moeders weerspieël as 'n voorbeeld van God se liefdevolle sorg vir Sy kinders. In ons diverse Suid-Afrikaanse gemeenskappe, erken ons ook die besondere rol wat moeders speel in die oordrag van geloof, waardes en tradisies aan die volgende geslag.
|
Ons bedank vroue wat nie net biologiese moeders is nie, maar ook geestelike mentors wat help om Christus se kerk en gemeenskap te bou.
|
Benut dié geleentheid om ‘n Ma of vrou se impak op jou geloofsreis te eer. Wys jou waardering vir ’n moederfiguur in jou lewe deur die geskenk van stiltetyd aan haar te gee. Deel inspirerende stories van vroue uit die Bybel!
|
|
|
|
Moedersdag het in die vroeë 1900's in Amerika ontstaan danksy Anna Jarvis wat 'n dag wou skep om haar eie moeder te vereer. Na haar moeder se dood in 1905, het sy 'n veldtog begin wat uiteindelik gelei het tot die amptelike erkenning van Moedersdag in 1914. Die tradisie het gou internasionaal versprei, insluitend na Suid-Afrika, waar dit vandag op die tweede Sondag van Mei gevier word. (Met dank aan Johan Botha, Oostelike Sinode)
|
|
|
Geopolitiek: Die wêreld is deurmekaar
Hoe volg dissipels die Lam onderweg na die Nuwe Jerusalem?
|
|
|
In Revelation for the Rest of Us daag Scot McKnight die kerk uit om theopolities te dink – om politiek te beoordeel deur ’n geestelike lens eerder as deur mag of ideologie. (Theos is die Griekse woord vir God.)
|
Hy ontbloot sewe kenmerke van “Babel” (uit Openbaring 17–18): anti-God, oordadigheid, moordlustigheid, beeldkultuur, militarisme, ekonomiese uitbuiting en arrogansie.
|
Hierdie simbole van mag en korrupsie weerspieël nie net Rome nie, maar ook hedendaagse samelewings.
|
McKnight herinner ons: om Christus te volg, beteken om dissidente van Babel
|
|
|
|
te wees – om teen magsmisbruik, onreg en verleiding standpunt in te neem. Hierdie insigte help gelowiges om die gees van Babel in hul eie wêreld raak te sien – en moediger te leef as burgers van die Nuwe Jerusalem.
|
Hier is 'n gratis uitreksel, hoofstuk 5 van hierdie publikasie. Lees gerus verder om dié uitdagende perspektief ten volle te ontdek.
|
|
|
'n Eeu van navorsing oor geluk
Wat maak mense gelukkig?
|
|
Geloof wat in gemeentes uitgeleef word wat opbouende gemeenskap tussen gelowiges skep, voorspel groter geluk en sin in die lewe. Soms is dit goed om te lees hoe navorsers wat reeds oor dekades vanuit sosiale wetenskappe navorsing doen dieselfde beklemtoon - en sommer vir gelowiges wys waar 'n belangrike aksente gelê moet word.
|
Dus: Wat maak 'n mens gelukkig?
|
Volgens die navorsing van Sonja Lyubomirsky, Robert Waldinger en ander, is daar verskeie dinge wat mense se geluk kan versterk:
|
- Goeie verhoudings – Langtermyn-verhoudings met familie, vriende en huweliksmaats wat op vertroue en sorg gebou is, is die belangrikste voorspeller van geluk en gesondheid.
- Klein sosiale interaksies – Gesels met ’n vreemdeling of iemand in jou alledaagse lewe kan jou bui vinnig verbeter.
- Dinge doen vir ander – Vriendelikheid en om ander te help, laat mense meer verbind voel en gelukkiger wees.
- Dankbaarheid – Gereeld dink aan waarvoor jy dankbaar is, verhoog lewensgeluk.
- Vergelyk jouself minder – Gelukkige mense kyk nie so baie na wat ander het nie.
- Positiewe ingesteldheid – Fokus op goeie dinge en moenie op negatiewe goed vaskyk nie.
- Betekenisvolle werk en doel – Werk wat sinvol voel en waarin jy ander kan help, verhoog geluk.
- Sosiale betrokkenheid – Gemeenskapsdeelname, vriendskappe en aktiewe sosiale netwerke maak mense gelukkiger.
- Gesprekke wat dieper gaan – Deur betekenisvolle gesprekke met mense te hê, voel ons meer gesien en verbind.
- Eerlike selfrefleksie – Om oor jouself en jou plek in die wêreld te dink, help om perspektief en balans te vind.
Diegene met toegang tot die New York Times kan 'n uitgebreide artikel oor hierdie navorsing hier lees.
|
|
|
|
|
Skriba gevonnis vir diefstal
Kerkraadslid, let op! Jy is nie net daar om mooi te lyk nie
|
|
Kerkraadslede het 'n groot verantwoordelikheid om gemeentes se belange te beskerm, sê 'n briefskrywer met verwysing na diefstal by Verkeerdevlei
|
Die skriba van Verkeerdevlei Gemeente is in 2023 skuldig bevind aan diefstal, wat vir haar "maklik was om te pleeg", soos sy agterna teenoor die kerkraad gebieg het. Die bedrog is oor 'n periode van jare gepleeg, sonder dat kerkraadslede die hele tyd agtergekom het die finansiële state word nie deur die ouditeure nagegaan nie. In reaksie hierop skryf 'n briefskrywer onlangs in Rapport 'n gepaste waarskuwing aan kerkraadslede:
|
Briefskrywer in Rapport van 27 April 2025:
|
Rapport berig op 3 September 2023 op Netwerk24 (“Skelm skriba se man in vee-herrie”) oor die voormalige skriba van die NG gemeente Verkeerdevlei wat skuldig bevind is op 38 aanklagte van diefstal waarby meer as R200 000 betrokke is.
|
Die destydse leraar het ’n rekenmeester en kerkraadslid gevra om die kerk se geldsake te ondersoek. Dié het met die eerste oogopslag gesien die state is nie deur die kerk se ouditeure onderteken nie. Die ouditeure bevestig dat hulle in vyf jaar geen dokumentasie van die skriba ontvang het nie.
|
Die gebeure bevat al die elemente wat nodig is om enige struktuur te vernietig soos waaroor die media daagliks berig: pligsversuim en growwe nalatigheid deur die betaalde hoofrekentpligtige amptenaar, betaalde amptenare en lede van besluitneming- en toesigstrukture; leuens en wanvoorstellings; diefstal en plundering; inmenging en pogings om die skuldige skotvry te laat gaan; en viktimisering van ’n rekenmeester wat net haar werk gedoen het.
|
Ek het gedink dit gaan net in munisipaliteite, staatsdepartemente en staatsondernemings só! Maar ek is sowaar verkeerd!
|
Swaarverdiende bydraes is gemaak en daar is verwag dat die hoof- rekentpligtige amptenaar, betaalde amptenare en die gemeentestrukture hul rol, verantwoordelikheid en mandaat sou nakom. Dit het nie gebeur nie.
|
Kerkraadslede wat dink dat hulle slegs ’n seremoniële pos beklee, kan gerus maar na hul “pligstaat” en verwante wetgewing kyk, hulle kan net moontlik ook tot verantwoording geroep word.
|
Dit is naïef om te dink jou geld gaan altyd reg aangewend word. Vergewis jou maar van die aankoopbeleid, bemakings en skenkings (veral vaste eiendom en goedere), die korrektheid van notules, agendas, begrotings, inventarisse en kontrakte, asook die korrekte uitvoering van genoemde, anders staan jy een Sondag voor dooiemensdeur en sonder toegang tot jou reeds betaalde nis/gedenkmuur en dié van jou geliefdes.
|
En nee, jy gaan nie gestraf word as jy genoemde aanvra en bestudeer nie; trouens, jy kan moontlik jou gemeente van ondergang red.
|
|
|
|
|
Droom van 'n beter wêreld
'n Revolusie van deernis en sagtheid
|
|
Pous Franciskus in die Martelaarstadion in Kinshasa in Februarie 2023, 'n man met 'n boodskap wat Afrika se nood aanraak
|
Miljoene mense oor die wêreld, ook onder nie-Katolieke, is aangeraak deur pous Franciskus se boodskap. Daar is 'n diep konneksie tussen sy prioriteite en mense se droom en hoop vir 'n reformerende kerk en 'n wêreld wat genees word.
|
Prof Stan Chu Ilo, 'n kenner van Afrika, skryf op The Conversation, Pous Franciskus se tyd as leier van die Katolieke Kerk het iets baie spesiaal gebring – iets wat hy self ’n “revolusie van sagtheid” (revolution of tenderness) noem. Dit beteken om met liefde en deernis op te tree, en dit het baie mense in óók Afrika diep geraak. Hy moedig mense aan om te droom van ’n beter wêreld, en om mekaar regtig raak te sien en te leer ken – veral dié wat anders of arm is.
|
Die pous het geleer ons moet saamwerk om die wêreld meer regverdig te maak. Hy hou van die idee van ubuntu – dat ons net mens is deur ander mense. Hy glo ons kan vrede bring, armoede beveg en die aarde mooi oppas as ons mekaar help en nie verdeel nie.
|
Franciskus het vier groot drome uitgeleef:
|
- Dat almal in ’n gesonde omgewing sal leef en met waardigheid behandel word.
- Dat mense se kultuur en talent waardeer sal word, en dat hulle self keuses kan maak.
- Dat ons die aarde sal oppas en verantwoordelik gebruik.
- Dat die kerk ’n plek sal wees waar almal welkom voel – veral dié wat gewoonlik uitgesluit word.
Hy het geleer ons moet die wêreld se onreg regmaak, soos neokolonialisme en magsmisbruik. Dit vra nuwe leiers wat vir die mense werk – nie net vir hulself of hul groep nie.
|
Volgens Stan Chu Ilo help hierdie revolusie van sagtheid Afrika om ’n nuwe identiteit te bou – een van hoop, saamstaan en sorg vir mekaar. Deur te droom en ander te ontmoet, kan ons ’n beter toekoms skep vir almal.
|
|
|
|
|
Datum vir Lentekonferensie, Pretoria
Die jaarlikse Lentekonferensie van Excelsus by die Universiteit van Pretoria vind van 16-18 September 2025 plaas.
|
Die tema is: Hoe om geloof te bely in die 21ste eeu: Woord, beeld en daad Plek: Universiteitsoord, Pretoria. Merk dit solank in jou kalender.
|
|
|
|
|
Donnalee Roberts by Lorraine, 31 Mei
|
|
|
Prof Stephan Joubert by Bothasrus, Despatch - 9 Mei
|
|
|
|
Prof Stephan Joubert tree op Vrydag 9 Mei om 19:00 op by NG Kerk Bothasrus Despatch. Tema: Jesus los vir my die ligte aan. Toegang is gratis. Daar sal wel ‘n sagte kollekte by die deure opgeneem word. Koffie/Tee en verversings na afloop van die optrede in die Kerksaal.
|
|
|
|
|
Toerusting vir predikante en almal in gemeentes wat met kinders werk
|
|
Kom leer saam! Gemeentes wat die vlam van geloof by kinders aanvuur
|
Is jy ’n predikant, ouer, kategeet of lidmaat wat omgee oor kinders se geestelike groei en deelname in die gemeente? Dan is hierdie geleentheid vir jou!
|
Tema: Saam Glo. Saam Groei.
|
Sluit aan by ons van Vrydag 9 Mei tot Sondag 11 Mei vir ’n praktiese, lewendige en geloofsverdiepende leerervaring. Ons gaan speel, lees, luister, en saam leer hoe om interaktief en betekenisvol betrokke te wees by kinders in ons geloofsgemeenskap.
|
Leer hoe om die 4 W’s van ’n byeenkoms aan te leer en in te oefen – dit sluit kreatiewe maniere van Bybellees in wat ook in Bybelstudie gebruik kan word. Ontdek nuwe maniere om omgee en luister te leef, en kry vaardighede wat jou bediening en verhouding met kinders sal verdiep. Ons fokus op verhoudings, kreatiewe Bybelwerk, en geestelike praktyke wat sin maak vir vandag.
|
Dis lekker, dit’s lig, en dit maak saak. Jou deelname kan ’n verskil maak.
|
πWaar: By NG Gemeente Sherwood, hoek van Walkerrylaan en Devonweg π Wanneer: 9–13 Mei 2025 π° Koste: R150 per persoon (sluit materiaal en verversings in) π Tye:
|
Vrydag 9 Mei: 18:00 – 21:00 Saterdag 10 Mei: 08:30 – 16:00 Sondag 11 Mei: 07:30 – 11:00
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
Die kerk werk anders want die kerk is anders
|
|
|
|
|
|
|
|
Laudato Si’ is pous Franciskus se omgewingsensikliek van 2015 waarin hy ’n dringende beroep doen op alle mense om sorg te dra vir die aarde as ons “gemeenskaplike huis”. Hy beklemtoon dat ekologiese verval, klimaatsverandering en armoede onderling verbind is, en dat ware ekologiese bekering morele en geestelike verandering verg. Die dokument roep op tot geregtigheid, solidariteit en volhoubare ontwikkeling, en herinner gelowiges daaraan dat die beskerming van die skepping deel is van Christelike dissipelskap.
|
Ons gaan die teks saamlees. Hier is die registrasieskakel vir al die datums. Die skakel vir die aanlyn sessies sal teen begin Junie gestuur word aan almal wat dan geregistreer het.
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Pastorale Beradingskursus
'n Pastorale evaluering van dr Daniel Amen se boek, "The end of mental illness"
Dinsdag 10 Junie 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
|
Dr. Daniel Amen is Ε bekende Christen psigiater wat spesialiseer op die gebied van brein skanderings en wat ook aan die hoof staan van die bekende Amen Klinieke in die VSA. In hierdie klinieke volg hulle Ε multidissiplinêre benadering waar daar gefokus word op die mens in totaliteit.
|
In sy boek, The end of mental illness, beskryf Amen die volgende vier areas wat deel uitmaak van hul holistiese benadering: die biologiese, psigologiese, sosiale en geestelike (pastorale) dimensies. Hy beklemtoon dat die fokus in behandeling veel meer op breingesondheid moet wees as op geestesgesondheid.
|
Waar emosionele en gedragsprobleme in die verlede grootliks toegeskryf was aan psigologiese probleme, toon sy navorsing dat dit in talle gevalle eerder verband hou met die fisiologie van die brein. Volgens hom sal iemand met Ε gesonde brein dan ook Ε veel kleiner risiko hê om met tipiese geestesgesondheid probleme gediagnoseer te word soos byvoorbeeld abnormale vrees, angs, woede, geweld, depressie, ens.
|
Aangesien Amen ten nouste saamwerk met pastorale beraders het die resultate van sy werk belangrike implikasies ten opsigte van die pastoraat in die breë. In hierdie kursus gaan ons vervolgens fokus op Ε groot aantal praktiese gevalle waar daar fenomenale deurbrake was rakende geestessiektes waarvoor daar vantevore geen antwoorde voor was nie.
|
Klik hier vir meer inligting, asook om in te skryf.
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Mei
Baie geluk aan die volgende predikante wat in Mei verjaar:
|
5 Mei – ds Dewald Vermaak, NG Gemeente Aliwal-Noord
|
6 Mei - Prop Rion van Niekerk, NG Gemeente Bothasrus 14 Mei – ds Danie de Jongh, NG Gemeente Port Elizabeth-De Duin 15 Mei – ds Conrad Thomas, NG Gemeente Humansdorp 29 Mei – dr Christo Herbst, NG Gemeente Colesberg
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|