Jaargang 23 - Nommer 17 - 30 Mei 2025
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • Leiers uit verskeie kerke vra pres. Ramaphosa om Metroraad te ontbind
  • Hoe raak kunsmatige intelligensie die kerk? Hier is 'n leergeleentheid
  • Brief uit die hart: Jannie Pelser oor die situasie in Gasa
  • Leraars beroep

Die kerk se publieke getuienis

Lidmate vra dikwels waarom die kerk se stem in die publiek stil is? Praat die kerk dan nooit oor publieke kwessies nie? In hierdie uitgawe van Grens.Pos wys ons op drie geleenthede waar die kerk wel oor publieke kwessies getuig. Let op die berigte hieronder, waar ons vertel van 'n brief deur kerkleiers aan pres. Ramaphosa, oor die "vlugtelinge" na die VSA en oor die krisis in Gasa.

Wanneer die kerk sy publieke stem laat hoor, is daar altyd lidmate wat sê die kerk moet hom uit die politiek hou. In die Bybel is daar egter honderde voorbeelde van God se stem in die publieke sfeer. Die kerk het 'n publieke verantwoordelikheid.

Kerkleiers vra Ramaphosa om in te gryp

Nelson Mandelabaai se Raad moet ontbind word

Senior kerklui van Nelson Mandelabaai het ’n ernstige brief aan president Cyril Ramaphosa en Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane gestuur. Hulle vra dat die metro se raad ontbind en ’n bekwame administrateur aangestel word totdat plaaslike verkiesings weer in 2026 gehou word.

Volgens die brief is die plaaslike regering in totale verval, met groot gevolge vir dienslewering, werksekerheid en openbare veiligheid. Dit is die eerste keer in jare dat kerkleiers só ’n sterk standpunt teen die metro se bestuur inneem. Hulle waarsku verder dat hulle gemeentes sal aanmoedig om ingeligte besluite te neem in die volgende verkiesing.

Hoofredes vir hul versoek aan die president sluit in:
  • Ekonomiese risiko’s: Werkgeleenthede word bedreig, veral in die motorbedryf, en die metro het geen plan om dit teen te werk nie.
  • Logistieke krisis: Probleme by hawens en met Transnet verswak die streek se mededingendheid.
  • Finansiële wanbestuur: Miljarde rand se skuld en onbehoorlike besteding is afgeskryf sonder volhoubare planne.
  • Instabiele leierskap: Negen burgemeesters sedert 2019 en talle waarnemende poste maak volgehoue bestuur onmoontlik.
  • Tenderkorrupsie: Onreëlmatighede en bevoordeling met kontrakte ondermyn vertroue.
  • Swak dienslewering: Honderde kontrakte is nie in plek nie; basiese dienste soos straatligte en waterlekkasies word nie herstel nie.
  • Misdaadkrisis: NMB is volgens internasionale studies die gevaarlikste stad in Suid-Afrika.
Die brief is deur 17 prominente geestelike leiers van verskillende kerke in die metro onderteken. Hulle skryf namens duisende lidmate wat daagliks die gevolge van swak plaaslike bestuur ervaar. Klik hier om die skrywe te lees.

Kerkbode Kollig

'Afrikaners' as slagoffers - Hoe praat ons daaroor?

Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat voorkeur gegee word vir (net wit?) Afrikaanse boere (ook net hulle?) om vir vlugtelingstatus aansoek te doen by die VSA?

In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson asook Oos-Kaapse kerkleier, ds Danie Mouton, wat ook by interessante inisiatiewe betrokke is wat versoening en samewerking oor ras- en kerkgrense bevorder. Klik hier om op Youtube na die gesprek te kyk, of klik hier om na die klankopname te luister.

’n Skrywe uit die hart van ’n predikant:

Oor die humanitêre krisis in Gasa

GASA: "As Christen en predikant moet ek ook die poging om hierdie geweld met die Bybel te regverdig aanspreek. Só ’n aanwending van die Skrif is nie net verkeerd nie – dit is aanstootlik. Die God van die Bybel is nie ’n God van wraak nie, maar ’n God van liefde, geregtigheid en genade vir alle mense. Die Bybel roep ons op om die lydendes te versorg, teen onreg op te staan, en die menswaardigheid van elke lewe te beskerm."

Só skryf ds Jannie Pelser aan Kerkbode - lees sy volledige brief hier.

Aanlyn VBO Digitale Leergemeenskap

Kunsmatige intelligensie - Die kerk se nuwe speelveld?

Ons wêreld verander vinniger as ooit — en die kerk kan nie bekostig om agter te bly nie. Hierdie Leergemeenskap wil jou toerus om sinvol en strategies te dink oor jou gemeente se digitale teenwoordigheid, insluitend hoe jy kunsmatige intelligensie (AI) en digitale platforms kan gebruik om geloofslewens te verdiep en jou gemeenskap te bereik.

Logistieke Inligting:
  • Datum: 25 Junie 2025 vanaf 09:30 - 12:30
  • Jy kan die opname kyk op ‘n tyd wat jou pas tussen 25 Junie om 09:30 en 2 Julie om 09:30, waarna dit nie meer beskikbaar sal wees nie.
  • Toegang is gratis, maar registrasie is nodig om toegang tot die platform te kry. Registreer by hierdie skakel: https://www.ekerk.org/learning-community
  • Die regstreekse Q&A sal plaasvind om 12:00 op 25 Junie. Skakel en besonderhede vir die regstreekse Learning Community sal per e-pos gestuur word naderer aan die datum.
In samewerking met Excelsus sal hierdie leergeleentheid VBO-punte toeken. Indien jy vir VBO-punte kwalifiseer, sal Excelsus dit ná afloop aan jou aanlyn profiel koppel.
Registreer by hierdie skakel: https://www.ekerk.org/learning-community

Bedienaars (kerkraadslede toegerus vir bediening)

Krities-belangrike inligtingsessie vir gemeentes

Klik hier om in te skryf.

Aanlyn VBO

Kortkursus in Missionale Spiritualiteit

Missionale spiritualiteit is 'n uitnodiging aan dissipels om deur die Gees gevorm te word en deel te neem aan die avontuur van die Drie-enige God in die gemeenskappe waar ons leef.
  • Die kursus strek oor 14 weke. Klik hier om in te skryf.
  • Sessies sal Maandae om 18:00-20:00 in Afrikaans aangebied word en Woensdae om 18:00-20:00 in Engels.
  • Die kursus strek van 1 September - 5 Desember 2025
  • Almal wat die kursus klaarmaak ontvang 'n Hugenote bywoning sertifikaat.
  • Koste R800

Aanlyn VBO

Teologie van die Omgewing

Laudato Si’ is pous Franciskus se omgewingsensikliek van 2015 waarin hy ’n dringende beroep doen op alle mense om sorg te dra vir die aarde as ons “gemeenskaplike huis”. Hy beklemtoon dat ekologiese verval, klimaatsverandering en armoede onderling verbind is, en dat ware ekologiese bekering morele en geestelike verandering verg.

Ons gaan die teks saamlees. Hier is die registrasieskakel vir al die datums. Die skakel vir die aanlyn sessies sal teen begin Junie gestuur word aan almal wat dan geregistreer het.

Aanlyn VBO: Pastorale Beradingskursus

'n Pastorale evaluering van dr Daniel Amen se boek, "The end of mental illness"

Dinsdag 10 Junie 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer

Dr. Daniel Amen is ʼn bekende Christen psigiater wat spesialiseer op die gebied van brein skanderings en wat ook aan die hoof staan van die bekende Amen Klinieke in die VSA. In hierdie klinieke volg hulle ʼn multidissiplinêre benadering waar daar gefokus word op die mens in totaliteit.

In sy boek, The end of mental illness, beskryf Amen die volgende vier areas wat deel uitmaak van hul holistiese benadering: die biologiese, psigologiese, sosiale en geestelike (pastorale) dimensies. Hy beklemtoon dat die fokus in behandeling veel meer op breingesondheid moet wees as op geestesgesondheid.

Waar emosionele en gedragsprobleme in die verlede grootliks toegeskryf was aan psigologiese probleme, toon sy navorsing dat dit in talle gevalle eerder verband hou met die fisiologie van die brein. Volgens hom sal iemand met ʼn gesonde brein dan ook ʼn veel kleiner risiko hê om met tipiese geestesgesondheid probleme gediagnoseer te word soos byvoorbeeld abnormale vrees, angs, woede, geweld, depressie, ens.

Aangesien Amen ten nouste saamwerk met pastorale beraders het die resultate van sy werk belangrike implikasies ten opsigte van die pastoraat in die breë. In hierdie kursus gaan ons vervolgens fokus op ʼn groot aantal praktiese gevalle waar daar fenomenale deurbrake was rakende geestessiektes waarvoor daar vantevore geen antwoorde voor was nie.

Klik hier vir meer inligting, asook om in te skryf.

Hoe weet ek hoeveel VBO-punte ek het?

Hoeveel VBO-punte? Maklik om vas te stel. So maak mens:

Om jou VBO profiel te sien, klik op hierdie skakel. Die volgende skerm sal verskyn:
Gebruik dieselfde e-pos wat by die ABR registreer is. Wanneer die databasis jou e-pos ontvang word ‘n outomatiese boodskap met ‘n unieke URL na jou gestuur. Hierdie skakel is die een wat in die toekoms gebruik kan word om jou profiel oop te maak.

Indien jy nie die skakel kry nie, het die ABR dalk 'n ander e-posadres van jou. Vir hulp met jou geregistreerde adres, en oor navrae wat jy mag hê oor jou punte en die kursusse wat jy al gedoen het, kontak gerus vir me Chantall Vermaak by sinode@ngkok.co.za. Sy sal jou vinnig help.

Vakature: NGK Elliot

Predikantspos vir drie jaar termyn

Sluitingsdatum: 25 Julie 2025.

Die NG Gemeente Elliot is ’n volhoubare plattelandse gemeente met 170 belydende en 40 dooplidmate. Die dorp is aan die skilderagtige voetheuwels van die suidelike Drakensberg geleë en word deur paaie van goeie gehalte bedien. Landbou (wol, vleis en saai) en toerisme is belangrike ekonomiese aktiwiteite.

Die predikant is ’n gelegitimeerde wat verantwoordelik is om oorhoofse geestelike leiding te neem en die take soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde uit te voer. Die doel is dat Jesus Christus toenemend in ons lewe en dié van ons gemeente gestalte aanneem. Klik hier om die posbekendstelling te lees.

Vakature: PE-Sherwood

Diensleraar of predikant in Jeug- of Familiebediening (3 jaar termynpos)

Sherwood is in ’n groeiende voorstad met ’n groot hoeveelheid jonger gesinne geleë. Die groter omgewing beskik oor goeie laer- en hoërskole, met groot winkelsentrums.

Die gemeente het oor die afgelope drie jaar goeie vordering met haar bediening aan kinders, jongmense en jong ouers gemaak. Sherwood wil hierdie bediening versterk en die gemeenskap met die evangelie bereik. Daarom word hierdie bykomende pos geskep. Lees die posbekendstelling.

Die sluitingsdatum is 6 Junie 2025.

Verjaarsdae in Mei

Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Mei verjaar:

4 Junie – ds Cobus Fourie, NG Gemeente Port Elizabeth-Wes
5 Junie – ds Johann Ekkerd, NG Gemeente Graaff-Reinet
6 Junie – ds Lisa Schmidt (Diensleraar, Dordrecht)
11 Junie – ds Nico Lochner, NG Gemeente Uitenhage-Oos
15 Junie – ds Trunette de Jongh, NG Gemeente Uitenhage-De Mist
17 Junie – ds Carolien du Pisanie, NG Gemeente Parkheuwel
22 Junie – ds Niel Muller, NG Gemeente Aliwal-Noord
24 Junie – dr Kobus Bohnen, NG Gemeente Humansdorp
24 Junie – ds David Higgs, NG Gemeente Jeffreysbaai
24 Junie – ds Hessie Van Der Watt, NG Gemeente Jeffreysbaai
28 Junie – ds Marius Wolmarans (Port Elizabeth)

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za

Leraars beweeg

Prop Strauss Joubert van Somerset-Oos is na die NG Gemeente Murraysburg beroep.

Prop Conrad Pienaar van Gqeberha is na NG Kerk Newtonpark beroep.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter