Jaargang 23 - Nommer 15 - 15 Mei 2025
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • NG Kerk is meer as bekgevegte
  • Hulpbronne vir Hemelvaart en Pinkster
  • Inligtingsessie: Bedienaars (toerusting vir kerkraadslede om te bedien)
  • Fixlocal: bemagtiging om 'n plaaslike impak te maak
  • Leraars beroep

NG Kerk: Ons is mÊÊr as eindelose bekgevegte

Die NG Kerk word te dikwels gereduseer tot slegs die besluite van die Algemene Sinode (AS) of tot omstrede teologiese debatte, skryf Maartje van der Westhuizen, assessor van die NG Kerk se algemene sinode. Terwyl die mees kritiese stemme die openbare gesprek oorheers, bestaan daar ’n hartklop wat …

Lees verder

Hulpbronne en idees vir Hemelvaart en Pinkster

DinkJeug het wonderlike hulpbronne en idees vir Hemelvaart en Pinkster beskikbaar, waaronder 'n wenk vir Hemelvaart, Kinderpinkster en meer oor die Heilige Gees. Klik hier daarvoor.

Pinksterreeks 2025 beskikbaar

Doe CLF stel vanjaar weer die Pinksterreeks beskikbaar. Aangesien ons vanjaar 1,700 jaar van die Belydenis van Nicea uit 325 nC vier, die oudste van die algemeen-aanvaarde kerklike belydenisse, handel die Pniksterreeks daaroor. Klik hier om dit af te laai.

Datum vir Lentekonferensie, Pretoria

Die jaarlikse Lentekonferensie van Excelsus by die Universiteit van Pretoria vind van 16-18 September 2025 plaas.
Die tema is: Hoe om geloof te bely in die 21ste eeu: Woord, beeld en daad
Plek: Universiteitsoord, Pretoria.
Merk dit solank in jou kalender.

Donnalee Roberts by Lorraine, 31 Mei

Jeffresybaai hou C-Fees - 21 Junie

Met dankbaarheid hou ons gemeente weer ons jaarlikse C-Fees Basaar – 21 Julie 2025. Die fees vind op ons kerkterrein by ons Kompleks Kampus plaas.
𝐊𝐨đĻ 𝐠𝐞𝐧đĸ𝐞𝐭 '𝐧 𝐡𝐞𝐞đĢđĨđĸ𝐤𝐞 𝐨𝐠𝐠𝐞𝐧𝐝 𝐛𝐲 𝐨𝐧đŦ 𝐂-𝐅𝐞𝐞đŦ.
21 Junie 2025 vanaf 08:00 die oggend
Heerlike eetgoed, vermaak vir die kinders, teetuin, huismark en vele meer!Kaartgeriewe beskikbaar.
h/v Olienhoutstraat & Torchwoodlaan, Jeffreysbaai

Sendeling uit Pakistan

Dr Aneel Yousuf beskikbaar om in gemeentes op te tree

Dr Aneel Yousuf is verbonde aan die Kingdom Bible College is Pakistan. Hulle is besig om studente op te lei en toe te rus vir dienswerk in die Koninkryk is Pakistan. Hy het onder andere van sy studies voltooi by die Teologiese Fakulteit van die NG Kerk in Bloemfontein. Hy skryf die volgende:

"Dear Friends and Co-Workers in Christ, Hope you're doing well.
Since 2012, we have graduated 670 students from KBC (Kingdom Bible College). KBC offers certificates in Ministry, Two years Diploma, Three years Bachelor Degree.
Equipping and sending out trained workers into mission fields, fulfilling the Great Commission of our Lord Jesus Christ (Matt 28:19-20)"

Hy en sy gesin is op besoek in Suid-Afrika om gemeentes te vertel van hulle werk en wil graag in die Oos-Kaap ook besoek aflê. Hy is beskikbaar om eredienste waar te neem, groepe te besoek en byeenkomste te ontmoet. Die eredienste is op 6 Julie en 13 Julie 2025 en enige ander byeenkomste is gedurende daardie week. Die 'n wonderlike geleentheid om gemeentes se visie vir wêreldsending te vergroot.

Kontak gerus vir Carel vd Merwe by 0828217600 of clvdm1@gmail.com om die gemeente waar jy is, die geleentheid te gee om hieraan deel te hê

Fixlocal: 'n digitale hulpbron vir plaaslike betrokkenheid

Wanneer mens deur ons pragtige land reis, maak dit jou hartseer om te sien in watter toestand baie van ons dorpe en stede is. Dinge soos slaggate in die paaie, riool wat lek, parke wat oorgroei is en verkeersligte wat nie werk nie. Dit beïnvloed alles – werk, misdaad en hoe mense oor die land voel – en dit raak veral die kwesbares die hardste. Maar dit hoef glad nie so te wees nie!

Die goeie nuus is dat daar baie inspirerende stories is van gewone mense wat saam met hulle plaaslike owerhede werk, of hulle aanspreeklik hou, om dinge op plaaslike vlak reg te maak – om #fixlocal waar te maak.

Heartlines se nuutste projek – fixlocal – wil hierdie stories vertel én praktiese raad gee oor hoe jy self betrokke kan raak.

Ons nooi jou graag na ’n webinaar waar ek meer gaan vertel oor hierdie opwindende inisiatief, en hoe jy en jou gemeenskap kan inskakel:
Wanneer: Maandag 19 Mei 2025 van 15:00 tot 16:30
Waar: Aanlyn – registreer hier

Bedienaars (kerkraadslede toegerus vir bediening)

Krities-belangrike inligtingsessie vir gemeentes

Aanlyn VBO

Die kerk werk anders want die kerk is anders

Klik hier om in te skryf.

Ontmoeting met die Heiliges

Katharina van Sienna, 22 Mei

Op 22 Mei gesels Dr Lisel Joubert oor Katharina van Sienna.
Registreer gerus deur hier te klik.

Teologie van die Omgewing

Laudato Si’ is pous Franciskus se omgewingsensikliek van 2015 waarin hy ’n dringende beroep doen op alle mense om sorg te dra vir die aarde as ons “gemeenskaplike huis”. Hy beklemtoon dat ekologiese verval, klimaatsverandering en armoede onderling verbind is, en dat ware ekologiese bekering morele en geestelike verandering verg. Die dokument roep op tot geregtigheid, solidariteit en volhoubare ontwikkeling, en herinner gelowiges daaraan dat die beskerming van die skepping deel is van Christelike dissipelskap.

Ons gaan die teks saamlees. Hier is die registrasieskakel vir al die datums. Die skakel vir die aanlyn sessies sal teen begin Junie gestuur word aan almal wat dan geregistreer het.

Aanlyn VBO: Pastorale Beradingskursus

'n Pastorale evaluering van dr Daniel Amen se boek, "The end of mental illness"

Dinsdag 10 Junie 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer

Dr. Daniel Amen is ʼn bekende Christen psigiater wat spesialiseer op die gebied van brein skanderings en wat ook aan die hoof staan van die bekende Amen Klinieke in die VSA. In hierdie klinieke volg hulle ʼn multidissiplinêre benadering waar daar gefokus word op die mens in totaliteit.

In sy boek, The end of mental illness, beskryf Amen die volgende vier areas wat deel uitmaak van hul holistiese benadering: die biologiese, psigologiese, sosiale en geestelike (pastorale) dimensies. Hy beklemtoon dat die fokus in behandeling veel meer op breingesondheid moet wees as op geestesgesondheid.

Waar emosionele en gedragsprobleme in die verlede grootliks toegeskryf was aan psigologiese probleme, toon sy navorsing dat dit in talle gevalle eerder verband hou met die fisiologie van die brein. Volgens hom sal iemand met ʼn gesonde brein dan ook ʼn veel kleiner risiko hê om met tipiese geestesgesondheid probleme gediagnoseer te word soos byvoorbeeld abnormale vrees, angs, woede, geweld, depressie, ens.

Aangesien Amen ten nouste saamwerk met pastorale beraders het die resultate van sy werk belangrike implikasies ten opsigte van die pastoraat in die breë. In hierdie kursus gaan ons vervolgens fokus op ʼn groot aantal praktiese gevalle waar daar fenomenale deurbrake was rakende geestessiektes waarvoor daar vantevore geen antwoorde voor was nie.

Klik hier vir meer inligting, asook om in te skryf.

Vakature: PE-Sherwood

Diensleraar of predikant in Jeug- of Familiebediening (3 jaar termynpos)

Sherwood is in ’n groeiende voorstad met ’n groot hoeveelheid jonger gesinne geleë. Die groter omgewing beskik oor goeie laer- en hoërskole, met groot winkelsentrums.

Die gemeente het oor die afgelope drie jaar goeie vordering met haar bediening aan kinders, jongmense en jong ouers gemaak. Sherwood wil hierdie bediening versterk en die gemeenskap met die evangelie bereik. Daarom word hierdie bykomende pos geskep. Lees die posbekendstelling.

Verjaarsdae in Mei

Baie geluk aan die volgende predikante wat in Mei verjaar:

5 Mei – ds Dewald Vermaak, NG Gemeente Aliwal-Noord
6 Mei - Prop Rion van Niekerk, NG Gemeente Bothasrus
14 Mei – ds Danie de Jongh, NG Gemeente Port Elizabeth-De Duin
15 Mei – ds Conrad Thomas, NG Gemeente Humansdorp
29 Mei – dr Christo Herbst, NG Gemeente Colesberg

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za

Leraars beweeg

Prop Strauss Joubert van Somerset-Oos is na die NG Gemeente Murraysburg beroep.

Prop Conrad Pienaar van Gqeberha is na NG Kerk Newtonpark beroep.

Prop Liza van der Westhuizen word op 18 Mei by Sondagsriviermond-gemeente bevestig

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter