Jaargang 23 - Nommer 16 - 23 Mei 2025
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • Aanlyn inligting oor Bedienaars, amptelike "leke-bediening" in die NG Kerk
  • FixLocal: So maak mens om dienslewering te verbeter - 'n praktiese gids
  • Hoe doen 'n hele gemeente evangelisasie?
  • Leraars beroep

Kry die munisipaliteit op hulle tone

Praktiese werkswyse om jou buurt beter te maak

FixLocal: Hoe jy kan help om jou buurt beter te maak

FixLocal is ’n webblad en WhatsApp-diens wat jou help om probleme in jou buurt aan te meld – dinge soos slaggate, stukkende straatligte, riool wat lek of vullis wat nie verwyder word nie. Dit wys jou ook hoe om jou plaaslike regering (munisipaliteit) verantwoordbaar te hou as hulle nie hulle werk doen nie.

Hoe werk FixLocal?
  1. Sien iets? Meld dit aan.
    FixLocal wys jou presies waar en hoe om ’n probleem in jou buurt aan te meld. Jy kry ook hulp om die regte mense in jou munisipaliteit te kontak.
  2. Nog niks gebeur nie? Jy kan dit opvolg.
    As niemand terugkom na jou eerste klag nie, help FixLocal jou om die probleem hoër op te vat – byvoorbeeld na jou wyksraadslid. Jy leer ook hoe om ander mense in jou buurt saam te kry om aksie te vat, sonder om baklei te maak.
  3. Self regmaak – as dit veilig is.
    As niks werk nie, wys FixLocal hoe mense soms self klein probleme kan oplos – wettig en veilig. Jy kry ook idees oor hoe om die media se aandag te kry sodat die owerhede begin luister.
Ware stories van regmaak
  • Melville, Johannesburg: Mense in die buurt het saam met ’n organisasie gewerk en slaggate is binne ’n paar dae reggemaak.
  • Mpophomeni, KwaZulu-Natal: Jong mense het begin help om rioolprobleme op te spoor – dit het gehelp dat meer as 100 lekkasies reggemaak is.
  • Makers Valley, Johannesburg: Die gemeenskap het parke en strate skoongemaak en dit weer ’n lekker plek gemaak vir almal.
Hoe jy FixLocal kan gebruik
  • Webwerf: Gaan na www.fixlocal.org.za
  • WhatsApp: Stuur ’n boodskap na 060 611 1111 – jy kry vinnig hulp.
  • App: ’n FixLocal-app is oppad om dinge nog makliker te maak.
Jy kan ’n verskil maak
FixLocal werk al in 18 dorpe en stede in Suid-Afrika, onder meer Nelson Mandelabaai en Buffalo City. Nog word gereeld bygewerk. Jy hoef nie ’n politikus te wees om iets te verander nie – enige iemand kan begin. Gebruik FixLocal, kry jou vriende en familie betrokke, en help om jou buurt ’n beter plek te maak.

Twaalf stellings oor evangelisasie

Die hele gemeente deel met hul hele lewe die evangelie

Evangelisasie is 'n groot woord en dit klink baie moeilik - nie iets wat 'n gewone gelowige kan doen nie. Tog is die teendeel waar. Veral omdat die lewe van die gemeente die evangelie en die verlossing van God sigbaar maak. Hier is twaalf opmerkings oor evangelisasie uit die pen van die Taakspan vir Evangelisasie:


  • Evangelisasie beteken om deel te wees van God se liefde: God die Vader, Jesus die Seun en die Heilige Gees werk saam om mense na Hom toe te trek.
  • Jesus is die Koning van God se koninkryk: Hy is die een wat mense red, en almal moet Hom as Here erken.
  • Evangelisasie nooi mense om Jesus se volgelinge (dissipels) te wees: Dissipels help weer ander om Jesus te volg.
  • Elke gelowige is ’n evangelis: Dis nie net die predikant se werk nie – almal in die gemeente moet help.
  • Die hele gemeente werk saam in evangelisasie: Alles wat die gemeente doen, moet pas by hierdie roeping.
  • Evangelisasie is meer as net praat: Dit sluit goeie dade, vriendelikheid, liefde en regte woorde op die regte tyd in.
  • Mense word genooi om deel van die geloofsfamilie te wees: Hulle glo, behoort, en leer leef soos Jesus.
  • Ons moet verstaan in watter wêreld ons leef: Baie mense is nie meer deel van die kerk nie en glo verskillende dinge – dit maak evangelisasie belangriker.
  • Ons volg Jesus se voorbeeld in hoe ons ander behandel: Soos Hy, is ons nederig en dien ons ander.
  • Evangelisasie gebeur op ’n mooi en eerlike manier: Ons praat met mense, respekteer hulle, en wys deur ons lewens wat die evangelie beteken.
  • Evangelisasie is vir almal: Vir mense in die kerk, vir dié wat nie meer kerk toe gaan nie, en vir mense wat glad nie glo nie.
  • Leiers in die kerk moet help om almal toe te rus: Hulle help die gemeente om te groei in geloof en om ander te bereik.
Gebruik gerus die volgende grafika om in die gemeente oor evangelisasie te gesels:
Hierdie stellings is op die Taakspan Evangelisasie se raamwerkdokument gebaseer. Klik hier om die dokument te lees.

Wenke vir Hemelvaart

Hemelvaart vir oud en jonk in die erediens

DinkJeug het verskeie wenke en hulpbronne vir oud en jonk - oor Hemevlaart en Pinkster.

Reeks vir Kinderpinkster

"Kinders van die Gees"

Kinders van die Gees is ‘n reeks wat DinkJeug spesiaal vir laerskoolkinders geskep het. Dit bevat ses ontmoetings om ses verhale oor kinders/jonger mense in die Bybel te leer ken en te ontdek dat God se Gees deur elkeen werk. Die ontmoetings neem ses Bybelstories en pas dit toe op kinders se leefwêreld. Die materiaal is ook só saamgestel om verskillende tipe leerstyle in ag te neem. Moenie die pretgedeeltes of “crafts” uitlaat nie – dit is juis hoe baie kinders se geloof gevorm word. Klik hier om dit af te laai.

Pinksterreeks 2025 beskikbaar

Doe CLF stel vanjaar weer die Pinksterreeks beskikbaar. Aangesien ons vanjaar 1,700 jaar van die Belydenis van Nicea uit 325 nC vier, die oudste van die algemeen-aanvaarde kerklike belydenisse, handel die Pniksterreeks daaroor. Klik hier om dit af te laai.

Datum vir Lentekonferensie, Pretoria

Die jaarlikse Lentekonferensie van Excelsus by die Universiteit van Pretoria vind van 16-18 September 2025 plaas.
Die tema is: Hoe om geloof te bely in die 21ste eeu: Woord, beeld en daad
Plek: Universiteitsoord, Pretoria.
Merk dit solank in jou kalender.

Donnalee Roberts by Lorraine, 31 Mei

Jeffresybaai hou C-Fees - 21 Junie

Met dankbaarheid hou ons gemeente weer ons jaarlikse C-Fees Basaar – 21 Julie 2025. Die fees vind op ons kerkterrein by ons Kompleks Kampus plaas.
𝐊𝐨𝐦 𝐠𝐞𝐧𝐢𝐞𝐭 '𝐧 𝐡𝐞𝐞𝐫𝐥𝐢𝐤𝐞 𝐨𝐠𝐠𝐞𝐧𝐝 𝐛𝐲 𝐨𝐧𝐬 𝐂-𝐅𝐞𝐞𝐬.
21 Junie 2025 vanaf 08:00 die oggend
Heerlike eetgoed, vermaak vir die kinders, teetuin, huismark en vele meer!Kaartgeriewe beskikbaar.
h/v Olienhoutstraat & Torchwoodlaan, Jeffreysbaai

Sendeling uit Pakistan

Dr Aneel Yousuf beskikbaar om in gemeentes op te tree

Dr Aneel Yousuf is verbonde aan die Kingdom Bible College is Pakistan. Hulle is besig om studente op te lei en toe te rus vir dienswerk in die Koninkryk is Pakistan. Hy het onder andere van sy studies voltooi by die Teologiese Fakulteit van die NG Kerk in Bloemfontein.

Hy en sy gesin is op besoek in Suid-Afrika om gemeentes te vertel van hulle werk en wil graag in die Oos-Kaap ook besoek aflê. Hy is beskikbaar om eredienste waar te neem, groepe te besoek en byeenkomste te ontmoet. Die eredienste is op 6 Julie en 13 Julie 2025 en enige ander byeenkomste is gedurende daardie week. Die 'n wonderlike geleentheid om gemeentes se visie vir wêreldsending te vergroot.

Kontak gerus vir Carel vd Merwe by 0828217600 of clvdm1@gmail.com om die gemeente waar jy is, die geleentheid te gee om hieraan deel te hê

Bedienaars (kerkraadslede toegerus vir bediening)

Krities-belangrike inligtingsessie vir gemeentes

Klik hier om in te skryf.

Teologie van die Omgewing

Laudato Si’ is pous Franciskus se omgewingsensikliek van 2015 waarin hy ’n dringende beroep doen op alle mense om sorg te dra vir die aarde as ons “gemeenskaplike huis”. Hy beklemtoon dat ekologiese verval, klimaatsverandering en armoede onderling verbind is, en dat ware ekologiese bekering morele en geestelike verandering verg.

Ons gaan die teks saamlees. Hier is die registrasieskakel vir al die datums. Die skakel vir die aanlyn sessies sal teen begin Junie gestuur word aan almal wat dan geregistreer het.

Aanlyn VBO: Pastorale Beradingskursus

'n Pastorale evaluering van dr Daniel Amen se boek, "The end of mental illness"

Dinsdag 10 Junie 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer

Dr. Daniel Amen is ʼn bekende Christen psigiater wat spesialiseer op die gebied van brein skanderings en wat ook aan die hoof staan van die bekende Amen Klinieke in die VSA. In hierdie klinieke volg hulle ʼn multidissiplinêre benadering waar daar gefokus word op die mens in totaliteit.

In sy boek, The end of mental illness, beskryf Amen die volgende vier areas wat deel uitmaak van hul holistiese benadering: die biologiese, psigologiese, sosiale en geestelike (pastorale) dimensies. Hy beklemtoon dat die fokus in behandeling veel meer op breingesondheid moet wees as op geestesgesondheid.

Waar emosionele en gedragsprobleme in die verlede grootliks toegeskryf was aan psigologiese probleme, toon sy navorsing dat dit in talle gevalle eerder verband hou met die fisiologie van die brein. Volgens hom sal iemand met ʼn gesonde brein dan ook ʼn veel kleiner risiko hê om met tipiese geestesgesondheid probleme gediagnoseer te word soos byvoorbeeld abnormale vrees, angs, woede, geweld, depressie, ens.

Aangesien Amen ten nouste saamwerk met pastorale beraders het die resultate van sy werk belangrike implikasies ten opsigte van die pastoraat in die breë. In hierdie kursus gaan ons vervolgens fokus op ʼn groot aantal praktiese gevalle waar daar fenomenale deurbrake was rakende geestessiektes waarvoor daar vantevore geen antwoorde voor was nie.

Klik hier vir meer inligting, asook om in te skryf.

Vakature: PE-Sherwood

Diensleraar of predikant in Jeug- of Familiebediening (3 jaar termynpos)

Sherwood is in ’n groeiende voorstad met ’n groot hoeveelheid jonger gesinne geleë. Die groter omgewing beskik oor goeie laer- en hoërskole, met groot winkelsentrums.

Die gemeente het oor die afgelope drie jaar goeie vordering met haar bediening aan kinders, jongmense en jong ouers gemaak. Sherwood wil hierdie bediening versterk en die gemeenskap met die evangelie bereik. Daarom word hierdie bykomende pos geskep. Lees die posbekendstelling.

Die sluitingsdatum is 6 Junie 2025.

Verjaarsdae in Mei

Baie geluk aan die volgende predikante wat in Mei verjaar:

5 Mei – ds Dewald Vermaak, NG Gemeente Aliwal-Noord
6 Mei - Prop Rion van Niekerk, NG Gemeente Bothasrus
14 Mei – ds Danie de Jongh, NG Gemeente Port Elizabeth-De Duin
15 Mei – ds Conrad Thomas, NG Gemeente Humansdorp
29 Mei – dr Christo Herbst, NG Gemeente Colesberg

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za

Leraars beweeg

Ds Liza van der Westhuizen (diensleraar) is op 18 Mei by Sondagsriviermond-gemeente deur ds Danie Mouton bevestig.

Prop Strauss Joubert van Somerset-Oos is na die NG Gemeente Murraysburg beroep.

Prop Conrad Pienaar van Gqeberha is na NG Kerk Newtonpark beroep.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter